02
Jun
08

Akupunktuur…opvolg…

So is ek toe nou Saterdagmiddag weer na my geliefde naalde en spelde mannetjie toe. Ek was bietjie spyt daarna, want ek het seerder daar uitgestap as wat ek daar in is.

Ek het so effense hoofpyn gehad en het vroeg die oggend al my eerste kwota pynpille in vir die dag. Ek het daar ingestap en verduidelik dat die monster my nog teister en toe is ek weer vol spelde gedruk…niks ernstig nie. Net die ou skouers, nek en rug…weg is die hoofpyn!!!

 

DSCF4052

DSCF4055

 

 

 

                 DSCF4076

 

 

 Ek lyk soos iemand wat deur aliens ontvoer is en dan het hulle boonop vir my twee antennas ook gegee…

 

Daarna moes ek weereens plat op my rug gaan le en het hy naalde in my nek, bo-op my kop en tussen my oe ingedruk. Twee spelde het hul weg na my maag gevind en die res op my regterbeen en voet. Daar le ek toe met ‘n lekker infrarooiliggie wat heerlik warm op my skyn. Ek babbel toe nog so ewe rustig met my “morone” ondersteuning en toe voel dit of ek die buitenste ruim betree het. Die sterretjies vlieg by my verby soos daai ou Windows screensaver (dis gewoonlik ‘n slegte teken as jy migraines kry) en ek kry sulke woeste krampe in my rug af en dit voel kompleet of iemand ‘n mes deur my hart steek. Dit was vrek seer en ek weet nog steeds nie wat gebeur het nie, maar dit was nie lekker nie.

 

DSCF4062

Ek hou toe maar uit en die ou kom toe daar aan en pluk al die naalde uit. Hy wou nog omdraai toe verduidelik ek eers dat daar ‘n helse pyn aan my linkerkant is, soveel so dat ek met moeite self regop gekom het. Toe word daar weer gevoel aan die muur en word ek weereens met naalde deurboor net om hierdie “kramp” verder my rug af te dryf.

 

DSCF4070

Hy het toe gesien dit gaan nie werk nie en verdwyn agter die gordyn. So kom hy aangestap met 2 sulke skietmasjientjie megafters…dit lyk soos daai goed waarmee hulle jou vinger by die bloedbank prik! Elk geval, die goed word toe in my nek en skouers ingeskiet…dit voel half of ‘n perdeby jou aanval, maar dis nie so seer nie. Dit het ook nie gehelp nie!

Die volgende woorde wat uit sy mond uitkom was “blah-blah-blah bleeding” Ek het natuurlik net die “bleeding” deel verstaan en maar net “ja” gese! Wat anders sal mens nou doen???

So het die ou toe met daai skieters van hom 11 gate op elke blad ingeskiet en sulke glasbubbles daaroor gesit. Die volgende oomblik begin die goed aan my vassuig en my “fotograaf/ondersteuner” het bleek geword en net gese dis baie gross. Hier het ek in my geestesoog presies gesien wat gebeur en ek was ook nie verkeerd nie! Soos daai goed aan jou vassuig, spuit die bloed by die gatjies uit en so bloei hulle jou. Ek het nie die vaagste benul wat dit doen en of dit enigsins gehelp het nie! Al wat ek weet, is dat as ek loop of op my rug le, is dit vrek seer as ek inasem en dit voel soos ‘n wind wat vassteek!

 

DSCF4079

Dit lyk soos alien boobies 🙂 al wat daarvan oor is, is 2 bloukolle!!!

 

Heelaas het ek daar uitgestap sonder ‘n hoofpyn en dit het my ongeveer R45 gekos. Vrydagoggend maak ek maar weer so, aangesien dit langnaweek is!!!

Julle dink seker ek is mal om terug te gaan, maar as mens so desperaat is soos ek dan doen jy enige iets! Ek kan nie langer ELKE dag pynpille drink nie!!!

 

*Ek het gaan soek…die metode staan bekend as “blood cupping” en daar is soveel verskillende vorme van “cupping” wat gebruik kan word. Dit kom daarop neer dat dit veronderstel is om erge pyn op ‘n spesifieke area te verlig deur die stimulering van bloedvloei en wie weet wat als nog. Ek weet darem nie of ek daarvoor gaan val nie, maar dit was nie seer nie, so ek sal dit weer doen. Dalk werk dit op die ou einde.

 

Advertisements

42 Responses to “Akupunktuur…opvolg…”


  1. Junie 2, 2008 om 11:00 nm

    Die naalde sou ek nog kon doen … maar daai cupping ding! Heiden, dit lyk regtig woes. Grote griet 😯

  2. Junie 2, 2008 om 11:11 nm

    Inderdaad gross! Liewe hemel! :s

  3. Junie 2, 2008 om 11:21 nm

    Ag toe nou julle 2!!!! Dis nie so erg nie en mens voel dit nie eers nie!

  4. Junie 3, 2008 om 12:18 vm

    Bwahaha! “alien boobies” 😆

  5. Junie 3, 2008 om 2:51 vm

    😯 nee nou is ek verskrik. Maar as mens pyn het sal jy enige ding probeer tot cupping. Ek hoop hierdie akupunktuur gaan jou hoofpyne genees Kaalvoet.
    Dit lyk net baie snaaks hie hie 😆

  6. Junie 3, 2008 om 4:45 vm

    Kan ek asb hierdie ou se nommer en adres kry. Ek wil net seker maak ek land nie per ongeluk daar op nie.

  7. Junie 3, 2008 om 5:57 vm

    Jy weet mos mans is sissies – kan nou nie namens boer* praat nie maar daai cupping is een te veel vir my 😮 Hierdie sissie hou eers verby!

  8. Junie 3, 2008 om 12:44 nm

    Ja Roer!!!
    Verskrik, se jy Wip! Neewat, ek is mos nie bang nie en dis in elkgeval nie seer nie!
    Moenie worry nie Riaan, die ou is in Korea 🙂
    Emil, daar se jy nou wat ek nie wou nie! Ek dink Boer is ook seker maar ‘n sissie as ek so na sy “dis gross” kommentaar kyk!

  9. Junie 3, 2008 om 3:30 nm

    Solank dit werk! Dit laat my dink aan een of ander duistere voodoo ritueel waar die poppie vol spelde gedruk word, in hierdie geval word die mens vol spelde gedruk! (Ek wonder of die poppie dan seerkry? 😆 )

  10. Junie 3, 2008 om 5:28 nm

    Pik, jy klink nou nes Boer met die voodoo-ding! Die naalde maak nie seer nie! Ek het al gedink iemand het iewers ‘n voodoopop van my met al die steekpyne wat so deur my kop flits! 😆

  11. Junie 3, 2008 om 5:36 nm

    Hoe lank vat dit vir die storie om te werk, hoeveel behandelings is nodig? Bly die hoofpyne nog weg?

  12. Junie 3, 2008 om 6:50 nm

    Wip, ek het nie die vaagste benul nie en ek weet nie hoeveel keer ek nog moet gaan vir behandeling nie! Ek kry nog hoofpyn, maar dis darem nie so dat ek hoef pille te drink daarvoor nie. Ek het ‘n ietwat hoer pyntolleransie ontwikkel, so as ek pille drink dan weet die mense ek maak nie ‘n grap nie.

  13. 13 boendoe
    Junie 3, 2008 om 7:59 nm

    Liewe heiden! Dit lyk bietjie erg, Kaalvoet! Wat HET jy nou al probeer vir die hoofpyne? (Behalwe pille!)

  14. Junie 3, 2008 om 8:28 nm

    😆 @ Boendoe! Behalwe pille…mmmmmm….ja! Ek was al by verskeie neuroloe in SA en hier en het in SA en hier vir CT scan gegaan en dit was skoon net in case jy wonder 😉 Het al alle bloedtoetse moontlik laat doen en ALLES is normaal. Het na my rug en nek laat kyk – 100% en die ruk-en-pluk het my ook al onder hande gehad. Het al by verskeie Homeopate en diesmeer in SA gedraai en nou is akupunktuur die absolute laaste uitweg. As dit nie werk nie, dan drink ek nou maar elke dag my kwota pynpille tot dit my maag goed opdons en dan drink ek sommer nog ‘n handvol omdat ek kan!!! 😆

  15. 15 boendoe
    Junie 3, 2008 om 9:43 nm

    Kaalvoet, jy moet my vergewe as ek met my ou topic begin! Het jy al na jou dieet gekyk? Ek is regtig ‘n firm believer dat wat jy in jou liggaam sit, is die oorsaak van baie van ons skete. Ek was ook so op ‘n stadium met moegheid en hoofpyne gepla. Het toe Patrick Holford se boek gelees, en so waar as vet, ek voet stukke beter. En die ding is, ek het gevind hoe meer pille ek drink, hoe meer het ek dit nodig. Ek het opgehou daarmee, en ek kan nie onthou wanneer laas ek ‘n hoofpynpil nodig gehad het nie. Ek is regtig begeesterd deur hierdie ‘alternative healing’. En dit sluit akupunktuur in…maar jou foto’s het my nou erg afgesit! 😀

  16. Junie 3, 2008 om 9:54 nm

    Kaalvoet is dit iets soos “Cluster headaches” In Kaapstad is ‘n plek wat fantastiese goed het vir hoofpyne. My teddie het altyd die hoofpyne gekry en dis heeltemal weg.
    Dit werk regtig, ek kon dit ook nie glo nie.
    http://www.nativeremedies.com/migone_for_migraines_headaches.shtml

  17. 17 costello
    Junie 3, 2008 om 9:55 nm

    eina, eina…pyn

  18. Junie 3, 2008 om 10:03 nm

    No problem Boendoe! Dit was een van die eerste goed waarna ek gekyk het en ek het geoefen en meer water gedrink en kafeiene en suiker heeltemal gesny en alles wat blerrie preserveermiddels in het. Gesonder kon ek nie en dit het ook nie gewerk nie. Ek moes dagboek hou van letterlik ALLES wat ek eet om te kyk of iets dit nie trigger nie. Ek weet as ek min slaap is my moeilikheid geboek en rooiwyn help ook nie vir die saak nie 😉 Dit klink seker of ek verslaaf is aan pynpille, maar ek kan jou waarborg dis darem nog nie die geval nie. Daar is tye wat ek elke dag MOET pille drink om te kan funksioneer, maar oor die algemeen kan ek goed cope daarsonder. Dit kom en gaan maar.

    Wip: ‘n Paar dokters het die hele cluster headaches thingy vermoed, maar almal het op die ou einde maar weer teruggekom na die migraine diagnose! Ek was al op profalaktiese medikasie ook wat boggerol gehelp het. Ek sukkel al 13 jaar met migraines en het pretty much alles probeer. As akupunktuur nie werk nie dan weet ek nie meer nie. Wat natuurlik bydra tot die kopseer is stress en spierspasmas wat dit vererger en daarvan het ek baie…

  19. 19 boendoe
    Junie 3, 2008 om 10:09 nm

    Nee, man, ek dink glad nie jy is aan pille verslaaf nie. Ek ken net daai ritueel van elke 4 ure 2 Grandpa’s sluk baaaaaie goed. (Eish, en ek GLO in my Oupas!) En ja, rooiwyn is ‘n killer! Net een glasie en ek voel dit die volgende oggend… 😉

  20. Junie 3, 2008 om 10:15 nm

    hehehe! Oupas…ek lag! Probeer eerder 4 brufens of iets in daai lyn!

  21. Junie 3, 2008 om 10:40 nm

    Kaalvoet ek kry ook sulke spierspasma in my nek, die spiere trek sulke knoppe. Ek gebruik ‘n APS masjientjie….dit werk soos ‘n bom!!!

  22. Junie 3, 2008 om 10:49 nm

    En ek dog nog altyd die term “cupping” het ‘n erotiese konnetasie…

  23. Junie 3, 2008 om 11:29 nm

    Ja julle 2! Dit kan nog steeds wees as jy in daai rigting “swing” hahahaha!

  24. Junie 4, 2008 om 3:00 vm

    Pyn of te nie! Nee dankie vir naalde of spelde! 😦

  25. Junie 4, 2008 om 5:05 vm

    😆 boer* en Wipneus – ek dink julle bedoel cupling!!!

    As ek so die fototjie kyk dan is dit beswaarlik eroties!! Behalwe vir kaalvoet se alien wat sou kon dink dis daar vir die cupling!! Teehee.

  26. Junie 4, 2008 om 6:28 nm

    Geez, ek wou ook iets gesê het oor die cups, dit lyk nogal funny – maar nou is dit al cupling! Hehehe 😆

  27. Junie 5, 2008 om 4:03 vm

    Geniet jou naweek!!! Ek wag vir die foto’s

  28. Junie 5, 2008 om 6:23 nm

    /me hou maar liewerste links verby!

  29. Junie 5, 2008 om 7:36 nm

    😮 Elke keer as ek kom inloer, is dit nog steeds net naalde en dinge. Jou hoofpyn is seker nou al verby 😉

  30. Junie 5, 2008 om 10:03 nm

    Dit lyk na ‘n seer spul, veral die alien boobies. Hoop jou reeks treatments werk!

  31. Junie 5, 2008 om 11:42 nm

    Ek wonder nou net…die sg. “alien boobies” is seker nie ‘n “patch” op die ware boobies nie? Of oortree ek nou hier blog-etiket? 😉

  32. Junie 6, 2008 om 1:03 nm

    Hoohiehahaha! BiB 😯 !!! Natuurlik sal dit beter lyk…behalwe as jy dalk ‘n alien is 😉

  33. 37 alta
    Junie 6, 2008 om 11:50 nm

    Naalde en eina’s en dinge vir n hoofpyn? Werk dit? Lyk regtig seer!

  34. 38 alta
    Junie 6, 2008 om 11:51 nm

    Hoekom het ekke nou so lelike prentjie? Wat het van myne geword?

  35. Junie 9, 2008 om 12:49 nm

    Alta, dit werk soos ‘n bom, maar ek sal dit gereeld moet doen om van die hoofpyne ontslae te raak. Dis regtig nie seer nie al lyk dit bietjie erg. Dink jou prentjie is anders oor jy nie by wordpress ingelog is nie…

  36. Junie 9, 2008 om 9:36 nm

    En nou is sy so moeg naweek gehou, ons wag en wag vir daardie lekker naweek foto’s

  37. Junie 9, 2008 om 9:43 nm

    Wip! Daar is oor die 900 foto’s man…ek weet nie wat om te kies nie en ek moet nog eers my storie agtermekaar kry….ek het nie lus om ‘n kortverhaal te skryf nie, so ek dink aan die beste manier om dit op te som en vanaand is nie ‘n goeie aand vir dink nie…

  38. Junie 11, 2008 om 11:41 nm

    Ai maar julle is silly!

    Die cuppings lyk bietjie seer, maar as jy sê dit is nie – wie is ek om te stry!?


Lewer kommentaar

Verskaf jou besonderhede hieronder of klik op 'n logo om in te teken:

WordPress.com Logo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by WordPress.com. Log Out / Verander )

Twitter picture

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Twitter. Log Out / Verander )

Facebook photo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Facebook. Log Out / Verander )

Google+ photo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Google+. Log Out / Verander )

Connecting to %s


Kalender

Junie 2008
M D W T V S S
« Mei   Jul »
 1
2345678
9101112131415
16171819202122
23242526272829
30  

Wie’s hier…

counter

Van waar gehasie?

Waar is wat?

Flickr Kiekies

DSCF1460

DSCF1458

Yeosu 3 Okt 253

Yeosu 3 Okt 251

More Photos

waarnatoe volgende...

  • Geen

Blog Statistieke

  • 44,095 houe
Page copy protected against web site content infringement by Copyscape

Bladsye


%d bloggers like this: