10
Jun
08

‘n Eksotiese naweek in Korea

UlleungdoDokdo(6-9Jun) 053

 

Die opgewondenheid was groot en ek kon nie wag om my voete op daai boot te sit nie. Ons het by die Ferry terminaal aangemeld en ons kaartjies omgeruil en dank Vader ons het almal ons paspoorte onthou, want die moes eers behoorlik uitgecheck word. Vrydagaand om presies 19:00 vertrek ons uit Pohang hawe oppad na die misterieuse eiland genaamd Ulleungdo. Die bootrit was heel aangenaam (aangesien ons 1e klas gery het – daar was nie ander plek nie) en dit was so stabiel soos ‘n kar op die pad. Niks se gerondwiegery en siek word nie…

 

DodonghaweDrie ure later het die boot in die hawe ingetrek en het ons voet aan wal gesit. Dit was natuurlik toe al donker en het ons nie regtig die gevoel van ‘n eiland gekry nie. Die mense van ons blyplek het ons kom haal en ons het stapafstand van die hawe af gebly wat baie voordelig was vir ons ander ekspedisies.

Ons het toe ons sakke in die kamer gaan neerplak en ons is daar uit om te gaan verken. Dit was ‘n heerlike warm aand met die vars seelug wat jy diep kan inasem. Daar is primitiewe restaurante al langs die see af met sulke opslaansambrele en plastiekstoele en -tafels en vars seekos word voorgesit (rou natuurlik, so ek het net gekyk).

Saterdagoggend is ons 6 vroeg uit die vere (om almal deur die stort te spring wat net drie strale het) om betyds te wees vir die ferry na Dokdo om 9am. Hier in Korea wag hulle natuurlik vir niemand en as die kaartjie se 9am dan moet jy al 8:50 sit op daai boot want dan word die trappe weggevat en 9am ry daai boot. Natuurlik is daar dan altyd een in so groep wat die wereld se tyd het, maar ek sal nie op die saak ingaan nie. Ek haat dit om vir mense te wag as dit by sulke goed kom en daar was net geen manier wat ek sou agterbly nie. Gelukkig het ons dit gemaak en almal is op die boot.

Ek het toe nou nie weer gebodder om enige iets te drink vir “motion sickness” nie want die vorige rit was fine. GROOT fout!!! Voor daai boot spoed begin gevang het, het hy my goed naar gewieg, maar daar was darem redding op die boot in stroop vorm. Toe die ou eers spoed vang was ek weer reg en toe ons uiteindelik by Dokdo aankom en weer stilstaan was dit absoluut ‘n asemrowende gesig om te sien. Toe kon daai boot maar wieg soveel hy wil, want ek was agter my getroue vriend, die kamera, en niks het verder saakgemaak nie.

 

Dokdo (west island)

Dokdo (east island)

 

Dokdo bestaan uit 2 groot eilande nl.Dongdo (regs) en Seodo (links). Daar is dan ook nog ‘n reeks van 8 klein eilande wat deel uitmaak van Dokdo.

 

 

Aanvanklik is daar vir ons gese dat die ferry by die eiland stop vir die mense om af te klim vir ‘n kort rukkie, maar dit het toe nou nie gebeur nie. Ek moet se dat ek nogal teleurgesteld was daaroor. As mens egter andersins op die eiland wil kom moet jy omtrent jou hele pedigree met bewyse ensovoorts aan hulle deurgee vir spesiale toestemming. Dit gaan maar daaroor dat daar ‘n dispuut tussen Korea en Japan is oor wie eintlik die eiland besit, maar ek sal in ‘n volgende inskrywing meer daaroor vertel.

So het die boot al in die rondte om die stuk rots gevaar en het ek my kamera ooreis.

 

UlleungdoDokdo(6-9Jun) 117

UlleungdoDokdo(6-9Jun) 149

UlleungdoDokdo(6-9Jun) 026

Dokdo is 87.4km vanaf Ulleungdo en kan op ‘n mooi dag van daar af gesien word.

 

Daarna is ons almal weer terug na ons sitplekke en skoon stil. Dit was ‘n wonderlike ervaring en dis nie iets wat mens met woorde of foto’s kan oorvertel nie. Ons het gou weer voet aan wal gesit en Dodonghawe in daglig gaan verken vir ‘n wyle voor ons weer ‘n ander rigting op voet ingeslaan het.

 

UlleungdoDokdo(6-9Jun) 214UlleungdoDokdo(6-9Jun) 226

 

 

Links is die klein hawe met tjokkabote en regs kan die pylinkvis gesien word wat hulle slag en droog. Die inkvis wat hier op Ulleungdo gevang word is baie gesog en bekend oral in Korea. Ek het vir my kollegas hiervan saamgevat en hulle was in die 7e hemel. Dit stink te veel en is rerig nie so lekker nie.

 

 

UlleungdoDokdo(6-9Jun) 397Ons het maar so rondgedrentel en die natuurskoon bewonder terwyl ons die tyd moes verby kry vir die volgende ekspedisie per bus. Die busstorie het so 4ure gevat (as ek reg onthou) en die drywer het darem so nou en dan stil gehou waar UlleungdoDokdo(6-9Jun) 436ons kon foto’s neem, maar natuurlik nie waar ek orals wou wees nie 😉 Ons het soveel mooi goed gesien en al langs die see afgery en dit saam met ‘n spul ou Koreane. Die bus het vir 10 min op ‘n slag gestop en dit was natuurlik hopeloos te min tyd vir my en my kamera en die busdrywer het ‘n paar keer amper vir my weggery. Ek het op ‘n stadium batterye geruil en in my haas het ek die goed by die uitkykpunt laat afval en toe moes ek eers ondertoe hol om dit weer te gaan haal. Ek wou myself skop!

 

UlleungdoDokdo(6-9Jun) 477

 

Ons het ook deur die Nari basin gery, wat dan die enigsteen grootste deel op die eiland is wat plat is en dit was pragtig. Dit was dan ook ons laaste stop vir die dag en het ons by ‘n tradisionele restaurant iets gaan eet en drink. Die spul Koreane het dit natuurlik weer oordoen en almal goed getrek op daai bussie teruggeklim. Ons het so vir hulle gelag en hulle vir ons. Toe ek weer sien het die een ou ‘n mikrofoon daar in sy hand en daar begin hy sing en almal dans op die bus. Dit was skreeusnaaks gewees.

 

UlleungdoDokdo(6-9Jun) 479

 

So het ons toe nou teruggery na die hawe en het ook eers weer donker daar aangekom. Ek was dood op my voete, maar ons moes eers gaan kos soek. Na ‘n lekker bord kos het 3 van ons afgesuiker see toe met ‘n bottel wyn, ginsenglikeur en papier shotglasies (al wat ons kon kry). Ons het vir ons ‘n lekker hoekie langs die see uitgesoek en daar het ek myself geplant en heerlik ontspan na die dag se gewoel!

Sondag was ons laaste dag en het ons ook vroeg opgestaan om die meeste daarvan te maak. Ons het die Haengnam staproete al langs die kus aangedurf en dit wat ek daar gesien het is goed wat mens net in die flieks en op tv sien. Dit was ongelooflik mooi en ek het nog nooit in my lewe so iets gesien nie. Ek het in verwondering al langs die paadjie gestap en foto’s geneem asof daar nie ‘n more sou wees nie. Dis nie iets wat ‘n kamera kan vasvang nie, maar mens moet seker probeer. Dit was ‘n baie deinserige dag, maar ek het my bes probeer om die beste van die fotogeleentheid te maak.

 

 

UlleungdoDokdo(6-9Jun) 543

UlleungdoDokdo(6-9Jun) 669UlleungdoDokdo(6-9Jun) 550

 

 

Mens verwonder jou so aan die skoonheid en die blou water en elke keer as jy terugkyk sien jy iets anders raak wat van voor af weer mooier is as enige iets wat jy al gesien het. Die paadjie kronkel deur rotstonnels en dit gaan op en af en oor waterpoele en as jy weer sien bevind jy jou in ‘n denne-en bamboeswoud net om weer verder te stap vir ‘n ander uitsig van die see.

 

UlleungdoDokdo(6-9Jun) 726

UlleungdoDokdo(6-9Jun) 741

 

 

 

 

 

 

 

 

 

 

Ons was nie eers van plan om so ver te stap nie maar toe ons die volgende paadjie sien kon nie een van ons dit weerstaan nie en was ons min gepla of daar genoeg tyd gaan wees vir al die ander goed wat ons nog in die dag wil indruk.

 

UlleungdoDokdo(6-9Jun) 786

 

UlleungdoDokdo(6-9Jun) 799So het ons toe aangestap, opsoek na hierdie wandelpaadjie en ons het dit gelukkig gekry. Ons moes met ‘n baie hoe spiraaltrap teen die krans afklouter om onder by die see te kom, maar dit was verseker die moeitewerd. So het ons aangestap en weereens die blou water bewonder en die see was so kalm gewees dat dit eerder soos ‘n meer gelyk het. Ons het al die pad omgestap tot by Jeodonghawe en van daar het ons maar ‘n taxi teruggevat om nog ‘n aktiwiteit in te prop.

Jeodonghawe

 

Terug by ons beginpunt, het ons helshoogte aangedurf en uitgedraf om die kabelkar te vang. Ek was byna dood teen die tyd wat ek bo gekom het, maar weereens was dit die moeitewerd en het daar ‘n yskoue bier bo gewag!

UlleungdoDokdo(6-9Jun) 005

 

Ons het stadig weer afgegly met die kabelkarretjie en vandaar dadelik op die boot terug Pohang toe. Ons was almal pootuit, maar dit was ‘n belewenis. Ons het reeds afgespreek dat daar nog ‘n kuier op die eiland gaan wees, so nou wag ons net vir die eerste langnaweek in Oktober.

 

UlleungdoDokdo(6-9Jun) 871

 

Vir die wat nog foto’s van die eiland wil sien gaan kyk gerus op my fotoblog

Advertisements

20 Responses to “‘n Eksotiese naweek in Korea”


  1. Junie 10, 2008 om 11:28 nm

    My donner! As jy my nou regtig wou jaloers maak, het jy dit gedoen! 😮

  2. 2 reisiger
    Junie 10, 2008 om 11:31 nm

    Wow Kaalvoet, dit is ongelooflik mooi!! As dit op die foto’s so mooi lyk kan ek net dink hoe mooi dit werklik moet wees!

  3. Junie 10, 2008 om 11:55 nm

    Wow wow wow! Dis baie mooi, ek’s mal oor die kombinasie van see en berg.

  4. Junie 11, 2008 om 2:11 vm

    Daai wandelpaadjie lyk awesome.

  5. Junie 11, 2008 om 4:03 vm

    Ek wil ook al daai mooi plekke sien. Daai foto’s is pragtig!!! Ek is verskriklik lief vir my bome/ bosse / plantasies. As Amsterdam nou net langs die see was, was ek in die hemel… Ek gaan nou eers gou die ander foto’s kyk 😉

  6. 6 alta
    Junie 11, 2008 om 1:16 nm

    Dis regtig pragtig! Luv daai see en berge pics.

  7. Junie 11, 2008 om 4:00 nm

    Ek waa al gister op jou foto blog dit is fantasties. Begin dink ek moet my kinders soontoe stuur vir hulle trou geskenk.

    Ek weet nie van die ander nie maar ek kan nie foto 214 van die hawe sien nie?

    Jou naweek was toe baie lekker kaalvoet! Bly jy het dit geniet 😀

  8. Junie 11, 2008 om 5:15 nm

    Sorry Boertjie! Jy moet maar volgende keer saamkom 😉
    Reisiger, NJ, Roer, Alta en Pikkelik: Dis ‘n stunning plek en ek is versot op die see, so dit was vir my ‘n besonderse treat. Sommer ‘n vroee birthday prezzi vir myself 😉
    Wip: Ek het gesien jy was daar…thanks! Ek dink hulle sal dit baie geniet en daar is ‘n baie nice hotel waar ek volgende keer wil bly en daar is baie om te doen en om te sien. As jy meer inligting soek se my net. Foto 214 werk by my so ek weet nie waar le die fout nie. Ek wens ek kon vir ‘n week my batterye gaan laai op daai eiland!

  9. Junie 11, 2008 om 5:33 nm

    Tussen jou en BiB toer ‘n mens lekker in Korea rond. Hierdie omgewing lyk ongelooflik mooi. Lyk my dit is die moeite werd om Korea te besoek.

  10. Junie 11, 2008 om 5:40 nm

    Wat ‘n belewenis moes dit nie gewees het nie. Jou foto’s is stunning!

  11. Junie 11, 2008 om 7:16 nm

    Emil dis verseker die moeitewerd om te sien. Ek is versot op die Ooste en daar is soveel plekke wat ek nog wil besoek…
    Dankie Dellie. Dit was werklik ‘n magiese belewenis!

  12. Junie 12, 2008 om 3:02 vm

    Ag lekker. Ek kan nie glo daai ferry is so stabiel nie, my ervaring met dinge op water is nie goed nie. Fotos is beautiful!

  13. 13 boendoe
    Junie 12, 2008 om 1:50 nm

    Pragtig, dis al wat ek kan se. Ek het nie ‘n idee gehad dis so mooi plek nie. Gelukkig is jy ‘n goeie fotograaf!

  14. Junie 12, 2008 om 8:42 nm

    Dit lyk betowerend mooi!

  15. Junie 14, 2008 om 12:10 vm

    Ek sal graag volgende keer wil kom.

  16. Junie 14, 2008 om 2:19 nm

    Boer, jy is meer as welkom om saam te kom eiland toe…Ek is juis besig om ‘n paar siele nader te hark vir die volgende ekspidisie na Ulleungdo in Oktober.

  17. Junie 30, 2008 om 12:06 vm

    Puik inskrywing en foto’s. Ek het gou op Google maps geloer, lyk my die eiland is so 180km van die ooskus van Suid-Korea af. Ek sien 3 blou flaggies op die Google map, as ek op die mees noordelike een kliek sê dit: Cheongbu fishing village, Ulleungdo, met ‘n baie mooi prentjie.

  18. Junie 30, 2008 om 12:27 vm

    Dankie Mykop. Google jok nie 😉 Die flaggie waarop jy geclick het is waar ek was op Ulleungdo


Lewer kommentaar

Verskaf jou besonderhede hieronder of klik op 'n logo om in te teken:

WordPress.com Logo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by WordPress.com. Log Out / Verander )

Twitter picture

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Twitter. Log Out / Verander )

Facebook photo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Facebook. Log Out / Verander )

Google+ photo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Google+. Log Out / Verander )

Connecting to %s


Kalender

Junie 2008
M D W T V S S
« Mei   Jul »
 1
2345678
9101112131415
16171819202122
23242526272829
30  

Wie’s hier…

counter

Van waar gehasie?

Waar is wat?

Flickr Kiekies

waarnatoe volgende...

  • Geen

Blog Statistieke

  • 44,415 houe
Page copy protected against web site content infringement by Copyscape

Bladsye


%d bloggers like this: