12
Jun
08

Die reus en die vuurtoring op die tier se stert.

DSCF1126

 

 

Ek was so paar weke terug weer in Homigot gewees, waar die bekende “Hands of Harmony” staan. Hierdie hande is in 1999 opgerig as ‘n simbool van die Koreane se aanhoudende strewe vir ‘n beter lewenskwaliteit. Die een hand is op land en die ander in die see en my eerste gedagte toe ek dit sien was dat dit soos ‘n reus lyk wat besig is om te verdrink. Hierdie hande is regtig groot en nogal iets om te aanskou.

 

DSCF1143

DSCF1118

 

 

 

 

 

 

Homigot (Homi Cape) is op die mees Oostelike punt van Gyeongsangbuk-do Pohang Yeongilmanbaai, en is een van die beste plekke waar die sonsopkoms, reg deur die jaar, eerste in Korea gesien kan word. Homigot is ‘n baie populere plek, veral die “Sunrise Park” waar daar elke nuwejaar ‘n groot fees gehou word. (Gaan kyk hier oor die fees)

DSCF1196Die Daebo area, waar die Homigot vuurtoring staan, het ‘n pragtige uitsig oor die see. Die naam is afkomstig van ho (tier), mi (stert), and got (klein hawe). Die Koreane glo dat die Koreaanse kaart soos ‘n tier lyk en die ligging van Homigot is reg op die tier se stert. Tydens die Japanese okkupasie (1910-45), het die Japanese die naam na Janggigot verander (jang beteken haas en gi beteken stert) in ‘n poging om die Koreane se waardigheid te vernietig. Die naam is egter terug verander na 1945, alhoewel baie kaarte en padtekens nog na die Japanese naam verwys.

Homigot se vuurtoring staan 26.4m hoog (Cultural Asset #39). Die argitektuur is Westers met ‘n oktagonale vorm en is opgerig na ‘n Japanese skip in 1901 naby die kus gesink het. DSCF1191Die vuurtoring is ontwerp deur Franse argitekte en is opgerig deur ‘n spul Sjinese en is voltooi in Desember 1903. Selfs kontemporere argitekte bewonder die struktuur, omdat die baksteenstruktuur gebou is sonder gewapende beton en dit is smal vanaf die basis, wat ongewoon is vir so hoe struktuur. Dit het 6 verdiepings en elkeen se plafon is versier met peerboombloeisels wat die koninklike familie van die Chosun-dinastie simboliseer.

 

Ek het dan ook die geleentheid gehad om die vuurtoring museum (die enigste in Korea) daar te besoek. Ek is mal oor vuurtorings en hawens en dit betower my heeltemal om daarna te kyk en om te wonder hoeveel skepe oor die jare heen al om die liggie gevaar het. Daar was allerhande interessanthede in die museum, maar natuurlik mag mens nou weer nie foto’s geneem het nie, maar ek het tog my luck getry 😉

 

DSCF1228

DSCF1224

DSCF1218

DSCF1226

DSCF1227

DSCF1234

 

 

 

Buite die museum is ‘n hele paar modelle van verkillende vuurtorings, in Korea, opgerig en ek wys hier ‘n paar interessantes.

Homigot (Hanggigot, Janggi Gab, Janggigot, Changgigot)

 

DSCF1152

1903. Aktief; fokale vlak 31m; wit flits elke 12 s.

 

Hwaamchu

 

DSCF1260

1994. Aktief, fokale vlak 49 m; flits elke 10 s. Die vuurtoring was oorsprinklik 30m hoog, maar ‘n dubbelverdieping platvorm is in 1997 aangebou en staan nou 44.5m hoog.

 

Udo (Jeju eiland)

 

DSCF1249

1906. Die vuurtoring is 16 m hoog en die 6e oudste in Korea. Die vuurtoring is oorspronklik deur die Japanese opgerig, omdat dit vir hulle moeilik was om hul skepe veilig in Udo se hawe te kry. Dit was vir hulle ‘n belangrike hawe, omdat hulle wapens vir hul oorlog teen Rusland daarheen vervoer het.

 

 

DSCF1254

DSCF1252

DSCF1258DSCF1266DSCF1155DSCF1161

 

 

 

 

 

 

 

 

 

Advertisements

10 Responses to “Die reus en die vuurtoring op die tier se stert.”


  1. Junie 12, 2008 om 10:38 nm

    Ek’s ook mal oor vuurtorings!

  2. Junie 13, 2008 om 1:26 vm

    BAIE nice inskrywing. Sedert ek self hier in Korea woon, het ek seker ook meer waardering vir die ervaringe wat jy met ons deel. Ek het ook die “hand” en hierdie vuurtoring-museum besoek en dit net so interessant soos jy gevind. Ek was net te lui om te blog!

  3. 3 reisiger
    Junie 13, 2008 om 4:00 vm

    Sjoe, daai hand lyk regtig enorm! Net so mal oor vuurtorings! Interessante inskrywing Kaalvoet.

  4. Junie 13, 2008 om 4:48 nm

    Wow. dis amazing… Ek spaar dat dit bars want een van hierdie mooi dae kom ek vir jou kuier (mits jy ‘n gewonde toilet het!)

  5. Junie 14, 2008 om 2:22 nm

    Dis reg Pikkie en JA, ek het ‘n gewone toilet soos miljoene ander in Korea!

  6. Junie 15, 2008 om 4:04 nm

    Kan jy glo ek het hierdie nice inskrywing mis gekyk!! Hier kry ek toe ‘n bederfie vanoggend toe ek op jou blog rond grou!! 🙂 Ek is mal oor die hand!

  7. Junie 15, 2008 om 9:25 nm

    😆 @ Wip!!! Bly jy het dit raakgelees…

  8. Junie 17, 2008 om 12:06 vm

    Die hand is dramaties en werklik indrukwekkend!

  9. 9 Nico
    Junie 23, 2008 om 3:54 vm

    Daai hand laat my aan die legende van Arthur en sy swaard, Excalibur, dink. Toe hy mos dodelik gewond was het hy iemand gestuur om Excalibur in ‘n meer te gaan gooi, en daar het ‘n hand uit die meer gekom en Excalibur gevang… miskien is Arthur all along ‘n Koreaanse storie!


Lewer kommentaar

Verskaf jou besonderhede hieronder of klik op 'n logo om in te teken:

WordPress.com Logo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by WordPress.com. Log Out / Verander )

Twitter picture

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Twitter. Log Out / Verander )

Facebook photo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Facebook. Log Out / Verander )

Google+ photo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Google+. Log Out / Verander )

Connecting to %s


Kalender

Junie 2008
M D W T V S S
« Mei   Jul »
 1
2345678
9101112131415
16171819202122
23242526272829
30  

Wie’s hier…

counter

Van waar gehasie?

Waar is wat?

Waarvan julle hou

Flickr Kiekies

waarnatoe volgende...

  • Geen

Blog Statistieke

  • 44,631 houe
Page copy protected against web site content infringement by Copyscape

Bladsye


%d bloggers like this: