Vroeg vanmore is ons hier weg met ‘n spul opgewonde kindertjies en glo my, dit help nie as mens ‘n kloppende monster in jou kop het nie! Dit daar gelos…het ek ‘n heel aangename dag gehad.
Ek moes natuurlik na die terries omsien en daar het so 2 weke terug nog een bygekom, so dit gaan maar moeilik met die rooitaal. Hy reageer op sy Engelse naam en verder hoor hy niks!
Die waterpark (Aquana) is grotendeels onderdak, wat dit baie lekker maak as die weer so misluk was soos vandag. Natuurlik hoef mens dan ook nie te worry oor sonbrandroom en verbrande kinders nie. Ek moes net kyk dat die lot nie versuip nie, wat nogal moielik is as daar nog 300 ander kinders van ander skole rondskarrel.
Ek wou natuurlik nie die heeltyd in die vlak water rondplas nie en het die 4 mannetjies met BAIE moeite oortuig om die waterwurm saam met my aan te durf! Dit was vrek lekker en ek het myself amper versuip in ‘n poging om hulle almal bo te hou…
Die plek is regtig baie nice ingerig vir die kinders met allerhande speelplek. Vir die ouers is dit eintlik meer van ‘n spa met aromatiese borrelbaddens (Die rooie was “rose”, groen was appel en die blou ene was “tropical fruit”. Daar is ‘n rooiwyn en Jasmyn een ook, maar hulle het seker geweet ek gaan daar wees vandag) buite en maseringsgeriewe binne.
Daar is ook allerhande saunas en meridiaanse behandelingskamers en what have you not! Oooh! En dan was daar ook van daai “dr. fish” waarvan BiB so ruk terug gepraat het. Ek moes dit natuurlik probeer en dit was al te lekker!
In die groot swembad wat onderdak is is daar oral sulke “water massage jets” en ek het goed daarvan gebruik gemaak. Die twee Koreaanse kollegas wat saam was het gelyk of hulle alles onder beheer het en ek het toe so bietjie verdwyn met my terries daar na die aromatiese borrelbaddens. Die een het blou moord geskreeu vir die groen water wat soos ‘n heksebrousel lyk, maar hy het op die ou einde in die blou een gaan sit.
Middagete was ‘n fees en die restaurant het alles reeds uitgesit vir ons…dit het soos vakansie gevoel. Na middagete het die kids nog bietjie gejol en ek het verder ontspan. Later is almal deur die stort gejaag en toe is ons weer terug skool toe.
Is hierdie nie die beste toestand om kinders in te sien nie???
Ongelukkig het ek ook so gevoel, maar moes klasgee vir die ouer kinders… Vanaand weet ek van nog iemand wat baie lekker gaan slaap…
Hulle lyk so cute in die eerste foto’s met die opblaas goed! Jy’s baie braaf om kiddies na ‘n waterpark toe te vat!
Miskien kan jy hierdie vir my verklaar: wat is dit met die Koreane en peace signs op foto’s? Ek sien nou die seuntjies doen een of ander hand onder die ken storie ook. Ek wil myself altyd breek vir die toeriste met die peace signs!
Dit lyk na ‘n heerlike plek om ‘n dag deur te bring. Hmmm, sou wat wou gee vir een van daai aromatiese borrelbaddens…
Ek is baie bly jy het die dag geniet Kaalvoet. Dink die terries kan mens nogals moeg en gedaan maak, so n dag gee mens darem bietjie n recharge.
Daai kindertjies is so mooi!… as hulle slaap!!! Dit lyk na ‘n heerlike plek om uit te span. Jy het ook al die lekker goed daar 😕
Daai gevreetjies is opvreetbaar cute! En die foto van die vissies wat so aan jou voete knibbel…jy’s baie oulik! 😉
Sjoe, lyk of jy ‘n lekker daggie gehad het. Juffie, maar jy het omtrent die kinders uitgeput hoor 🙂 Ek dink jy gaan darem lekker dux hoor!
Wees vandag deel van ‘n amptelike Guinness Wêreldrekord!
Wuo ned kon keik of jy la ‘n niewe post ophed???? 😆 😆
Lyk na pret as jy die kind is, as jy agter hulle moet kyk….oe! Maar dit is ‘n wonderlike fasiliteit.
Jane: Ek dink die peace sign is nou maar ‘n Asian ding en daai hand onder die ken ook…
Dellie: Daai baddens was hemels…net jammer ek kon dit nie in vrede geniet nie
Boendoe: Ek gaan van daai vissies SA toe smokkel…
Zee: Dis eerder andersom en ja, ek het geslaap vir die eerste span
Rosa: Gelukkig was daar nog 3 abder wat na die kinders kon kyk, so ek het lekker gejol!
Pikkie: Dis van al die lekker goed hier dat my brein shoo short! Sies vir jou, mens spot nie hoor 😆
Ek dink dis jy wat die kindertjies so flou gespeel het, want die seuntjie in jou is nog springlewendig en baie aktief. Geen wonder die arme bloeitjies het almal uitgepaas nie. Hehe jou maatjies kyk die seuntjie in jou mis.
Ekskuus kaalvoetjies, ek bedoel die ‘kindjie’ in jou
Hi Kaalvoet, ek sien jou dag by die Waterpark was toe baie lekker!!!
BAIE GELUK MET JOU VERJAARSDAG!!!! Mag jy ‘n wonderlike jaar hê, en mag al jou drome waar word. Ek hoop jy gaan ‘n lekker dag hê. Gesels môre as ons vroeg klaar kry!!!
Wat?! Is jy ‘n birthdaygirl?? Baie, baie geluk, ek hoop jy het ‘n stunning jaar wat voorle. En hou tog aan blog, jy is ‘n regte ou sonstraaltjie! X
Ag aarde tog, was ek nou wragtig lelik met jou op jou verjaarsdag… Dis die pittttsssss… Skies Kaalvoetertjies, hoop tog jou dag was lekker, sonder spelfoute en vol plesier… ♥♥♥♥
Dankie vir die B-day wishes Wip! Ja, Boendoe…dis gewoonlik ‘n staatsgeheim 😉
Toemaar Pikkie, jy was ‘n dag te vroeg om te moet sleg voel daaroor 😉
Die dag was rustig, soos ek daarvan hou en niemand het iets vermoed nie…van die kids het onthou, maar ek het hulle die dood voor die oe gesweer as hulle vir iemand se. Kom ons se net, ek het gekry waarvoor ek al so lank gewens het! Revenge sonder om ‘n vinger te roer! Die blinde sambok is ‘n beautiful ding as hy die dag vir jou werk!
😆 @ terries
Ek kan nie help oplet hoe skoon dit daar is nie… Dit lyk pret en die kindertjies is pragtig. Sterkte met daai kop.
Dis laat, maar nietemin, baie geluk met jou verjaarsdag! 😉
Thanx Dellie, maar dis nie laat nie. Ek verjaar vandag (19e)
♪♫♫♪ Happy birthday to you, Happy birthday to you ♪♪♫♫♪
Hoop jy gaan ‘n awesome daggie hê.
Nefri: Hoe dan nou anders…ek moet mos ook bietjie fun he 😉 Ek dink ek maak hulle goed klaar as ek die dag lus het, maar dis dan so maklik!
Heeeeehaaaaaa!!! Beautifullllll birthday vir jou Kaalvoetertjies….!!!
In daai geval BAIE GELUK! Ek het ook gedink ek’s te laat. Long live the PARTY!!!
Baie geluk Kaalvoet!! Hoop jy’t ‘n heerlike verjaarsdag gehad!! (Ek dink dis nou omtrent 10 uur in die aand daar as ek dit nie mis het nie??)
Die plek lyk na ‘n tipe plek wat ek ook wil besoek! En dis net die regte plek om die skielike aanslag van die somer af te weer (mensig ek sweet!)
En…BAIE, BAIE geluk met jou verjaarsdag! 8)
Waar Wip is, is niks nooit ‘n staatsgeheim nie. Die vissies wat so by jou voete suig, is dit nie grillerig nie??? 😉
Ek moes geweet het Wip!!! Neewat, dis moerse kielierig, maar tog te lekker!
Hier kom agteros ook:
Happy Birthday to you, Happy Birthday to you, you look like a monkey and you act like one too!
Nee, ek spot net! LEKKER verjaar!
Ag hel, ‘n uur laat… 😦
Vir jou verjaarsdag wat waarskynlik alreeds daar by jou verby is… Huiswerk! 👿
Baie geluk al is dit laat! 😀
Nog ‘n agter os … ek is al so ver agter, die agterryers is al verby my. Veels geluk liewe maaatjie omlat jy verjaar (het). Maar jy sal maar moet verskoon – ek het geworstel met longdrops, swak konneksie en yskoue water.
Dit lyk of die kinders hulle gate uit geniet het. Wat is die geheim dat hulle so slaap? Ek moet die resep op my laaitie toepas.
Thanx Emil….eerder laat as nooit! Jy speel hulle flou, dis al uitweg! Moet se, ek wou ook bittergraag daarna slaap! Daar’s niks soos ‘n goeie jol in ‘n swembad wat ‘n kind so moeg maak nie!
Huiswerk Kaalvoetertjies…. Huiswerk!!!!! 😈
Jy is evil Pikkelik! Ek dink nog bietjie oor daai huiswerk….ek het al hoofpyn van al die dink!
Sal ook daai borrelbad enjoy.
Gaan jy nou nooit weer ‘n nuwe inskrywing maak nie ?????
Ai dit lyk heerlik… ek sal self ook daai voet vissies n probeer wil gee! maar daai spul was goed uit gepit! kan my net indink hoe jy moes voel…
OMW, kyk daai plek!!! Self ek sal bananas gaan daar.
As a Newbie, I am always exploring online for articles that can aid me. Thank you