23
Jun
08

My motto of iets in daai lyn…

Pikkie het my getag en ek weet dis laat, maar eerder laat as nooit!

Ek het meer as een motto (ek dink), maar die twee goed wat ek altyd doen is om te lag en om my kop hoog te hou.  Die wat my ken weet ook, die dag as ek ophou lag en grappies maak, kan hulle my maar begrawe.  Ek probeer om altyd die beste van ‘n slegte saak te maak en om die humor in alles te sien, al is dit hoe sleg.  Om dit te doen is maar hoe ek cope met die dinge wat die lewe soms na ‘n mens se kant toe gooi.  Almal verstaan dit nie altyd nie, maar wie gee om?  Om die snaaks in iets slegs te sien maak die seer minder, maar dis net ek…nie altyd 10-4 nie, maar dis ek!

Naas om altyd te lag is die volgende dan nou maar seker die eintlike motto:

Life’s a journey, enjoy the ride…as die pad vol klippe is en moeilik raak, kry ‘n 4×4

 

en as die pad gelyk en langs ‘n mooi roete verbygaan, kry ‘n Porche.

 

Moet net NOOIT ophou reis nie!!!

 

 

 

 

 

 

Advertisements

20 Responses to “My motto of iets in daai lyn…”


  1. 1 reisiger
    Junie 23, 2008 om 6:50 nm

    So bek moet jêm kry sou my Ma nou gesê het! Goeie uitkyk op die lewe Kaalvoet!!

  2. Junie 23, 2008 om 7:34 nm

    Goed gedoen Kaalvoetertjies… en baie waar. Ek dink nogal ek en jy sal ‘n lang pad kan saamstap! 😉

  3. Junie 23, 2008 om 8:08 nm

    Jy sal nie sterf aan ‘n hartaanval nie. Dis verseker. ‘n Uitstekende motto.

  4. Junie 23, 2008 om 8:17 nm

    Hehehe Roer! Ek mag my dalk net dood lag! Jy moet my sien as ek skrik…ek breek myself!

  5. 5 boendoe
    Junie 23, 2008 om 8:20 nm

    Aaa, eintlik hoop ek vir ‘n rocky road, want ‘n 4×4 is darem so nice! 😀

  6. Junie 23, 2008 om 8:22 nm

    Haai nee Boendoe…spoed is soveel beter!

  7. Junie 23, 2008 om 8:26 nm

    Ek hou van jou motto’s, lekker lag en lê die lewe af in ‘n porche of ‘n 4 X 4.

    Ek hoop hierdie week ry jy in ‘n porche!! 😉

  8. Junie 23, 2008 om 8:31 nm

    Wip, ek ry mos maar my 4×4 Maandae tot Vrydae en naweke is dit smooth sailing in die Porche

  9. Junie 23, 2008 om 9:55 nm

    Ek en Liefie spot altyd oor “eendag as ons in ons skoene piepie”. So jy wat so lekker lag kan dan se: Toemaar julle, dis net koeldrank.

    Lekker motto van jou.

  10. 10 alta
    Junie 23, 2008 om 10:34 nm

    Ek hou ook van jou motto! Roer se motto sal my laat water sluk. 😀

  11. 11 Jaco
    Junie 24, 2008 om 8:03 vm

    Jy lag jou seker vrek as daai 4×4 se brandstofrekening kom. Nice lewensuitkyk.

  12. 12 Krista
    Junie 24, 2008 om 4:42 nm

    Ek cope gewoonlik beter met goed as ek daaroor lag.

    My eks-baas het nie gedink dis snaaks toe ek histeries aan die giggel gegaan het toe ek hoor sy huis het afgebrand nie . . . 😳

  13. Junie 24, 2008 om 7:19 nm

    Ek hou ook van jou lewensuitkyk – lag en almal lag saam? 😉

  14. Junie 24, 2008 om 10:21 nm

    Kry ‘n Porsche Cayenne, dan hoef jy nie motors te ruil nie!

  15. 15 Nefri
    Junie 25, 2008 om 2:58 vm

    ‘en as die pad gelyk en langs ‘n mooi roete verbygaan, kry ‘n Porche.
    Moet net NOOIT ophou reis nie!!! ‘

    Dit bring een van jou vele mooi karaktereienskappe na vore wat ek as leser, nie kon miskyk nie
    – jou positiwiteit –

  16. Junie 26, 2008 om 8:40 nm

    Hehehe! Ja Emil… dink ek moet Boer se raad volg!

  17. Junie 27, 2008 om 3:59 vm

    Maar petrol kos steeds dieselfde!

  18. Junie 27, 2008 om 2:22 nm

    True, Emil! Maar as ek die Cyenne het kan ek nie so jaag soos met die Porche nie en sal dus tog brandstof spaar…en dis net een kar wat volgemaak moet word. As mens so kar kan bekostig, worry jy sekerlik nie oor die prys van brandstof nie of hoe???

  19. 20 Nico
    Junie 27, 2008 om 5:15 nm

    Ek hou meer van paaie waar mens ‘n Landie nodig het… sure die spoed van ‘n Porsche is DIVINE, maar die “scenery” op die 4×4 paadjies is net soveel mooier. En almal kan anyway op ‘n pad ry waar ‘n Porsche kan, dis nie almal wat die 4×4 paadjie kan ry nie…

    Enjoy, dankie vir ‘n nice stoffie tot nadenke.


Lewer kommentaar

Verskaf jou besonderhede hieronder of klik op 'n logo om in te teken:

WordPress.com Logo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by WordPress.com. Log Out / Verander )

Twitter picture

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Twitter. Log Out / Verander )

Facebook photo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Facebook. Log Out / Verander )

Google+ photo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Google+. Log Out / Verander )

Connecting to %s


Kalender

Junie 2008
M D W T V S S
« Mei   Jul »
 1
2345678
9101112131415
16171819202122
23242526272829
30  

Wie’s hier…

counter

Van waar gehasie?

Waar is wat?

Flickr Kiekies

DSCF1460

DSCF1458

Yeosu 3 Okt 253

Yeosu 3 Okt 251

More Photos

waarnatoe volgende...

  • Geen

Blog Statistieke

  • 44,299 houe
Page copy protected against web site content infringement by Copyscape

Bladsye


%d bloggers like this: