07
Jul
08

Om te squat of te knyp, dit is die vraag…

Wipneus het my so wyle terug gevra om ‘n post te skryf oor die Koreaanse badkamers of dan meer spesifiek die toilette. So, na aanleiding van min tot geen inspirasie is dit dan nou waarmee ek julle gaan probeer vermaak…

In baie parke en by sommige russtoppe op die lang pad is daar nog van die tradisionel Koreaanse puttoilette. Die goed lyk vir my kompleet soos ‘n krip wat begrawe is. Ek weier, na 7 maande, nog steeds om die blerrie goed te gebruik, want dit spel net disaster as jy my luck het. Om die outjie te gebruik moet jy die hele squat-aksie uitoefen en dis al klaar ‘n challenge vir my en die kans dat dit op ‘n gemors gaan uitdraai is groot. Iemand (sal nie name noem nie) wat ek ken het juis so bietjie gegly in so noodgedwonge squat-aksie en al wat die persoon gese het was “Dit was ‘n gemors en verder se ek niks!” Net daar het ek ook besluit om eerder te knyp as om ‘n kans te waag.

 

UlleungdoDokdo(6-9Jun) 380

UlleungdoDokdo(6-9Jun) 289

 

 

 

 

 

 

 

 

 

 

 

 

Daai silwer HANDLE-THINGY links, is die flusher en in die hoek kan mens die asblikkie sien.

 

Ek het al soveel kere moes badkamer toe gaan en as ek die deur oopslaan en daai put staar vir my, verdwyn daai nood soos mis voor die son. Dis seker maar ook wat hulle bedoel met “stagefreight”.

DSCF1106

 

Ter illustrasie: ‘n Koreaanse ou wat ‘n put van sand gebou het op die strand en vir ons “gepose” het. 1-2-3 SQUAT!!!

 

Daar is egter oor die algemeen baie meer Westerse toilette en sommige van die plekke het van die tradisionele toilette asook gewone toilette wat dan duidelik gemerk word “foreigners only”. Mens kan egter Korea besoek of hier bly, soos ek, sonder om ooit een van daai toilette te moet gebruik.

‘n Ander vreemde verskynsel wat my natuurlik baie uitgross is die feit dat hulle nie die toiletpapier in die toilet afspoel nie, maar in ‘n OOP drommetjie langs die toilet gooi. Ek weier en ek gee nie om wat ek laat verstop nie, maar flush sal ek hom flush. By my woonstel doen ek natuurlik net wat ek wil en is nie veel gepla met hul reels as dit daarby kom nie. Ek weet egter van ‘n paar mense wie se toilette al verstop het, maar ek was tot dusver nog bevoorreg om die toiletpapier te kon wegspoel sonder ‘n oorstroming 😉

Dan, van die een uiterste na die ander…

Mens kry hier ook sulke toilette wat lyk of aliens dit hier aangebring het en ek het so ruk terug by die waterpark vir die eerste keer so model van nader beskou. Natuurlik moes ek mos nou weer die knoppies gaan staan en druk het. Dis hel om so nuuskierig te wees! Ek het my klere gaan aantrek in die toilette, want ek is nou nie een om soos die ander kaalgat tussen almal rond te staan nie. Klaar aangetrek en reg om te waai, staan ek eers die storie so en uitkyk. Alles is natuurlik in Koreaans, so ek weet nie wat gaan vir wat nie en toe dog ek, wel, ek gaan nou knoppies druk tot daar iets gebeur. Dit was nie so slim nie…

 

 

pics 150

pics 152pics 151

 

 

 

Toe ek weer sien toe kom daar so pypie vanaf die agterkant van die toiletbak te voorskyn en toe dit ophou beweeg spuit daar ‘n jetstraal water uit wat jou ‘n “instant” enema sal gee. Ek het my gat afgeskrik en sommer aan die lag gegaan, want hier spuit die straal water letterlik tot bo teen die deur en ek weet nie hoe om dit te stop nie. Die water loop so teen die deur af en vorm ‘n swembad op die vloer. Ek laat sak toe so vinnig ek kon die toiletdeksel net om te veroorsaak dat die water aan die kante uitspuit! Dit was ‘n moerse entertaining gemors en ek het lekker vir myself gelag.

Later het ek toe uitgevind vir wat al daai knoppers is. Ek weet verseker die rooie is vir stop! Die ander is vir warm of koue water en as jy ‘n kind is druk jy ‘n ander knoppie sodat die pypie wat water spuit verder uitkom. Dan is daar ook glo ‘n knoppie wat jy moet druk om jou droog te blaas 😆 (Dis nou as daar nie toiletpapier is nie, wat omtrent 100% van die kere die geval is met hierdie toilette.

Nee kyk, ek het nou al geleer om altyd tissues by my te he en om te knyp vir die dood as ek moet.

Hier is alles ‘n avontuur, van iets so gewoon soos om toilet toe te gaan tot om hier rond te travel. Al wat ek kan se is : Never a dull moment” of dalk is dit net ek wat myself altyd in sulke situasies kry…


32 Responses to “Om te squat of te knyp, dit is die vraag…”


  1. 1 reisiger
    Julie 7, 2008 om 9:40 nm

    OMW!!! 😆

  2. Julie 7, 2008 om 10:32 nm

    En hier bars ek weereens uit van die lag, ek en my gesin en Kaalvoet het al groot sports gehad met die storie. Nee kyk so enema sal lelike dinge afgee. wha ha hillarious!! In Korea moet jou lig loop (of sal ek sê squat) by die toilette 😆

  3. 3 Zee
    Julie 7, 2008 om 10:52 nm

    Kaalvoetkind, ek het mos meeste van my foto’s verloor. Onder andere was daar ‘n foto van die squat toilet. (Dankie, nou kan ek mos maar die familie wys hoe dit lyk)

    Ons was redelik gelukkig in Vietnam om gewone toilets te kon gebruik maar het ons nogal verstom oor die squat’s. In Singapore lughawe het ek ook kennis gemaak met die fancy toilets wat sommer begin spoel as jy net jou boude lig. Natuurlik die eerste keer het ek my alie afgekrik.

    Lekker gelag vir jou danspassies in die toilet met die straaltjie water!

    Dit is darem amazing hoe ons hier op die blog wereld leer van ander mense se kulture. Dankie!

  4. Julie 7, 2008 om 11:04 nm

    great een kaalvoeet. Ek kan met rooigesig se ek het die squad ding al gedoen wens die nood ne nie meer kon verder verleng word nie. Dit was b my skool, en hulle het net die gat in die grond en wag vir dit geen toiletpapier nie. Ek mission onder na die naaste winkel om een rol toilet papier te gaan koop, bloos bloos lag ek tot weer b die skool. Om die detail te spaar, dit het my 20 minute gevat om uit die badkamer uit tekom, ek was papnat gesweet, en ek wil nooit weer in so situassie wees nie. Om eerlik te wees lag jy konstant vir jouself om die posisie reg te kry sonder om n gemors te maak. Ek het darem n westerse toilet in my flat, maar is ook telkemale aangevat deur die landlord dat ek n sak lang my toilet moet sit vir die toile paapier. maar that’s never gonna happen.

  5. 5 krista
    Julie 7, 2008 om 11:34 nm

    Ek het nou so gelag, ek’t amper van my stoel af gedonner! Dankie.

  6. Julie 7, 2008 om 11:56 nm

    Se ek mos elke keer as ek daai gat in die grond sien Reisiger!
    Wip, jy moet lekker lag, een van die dae word al die plaaslike toilette in SA nog vervang met daai “jetsetters”. Dan wil ek jou hoor… Jy gaan nog vir my kom kuier hier in Korea al is dit net om ‘n puttoilet met jou eie oe te sien 😉
    Zee, hier hoef ek darem ook nie rerig die gate in die grond te gebruik nie, want hier is meestal gewone toilette. Dis meer by ouer dele van stede en dorpe waar dit nog volop is.
    MJ, ek kan net dink en ek hou maar verby, al is daai nood hoe groot!
    Plesier Krista 😆

  7. Julie 8, 2008 om 2:13 vm

    Whahaha MJ ek sien die prentjie van posisie regkry en mik vir die gat!!! 😆 😆

    Kaalvoet ek sal nie daai enema ding doen nie, nee, uh uh ek sal dan maar knyp tot by die huis, ek het jou al gesê, ek trust nie sulke outomatiese toilette hier onder my sitvlak nie……

    Lekker aand

  8. Julie 8, 2008 om 6:38 vm

    Ek sal eerder my eie gat in die sand grawe as om die hurk in daai goed, voel my so die mense kan mis mik.

  9. Julie 8, 2008 om 8:59 vm

    O ja Rosa, hulle mis!!! Ek moet se dat hulle dit regtig skoon hou, maar die gevolg is dat die vloere ALTYD nat is en dit gril my nog meer uit! Ek soek eerder ‘n bossie as dit moet 😉

    Whahaha Wip, ek sien al hoe spring jy op as daai straal water jou onverwags bekruip! 😆

  10. Julie 8, 2008 om 2:29 nm

    Kaalvoet ek en Rosie se koppe werk dieselfde…..sien jy waarheen is sy oppad whahaha

    Rosie ons gaan hurkend mis mik!! 😆

    Kaalvoet dis nie oor die straal water wat ek bekommerd is nie, dis die pypie wat uitspring wat my puzzle 😆

    En in die gebou is daar ‘n vloer,
    dis die vloer in die gebou en die groen gras groei daar om
    en in die vloer is daar ‘n gat
    dis die gebou met die vloer en die vloer met die gat …. ♪

  11. Julie 8, 2008 om 3:01 nm

    😆 Ek sal nooit my ‘korrel’ regkry nie…. Ek sien al watse lieflike gemors maak ek van alles…. 🙄 Kan julle voorstel watse mission dit sal wees om ‘n kind daar te toilettrain… 😈 O genade, ek het nou baie lekker gelag… 😆

  12. Julie 8, 2008 om 4:46 nm

    Hehe, dit klink omtrent of mens op ‘n kursus moet gaan om te leer hoe om daai toilette te operate! Ek sal ook soos Rosa maar eerder my gaatjie grou… :mrgreen:

  13. Julie 8, 2008 om 5:02 nm

    Neewat Pikkie, dis net daar wat jy die fout maak. Die kinders gaan so hurk-hurk deur die lewe en dis vir die Koreane ‘n gemaklike manier van sit. Soos ons op ons hurke sit… Nogal iets om te sien!
    Dellie ek is nie bereid om daai kursus te loop nie, ek knyp eerder of soek ‘n bossie 😉

  14. Julie 8, 2008 om 9:05 nm

    Baie, baie funny!!! Dankie!!

  15. Julie 8, 2008 om 9:09 nm

    Interessant want ek het gedog van die nasionaliteite hier het die hurk uitgevind, hulle sit orals heeldag so en “squat”. Ons het hier ook sulke gat-in-die-grond en mik-en-druk toilette. Weet nie hoe hulle dit doen want hulle moet die rok ook nog op en uit die water hou.

  16. Julie 8, 2008 om 10:30 nm

    Dit was nou ‘n treat. Ek sal weer hier moet inloer…Ek onthou as kind het ek eenkeer so ‘n ondervinding met’ n bidet gehad in Egipte. Ek was 9 jaar oud en dit is wragtag al wat ek kan onthou van die hele trip Egipte toe!!

  17. Julie 9, 2008 om 12:40 vm

    Interessante en humoristiese inskrywing. Ek het eenkeer probeer hurk en nooit weer nie! Maar soos jy se – gelukkig is hier genoeg “westerse toilette”, so mens hoef nie regtig die hurk-ding te doen nie.

  18. 18 alta
    Julie 9, 2008 om 11:40 vm

    Ai nee wag, lank laas so lekker gelag. Bwhaaahahahahahaha

  19. Julie 9, 2008 om 3:32 nm

    he he hier snuffel ek weer in die gat in die grond rond!!! 😆

    Hoop jy het ‘n lekker dag!

  20. Julie 9, 2008 om 5:10 nm

    Jy moet versigtig wees jong! Netnou spring daar iets uit daai gat en verloor jy ‘n oog 😯

  21. 21 Paula
    Julie 9, 2008 om 6:11 nm

    😆 genade tog! Ek sou ook verby gehou het!

  22. Julie 9, 2008 om 9:08 nm

    Huiswerkies en tag bietjie vir MJ hy het te lank los gekom 😆

  23. 23 boendoe
    Julie 10, 2008 om 6:25 vm

    Hmm! Julle sal seker pragtige bobene ontwikkel van al die gehurkery! Maar, daai enema-straal klink na ‘n flippen riller!!
    Ek moet se, my tydjie in Angola het my baie ‘nader aan die natuur’ gebring. Ek weet nie meer hoeveel veldties ek al gehad het nie! Baie traumaties aan die begin, maar hoe later, hoe kwater. Een dag was die nood so groot dat die mans maar stilgehou het langs ‘n besig pad terwyl ek ‘n krater ge-pp het – sommer so langs die bakkie. Ek was sooooo skaam dat ‘n vreemde man my waterwerke moes aanhoor, maar ek kon wraggies net nie meer hou nie!

  24. Julie 10, 2008 om 4:01 nm

    Ek weet nie so mooi van daai mooi bobene nie Boendoe! Squats in die gym het pas ‘n nuwe betekenis gekry en ek sal dit nie kan doen sonder om aan hierdie toilette te dink nie 😆

  25. 25 neykie
    Julie 10, 2008 om 4:10 nm

    Ja nee ek sal knyp tot my gesig rooi is en ek ‘n ordentlike toilet kry 😆

  26. Julie 11, 2008 om 1:40 vm

    Ek staan eerder 😉

    Die toilette is hipermodern teen dit in Qatar. Die sand een hierbo lyk baie bekend 😆

  27. Julie 11, 2008 om 9:04 vm

    Hehe…ja Emil! Jy moet net onthou dat jy nie met elke nood kan staan nie. Party gaan vereis dat jy MOET squat, as jy verstaan wat ek bedoel 😉

  28. Julie 11, 2008 om 5:10 nm

    Waar is jou huiswerk???

  29. Julie 11, 2008 om 5:16 nm

    Ek sal dit doen as ek eendag by die huis kom en afgeblaas het en kalm is…

  30. 30 BB
    Julie 11, 2008 om 7:33 nm

    …en hier dog ek: dis nou toeval!!! net vanoggend lees ek ‘n artikel oor “Squat or lunge – which is more effective?” – maar toe lees ek die woord ‘knyp’ en alhoewel dit ook nogal van toepassing op doelgerigte oefenprogramme is, het die foto’s beslis my nou vir ‘n oomblik ‘af’ van die moontlike voordele van ‘n terloopse oefensessie. But you might want to start looking at it that way?? Dan kan eendag die Koreans bedank vir ‘n tight ass :mrgreen:

  31. Julie 11, 2008 om 8:56 nm

    Eish BB, ek doen dit eerder in die gym as oor die gat in die grond! Die issue is nie die squat nie, maar die gemors wat daarmee kan saamgaan!


Lewer kommentaar op Wipneus! Kanselleer antwoord


Kalender

Julie 2008
M D W T V S S
 123456
78910111213
14151617181920
21222324252627
28293031  

Wie’s hier…

counter

Van waar gehasie?

Waar is wat?

Flickr Kiekies

waarnatoe volgende...

  • Geen

Blog Statistieke

  • 49 655 houe
Page copy protected against web site content infringement by Copyscape

Bladsye