15
Jul
08

Damyang Park

art, damyang 12Jul 190

 

Ek het hier aan die begin van die lente saam met die kinders gaan piekniek hou in Damyang by die Gwangju Eco Lake Park. Dit is nie ‘n baie groot park nie, maar is regtig iets om te sien. Die natuurskoon is regtig stunning en die meer is omring deur hoe berge wat pryk met groen bome sover as wat jy kan sien. Die blomme helder die landskap op met al die kleure van die reenboog. My gunsteling was dan natuurlik die plate magrietjies wat sommer so wild in die veld groei.

 

Damyang park (23 Mei) 021

 

Ek het die naweek weer daar ‘n draai gaan maak om die plek sonder jillende kinders om my te ervaar. Die reen het my sleg gevang, maar toe dit eers ogehou het was dit weereens pragtig. Dis baie groener en die plante het verwoed gegroei. Dan moet ek ook byse dat die Koreane nie rerig toelaat dat daar verlepte plante rondstaan nie. Die goed word sommer uitgeruk en nuwes word geplant. Die park word regtig so goed instand gehou dat dit alles altyd so nuut lyk.

 

Damyang park (23 Mei) 048

Patrick kuier (21 June) 048

 

 

 

 

 

 

 

art, damyang 12Jul 127art, damyang 12Jul 142Die vinnige reentjie het gesorg vir ‘n drukkende humiditeit, maar gelukkig het die son nie regtig uitgekom nie, want anders sou ek baie vinniger huiswaarts gekeer het. Ons het ‘n paar interessante voels gesien en dan ook baie gehoor en nie gesien nie. Daar is enorme spinnekopwebbe in die park en dit het so mooi gelyk na die reen. Die lig was egter te sleg om ‘n mooi foto te kon neem, maar ek het darem so paar van die harige bewoners genader vir ‘n fotosessie ๐Ÿ˜‰

 

art, damyang 12Jul 111Ek het die mooiste skoenlappers gesien en kon net van die een spesie mooi foto’s geneem kry, want die ander (mooier) bottervliegies het nektar gedrink by bome, wat dit baie moeilik gemaak het om af te neem.art, damyang 12Jul 134

Die goed sit ook nie stil nie en dis nogal frustrerend.

 

Miswolke het van ver oor die berge aangerol gekom wat die uitsig op die meer vir my net nog mooier gemaak het. Ek was dan ook so gelukkig om ‘n skilpad te kon sien, asook ‘n paar skurwe paddatjies in ‘n dammetjie bo in die park. Ek het egter ook ‘n padda gekry wat in die slag gebly het en dis duidelik dat ‘n skerpbekvoel hom bygekom het.

 

 

art, damyang 12Jul 200

Damyang park (23 Mei) 051art, damyang 12Jul 149

 

Oral was daar swerms kleurvolle naaldekokers van bloedrooi tot swart en wit. Ek het my verkyk aan al die diertjies wat uitgekom het na die reen. Alles het sommer so skoon en vars gelyk!

 

art, damyang 12Jul 175

art, damyang 12Jul 177

 

 

 

 

 

 

 

Na ‘n middag se stap en explore deur die park was ons goed honger en het ons op die eerste bus gespring terug stad toe. Daar het ons die bekende Ori-gil of dan nou “Duck street” gaan besoek waar ons ‘n vorige keer die heerlikste Ori-tang (eendbredie) ge-eet het. Hierdie keer het ons egter besluit op Ori-gogi wat ‘n eendvleis roerbraai affere is.

 

art, damyang 12Jul 208

 

Die bykosse het die een bakkie na die ander hul weg na ons tafel gevind en soos gewoonlik het ek my nie veel daaraan gesteur nie, want dit brand alles net te veel! Daar was darem weer die gebruiklike ommelet en ek maak my so ewe reg om heerlik daaraan te smul, terwyl die res hulle vergryp aan die spicy kimchi en ander “onkruid”. Genade, ons!!! Ek het byna gesterf, want ek weet nie wat daar in was nie, maar dit het 7 soorte hel uit my gebrand en ek is natuurlik uitgelag oor ek al die kleure van die reenboog geword het. Intussen staan die eendjie lekker en prut en ek lek behoorlik mylippe af, want dit gaan mos nie brand nie. Dit het nie die vorige keer teruggebyt nie, so hoekom sal dit nou!

Reg! 1,2,3 vat ‘n lekker groot happie, net om amper by die dood om te draai! Die vrou het seker gesien ek kry swaar, want sy het so ewe komkommers en waterlemoen vir my aangedra! So lekker as wat dit was sit ek nie gou weer my mond daaraan nie. Nou weet ek hoekom hulle altyd cartoons teken met stoom wat by hul ore uitkom!

Voor ek vergeet…tussen die bykosse was daar ‘n nuwe bakkie wat ons nie voorheen gekry het nie en dis wat daarin gele en loer het…

 

art, damyang 12Jul 222

art, damyang 12Jul 211

 

 

 

 

 

 

 

Afgesien van al die hel, was dit ‘n heerlike dag en naweekuitstappie.

Advertisements

52 Responses to “Damyang Park”


  1. Julie 15, 2008 om 9:28 nm

    Ja, kaalvoet, dit sal jou leer om NIE weer eend te eet NIE!!
    Hoe moet ek nou voel? ๐Ÿ˜‰

    Ns: Is die magrietjies dan nie pragtig nie?

  2. Julie 15, 2008 om 10:05 nm

    Sorry man,maar dis dan sooooo njammies!
    Ek is mal oor magrietjies…my gunsteling blom!

  3. Julie 15, 2008 om 11:04 nm

    Mmmm hierdie kos lyk vreeslik lekker. Pragtige foto’s ek wens ek was daar, dit lyk so rustig!
    Ek kan sommer sien julle naweek was feestelik met die brand kos en al ๐Ÿ˜‰
    Kaalvoet ek wil nou nie soos ‘n Amoeba klink nie maar wat is in hierdie laaste bakkie? ๐Ÿ˜ฏ
    Dit lyk nie vir my aangenaam nie?

  4. Julie 15, 2008 om 11:37 nm

    Jy, ‘n Amoeba???? NOOIT gesien!!!!
    Dis ‘n rou, baba squid en NEE, ek het dit beslis nie ge-eet nie en JA, dit is gross!

  5. Julie 15, 2008 om 11:39 nm

    Pragtige inskrywing! Die park lyk besonders. Dis nou maar een ding van die Koreane: hulle skep pragtige natuurspasies, te midde van die klein spasie wat hulle het. En hierdie natuurspasies word pragtig onderhou en versorg.
    Die ete lyk yummy! Origogi is nou maar eenmaal ook een van my gunstelinge. En jy moet jy nie nou maar gewoond raak aan die brandkos nie….? Dis baie gesond en goed vir jou en boonop bitter lekker! Ek kan nie eers meer self kosmaak, sonder op rooipeper in te gooi nie. En net om alles af te rond, daardie lekker rooigepeperde baba-inkvissie. Het hulle al so ge-eet – smullekker!!!!

  6. Julie 15, 2008 om 11:50 nm

    Nee hel Boer! Ek kan nie brandkos eet nie al is dit hoe gesond! Ek suffer behoorlik…wat daai inkvis aanbetref is jy op jou eie! Dit sal my nou ‘n kat maak skiet!

  7. Julie 16, 2008 om 1:34 vm

    Uhm ek sal die inkvissie en squid maar ‘n mis gee, vir die res, dit lyk baie lekker!! Ek wil meer weet oor die smaak van die inkvissie. Of kan jy nie regtig proe nie, die dingetjie is so gegooi van die rooi-peper, sou dit wees om die smaak te verdoesel??
    Ek verstaan jou woorde “7 soorte hel” nou baie beter na Bib se beskrywing, ek het gedink dit is tamatatiepasta wat die kos so rooierige kleur gee, maar as dit rooi peper is… nou ja…die kos is rooi-warm! :mrgreen:

  8. Julie 16, 2008 om 2:20 vm

    Daai seekat lykie nie aangenaam nie, hy lyk rou.

    Jou foto’s is baie mooi.

  9. 9 Reisiger
    Julie 16, 2008 om 2:44 vm

    Ek dink ek moet Korea gaan besoek dat ek bietjie van ‘n paar kilo’s kan ontslae raak! ๐Ÿ˜‰

    Dit is ‘n lieflike park en jou foto’s is stunning!!!

  10. 10 Mefri
    Julie 16, 2008 om 2:48 vm

    Kaalvoetjies,

    Jou fotoโ€™s is pragtig, veral die dametjie wat kop en skouers bo die ander uitstaan, en dan hou ek ook baie van die waterdruppeltjies op die blaar. Hulle is almal pragtig, die gogga is grillerig, maar ek het sy naels pienk geverf, โ€˜n lang sigaar in sy bekkie gesteek, en vir hom โ€˜n Top hat opgesit.

    Ek stap wye draaie om die kostafels, hehe veral die laaste twee geregte…..

  11. Julie 16, 2008 om 3:09 nm

    Kaalvoet, ek het eendag gehoor dat die oosterlinge lief is vir bobbejaan brein….dis blykbaar ‘n “delicacy” vir hulle. Weet nie hoe waar dit is nie maar as ek moet kies tussen dit en rou seekat dan vat ek beslis maar die ou seediertjie! Hy lyk nogal nie te onaardig as hy so opge”jazz” is in sy sousie nie!

  12. Julie 16, 2008 om 4:37 nm

    Shit Wip, daai goed brand! Ek het nou al gesien…mens los alles wat rooi is uit! Daai blerrie inkvissie dryf dan so tussen die groenrissies rond en dis warm! Jy sal maar vir Bib moet vra oor die smaak aangesien hy dit al geproe het! Mag ek nooit so honger word nie! Die eend was baie lekker gewees al het dit my gerook!
    Dankie Rosa, en JA daai outjie was rou! Wat’s die kans hulle maak dit gaar…
    Dankie Reisiger en glo my mens verloor aan die begin ‘n paar kilogramme, maar ook net tot jy al die lekker en minder grillerige disse ontdek!
    Thanx Mefri, maar ek hou van goggas en gril nie….
    Eendjie, ek weet nie jong! Die Koreane weet nie eers wat ‘n bobbejaan is nie, maar ek weet nou nie van die res van die oosterse bevolking nie. Wat hulle wel hier eet is hond!!! Dis net af!!!

  13. Julie 16, 2008 om 5:00 nm

    Pragtige foto’s! Sien, jy is klaar ‘n fotograaf vir ons. ๐Ÿ˜‰

    Daai kossies lyk vir my jammie. Ek is nogal avontuurlustig as dit by kos kom, ek sal alles ten minste eenkeer probeer. Die feit dat iemand reken dis lekker, is net vir my ‘n teken dat ek ook maar kan waag. En ek dink as ek Mopanie wurms kan afsluk, behoort daai laaste gediertetjie ook nie ‘n probleem te wees nie! :mrgreen:

  14. Julie 16, 2008 om 5:03 nm

    O ja, wou nog sรช oor die hondevleis – ek dink dis ‘n kwessie van persepsie. Honde is seker nie so ernstig troeteldiere daar nie? Ek meen, ons gril nie om ‘n skaap of bees te eet nie, want dis nie ‘n troeteldier in ons oรซ nie. Maar as jy ‘n lammetjie hans grootgemaak het, sal hy doodgaan van ouderdom, niemand sal dit oor hulle harte kry om hom te eet nie. Net so is dit seker nie vir hulle snaaks om ‘n hond of kat te eet nie, want dis nie hulle troeteldiere nie. Dis net vleis. Maak dit sin? Dis hoe ek myself troos, anyway!

  15. Julie 16, 2008 om 5:06 nm

    Sjoe, dit foto’s is pragtig! Dit laat my sommer verlang na lank terug se tye, tye toe daar nog tyd was om al sulke dingetjies raak te sien en nie by als verby te jaag nie!

  16. Julie 16, 2008 om 5:23 nm

    Ek verstaan wat jy se Dellie, maar hier is hulle nogal erg oor hul hondjies wat troeteldiere is en dis min dat hulle die groot honde aanhou. Ek troos myself ook maar so, maar ek het perongeluk op foto’s en so afgekom van so teelplaas en hoe hulle te werk gaan is net wreed. Ek se nie dit gaa oral so nie, maar dit was genoeg om my moerig te maak. Die grooter honde hier word ook almal vasgemaak en ek haat dit! As jynie plek het vir ‘n hond nie, moenie een kry nie magtig! Dis vir my ‘n baie teer sakie, so ek hou nou liewer op…
    Daar is net geen manier wat ek ‘n Mopani sluk nie, moet se ek het darem ‘n oester gewaag en dit wasnie te bad nie, maar ek dink nie ek sal dit gou weer doen nie. As dit gaar is, fine, maar daai slymerige ding wat so in jou keel afgly…GROSS! Hier eet hulle ook “pondegi” (sywurmpapies) en dit stink! As jy my nou wil naar maak kan jy dit enige tyd met kos doen, selfs iets soos spinasie sal werk!

    Dankie Tersia. Mens moet maar net eenvoudig tyd maak om hierdie dinge te sien.

  17. Julie 16, 2008 om 5:39 nm

    Grosssss!!!!!!!!!

    Wat gaan nou hier aan ๐Ÿ˜† ๐Ÿ˜ฏ

    Nou eet ons al wurms, honde en sywurmpapies!! Stink vertel jy my? Hulle gooi seker so baie rissies en rooipeper in daai papies… ughhhh ek ril…. ๐Ÿ˜†

    Ek sit saam jou aan die tafel as ons gaan eet in Korea “Nat voete” so lief soos ek vir lekker kos is, net so vinnig kan ek ‘n vreeslike snaakse gevoel op my maag kry vir kos!!

    Ek sal maar liewers die ete’s ‘n mis gee en tussen die magrietjies gaan rond hardloop!

  18. Julie 16, 2008 om 5:40 nm

    Daai sywurmpapies is net so bietjie gebraai met niks spices of so nie! Ek sal jou na lekker plekke toe vat man, waarmens ordentlike kos kan eet sonder om siek te voel!

  19. Julie 16, 2008 om 5:47 nm

    Kaalvoet dis vreeslik snaaks, kan jy dink as jy jou kind se sywurmpapies vir ete voorsit. “Mamma waar is my sywurms wat ek gebรชre het” “Ag my kindjie ek het dit laas maand vir ete gemaak”
    “Wat het ons my Bennie Boekwurm opgeรซet”

  20. Julie 16, 2008 om 5:54 nm

    Hehehe! Ja Wippie!
    Ek sal okts!!! Ek het dit amper een aand saam met my kollegas probeer, maar toe was ek bang ek skiet ‘n kat en los dit toe maar! Avontuurlustige eters het my al ingelig dat dit sleg is! Nie dat lekker lyk nie! Soos ek se; mag ek nooit so honger word nie!

  21. 21 Nats
    Julie 16, 2008 om 5:55 nm

    Hi Kaalvoet,

    Gou hier kom inloer! Ek het jou van Wip en Pikkie se blogs gestalk ๐Ÿ˜‰

    Ek moet sรช jy het regtig pragtige fotos op jou blog!! En ek geniet jou inskrywings vreeslik baie!!

    Behalwe vir daai squid… ag nee gross!!!

    ๐Ÿ™‚

  22. Julie 16, 2008 om 7:32 nm

    Sywurmpapies?! /me se kos stoot op…

    Wanneer gaan jy en Boer nou op ‘n kareoke date of het ek iets gemis? Hoe ver is julle van mekaar af? Askuus, takt is nie een van my sterk punte nie plus ek steek my neus oral in. ๐Ÿ˜†

  23. Julie 16, 2008 om 7:33 nm

    Welkom Nats! Dankie vir die komplimente en ek hoop jy kom loer weer in…

  24. Julie 16, 2008 om 7:36 nm

    Whahahahaha! Roer, jy is regtig snaaks! Ek voel ook so oor die snaakse goed wat hulle so verorber. Boer is seker so 350km van my af as ek dit nie mis het nie! Ek sal jou van nou af Pinochio noem ๐Ÿ˜‰

  25. Julie 16, 2008 om 11:34 nm

    Die baba-inkvissie is heel smaaklik. Dis vars en krakerig in mens se mond en proe baie soos rou seekat. Julle moet ook onthou dat die seekosse hier baie vars is en ook daarom rou kan ge-eet word. Die seekos kom van die see na die restaurante en word dan gewoonlik in tenks buite die restaurante aangehou. Hulle vang die seekatte/inkvisse ens. uit die tenk en oomblikke later is dit op jou bord (rou of gaar). Soos met baie kosse, is dit natuurlik baie gesonder om dit rou te eet, want baie van die voedingstowwe gaan verlore in die gaarmaakproses.

    Ek dink as bobbejaanbrein in die Ooste ge-eet word, sal dit verseker in China wees. As julle dink die Koreane eet snaaks, moet julle die Chinese sien…hulle eet LETTERLIK alles wat net effe tekens van lewe toon!

    Dellie, jy het ‘n baie geldige punt beet oor die hondevleis…soos baie dinge in die lewe, dink ek dis ook maar ‘n kwessie van persepsie.
    Die sywurmpapies (wat gebraai word) is soms ‘n lekker krakerige snack. ๐Ÿ˜‰
    Komaan mense….julle sal van ‘n brug af spring met net ‘n tou tussen julle en die dood, maar sommige goed nie eet nie….the mind boggels…?

    Roer, speel jy nou matchmaker???? Ek is game vir so ‘n date, maar Kaalvoet sal eers bietjie haar kulinere horisonne moet verbreed. ๐Ÿ˜‰

  26. Julie 17, 2008 om 12:33 vm

    Hier kom ‘n ding a-a, ‘n ding wat spring a-a … :mrgreen:

  27. Julie 17, 2008 om 12:40 vm

    Wat bedoel jy nou eintlik Bib??? Ja, ek spring eerder by ‘n brug af met net ‘n rek tussen my en die dood, want ten minste kry ek ‘n kick daaruit! Neewat, hou verby met daai slymerige rou goete…dis veiliger vir ons albei ๐Ÿ˜‰ Ek het darem al ‘n rou oester en ‘n clam ge-eet en sushi is nie te bad nie, maar ek verkies my kossies dood en gaar! My agtergrond en kennis oor parasitologie is eintlik die groot issue, want as ek die rou goed so sien, dink ek aan watse parasiete ek alles kan kry! Neewat, hou verby ou!

    Lag maar lekker Dellie, ek sien niks spring nie ๐Ÿ˜†

  28. Julie 17, 2008 om 1:30 vm

    ๐Ÿ˜†
    Kaalvoet, ek dink regtig jy sal moet begin glibberige, gladderige, slymerige rou Inkvissies eet…Soos ek die ding lees sal jy ook Rooi peper by die gros moet koop, jy moet jou kos rooi-warm peper!! Dan kan jy Bib ontmoet!!!

    Julle kan dan saam in Damyang Park gaan rondhang, die lekker kos by Ori-gil gaan eet.

    Daai rooi-warm inkvissie lyk vir my nou glad nie meer so onaardig nie!! Moenie dink wat jy eet nie Kaalvoet, sluk net, dan het jy mos jou kulinere horisonne verbreed. Moet net nie vergeet om te sรช mmmmm…. as jy dit klaar gesluk het nie, en sluk maar vinnig! ๐Ÿ˜†

  29. Julie 17, 2008 om 4:17 vm

    ๐Ÿ˜† Is jy dalk chicken … ?

  30. Julie 17, 2008 om 5:51 vm

    Ek dink ek gaan maar ook tussen die pragtige margrietjies ronddans voor ek daardie rou goeters moet eet. Jig…..

    Kaalvoetmeisie, jy vat darem maar die pragtigste foto’s hoor!!!

  31. 31 alta
    Julie 17, 2008 om 7:08 vm

    Wow, baie mooi pics.

  32. Julie 17, 2008 om 9:17 vm

    Hokaai, mense! Van wanneer af moet ek deur ‘n fear factor hel gaan om op ‘n date te gaan??? Bib, jy sal jou wat verbeel!!! Wat van jy doen ook iets gewaagd soos bungi…hoekom moet ek alleen suffer of is dit ‘n voorwaarde vir al jou toekomstige dates??? :mrgreen: Dellie, ek is alles behalwe chicken! Wip, ek sluk eerder daai rou inkvis af voor ek die rooipeper weer aandurf…dis net te erg!

    Zee en Alta – Many thanx, dis maar net mik en druk en ‘n bietjie luck ๐Ÿ˜‰

  33. 33 BB
    Julie 17, 2008 om 9:32 nm

    Hier dan nou my byklanke saam met die foto’s:

    Oooooohhhhhhhhhh!!!

    scrolling…

    Ahhhhhhhhhhhhhhh!!

    scrolling…

    Mmmmmmmmmmmmmmmm!!

    scrolling…

    EEEEEEEEEWWWWWWWWEEEEEEEE!!!!

    Thanx a million!! :mrgreen:

  34. Julie 18, 2008 om 12:27 vm

    ek is so morbied gefassineer dat ek weer vir daai inkvis kom kyk het. oe-lekker-sies.

  35. Julie 18, 2008 om 5:13 nm

    Ja nee Rosa, sies! Ek eet dit gaar man! So rou is nie vir my nie!

  36. Julie 18, 2008 om 10:50 nm

    Ek sit nou met ‘n moerse smile op my bakkies. Ek chicken ook goed wat brand.

  37. Julie 19, 2008 om 4:00 vm

    Wonderlike foto’s! En lekker beskrywings.

  38. Julie 19, 2008 om 11:48 vm

    Dankie Skoor!
    As julle nog pics wil sien gaan kyk gerus op my foto blog

  39. Julie 21, 2008 om 7:39 nm

    Hel, as Qatar te droog en dor gaan word kom ek beslis Korea toe.

  40. 40 demoerin
    Julie 21, 2008 om 8:47 nm

    Sjoe dis mooi daar. Daai rou squid maak my naar waar ek hier sit!

  41. Julie 22, 2008 om 3:08 vm

    Dis darem die mooiste plek, dankie vir daai foto’s en nee dankie vir alles wat uit die see uit kom! Ek hou nie van seekos nie, ek hou nie eers van vis nie! En dan is dit nog rouerig en gemoerefleer met dinge wat brand… Hu-uh, maar julle ander kan maar lekker eet! Ek skip en hou by my skaaptjoppie! ๐Ÿ˜†

  42. Julie 22, 2008 om 4:47 nm

    Ai maar jou foto’s is mooi! Ek verlang sommer na plekke wat ek nie ken nie! :mrgreen:

    Ek hou baie van seekos en sal selfs ‘n squid of twee uitprobeer – maar ek gaan verby met brandkosse! Jou binnegoed brand so dat jy nie eers die dis se WARE smaak kan proe nie! Selfde moet oesters – ek kan net sowel ‘n glas soutwater afsluk, dis dieselfde smaak! Geen wonder mense gooi chilli-sous en peper daarop om dit ‘n smaak te gee nie! ๐Ÿ™„

  43. Julie 22, 2008 om 7:25 nm

    Dankie Rene!
    Ek is ook mal oor seekos en so baie as wat ek vir rou goed gril sou ek dit tog probeer het,maar ek is glad nie een vir brandkosse nie. Ek eet omtrent nie eers swartpeper nie! Vir wat sal ek nou chilli’s probeer??? Oesters is nie te bad nie…ek dokter dit maar met suurlemoensap ens. Moet se dit bly maar nog grillerig!

  44. Julie 24, 2008 om 3:56 nm

    ๐Ÿ˜† ek sien jy begin darem al daaraan dink om die kossies te dokter met suurlemoensap. Nou nog net vir die chilli’s en rooipeper miskien moet jy ‘n glas melk byderhand hou!! Fear factor hier kom sy!! whahaha ๐Ÿ˜†

  45. 45 vokov
    Julie 24, 2008 om 11:24 nm

    Kaalvoetinireen, raak jou voete nie skurf van so loop nie?

    Ou Vokof is gek oor jou foto’s. Het jy dit gesteel of geneem? Dis vokin nice gedoen. En die kos lyk nie te kak nie, alhoewel ek ‘n skaaptjoppie verkies.

  46. Julie 25, 2008 om 12:17 nm

    Hehe Vokov! EK het die foto’s self geneem en dankie vir die kompliment! As jy nog wil sien gaan loer bietjie op my fotoblog : kaalvoetkiekies
    Die kos is oor die algemeen rerig nie sleg nie en baie lekker, maar ek verkies ook maar ‘n skaaptjoppie!

    Wip, ek skryf binnekort oor daai kulinere horisonne…gross!

  47. Julie 27, 2008 om 7:08 vm

    Pragtige fotos!
    Ek het lekker hier gekier!
    wonder net wat maak ‘n suid afrikaner in Korea?

  48. Julie 27, 2008 om 11:57 vm

    Dankie Mariette! Kom loer gerus weer…
    Ek wonder ook oor Korea ๐Ÿ˜‰
    Ek gee Engels hier…

  49. Julie 28, 2008 om 4:33 vm

    Jy het jou kulinere horisonne verbreed. :mrgreen:

  50. Junie 26, 2017 om 5:21 nm

    Nice post. I learn something new and challenging on sites I stumbleupon every day.
    It’s always exciting to read through content from
    other authors and use a little something from their websites.


Lewer kommentaar

Verskaf jou besonderhede hieronder of klik op 'n logo om in te teken:

WordPress.com Logo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by WordPress.com. Log Out / Verander )

Twitter picture

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Twitter. Log Out / Verander )

Facebook photo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Facebook. Log Out / Verander )

Google+ photo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Google+. Log Out / Verander )

Connecting to %s


Kalender

Julie 2008
M D W T V S S
« Jun   Aug »
 123456
78910111213
14151617181920
21222324252627
28293031  

Wie’s hier…

counter

Van waar gehasie?

Waar is wat?

Flickr Kiekies

DSCF1460

DSCF1458

Yeosu 3 Okt 253

Yeosu 3 Okt 251

More Photos

waarnatoe volgende...

  • Geen

Blog Statistieke

  • 44,309 houe
Page copy protected against web site content infringement by Copyscape

Bladsye


%d bloggers like this: