27
Jul
08

Kulinere horisonne

Met die opkomende somervakansie het my director ons geskiet vir ete. Sy sou aanvanklik saamgegaan het maar op die ou einde het sy net haar betroubare plastiekvriend saamgestuur om die rekening te betaal.

Natuurlik is ons na ‘n tradisionele Koreaanse restaurant, waar ek weer gesidder het aan die blote gedagte van enige vreemde rou gediertes wat opgedis mag word.

Gelukkig was dit weereens ‘n baie lekker en aangename, “platvloerse” ervaring. Om die hele aand so kruisbene aan tafel te sit is nie baie gemaklik nie, maar in Rome maak jy soos die Romeine!

Soos oudergewoonte het die klomp bordjies en bakkies met bykosse aangevlieg gekom op silwer skinkborde. Die meerderheid weereens bloedrooi gedokter so ek het dit ‘n mis gegee. Daar was darem ander disse wat ek wel kon eet. Die “hoofgereg” was weer ‘n lekker vleisie op die Koreaanse kole en mens roep hom by die naam “Galbi” of dan gemarineerde varkribbetjie. Saam met die vleisie het ons darem ‘n paar prawns ook gekry en dan ook ‘n stuk varkvel wat gebraai moes word. Dit het ek verseker nie ge-eet nie!

DSCF5806

DSCF5813DSCF5799

 

 

 

DSCF5810

 

In die kommentaar van my vorige inskrywing is ek aangese om my kulinere horisonne te verbreed (anders kan ek nie gaan Noraebang nie), so hier volg dit nou en ek hoop regtig dit was genoeg 😉

Die enigste bykos, wat my altyd so bietjie dwars in die krop steek is die sywurmpapies of “pondegi” soos hulle dit hier noem. Die vorige keer wat ek by die spesifieke restaurant was was dit ook een van die bykosse. Ek was nuuskierig oor die smaak maar het dit maar ter wille van myself en my geselskap nie probeer nie.

Hierdie keer was dit anders…

Ek het die outjies goed bestudeer en uitgekyk en besluit om dit tog te probeer. Ek het lank gewik en geweeg, maar uiteindelik het die papie sy weg na my mond gevind. Ek moet net byse dat ek natuurlik iets om te drink en iets lekkerder om te eet byderhand gehou het, net in geval ek probleme ondervind om die dingetjie af te sluk 😉

 

DSCF5790

 

So, die enkele papie is in my mond en ek weet nie regtig wat om daarmee te doen nie en was dadelik spyt oor my besluit om dit te probeer. Wel, om dit heel in te sluk tel seker nie regtig as “ek het dit ge-eet nie” en toe volg die volgende brawe stap. Ek skuif die kalant stadig en versigtig met my tong tot tussen my kiestande in en begin kou. Dit kraak onder my tande soos ‘n insek wat nader kennis maak met die sool van ‘n skoen. “Crunchy exterior, but soft and mooshy on the inside” Dis toe ook nou net hier waar ek beluit die ding moet nou afgesluk word voor die varkvleisies weer kom hallo se. ‘n Groot sluk lemonade om die stukkies soos ‘n hand vol pille afgesluk te kry en sommer ‘n groot hap vleis in blare toegedraai met knoffel en uie daarby.

Nou wil julle seker weet hoe dit proe…wel, dit is nie te sleg nie. Vir een; dit het vir my so effense neutgeur, maar proe soos iets vars uit die see, maar met ‘n melerige tekstuur, so half styselagtig soos mielies of die rys wat mens hier kry.

Al wat ek weet is dat ek dit nie weer doen nie…dis nie die smaak wat my afsit nie, maar die hele idee dat ek ‘n gogga eet!!!

Op ‘n ander, minder maagdraaiende noot…

Geniet julle week, want ek is op my somer vakansie!!! Ek weet nie waarheen ek oral gaan en wat ek als gaan sien nie, maar ek vertel julle as ek terug is. Die keer gaan ek waar die pad my vat of dan nou die eerste beste bus 😆

Advertisements

21 Responses to “Kulinere horisonne”


  1. Julie 27, 2008 om 11:47 nm

    My maag het saam met jou gedraai! Sjoe, jy’s braaf. Wat mense ook nie sal doen vir ‘n Noraebang nie. 😉 Geniet jou vakansie.

  2. Julie 28, 2008 om 3:47 vm

    Kaalvoete: Dit is omdat die wurm lelik lyk dat jy so gril. Eintlik is hulle skadeloos. Ek het al ‘n paar keer moepaniewurms geeet (droog en nat) en hulle proe eintlik na niks.
    Maar welgedaan dat jy ten minste probeer het.
    Soek ‘n bietjie ‘n restaurant en ons tipe kos daar, dat die antie weer haar plastiek-kaart gee…..

  3. Julie 28, 2008 om 4:30 vm

    My liewe vriendin, waardeur het ek jou laat gaan!!! Ek het nou amper omgekap van skok toe ek die gogga’s sien. 😯 Haai shame ((((Kaalvoetjies)))) 😉 😆 😆

    Jou kulinere horisonne het definitief verbreed, nou moet Bib jou uitvat vir ‘n date!! Ek kan sommer lees jy het jou bes gedoen.

    Geniet die vakansie!!
    ns: ek is ernstig as ek sê ek sit nou die ene hoendervleis, die papies lyk vir my soos kokerotte!!

  4. 4 alta
    Julie 28, 2008 om 1:51 nm

    Daai papie goeters lyk soos kokkorotte!!!! Sies ga!

  5. 5 boendoe
    Julie 28, 2008 om 2:27 nm

    Eeeeeek!! Nee, flip, Kaalvoet, dis te erg! Jy raak nou heeltemal volksvreemd hier met jou gogga-etery! 😆

  6. Julie 28, 2008 om 4:29 nm

    Hulle lyk so sappig. Eeeuu!

  7. Julie 28, 2008 om 10:37 nm

    Ek is baie trots op jou dat jy dit gewaag het! 😆

    Geniet die vakansie, en neem baie foto’s. 😉

  8. 8 Zee
    Julie 29, 2008 om 4:28 vm

    Me hou reguit verby daardie gedroggies 🙂
    Lekker vakansie hou Kaalvoetmeisiekind!

  9. Julie 30, 2008 om 3:34 nm

    Kaalvoetjie, siende dat jy my nie uit jou spamboksie gered het nie, is ek maar terug om vir jou te se: Daai papies is baie, baie gory! Siesa! 😆

  10. Julie 30, 2008 om 4:11 nm

    Jy’s baie braaf! Ek’s dankbaar dis nie op die spyskaarte hier nie.

  11. Julie 30, 2008 om 9:32 nm

    Geniet jou vakansie. As ek moet, sal ek seker ook allerhande goggies eet,…… maar nou maak dit my sommer naar!

  12. Augustus 1, 2008 om 4:36 nm

    Lekker vakansie hou! Ek het so lanklaas hier kom lees ek het baie om op te vang!

  13. Augustus 3, 2008 om 2:51 nm

    Jy kan maar vir jou die T-hemp gaan print!!
    en dan inskryf vir fear factor! My 2jr’ige seuntjie sou nou se ‘sas’!
    Well done!

  14. Augustus 4, 2008 om 5:18 nm

    Hallooooooooooooo almal! Terug van vakansie en ongelukkig weer by die “school of minds” of eerder die “school with lack of minds” 😆
    EK is nog steeds sonder ‘n rekenaar,maar dis ook weer ‘n ander storie! Ek probeer nou maar al die verlore tyd hier by die skool inhaal in ‘n af tydjie. Nie dat dit genoeg is nie!

    Roer: Dit kan jy weer se, maar mens weet nooit. Dis dalk als die moeitewerd 😉
    Rosa: Ek is glad nie bang vir die goggas nie en gril ook nie daarvoor nie, maar met my dierkunde en parasitologie agtergrond, bly ek weg van vreemde goeters wat as kos beskou word.
    Wip en Alta: Dit kan seker soos kokkerotte lyk as jy jou verbeelding gebruik…Wip jy sal moet werk aan Bib, want ek het nog niks gehoor nie 🙄 😉
    Boendoe: Skuus man, ek was op vakansie en nog altyd sonder comper so ek kon jou nie red nie!
    Emil: Very juicy ideed! As jy hom byt, dan word die sagte binnegoedtjies, buitegoedjies en peul dit so deur daai kraakvars omhulsel!
    Dellie: Dankie, ek dink…
    Zee: Dis beter so vir die gestel…
    Sandra: Jy is inderdaad gelukkig, maarglo my dis nie naastenby die grillerigste goed op die spyskaarte nie.
    Tersia: ‘n Lewe en dood situasie kan jou dit maak doen, maar andersins gaan dit maar bitter swaar.
    Jane: Thanx! Ek is net so agter so moenie alleen voel nie 😉
    Bib: Is dit al wat jy te se het??? Wel, ek eet niks anders nie. Dit was vir eers dit en so desperaat vir ‘n Noraebang is ek ook nie 😉
    Mariette: Ek sal nie kan inskryf vir FF…ek sal net ‘n kat skiet met al die stuff wat hulle daar moet eet. Solank ek niks hoef te eet nie is ek game vir enige iets!

    Een van die dae vertel ek meer van die vakansie en die lesse wat ek geleer het.

  15. Augustus 5, 2008 om 5:45 nm

    Aggenee, ek hoop Noraebang is dit werd! Hoe naar is ek nou!

    O-ja girlie – jy het huiswerk!

    http://woestynsand.wordpress.com/2008/08/05/hier-is-ek/

  16. Augustus 5, 2008 om 11:55 nm

    Dankie vir daardie kleurvolle en breedvoerige beskrywing van die deurbyt, KIR 😮 Ek WAS honger.

  17. Augustus 6, 2008 om 10:07 vm

    Rene: Ek dink dit mag dalk wees as ek die video van Bib so uitcheck 😉
    Sal my huiswerk doen sodra ek weer my comper terughet 😦 hy is in die hospitaal…
    Emil: Sorry man…jy sal weer honger word!

  18. Augustus 6, 2008 om 6:09 nm

    Hi da!!

    Ag nee gross!!! Ek sal dit nie probeer nie dankie… en wat nog van in ‘n restaurant!! 🙂
    Ek sou seker katgeskiet het nog voor ek die papie in my mond gesit het!!!

    Welkom terug!!!

  19. 20 Sonia
    Augustus 11, 2008 om 4:12 nm

    Hallo en dankie vir die inloer op my blog – ek kan omtrent niks sien wat ek hier tik nie, hoop dit kom reg uit.
    Jy is ‘n brawe vrou om daardie wurmpies af te sluk!
    Gee my maar eerder ‘n ou skaaptjoppie, lekker bros gebraai.

  20. Augustus 11, 2008 om 5:08 nm

    Groot plesier man en thanx vir die oe wys of is dit nou eerder woorde wys? hier by my. Ek verstaan nie hoekom jy nie sien wat jy tik nie…Alles werk reg by my. Ek verkies ook ‘n skaaptjoppie of ‘n lekker snoek op die kole! Ek kan nie meer wag om te braai nie 😉

    NS: Daai papies is niks lekker nie!


Lewer kommentaar

Verskaf jou besonderhede hieronder of klik op 'n logo om in te teken:

WordPress.com Logo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by WordPress.com. Log Out / Verander )

Twitter picture

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Twitter. Log Out / Verander )

Facebook photo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Facebook. Log Out / Verander )

Google+ photo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Google+. Log Out / Verander )

Connecting to %s


Kalender

Julie 2008
M D W T V S S
« Jun   Aug »
 123456
78910111213
14151617181920
21222324252627
28293031  

Wie’s hier…

counter

Van waar gehasie?

Waar is wat?

Flickr Kiekies

DSCF1460

DSCF1458

Yeosu 3 Okt 253

Yeosu 3 Okt 251

More Photos

waarnatoe volgende...

  • Geen

Blog Statistieke

  • 44,309 houe
Page copy protected against web site content infringement by Copyscape

Bladsye


%d bloggers like this: