12
Aug
08

Vuurwerkskouspel in Pohang

DSCF1090

 

 

My vakansie van so 2 weke terug, wat voel of dit nooit gebeur het nie, het afgeskop met ‘n vuurwerkskouspel in Pohang. Die fees word jaarliks aangebied en is ‘n Internasionale kompetisie waaraan Japan, Rusland en Korea deelneem.

Met ons aankoms was ons aangenaam verras met ‘n optog wat na die feestelike verrigtinge oppad was en dis ook hier waar ek besef het die gaan ‘n groot storie wees.

 

 

DSCF5846

DSCF5855

DSCF5863

 

 

Die vertoning was op Bukbostrand aangebied met ‘n verhoog in die water en derduisende mense op die strand. Ons het so ewe gedink ons sal vroeg die middag gaan om darem nog bietjie te swem ook, maar teen die tyd wat ons daar aangewals gekom het was dit ‘n miernes, wat Durban oor Kersfees nog nooit gesien het nie.

 

 

DSCF5876

 

 

Ek is nie iemand vir sulke massas mense nie en met die drukkende hitte wat soos ‘n wolkombers sy kloue om jou vou sal enige iemand entevrees he.

Ons het nie een kan gesien om op die strand te gaan staan nie en het toe maar ‘n oop gaatjie by ‘n restaurant gaan soek. Ons is vinnig deur ‘n Koreaanse vrou in ‘n rooi vorskoot nadergehark en sitgemaak waarna ons die een of ander bord goed bestel het waaroor nie een van ons heeltemal seker was nie. Dank Vader dit was gaar, want die lot het die gewoonte om als wat uit die see kom te eet en dit nog rou ook!

 

 

DSCF5891

DSCF5895

Before and After 😉

 

 

 

 

 

 

Ek was toe aangenaam verras met hierdie heerlike bord gebraaide vis en het behoorlik my lippe afge-eet! Varser sal jy nerens kry nie.

 

Ons het nog gedink ons gaan sommer van die restaurant af sit en kyk na die vertoning, maar dis nie so maklik nie. As jy klaar ge-eet het moet jy waai sodat die volgende lot kan aansit om iets te eet. So het ons maar nader gestaan toe een begin babbel in Koreaans oor luidsprekers. (Daar was darem ook ‘n ou wat alles in Engels ook gese het)

 

Japan was eerste aan die beurt en met die eerste vuurwerk wat ontplof het het ek skoon my opgewondenheid ingesluk! Waar is die vuurwerke dan nou??? Dit lyk eerder of aliens ons besoek!!!

 

 

DSCF5914DSCF5924

 

 

 

 

 

 

 

Met al die vog in die lug in hierdie simpel somerweer wat Korea het het dit alles opgeduiwel vir Japan, maar hulle het die lug “skoongeskiet” vir die opvolgers! So paar meter bo die see was die lug egter skoon en oop, aar die Japanese se vuurwerke was alles goed wat vrek hoog geskiet was. Op die ou einde was hulle vertoning ‘n groot teleurstelling.

 

Die Russe aan die anderkant het natuurlik gat geskop! Die vuurwerke het gesinkroniseerd met die mooiste musiek afgegaan en hul vuurwerke was laer geskiet en kon mens dit waardeer.

 

 

DSCF5831

 

DSCF5828

 

DSCF5833

 

Die Koreane het ook gebruik gemaak van musiek en dit was ook briljant! Die Japanese het sleg op hul neuse gekyk na Rusland en Korea se vertonings.

 

DSCF5843

 

DSCF5882

 

DSCF6005

 

 

Na die asemrowende skouspel van liggies en musiek is ons soos ‘n trop beeste wat deur ‘n drukgang moet gaan daar uit! Om ‘n taxi teug te moes vat na die busterminal sou ons bankrot gelaat het met die verkeer en ons besluit toe om te stap! Ja, dit was slim! Dit was donners ver en hier is ons almal gewoont aan kilometers stap! Dit alles net om by die verkerde busterminaal uit te kom! Teen daardie tyd het die laaste bus reeds gery en moes ons ‘n taxi terugvat na ons dorp 25km verder!!! Duur beskryf nie daai ou se fooi nie, maar so leer ‘n mens mos maar!

 

 

DSCF5793

DSCF5812

 

 

 

 

 

 

 

All in all was dit regitg stunning en weereens ‘n ervaring waaroor ek weer lekker kan lag as ek terugkyk daarna. Glo my, dit was nie die eerste en die laaste stel wat met ‘n taxi afgetrap is nie, maar ek skryf later daaroor.

 

Hier is videos (verskoon die stampe en stote, maar die mense was bietjie baie en het opmekaar gestaan) van die vertonings van Rusland en Korea asook ‘n video van vuurwerke wat met nuwejaar geskiet is toe ek in Homigot was.

 

 

 

 

 


20 Responses to “Vuurwerkskouspel in Pohang”


  1. Augustus 13, 2008 om 1:59 vm

    Dit lyk of dit ‘n baie lekker uitstappie was, ondanks die massas. Ek vrek oor vuurwerke – daar is iets magies daaraan vir my. Daardie seekos lyk sommer banja lekker! Ek moet se, hulle seekos hier is altyd baie vars en lekker – veral as dit rou is. 😉

    NS: Baie nice videos! Dankie vir hierdie kykie.

  2. 2 flippiefanus
    Augustus 13, 2008 om 3:05 vm

    Ek is ook baie lief vir vuurwerkvertonings. Dit laat my terugdink aan die vuurwerkvertoning in Ottawa op Canada day.

  3. 3 Sonia
    Augustus 13, 2008 om 4:58 vm

    Amazing, maar kan ek ASB vra dat jy ‘n wit blok kry?

  4. Augustus 13, 2008 om 9:03 vm

    Ag nee, sies Bib! Ek sal die goed kom gaarmaak as jy te lui is 😉
    Welkom FF
    Dankie Sonia. ‘n Wit blok se jy…mmmm…ek is nie mal oor die wit nie, maar ek het al probeer vir ‘n ander theme en dit werk nie. Al die ander temas gooi al my posts snaaks uit, en die foto’s is alles oormekaar. So totdat iemand (ek) weet wat om te doen sal dit vir eers swart bly 😉

  5. Augustus 13, 2008 om 1:46 nm

    Vuurwerke het altyd die vermoe om groot en klein te laat ooo en aaahh. Pragtige foto’s

  6. Augustus 13, 2008 om 2:35 nm

    Die kos lyk jummies en ja, ek hou ook van vuurwerke. Pragtige foto’s.

  7. 7 Jaco
    Augustus 13, 2008 om 3:37 nm

    Ek hou in die algemeen nie van vuurwerke nie, of laat ek dit eerder kwalifiseer deur te sê ek hou nie van die agterplaas joppies wat die mense hier in die woonbuurte skiet oor nuwejaar nie.
    So gesinkroniseerde besigheid moet egter ‘n magiese belewenis wees wat ek graag eendag sal wil ervaar. Dankie vir die deel van die foto’s en video.

  8. Augustus 13, 2008 om 4:07 nm

    Baie nice foto’s en video’s, dankie! Ek vrek ook oor so ‘n groot vuurwerk vertoning.

    BTW, ek het nie probleme om jou blog te lees nie – is seker lekker bederf met ‘n groot skerm! 😉

  9. Augustus 13, 2008 om 6:15 nm

    Kaalvoet: Ek moet verskoning vra, oor die misverstand wat daar was oor die “dingetjie” post. mense het gelees, jy ook dat ek iets verloor het en hartseer is. Dankie vir jou omgee, maar alles is fine. My skuld ek was te vaag, regtig jammer.

  10. Augustus 13, 2008 om 10:11 nm

    Verseker Sandra en dankie vir die kompliment.
    Dankie Roertjie. Die kos was verskriklik lekker gewees. Ek was aangenaam verras oor ek maar so bietjie vol fiemies is 😳
    Ek hoor jou Jaco. Ek het ‘n broertjie, sustertjie en kleintjie dood aan mense wat so vuurwerke skiet. Ek kry die diere altyd so jammer!
    Thanx Dellie. Ek het nie gedink my blog lees moeilik nie, want die fonts is even duidelik op my gewone skermpie. As daar rerig ‘n issue is sal ek maar daarna kyk.
    No problem Rosie…en jy hoef nie jammer te se nie. Jy’t mos niks verkeerd gedoen nie 😉

  11. Augustus 14, 2008 om 3:03 vm

    Oe baie baie mooi!! Ek is ook soos ‘n kind oor vuurwerk vertonings. Dit lyk my jy het ‘n baie lekker vakansie gehad!!!

    Dankie vir al die mooi foto’s

  12. Augustus 14, 2008 om 6:20 nm

    Klaarblyklik is dit sonde om te ‘jaloersifiseer’… maar f@kkit, ek’s nou ERG jaloers!!! Fanks dat jy met ons share…….

  13. 13 Sonia
    Augustus 14, 2008 om 6:41 nm

    Toemaar ek trek jou been, ek het ‘n vergrootglas aangeskaf. LOL. Is maar die ouderdom wat so pla..
    Jou kreatiwiteit is ‘n inspirasie!

  14. Augustus 14, 2008 om 7:35 nm

    Eish Sonia…die ouderdom kan nie nou al pla nie! Dalk is dit jou rekenaar se fonts wat so klein is 😉
    Inspirasie se jy??? mmmm, ek weeti hoor 😆
    Thanx Platte

  15. Augustus 14, 2008 om 8:43 nm

    Hoor hier, dis pragtig! Dit lyk soos daai bossies (kan nou wraggies nie die naam onthou nie!) wat mens so geblaas het, dan vlieg die wit pluimpies weg in die lug. Jy is jollie oulik met daai kameratjie van jou! 😉

  16. Augustus 14, 2008 om 8:45 nm

    Oe ja, ek weet waarvan jy praat…daar is van hulle ook op my fotoblog! Dankie vir die kompliment…dis maar net mik en druk en skel en weer mik en druk daai!

  17. Augustus 15, 2008 om 12:49 vm

    Ek hou van die vidoe’s kaalvoet. Die arme Japsneuse het ook maar lekker tweede gekom.

    Ek sal graag die vertining wil sien as die lug nie so drukkend en vogtig is nie. Soos die nuwejaars vertoning, Die keer sal ek net graag nie so koud wil kry nie. hehe

  18. 18 Zee
    Augustus 15, 2008 om 6:19 vm

    Stunning fotos wat jy geneem het Kaalvoetmeisiekind. Ek is net so mal daaroor om na sulke vuurwerkvertonings toe te gaan.

    Jinne, maar nou is ek darem lus vir daardie lekker bord kos van jou 😉

  19. Augustus 15, 2008 om 12:25 nm

    OOOOOO!!! AAAAAAA!!!!! Dis Amazing! Dis pragtige foto’s Kaalvoetertjies… Geniet elke oomblik wat jy nog daar is! 😉

  20. 20 Paula
    Augustus 15, 2008 om 5:27 nm

    Sjoe, dis regtig besonderse fotos! Pragtig!


Lewer kommentaar op kaalvoetinireen Kanselleer antwoord


Kalender

Augustus 2008
M D W T V S S
 123
45678910
11121314151617
18192021222324
25262728293031

Wie’s hier…

counter

Van waar gehasie?

Waar is wat?

Flickr Kiekies

waarnatoe volgende...

  • Geen

Blog Statistieke

  • 49 655 houe
Page copy protected against web site content infringement by Copyscape

Bladsye