18
Aug
08

Van die see na groentee

Boseong,Yulpo 022

 

 

Langnaweek in Korea is altyd lekker, maar met die somer saam is dit vrek besig oral in hierdie land.

Ek het Vrydagmiddag op ‘n bus gespring en vertrek na Boseong wat aan die Suidkus van Korea gelee is in die Jeollanam-do provinsie (waar ek ook bly). Daar aangekom moes ek eers weer ‘n bus na Yulpo beach toe vat, want ek mos net by die see bly. Ek het ernstige onttrekkingsimptome, maar die see in die deel van die wereld is nie waaraan ek gewoont is nie.

 

 

Boseong,Yulpo 058

Boseong,Yulpo 015

Boseong,Yulpo 076

 

 

Die see lyk meer soos ‘n dam en daar is geen branders nie. Die water is bruin van al die modderige sand wat rongespoel word tydens laaggety en swem in daardie water is so uit soos ou brood vir my! Ek was teleurgesteld, maar dan moet ek darem ook se dat nie al die strande so lyk nie.

 

 

Boseong,Yulpo 063

 

  

Een ding wat opvallend is is die afwesigheid van skulpies op die strand. Mens sien so hier en daar ene, maar dis maar skaars.

 

 As mens by die see is moet mens dan seker ook iets eet wat uit die see kom en hierdie keer het ek Jajang-myun ge-eet wat met bietjie vars seekreature opgespice was. Dit was die veilige keuse, want oral waar jy stap is restaurante wat vreemde visse en ander snaakse seediere in tenks op hul voorstoep uitstal. Daar is swartmossels so groot soos bakstene, “spoon worms”, palings, bloukrappe en seekomkommers. Ek gee nie om om die goed te probeer nie, maar hoe vra jy dat hulle dit moet gaarmaak en ‘n kans om ‘n bord vol rou vis te kry wou ek nie waag nie.

 

 

Boseong,Yulpo 029

Boseong,Yulpo 033

 

 

 

 

 

 

 

 

Die eintlike rede vir die uitstappie was om na die groentee-plantasies in Boseong te gaan kyk. Die weer het egter Vrydag nie so lekker saamgespeel nie en dit het gereen. Saterdagoggend het dit darem beter gelyk, alhoewel daar baie vog in die lug was en die drukkende hitte swaar oor my gehang het.

 

Voor mens by die plantasies uitkom stap jy eers deur ‘n 100m laning Sederbome wat hoog bo jou uitpruik en die groenste groen heuwels wat rondom mens uitstyg.

 

 

Boseong,Yulpo 080

Boseong,Yulpo 093

Boseong,Yulpo 101

 

 

Die Boseong teeplantasie is baie bekend en menigte rolprent en advertensietonele is ak daar verfilm. Die plantasie is die grootste in Korea en verskaf 40% van die land se groentee.

 

Die plantasie is oorspronklik deur Japanese kolonialiste aangeplant in 1939. Die plantasie is egter agter gelaat na die Japanese koloniale era in 1945, maar die Koreane het weer die plantasie aan die gang gekry in die laat 1950’s.

 

 

Boseong,Yulpo 114

 

  

Toe ek uiteindelik die plantasie bereik moes ek nog ‘n stel trappe klim om die wonderlike uitsig van bo te aanskou. Ek kan nie met woorde beskryf hoe mooi dit is nie. Die golwe teeplantasie vou mens toe in groenigheid en daar is iets magies omtrent dit. Die hitte was sommer gou vergete en ek het in bewondering die landskap ingedrink.

 

 

Boseong,Yulpo 145Boseong,Yulpo 129

 

 

 

 

 

 

 

 Daar was natuurlik oral plek om allerhande groenteeprodukte te koop, maar ek het maar verby gehou met die tee en eerder ‘n paar skoonheidsprodukte in my mandjie gelaai. Die groentee roomys is nie te sleg nie, maar disnie iets waarvan ek te veel kan eet nie. Dit het maar ‘n vreemde smaak en roomys is nie veronderstel om so gesond te wees nie 😉

 

Al die kosse wat op Boseong bedien word het die een of ander vorm van groentee in en dit smaak ook nie te aardig nie, solank dit matig gebruik word. 

All in all was dit ‘n heerlike rustige naweek wat weereens hopeloos te vinnig verby gevlieg het.

  

Boseong,Yulpo 163

 

 

 

Advertisements

30 Responses to “Van die see na groentee”


  1. Augustus 18, 2008 om 10:44 nm

    Wha!!!!! Dis rerig pragtig Kaalvoet. Ek moet ook se dat ek nie van die see persoonlik hou nie. Dit lyk ongelooflik vuil. Mesn kan een of ander siekte daar optel, maar die foto’s lyk rerig great van die see en die groen tee plantasie. Dis ‘n eerste dat jy nie baie van ide roomys kan eet nie. Jy is dan n roomys monstertjie. 🙂 🙂 🙂 😉

  2. Augustus 18, 2008 om 10:55 nm

    Sies MJ! Ek is nie ‘n roomys monster nie…ek geniet dit net meer as chocolates! 🙂

  3. Augustus 18, 2008 om 11:26 nm

    Die plantasies laat my nou ernstig na die somer verlang. Hier by ons is alles nog vaal en dof. Jou foto’s is baie mooi, soos gewoonlik. 😉

  4. Augustus 18, 2008 om 11:39 nm

    Mi an he yo!!!!! Okay jy hou net flipping moerske ongelooflik verskrikelik baie van roomys. Beter?

  5. Augustus 18, 2008 om 11:47 nm

    Dankie Dellie! Hier sien ek uit na die herfs, want al is ek ‘n somermens is dit niks lekker hier nie! Ek sien wel uit na my SA somervakansietjie, want ek het 2 winters gehad vanjaar!

    Dis beter MJ! Ek lewe van roomys ou! :mrgreen:

  6. 6 alta
    Augustus 19, 2008 om 12:08 vm

    Daai seekat in die bord, lyk nie baie lekker nie.

  7. Augustus 19, 2008 om 1:33 vm

    Pragtige foto’s, soos altyd. Jy moet die groentee ‘n kansie gee. Ek het laasjaar daaroor geblog, en nou is ek ‘n gesoute groentee-drinker! 😆 Mens raak gou aan die smaak gewoond.

  8. 8 Reisiger
    Augustus 19, 2008 om 5:08 vm

    Kaalvoet, jou foto’s is stunning!! Ek kan my verkyk aan die pragtige groen teeplantasies want ek is darem nou moeg vir hierdie vaal ou winter hier by ons!!

  9. Augustus 19, 2008 om 12:57 nm

    Daai see is net so dood soos hier by ons, alhoewel dit hier pragtige mmooi blou skakerings is. Jou foto’s is pragtig maaar die kos …..?! Ek sal dit nooit oorleef nie.

  10. Augustus 19, 2008 om 2:54 nm

    Oe die teeplantasies is mooi! Ek het onlangs ‘n boek gelees wat afspeel in die Darjeeling distrik in Indie, nou wil ek met alle mag gaan!!

  11. Augustus 19, 2008 om 3:18 nm

    Ek dink ek moet in die nabye toekoms in Korea ‘n draai gaan maak.

  12. Augustus 19, 2008 om 8:11 nm

    WOW! Ja dit is die probleem met al die lekker dinge….time flies when you’re having fun! So bietjie te veel tee na my smaak, het hulle koffieplantasies of wingerde? 😆

  13. Augustus 19, 2008 om 8:46 nm

    Alta: Daai seekatjie is gaar en dis niks anders as kalamari nie 😉
    Boendoe: Dankie! Die groentee is nie so sleg as mens dit koud drink nie, maar weet jy, daar is verseker lekkerder goed om te drink!
    Reisiger: Ek voel jou pyn…ek het 2 winters vanjaar gehad en ek wou mal word!
    Sandra: Ja, die see is erg boring hier! Die eilande wat ek so wyle terug besoek het het egter die mooiste blou water gehad en daar is darem ander strande waar die water ook so mooi blou is. Hehehe…die kos is nie so bad nie man. Daai Jajung het nie gewoonlik seekos in nie en is regtig vrek lekker.
    Jane: Dis nog mooier as wat dit op die foto’s lyk! Dan moet jy maar plan maak en Indie gaan verken!
    Lorna: Jy sal nie teleurgesteld wees nie
    DMI: Vertel my iets wat ek nie weet nie…jong, ek weet nie van koffieplantasies nie, maar hulle is nogal erg oor hul koffie. Daar is orals masjiene waar jy koffie kan koop op straat. Warm koffie, yskoffie en in allerhande vorms, geure en kleure. Mens kry darem goeie wyne hier, selfs van die duurste in die wereld. Mens moet net weet waar om te soek. Ek kan tot ‘n SA wyntjie hier geniet.

  14. 14 Jaco
    Augustus 19, 2008 om 10:13 nm

    Wow! Baie mooi kiekies. Ek is nou nie juis ‘n seerot nie, maar met daai woude en plantasies sal jy my kan omkoop. Groentee . . . nou ja kom ons sê net dit is ‘n smaak op sy eie en los dit daar!

  15. Augustus 19, 2008 om 10:55 nm

    Ek wens partykeer so ek het van groentee gehou, want as jy van groentee hou, is Korea ‘n paradys. Soos jy se – mens kry enige groentee-produkte denkbaar hier en daar is letterlike honderde handelsmerke om van te kies. Ek het al menigmaal probeer, maar groentee se smaak is vir my bloot nie lekker nie…seker ook maar omdat ek so ‘n stoere koffiedrinker is. Wat ek wel geniet is ginseng-tee en al die ginseng-produkte hier.

    NS: Daai foto van die skoenlapper is PRAGTIG!

  16. Augustus 20, 2008 om 1:50 vm

    Mooi kiekies Kaalvoet. Die see lyk ‘n bietjie vuil. Miskien is ek net te bederf met die Kaapse water.

  17. Augustus 20, 2008 om 5:03 vm

    Ek het klaar die skoenlapper foto gesien en is dit nie AMAZING nie!! Jy was weer in jou element agter die kamera!!! Die foto’s is baie mooi! Ek is ook dol oor die 1ste foto!!!

    Ek drink nou groen tee en dis eindelik aaklig, maar Kaalvoet sê dis baie goed vir detox, girls!! 😉

    Oe!! ek sal moet werk aan my kulinere horisonne!! 😆

    Ek het die inskrywing baie geniet Kaalvoet!!!

  18. Augustus 21, 2008 om 2:56 vm

    Ek stem 100% saam met BIB en Wip! Daai skoenlapperfoto is hemels!!! Jy het rerig erig ‘n oog vir ‘n foto. Groentee, I think not thankyou! Jiggie, gagga sleg! Lekker gelees Kaalvoetertjies.

  19. Augustus 21, 2008 om 9:58 vm

    Dankie Roer, Wip en Pikkie…I try…
    Roer, ek gril vir die see hier. Ek hou ook meer van die Kaap se waters en een van die dae gaan ek lekker vrot op ‘n Kaapse strand!
    Wip, ek gee nie om hoe goed dit vir detox is nie, ek drink dit nie! Water moet maar die job doen en ek sukkel reeds daarmee 😉 Jy weet mos hoe voel ek oor my kameratjie Wip!
    Pikkie, ek stem saam. Hou verby met daai duiwelsdrek!

  20. 20 Paula
    Augustus 22, 2008 om 2:04 vm

    Ek hou baie van jou fotografie! 🙂

  21. Augustus 22, 2008 om 2:27 vm

    Ai, Kaalvoet, ek het darem nou weer heerlik gereis hier op jou blog!
    Dis soos om Korea te kan besoek sonder die lang vliegrit. Uitsonderlike plasing, voorwaar: die teeplantasies is so strelend op die oog, dit laat my sommer rustig voel.
    Dankie vir die heerlike kuiers op my blog vandag, ek het ‘n surpraais vir jou more.

    O ja, ek is versot op groentee, en behalwe spoon worms sal ek redelik baie van die gedoentes en gediertes aandurf, al is dit net om ‘n paar honderd dae by die lewensverwagting te tel!

    Mooiloop, mooi mens.

  22. Augustus 22, 2008 om 4:04 vm

    Kaalvoet, groentee IS IS IS goed vir jou 😆

    Baie mooi foto’s hoor, daardie plantasies lyk darem baie mooi, mens kan nie dink dat dit tee is nie!

  23. Augustus 22, 2008 om 7:03 nm

    Kaalvoet ini reen, jou foto’s is pragtig. Dit lyk na ‘n belewenis daar in die vreemde.

  24. Augustus 22, 2008 om 8:05 nm

    Kaalvoet: twee vrage asseblief.
    1. ek wil voer van jou af kry, maar kry nêrens die voerikone op jou blog nie. en 2) hoe tag ‘n mens ‘n ander blogger as mens ‘n speletjie wil speel? jy kan hier antwoord, dan kan almal dit hier lees.

  25. Augustus 22, 2008 om 10:07 nm

    Xanika: Dankie vir die inloer. Dis werklik ‘n ervaring…

    Sonia: 1) Amper dog ek iemand het ‘n advertensie namens my in die lanbouweekblad geplaas ❓ 😯 ❓ Waarmee boer jy dat jy by MY voer soek? :mrgreen:
    Die voer is net bo my blogroll…hoe kyk jy dan???
    2) as jy die persoon wat jy wil tag se inligting in HTML kode inskryf dan stuur dit ‘n ping na sy laaste inskrywing se kommentaar toe. Die makliker manier is om sommer net in die persoon se kommentaar te gaan se hy/sy het huiswerk! As jy die ander manier se info soek dan mail ek dit vir jou!

  26. Augustus 23, 2008 om 1:11 vm

    Ek het mos vir jou gesê dis so donker soos die nag hier! Dis soos om blindemol te speel.
    ROFL vir voer…stuur maar twee bale en ‘n blok beeslek, assbelief mevrou. Die beeste kwyn vanjaar met die droogte.
    Ek sal nou maar die volgende uur spandeer om uit te vind hoe om HTML te doen, en waddehel is PING! Wil jy nou tafeltennis speel? LOL
    Dink jy nou as ek vir mense gaan vertel hulle het huiswerk ek gaan ‘n welkom kry?
    🙂

  27. Augustus 23, 2008 om 10:14 vm

    Ek stuur later vir jou ‘n posduif om te verduidelik!
    Ek weeti van ‘n MEVROU wat voer het nie maar hierdie jufrou kan dalk kelp aanstuur!

  28. 28 flippiefanus
    Augustus 23, 2008 om 2:47 nm

    Kaalvoet jy laat my so luskry om met my kamera rond te loop, maar my foto’s kom nooit so mooi uit soos joune nie.

    Ek hou nogal van groentee roomys. Dis wat ek altyd bestel vir nagereg wanneer ek sushi eet.

  29. April 23, 2013 om 3:30 nm

    Right now it appears like WordPress is the top blogging platform
    available right now. (from what I’ve read) Is that what you’re using on your
    blog?


Lewer kommentaar

Verskaf jou besonderhede hieronder of klik op 'n logo om in te teken:

WordPress.com Logo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by WordPress.com. Log Out / Verander )

Twitter picture

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Twitter. Log Out / Verander )

Facebook photo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Facebook. Log Out / Verander )

Google+ photo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Google+. Log Out / Verander )

Connecting to %s


Kalender

Augustus 2008
M D W T V S S
« Jul   Sep »
 123
45678910
11121314151617
18192021222324
25262728293031

Wie’s hier…

counter

Van waar gehasie?

Waar is wat?

Waarvan julle hou

Flickr Kiekies

waarnatoe volgende...

  • Geen

Blog Statistieke

  • 44,631 houe
Page copy protected against web site content infringement by Copyscape

Bladsye


%d bloggers like this: