24
Aug
08

‘n Mors van tyd en energie op ‘n Saterdag

shasha english camp 23aug 004

 

Ek was so gelukkig om Saterdag te werk, omdat ons ‘n English Camp vir die kids aangebied het! Dit was alles behalwe fun vir my gewees, want ek moes van 11 tot na 8 agter kinders en ouers aanhardloop. Ons moes fisies klasgee, maar met al die kinders se broers, susters en ouers in die klasse was dit chaos.

 

Moenie dink die kinders het enigsins geluister omdat ma en pa daar was nie. O nee, die hele storie het toe eers in ‘n sirkus ontaard! Ek het ook gesien dat die gewone kakmakertjies, maar met dieselfde truuks by ma en pa trek. Daar blameer ek die ouers en ek gaan nie hulle nonsens vat nie, al sit jou ma agter jou! As sy jou dan nie wil stilmaak nie dan doen ek dit!

 

‘n Paar ouers was seker nie gelukkig daaroor nie, maar hemel! Mens kan ook net soveel abuse van kleuters vat voor jy snap!

 

 

shasha english camp 23aug 007Physical education (LO soos ons dit ken).

Die speletjie se naam is “sponge the deck” waar hulle met sponse, water na ‘n lee houer moet oordra en die span wat die meeste water oordra in ‘n bepaalde tyd wen.

Die kinders en ouers was in 2 groepe ingedeel en het dan tussen klasse gewissel, want hulle was net te veel vir die klein skooltjie.

 

 

shasha english camp 23aug 015

 Music and Art

Hier leer my dierbare kollega, Carry, die kinders en ouers die bewegings wat saam met die liedjies wat hulle leer gaan. Ek is so bly dit was nie ek wat my naam so met ‘n plank moes slaan nie, maar die ouers was great sports gewees.

 

 

Hieronder is ‘n kort video van die laaste deel van “Mother Gooney Bird”. Let op die klein outjie heel regs, voor…hy is elke dag so deur die slaap. Hy is regtig ‘n uitdaging!

 

 

Volgende het my nagmerrie begin tussen die klas en die kombuis! Dis erg genoeg op ‘n gewone dag om iets met die lot in die kombuis te doen, maar met die ouers ens. ook nog agterna…Ek het net laat gaan!

 

shasha english camp 23aug 024

Math & Science (and cooking in one – hulle was weer lekker aspris)

Elk geval; eers moet die hele storie aan die klomp verduidelik word en dan moet hulle ‘n prentjie teken. Volgende sit hulle af kombuis toe en hande word gewas en voorskote word aangetrek. Daarna weet ek hulle het Icecream Sundaes gebou (ek se mos dit was chaos, ek weet nie wat om my aangegaan het nie).

Op een of ander stadium het hulle weer hul voorskote uitgetrek en teruggemission klas toe om hul skeppings te eet en weer te teken!

Terwyl hulle dit gedoen het het ek verslae in die gang afgekyk na die gemors wat in die kombuis agtergebly het. Dit het gelyk of een ‘n roomysbom laat ontplof het, met sprinkles en stroop oral tussen- in.

 

Hier is ‘n paar foto’s van die Sundaes. 

 

 

shasha english camp 23aug 016

shasha english camp 23aug 018

Links: Mindy en haar ma. Rerig ‘n oulike dogtertjie en skerp. Sy het soms haar nukke en grille, maar watter kind het nie?

Regs: Tim *sug* so opvreetbaar oulike gesiggie as wat hy het, sal ek hom gelyk maak met die aarde!

Geen maniere en ore en ma en pa kan ook nie gepla wees nie…Nog net 9 weke!

 

 

Ek het wonder bo wonder die roomys-nagmerrie oorleef en die kinders ook 😉

Volgende het hulle gesigte geverf en het hulle ballondiere gemaak in die Creative Art klas (ek sou hierdie meer geniet het).

 

shasha english camp 23aug 030

shasha english camp 23aug 029

Links: June en sy ma. Dis die oulikste kind hierdie. Hy is die enigste seuntjie in die klas (hulle is nou net 3).

 Regs:Joe, Joe, Joe…Sy ma gee hom “springs” vir ontbyt! Hy is ook ‘n hand vol en baie meer as waarvoor ek kans sien op die oomblik. Ek wil hom ook meeste van die tyd ‘n taai klap gee, want hy sal terugpraat in Koreaans en dan lag die ander! As ek hom aanse om iets te doen dan se hy net “NO” en lag. Ek sal ‘n aar bars van woede…Dis hoeka die knapie wat mos vir my se ek is nie ‘n teacher nie, ek is ‘n speelmaat!

 

 

shasha english camp 23aug 060

 

Daarna het ons ‘n vasvra gehad wat ek moes doen en dit val dan onder Language Arts. Dit was omtrent ‘n geskree en die ouers het hulle gestrip as ek nie hul kinders vra vra nie, maar die een wat eerste sy hand opsteek is die een wat ‘n beurt kry!

Na die geskreeu in my ore en gegryp aan my arms het ons aandete ge-eet. Daar was weer iets van alles en moes ek eers weer ordentlik uitvra oor wat alles presies is. Ek moes die foto’s ook maar skelmpies neem, want ek dink nie die director sou dit waardeer het nie. So hier is dit dan nou…

 

shasha english camp 23aug 072

shasha english camp 23aug 073

 

 

Lekker hoender en vars slaai (net blare) met ‘n pynappel of kiwi slaaisous.

 

 

 

 

  

shasha english camp 23aug 079

shasha english camp 23aug 080

 

 Lekker kleurvolle slaai met kiwi’s, tamatie en ek vermoed appelstukkie en wie weet wat nog daarin.

 Hierdie oranje gedoente was koue pampoen wat so in witbrood toegedraai is. Natuurlik het ek verby gehou.

 

 

 

 

shasha english camp 23aug 081

shasha english camp 23aug 083

 Die goed wat soos swartmossels lyk is eintlik groen. Dis ryskoekies gevul met een of ander bone en dit lyk nie wel nie.

Regs is Gimbap en dit is altyd lekker, wel gewoonlik 😉

 

 

 

  

shasha english camp 23aug 084

 

Dan was daar natuurlik ook rys en opgekookte varkvleis, 3 verskillende soorte kimchi en ‘n slaai waaroor ek net my kop geskud het en die vrugte uitgevis het. Die slaai het ingehad: appel, kiwi, lemoen, piesang, tamatie, mielies en kwarteleiertjies. Die goed wat hulle bymekaar gooi is vir my baie vreemd! Ek was verbaas dat daar nie patats in was nie, want dit sit hulle mos in alles, tot op hule pizza! Hulle en ook ‘n sweet potato late….

 

Na die ete is daar ‘n vuur gemaak en ek het lekker gelag. Hul idee van ‘n vuur maak is afvalhout (pressed wood) vasgemaak met draad om regop te bly en 2L brandstof! Dan wou hulle malvalekkers daaroor braai! Ek het net my kop geskud, gesmile en foto’s geneem!

 

shasha english camp 23aug 105

So het die nagmerrie ook tot ‘n einde gekom en kon ek gaan slaap!

Advertisements

26 Responses to “‘n Mors van tyd en energie op ‘n Saterdag”


  1. Augustus 24, 2008 om 9:17 nm

    Ja, kinders is maar uitdagend. Elke ouer dink sy kind is die oulikste terwyl die teenoorgestelde baie waar is.

  2. Augustus 24, 2008 om 10:20 nm

    Ek’s bly jy’t dit oorleef!
    Ek merk egter die totale afwesigheid op van enige foto’s van jou…

  3. Augustus 24, 2008 om 10:35 nm

    Baie waar Riaan.
    Boer, as ek moes foto’s neem van myself sou die lens gekraak het en ek sou al die bloggers verjaag het sou ek dit plaas! It was not a good day…ek was bietjie bemoerd!

  4. Augustus 25, 2008 om 2:15 vm

    Ai Kaalvoet, dis rerig jammer dat jy jou saterdag op moes offer. maar soos jy se nog net 9 weke. Vasbyt en ek hoop rerig die laaste paadjie is net afdraende en nie meer opdraende nie. Sterkte met die laaste tydjie by die skool. 🙂

  5. 5 Zee
    Augustus 25, 2008 om 3:28 vm

    Kinders saam met die ouers. Lyk my jy het ‘n baie moeilike dag agter die rug. Mmm, ek sou nou weer net vir die kos gegaan het 😉

  6. Augustus 25, 2008 om 4:26 vm

    Hi Kaalvoet ek is bly jy het dit oorleef 😆

    Dis lekker om nou gesiggies by die name te sien 😉

    Lekker week, ek sal jou skype! Min dae!!

  7. Augustus 25, 2008 om 12:23 nm

    Kaalvoet jy skrik vir koue pampoen se jy?!

    Is kinders en ouers tog nie orals dieselfde nie. Dit lyk na ‘n moeilike dag met tog pret en dis alles herinneringe wat jy gaan onthou. Ek het geniet om dit te lees!

  8. 8 alta
    Augustus 25, 2008 om 12:26 nm

    Baie bly jy het dit oorleef!! Ek glo nie ek sou nie.

  9. Augustus 25, 2008 om 12:29 nm

    Dankie MJ! Ek werk nou net vir naweke! Ek kan nie wag vir die tyd om verby te gaan sodat ek kan terugkom na ‘n ander skool!
    Hehehe Zee. Die kos was die laaste ding waaraan ek gedink het. Ek het nie eers tyd gehad vir ‘n happie roomys nie!
    Ook maar net-net Wip! Ek het die hele Sondag geslaap en in my bed gele en movies kyk en ge-eet en verder geslaap!
    Sandra, ek skrik nie daarvoor nie, maar hoekom sal ek dit nou wil eet? Ek hou nie eers van pampoen nie! Hulle is maar oral dieselfde jong, en dit maak my so vies! Daar is darem meer lekker as slegte tye en alle werke het maar sy ups and downs. Ek is nog lank nie klaar met Korea nie, maar wel met die betrokke skool.

  10. Augustus 25, 2008 om 12:34 nm

    Ja Alta, gelukkig is dit nie iets wat ek elke Saterdag moet doen nie 😉

  11. Augustus 25, 2008 om 5:12 nm

    Ek haal my hoed vir jou af! 😯 So ‘n klompie en hulle ouers kan seker baie uitputtend wees. Maar daai kossies lyk sowaar heel eetbaar! 😉

  12. Augustus 25, 2008 om 5:16 nm

    Die kos was baie lekker Dellie,m aar dit maak nie op vir die kinders en hul ouers nie! Dit kos baie om jou “pose” te hou party dae. Ek gaan verseker nie weer kindertuin kinders vat nie. Hopeloos te veel vir my!

  13. 13 reisiger
    Augustus 25, 2008 om 5:31 nm

    Terrorissies én hulle ouers!! Eish!! 😯 Sou my kop ook laat spin het! Bly jy’t dit oorleef en gelukkig is dit nou verby nè! 😉 Nou’s dit net slapies tel al die pad!!

  14. Augustus 25, 2008 om 6:47 nm

    Hemels, eers gedink jy bedoel die rugby en Olimpiese spele!

    Dit lyk darem asof die kos die moeite werd was. Niks snaakse, kreoelende gediertes nie … eh … behalwe die klomp kinders … of is dit nou die ouers?

    Hoe is dit dan dat kinders totaal onbeheersd raak as die ouers eers by is?

  15. Augustus 25, 2008 om 6:57 nm

    Nes jy daar se Reisiger!
    Ja Emil, sommer dit ook 😉 Ek het so gehoop die kinders gedra hulle as die ouers daar is, maar ek het vir ‘n paar vieslike kyke gegee en “mooi” gese hulle moet nou stilbly en luister. Vanmore het ek dit weer gehoor, maar as hulle dan nie maniere het nie wat maak mens???
    Die ouer kinders slaan ek sommer met ‘n boek oor die kop, maar die kleintjies huil vir niks en ek kan nie met so gesanik ook nog in my ore cope nie!!! Verseker GEEN kinders vir my nie!

  16. Augustus 25, 2008 om 7:49 nm

    Tussen jou en Brein by die Spur hierdie naweek klink dit asof julle ‘n rowwe tyd beleef het met die kleinspan…Jy verdien ‘n goue medalje. Sartre (of was dit nouweer Camus) het mos geskryf ‘hell is other people’ – mens kan seker daarby voeg ‘…and other people’s children’!
    My skoonsuster sê altyd waar meer as 6 kinders vergaar met suiker in die omtrek vermenigvuldig elke kind tot die mag van tien. As veteraan van baaaaie kinderpartytjies kan ek dit maar beaam. 🙂

  17. Augustus 25, 2008 om 7:55 nm

    Sonia hierdie lot het nie eers suiker nodig nie! Ek wil hulle nie op ‘n sugar high sien nie! Dis erg genoeg na middagete!

  18. Augustus 25, 2008 om 9:41 nm

    Onthou ek nou die skoolhoof in “Poena is koning”….

    😆

  19. Augustus 25, 2008 om 10:05 nm

    Ja nee Jasper! Ek voel soos hy maal tien!

  20. Augustus 25, 2008 om 10:23 nm

    Kaalvoet, moenie so kamera-sku wees nie, of lyk jy dalk soos Cindy McCain…? 😉

  21. Augustus 25, 2008 om 10:31 nm

    Wat drink jy Bib??? Ek sien nie dat jy foto’s van jouself op jou blog sit nie!

  22. Augustus 25, 2008 om 11:30 nm

    ..ek drink op die oomblik pomelo-sap…en trek sommer jou been. 🙂

  23. Augustus 26, 2008 om 5:14 nm

    Wel, was dit nie boer wat homself in ‘n karoake video verewig het nie? 😆

  24. Augustus 26, 2008 om 6:47 nm

    mmm, ek het al vergeet daarvan! Daar is foto’s van my op my blog, maar glo nie goed genoeg nie! Ek reken dis fine! hehehe

  25. Augustus 26, 2008 om 10:17 nm

    Emil, daar druk jy nou die regte knoppie, thanks! Wanneer “onthul” jy jouself, Kaalvoet? Consider yourself tagged! 🙂


Lewer kommentaar

Verskaf jou besonderhede hieronder of klik op 'n logo om in te teken:

WordPress.com Logo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by WordPress.com. Log Out / Verander )

Twitter picture

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Twitter. Log Out / Verander )

Facebook photo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Facebook. Log Out / Verander )

Google+ photo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Google+. Log Out / Verander )

Connecting to %s


Kalender

Augustus 2008
M D W T V S S
« Jul   Sep »
 123
45678910
11121314151617
18192021222324
25262728293031

Wie’s hier…

counter

Van waar gehasie?

Waar is wat?

Flickr Kiekies

waarnatoe volgende...

  • Geen

Blog Statistieke

  • 44,415 houe
Page copy protected against web site content infringement by Copyscape

Bladsye


%d bloggers like this: