25
Aug
08

My hart lag (tag)

Wipneus het my getag om te se wat my gelukkig maak.

Om eerlik te wees, dit vat nie veel nie…Ek waardeer die klein goedjies in die lewe baie meer as dit wat geld kan koop.

 

 

22a

 As ek die see kan ruik en net langs die strand kan stap en in rotspoele rondgrawe is ek op my gelukkigste. Maar ook nie enige see nie, dit moet in die Kaap wees. Ek het my hart lank terug al daar verloor en die plek maak my gelukkig.

 

 

 

Patrick kuier (21 June) 048Omring deur die skoonheid van die natuur laat ‘n rustigheid in my agter wat nie anders kan as om ‘n glimlag op my gesig te laat nie.

Om my kosbare vriende en familie gelukkig te sien maak my gelukkig. As ek ‘n glimlag op iemand anders se gesig kan sit, al is dit deur ‘n totale krater van myself te maak, dan is ek gelukkig. Dit gaan oor die samesyn, die daar wees vir mekaar en die werklike omgee.

 

Ek is nie een vir groot groepe vriende nie en ek kies hulle sorgvuldig, maar die handjievol wat ek het weet ek sal enige iets vir hulle doen en hulle vir my. Die mense vir wie ek lief is is vir my baie belangrik.

 

 

art, damyang 12Jul 166

Om langs ‘n liefde te sit in stilte en om te weet dis nie nodig om enige iets te se nie, want die konneksie wat daar is is genoeg. Om te weet dat daardie persoon jou nie wil verander nie en dat hy jou lief het vir wie en wat jy is.

 

 

 

 

Fritz

Diere en gediertes bly my na aan die hart en ek kan liries raak oor die kleinste gogga. My honde was natuurlik nog altyd my “pride and joy” en hulle het my nog altyd gelukkig gemaak. Hulle verstaan soms net beter as niemand anders wil nie 😉

 

 

 

 

UlleungdoDokdo(6-9Jun) 261

 As ek my kreatiwiteit kan uitleef, hetsy deur foto’s te neem, te skilder, sommer net te doodle of iets uit klei te maak, kan jy met my toor. Dit plaas my in ‘n ander wereld. Natuurlik is ek ook mal oor musiek en ek luister omtrent na alles.

 

 

 

 

Die wete dat ek NOOIT alleen is nie en dat die Vader vir my al hierdie dinge, en soveel meer, elke dag gee wat my gelukkig maak, laat my hart lag.

 

DSCF7009

 

“The best things in life are free” mens moet net besef wat rerig belangrik is in die lewe en dit vat regtig so min om gelukkig te wees.

Volgende tag ek vir MJ en wie ookal wil saamspeel…

Advertisements

21 Responses to “My hart lag (tag)”


  1. Augustus 25, 2008 om 10:29 nm

    The best things in life are are free – dis so waar Kaalvoet.

    Jy is so opreg en eerlik met dit wwat jou gelukkig maak. Om te dink nog net 2 maande dan kan jy jou geliefde see weer sien. Hoera 🙂

  2. Augustus 25, 2008 om 10:34 nm

    Ek kan nie wag nie MJ! Daar is baie goed wat my gelukkig maak, soos laat slaap of om op ‘n koue dag onder die komberse op te krul met ‘n lekker movie of boek. Brekfis in die bed/koffie en beskuit 😉

  3. Augustus 25, 2008 om 10:52 nm

    Hierdie is ‘n BAIE mooi, eerlike inskrywing. En die bygaande foto’s pragtig.

  4. 4 Reisiger
    Augustus 25, 2008 om 11:37 nm

    Baie mooi inskrywing!! En die foto’s…. BEAUTIFUL!!

  5. Augustus 25, 2008 om 11:39 nm

    Kaalvoet die foto’s is pragtig.

    Jou vriende is gelukkig om so vriendin te hê!!

    Nie meer lank nie, ek tel die weke saam jou af! 😉

  6. 6 ELF
    Augustus 26, 2008 om 5:37 vm

    Ditto .. ek doen nie tags nie maar as ek sou .. sou n link na jou blog sufficient wees. Mooi gemaak. Ek lees jou graag. x

  7. 7 flippiefanus
    Augustus 26, 2008 om 7:41 vm

    Treffend beskryf. Die een oor kreatiwiteit is nogal waar. Ek kan sien jy is baie kreatief as ek na jou foto’s kyk. Wonder of jy al foto’s van jou skilderye geplaas het?

  8. Augustus 26, 2008 om 11:25 vm

    Jou foto’s is soos altyd bitter mooi. En jou honde-kind is opvreetbaar, drukbaar cute.

  9. Augustus 26, 2008 om 12:25 nm

    Dankie Boertjie. Ek is nie ‘n glamour fan nie en hou van die eenvoudige dingetjies in die lewe.
    Dankie Wip. Ek is eintlik die gelukkige een, want my handjie vol vriende is die beste in die wereld!
    Dankie vir die inloer Elf. Ek geniet jou skrywes baie.
    Hehe Flippie. Hier is nie foto’s van enige skilderye of sketse nie…alles in SA agtergebly 😉 en dis nou nie iets om oor huistoe te skryf nie…
    Thanx Rosa. Ek was (is) baie lief vir daai honde-kind, maar hy is ongelukkig nie meer nie. Ek weet nie of ek gou weer ‘n hond sal kry nie, maar as ek sou sal dit verseker weer ‘n Schnauzer wees!

  10. Augustus 26, 2008 om 12:40 nm

    Ag ek is jammer…eendag sal jy dalk weer ‘n wollie kry

  11. Augustus 26, 2008 om 12:42 nm

    Dis fine Rosa. Ek sal weer eendag ene kry, want ek kan net nie sonder ‘n hond in my huis nie 😉

  12. Augustus 26, 2008 om 1:58 nm

    Stem saam met jou die beste dinge in die wereld kan nie met geld gekoop word nie

  13. Augustus 26, 2008 om 5:26 nm

    Jy maak die woorde van Anthony I. D’Angelo treffend waar: “The most important things in life aren’t things.” Ek het ‘n tydjie terug ook so bietjie gemurmureer oor die dinge in die lewe wat kwansuis verniet is ( http://emiljung.co.za/?p=546 ), en het besluit dit is nie juis verniet nie … ons betaal ‘n duur prys vir die oomblikke wat soms so onoplettend verlore gaan. Ek dink juis omdat die goeie dinge as verniet beskou word, slaan ons nie die nodige ag daarop nie.

    Regtig ‘n skitterende stukkie, eerlik en opreg … die foto’s is ook wonderlik. Jou wêreld deur die vierkantvenstertjie van jou kamera weerspieël baie van jou menswees. Dankie vir die deel!

  14. Augustus 26, 2008 om 6:12 nm

    Dis hoe ek jou leer ken het. Opreg en eerlik. Dankie dat jy ook hierdie met my gedeel het. 😉 Ek wil net hê jy moet weet dat ek so lekker hier by jou kuier, en al jou moeite met jou blog waardeer. Jou foto’s is altyd so treffend – jy het beslis iets daarin wat jou gelukkig maak en dit weerspieël in jou beelde.

  15. Augustus 26, 2008 om 6:52 nm

    Dankie Emil en Dellie… 😳
    Ek hou maar net nie van allerhande tierlantyntjies nie, die lewe is gekompliseerd genoeg. Ek soek my vreugde in die eenvoudige goed en dit verbaas my soms hoe mense dit mis. Ons almal kyk maar anders na die wereld. Ek haat oneerlikheid en is nie een vir speletjies speel nie. Om eerlik te wees bring mens soveel verder op die ou einde, want die waarheid kom ALTYD uit!

  16. 16 Tersia
    Augustus 27, 2008 om 4:25 nm

    Jou inskrywing is PRAGTIG!! Dankie ook vir jou mooi foto’s!!

  17. 18 Mefri
    September 2, 2008 om 6:38 nm

    As ek my lewe weer oor konleef, met die keuse om in te sluit wat in die huidige lewe vir my vreugde bring dan sou ek jou sonder twyfel naderhark. LOL maak net seker jy bring jou kamera saam.

  18. September 2, 2008 om 7:13 nm

    Hehe Mefri! Dankie vir die kompliment en dankie dat jy altyd sulke mooi kommentaar by my blogs los. Ek waardeer dit baie!

  19. 20 Mefri
    September 2, 2008 om 7:43 nm

    Hoe kan ek dan anders? Jy verfraai my lewe met die allermooiste gedagtes en hope mooi goedjies wat geen geld in die wêreld kan koop nie. Ek wens net soms dat ek so bietjie van die vreugde wat in my skitter vir jou kon terugweerkaats.

  20. September 2, 2008 om 9:51 nm

    Jou mooi woorde doen genoeg vir my om die vreugde raak te sien 😉


Lewer kommentaar

Verskaf jou besonderhede hieronder of klik op 'n logo om in te teken:

WordPress.com Logo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by WordPress.com. Log Out / Verander )

Twitter picture

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Twitter. Log Out / Verander )

Facebook photo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Facebook. Log Out / Verander )

Google+ photo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Google+. Log Out / Verander )

Connecting to %s


Kalender

Augustus 2008
M D W T V S S
« Jul   Sep »
 123
45678910
11121314151617
18192021222324
25262728293031

Wie’s hier…

counter

Van waar gehasie?

Waar is wat?

Flickr Kiekies

waarnatoe volgende...

  • Geen

Blog Statistieke

  • 44,415 houe
Page copy protected against web site content infringement by Copyscape

Bladsye


%d bloggers like this: