27
Aug
08

Ramsar, Upo en ‘n baie warm dag

 

DSCF5928

Ramsar is ‘n internasionale verbond vir die bewaring en volhoubare benutting van vleilande wat op ‘n vergadering op 2 Februarie 1971 in Ramsar, Iran gestig is. Die verbond het op 21 Desember, 1975 in werking getree en het tans 154 nasielede.

Die offisiele titel van die Ramsar Konvensie is “The Convention on Wetlands of International Importance, especially as Waterfowl Habitat.” UNESCO en Wetlands International word ook met Ramsar geassosieer. Onder die konvensie word verstaan dat vleilande ‘n waardevolle natuurlike bron is op sosiale, kulturele en ekonomiese vlak en dat dit nie kan herstel word as dit eers verlore gegaan het nie.

Groot aksies is in die verlede geloots om die vleilande hoofsaaklik as habitat vir watervoels te beskerm. Meer onlangs het Ramsar meer aktief geraak, nie net in die beskerming van water- en vissery-hulpbronne nie, maar werk ook om die lewenskwaliteit van mense in die bepaalde omgewing te verbeter.

Ramsar monitor 1 650 offisieel gelyste vleilande van internasionale belang. Korea het 5 vleilande op die lys, waarvan Upo vleilande, waar ek was, een is. Korea bied dan ook later vanjaar die 10e konferensie in die Gyeongsangnam-streek aan waar die toekoms van vleilandei in Korea onder andere bespreek sal word.

DSCF6064

Met die bogenoemde agter die rug kan ek nou by my eintlike storie uitkom 😉

 

Ek het al vergeet ek was op vakansie en het so ruk terug begin skrywe aan wat ek als gedoen het, maar intussen het ek weer iewers verdwaal langs die pad en oor ander goed geskryf.

 

Wel, die vleilandekspedisie was dag 2 van die somervakansie aangedurf, en het ons met sterre in ons oe en baie opgewonde op ‘n bus na Changnyeong geklim. Volgens die inligting wat ons kon kry oor Upo vleilande kon mens sommer met die bus vanaf die dorpie daarheen ry. JAAAAA, RIGHT!

 

Daar aangeland, laat op ‘n Sondagmiddag, opsoek na ‘n bus…”No bus” se die man en wys vir ons die taxi. Klim toe maar in die taxi en daar gaan ons. Dit was nogal ver en het ons sakke onverwags geruk, maar darem nie te erg nie. Ons het by die winkeltjie op die perseel uitgevind dat daar nie meer busse is nie en dat mens ‘n taxi moet vat so laat.

 

Op daardie stadium het ons nog nie blyplek gehad nie, maar dis nie eintlik ‘n bekommernis in Korea nie, want jy stap net in by ‘n plek en jy’t slaapplek, wel gewoonlik. Ons het toe die grondpaadjie al langs die Upo vleiland, met ons rugsakke, aangedurf.

 

DSCF6171

 

 

DSCF6004 Met die eerste oogopslag was ek mal daaroor. Dis so mooi groen en doodstil….behalwe vir die sonbesies wat mens die mure kan uitdryf 😉 Dit het egter vinnig begin donker word en moes ons weer ‘n taxi kry vir die teruggaan slag, maar in daai “valley” moet jy die taxi bel, want hulle ry nie rond soos in die ander plekke nie. Dit het gelukkig maklik gegaan en ons het ook nie lank gewag nie. Dis nou juis hier waar die sports, of nagmerrie begin. Hang af hoe jy daarna wil kyk.

 

Die taxidrywer kan nie rerig die rooitaal gooi nie, so ons probeer maar met ‘n baie beperkte Koreaanse woordeskat verduidelik dat hy ons by ‘n Motel/Hotel, moet aflaai. Ons ry die dorp binne en hy stop by die eerste plek, maar ons het net vir mekaar geloer en amper gelyk ons koppe geskud. Ons vra toe hy moet ons na ‘n beter plek toe vat, want daai ene het nie wel gelyk nie.

 

Ag, vadertjie tog, moes ons nou juis dit vra?! Toe ek weer sien ry die man uit die dorpie uit en is ons op die highway. Ons altwee skuifel ongemaklik op die agterste sitplek rond soos daai metertjie al vinniger hardloop. Toe hy 10 000 slaan, het ek gedink, OK, ons split dit darem, maar toe slaan hy 20 000, 21, 22, 23… Hoe meer ons vra hoe ver nog, hoe meer se hy net 5min!

 

DSCF6038Toe ons weer sien is ons in die volgende dorp, Bugok! Ek het nog nooit so vinnig uit ‘n taxi geklim nie. Die dorpie, het ons toe later uitgevind, is soos ‘n vakansieoord met allerhande spa’s en stuff. Elk geval, in by die eerste hotel…”solly, no loom” hahahaha, ok….

 

Stap so bietjie rond, want daar is baie plekke om van te kies. Mission sommer by die volgende hotel in…

 

(Maar nou moet ek eers bietjie agtergrond gee oor die motelle en hotelle hier in Korea…Die plekke het amper almal sulke toue wat by die parkeerarea soos ‘n gordyn hang, sodat mens nie die karre se registrasienommers kan sien nie. Nou dink julle seker, duh….mens kan dit seker uitfigure. Ja, ek het al in die plekke gebly, want dis al wat daar is en dis rerig nie sleg nie. Die Koreane noem dit egter “love motels”. Nou ja, ek het al in ‘n paar gebly, maar nog nooit iets snaaks of ongewoon teegekom nie. So is daar mos altyd ‘n eerste keer vir alles in die lewe.)

Ons vra vir ‘n kamer en die maer, ou omie vra “for one” ( hy het my nie gesien nie) en ek se toe om die hoek, “no, for two.” Hy het omtrent sy kop deur die gat in die glas gedruk om my te sien, ek sweer hy kan om ‘n hoek sien. Toe hy sien ek is ‘n vrou, kry hy so glimlag en vra so ewe “for moment or sleep?” My travelbuddy het die ou hoogs verontwaardig aangekyk en gese, “for sleep!” Later het hy aan my gevra, “wat dink die ou, dis na 10 in die aand. Natuurlik wil ons slaap!” Ek het net gesmile en toe verduidelik, want dit was sy eerste kennismaak met ‘n Koreaanse motel.

 

Al laggende die trappe op na ons kamer, net om die deur oop te sluit na ‘n moerse plek! Dit was huge…die badkamer het ‘n blerrie swembad met fonteine en stuff gehad. ‘n Platskerm tv, ‘n dubbel en enkelbed, rekenaar, yskas en wat my travelbuddy gedink het ‘n maseerstoel was. Julle, ek het daai stoel net een kyk gegee en try uitfigure hoe dit nou sal werk en toe tref dit my! This is NO massage chair!!!

 

 

DSCF6026

DSCF6028

 

 

 

 

 

 

 

Ek het gele soos ek lag en ons spot nou nog daaroor! Jy moet so ewe ‘n 1000 won noot invoer, maar die ding het nie gewerk nie! Nie wat julle dink nie!!!! Ek was net nuuskierig 😆

 

Ons het toe weer vroeg opgestaan die volgende oggend om ‘n bus terug te kry na Changnyeong, wat aansienlik goedkoper as ‘n taxi was. Op Changnyeong aangekom het ons reguit na die busterminaal toe gestap om ‘n bus vleiland toe te vang. Ons luck was in (so het ons gedink) en kry toe ‘n bus. Die ou wat ons die vorige dag gehelp het was ook op die bus en het heeltyd iets oor “2” gese. Wat??? Nog 2 kilometer, 2min???? Wat? Ons het net geja en amen.

 

Toe ons weer sien stop die bus, maar dit was alles behalwe by die vleiland! Nou moet julle ook net weet dat dit moer warm is en dit was nog 12 uur in die dag ook!

 

 

DSCF6041

 

 

Daar het ons uitgevind wat die ou probeer se het. Julle 2 idiote kan nie tot by die vleiland gaan nie, julle moet 2 kilometer stap tot daar!!!! My moed het in my skoene gesak en dit met my rugsak daarby!

 

Om 2km te stap is niks, maar in daai hitte, sonder enige koelte was dit nag. In die begin was ek nog heel ok en het foto’s geneem en orals ingekruip vir interessante hoeke ens.

 

 

DSCF6046

DSCF6048

(Wip, jy moet net se as jy nog knoffel vir jou blog soek. Die Koreane is besig om ‘n army teen vampires reg te kry)

 

 

 

 

DSCF6044

 

 

 

DSCF6052

DSCF6058

Die bees het nie lekker gelyk nie. Moes die hitte gewees het…

 

 

 

 

 

Soos ons gevorder het het daai sonnetjie begin somme maak met my. Ek het lanklaas in my lewe so siek gevoel. As ek water gedrink het het dit my naar gemaak…Ons het gelukkig in een stuk daar aangekom, maar toe was ons ook nie meer lus vir ‘n stapsessie om die vleiland nie, want dit vat 5ure! Ons het ons sakke by die winkeleienaar gelos en maar gekyk hoe ver ons kan vorder.

 

 

DSCF6077

DSCF6138

DSCF6116

 

 

 

Ek moet se ons het nogal ‘n entjie gestap, maar my lus om foto’s te neem was uit my uitgebrand! Ons is daar by ‘n klomp trappe op na ‘n uitkykpunt en ek was nie heeltemal beindruk nie. Ek het later net gedink: “Ok, ek het dit nou gesien! Kan ons nou huistoe gaan?” Die eintlike rede vir die besoek was om voels te gaan kyk, maar ons het boggerol gesien behalwe 2 verskillende eende en witreiers! Ons sal in die winter teruggaan en dan skryf ek weer oor hoe ek gevries het 😉

 

Al die interessante gediertes wat ek gesien het het darem bietjie opgemaak vir die ekstreme hitte en moegheid.

 

 

DSCF5975

DSCF6067

DSCF6083

DSCF6092

DSCF6107

DSCF6156

 

 

 

 

So mooi as wat dit was, was ek goed gatvol vir die hitte en was ek baie bly toe ons na ons volgende bestemming kon vertrek.

 

Die ou vakansietjie was lekker, maar dis nou snaakser as wat dit toe was. Om jou vakansie af te skop met al die bad luck met taxi’s wat ons gehad het is regtig nie lekker nie. So leer ‘n mens, maar ongelukkig is dit altyd ‘n blerrie duur les in Korea!

 

 

DSCF5941

Advertisements

25 Responses to “Ramsar, Upo en ‘n baie warm dag”


  1. Augustus 27, 2008 om 9:50 nm

    Lag ek nou so lekke – dream love chair, for moment or sleep. uhmmmm…. 🙂

    Jy neem altyd interesante foto’s van kreatiertjies wat orals weg kryp. 😉

  2. Augustus 27, 2008 om 10:01 nm

    Dit was ‘n lekker kuiertjie by jou! 😉

    Ek giggel ook vir daai dream love chair – hie-hie, wat sou nou eintlik daar gebeur? 😳

  3. Augustus 27, 2008 om 10:06 nm

    Ja MJ ek soek al daai gediertes op! Hehehe! Hulle kan nie wegkom nie 😉
    Dellie man! Gebruik jou verbeelding 😳 Wens nog steeds dit het gewerk…ek wou net sien wat gebeur as jy geld ingooi, maar ek kan net dink! 😆

  4. Augustus 28, 2008 om 2:35 vm

    Whahahaha hillarious!! Dream love chair? Badkamer met ‘n swembad. Is jy seker dit was nie dalk die honeymoon suite nie? 😆

    Dankie ek sal nog knoffel neem, dit lyk of die goed werk 😛

    Kaalvoet die foto’s en inskrywing is weereens baie goed gedoen!! Die laaste foto is ‘n gunsteling!

  5. Augustus 28, 2008 om 2:10 nm

    Wipneus stem saam daai laaste foto is verskriklik mooi. Ek hou van jou stories en die foto’s. (Het vir jou ‘n boodskap op my blog)

  6. Augustus 28, 2008 om 2:26 nm

    Wip, ek sal nie verbaas wees nie, veral nie met die prys wat ons betaal het nie!
    Dankie vir jou komplimente mater.
    Dankie Sandra! Weereens dankie vir die nominasie 😳

  7. 7 reisiger
    Augustus 28, 2008 om 3:08 nm

    Baie mooi foto’s – veral die laaste een! Hierdie klink vir my na een van daai trippies wat mens agterna oor kan lag, maar terwyl jy IN die situasie is, is dit naderhand nie meer snaaks nie. As jy genoeg gehad het, het jy GENOEG gehad!!

  8. Augustus 28, 2008 om 3:19 nm

    Eureka! ek het uitgevind hoe om my skermlees groter te stel, nou kan ek ALLES sien!
    Wat ‘n absolute fees van ‘n lees, Kaalvoet, ek het vasgenael gesit tot die einde. ‘n Ware avontuur, en weer eens wonderlike foto’s.
    Altyd ‘n beloning vir die besoek, baie dankie vir jou moeite om ons te trakteer met jou kreatiwiteit.

  9. Augustus 28, 2008 om 3:47 nm

    Reisiger, ek kan baie vat, maar die vet weet as ek se ek is nou klaar dan bedoel ek dit!
    Whahaha Sonia! Ek het mos gese dis jou rekenaar en nie my tema nie 😉 Bly jy het dit geniet. Dit was waarlik ‘n avontuur, maar nie een wat ek gou weer wil oorhe nie 😉 Ek kon sweer ek het meer foto’s daar geneem, maar dit moes die hitte gewees het wat my so laat dink het 😆

  10. Augustus 28, 2008 om 5:40 nm

    Dit lyk so lekker, en dit is die staaltjies wat mens altyd jou vakansies laat onthou! “for moment or sleep?” 😆

  11. Augustus 28, 2008 om 11:00 nm

    Jy doen die lekkerste dinge en sien die amazingste plekke! Daardie laaste foto is regtig pragtig!!! En al daardie klein gediertetjies wat jy so uitsnuffel…Let wel, ek sal my mond snoer oor daardie stoel…hoe minder ek se, hoe beter. Ek sal net inni moeilikheid beland. 😉

  12. 12 alta
    Augustus 29, 2008 om 1:17 nm

    Flip maar ek het nou lekker gelag!

  13. Augustus 29, 2008 om 4:07 nm

    Tussen jou en Bib reis ek darem lekker deur die Korea! Soos ek daar by hom gesê het, dis baaaie beter DSTV se Travel kanaal. Weer eens, hierdie foto’s van jou is pragtig. Jy moet daaraan dink om ‘n koffietafel boekie te ontwerp 😛

  14. 14 reisiger
    Augustus 29, 2008 om 6:42 nm

    Kaalvoet, daar is vir jou ‘n ietsie op my ander blog by http://teatimewiththea.blogspot.com.

    Lekker naweek vir jou!!

  15. 15 reisiger
    Augustus 29, 2008 om 7:02 nm

    Kaalvoet, daar’s ‘n ietsie vir jou op my blog by http://teatimewiththea.blogspot.com!

  16. 16 reisiger
    Augustus 29, 2008 om 9:00 nm

    Daar’s ietsie vir jou op my ander blog, by http://teatimewiththea.blogspot.com

  17. Augustus 30, 2008 om 1:01 nm

    Ja Boer, maar jy sien net sulke mooi en interessante plekke. Hehehe oor die stoel…is jy nou chicken om iets te se.
    Lag maar lekker Alta!
    Emil ek werk aan daai koffietafel boekie 😉 Ek moet net eers die hordes foto’s bietjie uitsorteer….

  18. Augustus 30, 2008 om 1:04 nm

    Reisiger ek moes jou uit my spam red!!!

  19. Augustus 30, 2008 om 2:18 nm

    Hi Kaalvoet, Ek het jou blog op Sandra se blog ontdek en het ek nou lekker gekuier en gelag. Ek deel baie van jou liefdes soos stap en dis baie waar dat die lekker en baie sleg en mooi en swaar so vervleg is. Ek is ook lief vir kinders en om met hulle te werk en stem saam dat projekte met kinders met nogal battered kan laat. Maar as jy ek is, dan doen jy dit net weer… en geniet dit en dink later… ek moet my kop laat lees. Ek sal net noedels en vrugte eet… en selfs die witbrood met pampoen… se jou ek is nie altyd reg nie… maar daardie seekos stuff… oe juk!! Groete hier uit Abu Dhabi. Ons vrek ook van die hitte

  20. 20 reisiger
    Augustus 30, 2008 om 9:14 nm

    Sorry Kaalvoet, jy moet hulle maar delete. Ek kon nie verstaan hoekom my kommentaar nie wou wys nie!

  21. 21 Paula
    Augustus 30, 2008 om 9:26 nm

    Ek het jou inskrywing sommer baie geniet! 🙂

  22. September 1, 2008 om 6:04 nm

    Mal oor jou kiekies. Veral die chillies. Dankie vir die virtuele reis.

  23. Januarie 30, 2012 om 8:38 nm

    I would like to do an Interview with someone regarding Internationale Wetlands Day. I’m from the Afrikaans Radio Station, RSG in Cape Town. Please let me know about the possibility. My email is johnny@rsg.co.za


Lewer kommentaar

Verskaf jou besonderhede hieronder of klik op 'n logo om in te teken:

WordPress.com Logo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by WordPress.com. Log Out / Verander )

Twitter picture

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Twitter. Log Out / Verander )

Facebook photo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Facebook. Log Out / Verander )

Google+ photo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Google+. Log Out / Verander )

Connecting to %s


Kalender

Augustus 2008
M D W T V S S
« Jul   Sep »
 123
45678910
11121314151617
18192021222324
25262728293031

Wie’s hier…

counter

Van waar gehasie?

Waar is wat?

Waarvan julle hou

Flickr Kiekies

waarnatoe volgende...

  • Geen

Blog Statistieke

  • 44,631 houe
Page copy protected against web site content infringement by Copyscape

Bladsye


%d bloggers like this: