Archive for September, 2008

22
Sep
08

Unjusa, tempel van legendes en misterie

 

Unjusa 355

 

Unjusa tempel is gelee in die Hwasun distrik en is ongeveer 30km buite die dorp Hwasun. Die presiese ouderdom van die tempel kon nog nie bepaal word nie, maar daar word vermoed dat dit opgerig is oor ‘n lang tydperk vanaf die Mid Goryeo tot laat Goryeo dinastie.

 

Daar is heelwat interessante en misterieuse stories gekoppel aan die tempel en sy 1000 steen buddhas en pagodas.

 

Volgens die legende het die Nasionale Meester Doseon die tempel opgerig op grond van sy teorie dat die land ongebalanseerd is. Die Noorde en Suid-Oostelike dele het hoe berge en baie heuwels, waar die Suid-Westelike gedeelte van die provinsie meer afgeplat is. Hy het die stuk aarde met ‘n boot vergelyk wat sou omkeer indien daar nie balans geskep word nie. ‘n 1000 steen Buddhas en ‘n 1000 pagodas is toe opgerig om ‘n balans te handhaaf wat dan ook goeie geluk sou bring. ‘n Ander deel van die legende stel dat die beelde in een nag opgerig is deur messelaars wat uit die hemel neergedaal het. Die rede vir die Buddha standbeeld wat op sy rug le is dat die messelaars gekul is om vroeer terug te keer na die hemel en kon dus nie die beeld betyds regop kry nie.

 

‘n Ander sy van die saak is dat as die groter Buddha van die twee opstaan, dat dit die begin van ‘n nuwe wereld sal wees. Die kosmiese Buddha sal dan uit die hemel neerdaal en deur sy boodskap sal dit ‘n besef van die ware Buddha wereld bring, wat bestaan uit vrede, vreugde en voorspoed.

 

Daar is verskriklik baie stories oor die oorsprong van die tempel en sy beelde en hulle is almal ewe interessant. Daar is egter op die oomblik slegs ongeveer 70 Buddhas en 20 pagodas staande. Niemand kon nog vasstel wat die presiese ouderdom van die tempel is en wie dit eintlik opgerig het nie, maar daar word vermoed dat dit opgerig is in die mid tot laat Goryeo dinastie.

 

Die Buddhas en pagodas bly enig in hul soort en daar kan nie in woorde beskryf word hoe perfek dit opgerig is nie. Van die merke en tekens soos die diamantvorms op die pagodas dui daarop dat dit tipies van die Goryeo dinastie is.

 

Daar is egter ‘n nuwe teorie, wat wyd aanvaar word, gebasseer op die rangskikking van die sewe skyfvormige stene bo-op die berg en dan ook die plasing van die Buddhas en pagodas. Die sewe klipskywe is in die presiese proporsie en ligging tot mekaar gerangskik as die sterre in die “Big Dipper” konstellasie. Die ligging van die pagodas en Buddhas pas in menigte ander bekende konstellasies in. Dit dui daarop dat Unjusa uitgele is as ‘n kaart van die hemelruim.

 

Wat dan ook ‘n groot misterie is is die twee Buddhas op die berg wat op hul rue le en laat my baie dink aan die piramides. Hoe het daardie klippe daar gekom???

 

Ek reken hierdie is maar net nog een van menigte interessante verskynsels wat onopgelos sal bly.

 

Nou vat ek julle vir ‘n vinnige “vituele toer” deur die gronde soos wat ek gestap het…en by die verkeerde paaie ingeneuk het! (Dis wat gebeur as mens my alleen laat in sulke plekke-ek kyk nie waar ek mission nie)

 

 

Unjusa 009Unjusa 028

 

 

 

 

 

 

Bo: Ingang tot die gronde

 

Regs: Unjusa Gucheung Seoktap (9 vlakke)

 

 

Unjusa 017

 

 

 

 

 

 

Links: Kenmerkende patroon, uit die Goryeong dinastie, wat op die spesifieke pagoda waargeneem kan word.

 

 

 

Unjusa 015

 

 

Regs van die bogenoemde pagoda sit die lot so ewe in ‘n ry en wag op beter dae. In die volgende foto kan mens die 9-vlak pagoda sien met die Buddha’s in die agtergrong en bo-op die heuwel sien mens ‘n 5-vlakkige pagodauitsteek.

 

 

 

Unjusa 026

 

 

 

 

Unjusa 031

Unjusa 039

 

 

 

 

 

 

 

 

 

 

 

Oral le daar klippe gestrooi en van die klippe is koppe en ander afkop lywe. Dis asof ‘n reus daar deurgeloop het en ten pin bowling gespeel het.

 

 

Volgende in die ry is die volgende twee pagodas.

 

 

Unjusa 048

Unjusa 050

 

 

 

 

 

 

 

 

 

 

 

Links: Unjusa Chilcheung Seoktap met die sogenaamde “pilare’ op die hoeke van die skag en regs: Unjusa Ssang-gyochamun Chilcheung Seoktap met die kenmerkende “X” patroon op die basis. Albei hierdie pagodas het 7 vlakke.

 

 

 

Unjusa 067

Unjusa 072

Unjusa 068

  

 

 

Die Buddhas sit almal regs van die pagodas al in die pad af. Daar is nie stories of name vir hulle nie, so ek plaas maar bloot die foto’s.

 

 

 

 

Unjusa 078

 

  

Bo: Unjusa Kwangbae Seokbul-jwasang. Hierdie is die enigste sittende Buddha by Unjusa tempel met sy eie nimbus. Die nimbus is die plat steen met die vlamagtige patrone daarop uitgegrafeer.

 

 

 

Unjusa 113

Unjusa 123

 

 

 

 

 

 

 

Bo: Unjusa Seokjo Bulgam (Steen Buddha shrine) staan in die middel van die vallei tussen twee pagodas. Die twee Buddhas sit rug teen rug met een wat na die Noorde kyk en die ander na die Suide. Hierdie is ‘n baie unieke beeld. Die pagoda voor die shrine het 7 vlakke en lyk soos bg. Chilcheung Seoktap.

 

 

 

 

Unjusa 127

  

 

 

Bo: Wonhyeong Dacheung Seoktap (Multi-vlak silindriese Pagoda). Hierdie unieke pagoda volg op die twee sittende Buddha’s in die shrine.

 

 

 

Unjusa 135

 

  

‘n Terugblik op die shrine en sy pagoda’s.

 

 

 

Unjusa 137

 

Hierdie is die ingang na die tempel. Unjusa tempel is ook die enigste tempel wat nie die tradisionele hekke met sy 4 wagte het nie.

As mens links sou gaan voor jy deur die ingang beweeg, stap jy die berg uit na ander indrukwekkende beelde. Ek los dit vir later, want ek het dit met die terugkomslag gaan sien.

 

 

 

 

 

Unjusa 179

 

 

Bo: Dacheung Seoktap staan reg voor die hoof aanbiddingsaal.

 

 

 

Unjusa 151

Unjusa 155

 

 

1000 goue Buddha’s

 

 

 

 

….en ‘n hond wat spanspek eet….

 

Unjusa 259

 

 

Ek het om die tempel gestap na die volgende bordjies wat nog skatte onthul het. Dis nou juis hier waar ek die berg van die verkeerde kant af benader het, maar al wat saakmaak is dat ek alles gesien het en in een stuk al glyende daar af is 😳

 

 

 

Unjusa 188

Unjusa 194

 

 

 

 

 

 

 

Links: Balwoohyeong Dacheung Sektap (Rysbakkie-vormige, multivlak pagoda). Regs: Drie Buddhas en ek dink dit was ‘n kop of iets wat ook daar gele het. Ek kon nie uitmaak nie.

 

 

 

Unjusa 218

 

 

Bo-op die berg word ek beloon met hierdie fantastiese uitsig, al is ek van die verkeerde kant af op. Verder aan is ek begroet deur die “rock of commandment”. Ek weet nie wat so wonderlik daaraan is en waarvoor dit staan nie, maar dis maar net ‘n moerse stuk klip in die middel van nerens bo-op ‘n berg.

 

Dis nie die opgaanslag wat die probleem was nie, maar ek het die verkeerde pad afgevat en dit was nie so lekker nie. Ek het gesien hoe val ek my kamera te pletter en hoe bly daar van my net ‘n nat kolletjie oor daar doer onder…

 

Af aan die anderkant het ek op hierdie twee pagodas afgekom.

 

 

Unjusa 237

Unjusa 240

 

 

 

 

 

 

 

 

 

 

 

 

Unjusa 245

 

 

As jy jou verbeelding gebruik dan sal jy die Ma-ae Yeorai Jwasang in die rotsmuur uitgekerf sien. Mens kan glad nie meer die patrone sien waarvan hulle praat nie en die gesig is ook maar net-net sigbaar.

 

By die tempel het ek eers weer “ge-regroup” na die vallende, glyende proses na die voet van die berg, net om weer ‘n ander ene uit te klim. Gelukkig was daar hierdie keer trappe 😉

 

 

 

 

Unjusa 266

 

 

 

Unjusa 275

Unjusa 277

 

 

 

 

 

 

 

 

 

 

Links: Geobuk Bawi Ohcheung Seoktap (5 vlakke) en regs: Geobuk Gawi Gyochamun Chilcheung Seoktap (7 vlakke). Die regterkantse pagoda is op ‘n rotstafel en as mens afklim sien mens die volgende Buddhas.

 

 

 

Unjusa 283

 

 

 

As mens verder opstap kom jy op die bekende beelde af wat op hul rue le.

 

 

 

Unjusa 317

 

 

 

Af met die pad weer terug na die beginpunt sien mens die laaste van die klomp groot steen wonders.

 

 

 

 

Unjusa 331

 

 

Bo: Die klipskywe gerangskik soos die “Big Dipper” en die Chilcheung Seoktap pagoda (7 vlakke).

 

 

 

Unjusa 335

 

  

Na ‘n heerlike staptog word jy gegroet deur die ry Buddhas. Dit was ‘n heerlike rustige ervaring en ek sal verseker daarna terugkeer in die nabye toekoms.

Oppad terug na die busstop word ek finaal gegroet deur ‘n pragtige groen landskap van Hwasun.

 

 

 

Unjusa 366

 

 

 

18
Sep
08

Ek hou begrafnis in Korea

Ek het so rukkie terug by die huis aangekom vanaf ‘n begrafnis. Dit was nou regtig bietjie vreemd vir my. Een van die onderwysers se pa is gister oorlede en toe word ek ook sommer aangese om by die begrafnis te wees.

Dis ‘n anderste grappie hoor. Eerstens moes ons almal ‘n aardige bedraggie opdok, om die familie te ondersteun in die betaling vir al die goeters. Ek weet wragtig nie hoekom ek daarby ingesleep is nie, want ek ken skaars die onderwyser, wat nog van haar pa of enige ander familielid.

Vanaand na skool is ons almal in ons swart pakkies (jy moet soos ‘n goth lyk) by die skool weg. Toe ek weer sien stop ons by ‘n hospitaal en dom ek vra: “Why are we at the hospital? I thought he died yesterday.” So vind ek toe uit dat die begrafnis sommer in die hospitaal se basement gehou word. My eerste gedagte was natuurlik iets in die lyn van ‘n snaakse ondergrondse affere. Af met die loopvlak, land ons op ‘n blink teelvloer en allerhande fancy en mooi goeters teen die mure. Dit het eerder na die voorportaal van ‘n deftige hotel gelyk.

Ons stap nog so ent aan en die antiklimaks van lae plastiek tafeltjies, oorgetrek met wit plastiek, slaan my sommer so tussen die oe. Oral sit mense gesellig op die vloer en kuier om die kospotte. ‘n Restaurant by ‘n begrafnis???!!! WTF?

Elk geval, om die hoek is ‘n groot vertrek waar ‘n “shrine” opgerig is met ‘n A3 foto van die oorledene en chrysante net waar jy kyk. Die blommerangskikkings is massief met 2 swart en wit linte wat daarvan af hang. Die een lint het ‘n boodskap op en die ander een se van wie af dit kom.

Op die tafel voor die foto is ‘n klomp eetgoed uitgepak in verskillende bordjies en houers. Van links na regs was daar wit ryskoekies, ‘n bak dadels, ‘n bak met goed wat ek nie ken nie, dan sulke halfgeskilde pere in een bak en appels in die volgende. Heel regs was ‘n heel waterlemoen wat se punt afgesny is. Ek het nie die vaagste benul wat die simboliek of idee agter dit is nie. Ek neem aan dis maar soos offers of iets in daai lyn.

Die naasbestaandes is in tradisionele swart rokke en pakke geklee met ‘n wit omboordsel om die kraag by die vrouens en ‘n swart en wit band om die linker bo-arm van die mans.

Vir die volgende stap maak jy maar soos die Fillistyne of is dit nou die Romeine? 😉

Uit met die skoene en in ‘n ry langs mekaar ingeryg. Ek moes mos op die blerrie punt eindig. Toe ek weer sien word ek aangehuts om eerste te buig en ek het die storie net so aangestaar en gedink hier kom nou nonsens. Dank Vader dit was nie die “moer-op-die-vloer-neer” buig nie, want anders het ek dalk net begin lag. Net ‘n respekvolle buig van die hoof en toe is ek daar uit!

Dit het nie eers ‘n minuut gevat nie en toe word ons aangejaag na die restaurant toe waar ons neergeplak is op die vloer en allerhande kosse is aangedra. Van rys tot druiwe en rou vis en baie slegte vissop! Dan natuurlik, wat is ‘n Koreaanse geleentheid dan nou sonder sy bier en soju! Ek kon dit amper nie glo nie.

Ek moet se, dit was die jollieste begrafnis waarby ek nog was en niemand het eers ‘n traan gepik of hartseer gelyk nie. Dis glo hoe die storie maar verloop! Hoop net nie die spul kry dronkverdriet nie…

Ek wens ek kon ‘n paar foto’s neem, maar ek was bang my begrafnis sal dan volgende op die lysie wees 😉

11
Sep
08

Chuseok (Harvest festival)

chuseok

 

 

Chuseok, soms ook geskryf as ‘Chusok’, is saam met seollal (nuwe jaar) die belangrikste vakansie in Korea. Dit word gevier op die 15e dag van die 8e maand volgens die lunar kalender. Die fees staan ook bekend as Hangawi (han = groot, gawi = middel; groot dag in die middel van die herfs). Om die goeie oes te vier, besoek Koreane hul voorvaders se geboortedorpe en deel in ‘n fees met tradisionele Koreaanse kos.

 

Chuseok het begin tydens die heerskappy van die 3e koning van Silla (57 BC – AD 935), toe dit ‘n maand-lange weefkompetisie tussen twee spanne was. Met die dag van Gabae het die span wat die meeste materiaal geweef het gewen en is dan deur die verloorders onthaal.

 

Die Koreane stroom in massas na hul geboortedorpe om respek te toon aan hul voorvadergeeste. Hulle beoefen allerhande rituele vroegoggend en besoek ook die tombes van hul voorvaders om die area om die graf skoon te maak. Kos en drank word dan aan die voorvaders geoffer om hulle te bedank vir die goeie oes.

 

Een van die hoof kossoorte wat voorberei en ge-eet word tydens Chuseok is songpyeon (ryskoekies). ‘n Groot verskeidenheid speletjies word ook gespeel, maar verskil van provinsie tot provinsie.

 

 

Chu-Seok 004

Chu-Seok 002

 

 

 

 

 

 

 

 

 

 

 

So het ons dan vandag by die skool saam met die terroriste Chuseok gevier. Almal het hul tradisionele drag ( Hanbok) aangetrek vir die geleentheid. Ek het ook een van die nommertjies aangehad, maar dit het nie so lekker vir my gewerk nie (kom ons laat dit daar).

 

 

Chu-Seok 132

Chu-Seok 136

Chu-Seok 119

 

 

 

 

Ek het saam met die kinders songpyeon gemaak. Dit word gemaak van rysdeeg en word in balletjie gerol. Daarna maak jy ‘n holte daarin en brei dit totdat dit soos ‘n klein koppie lyk. Dit word dan gevul met ‘n mengsel van sesame, bruisuiker en fyngemaalde neute. Daarna word dit toegevou in ‘n halfmaan en gestoom.

 

 

Chu-Seok 137

Chu-Seok 146

 

 

Chu-Seok 161

 

 

 

 

 

Ons het die kinders na die speelgronde toe gevat en hulle het hulself dood gespeel (nie dat ek gekla het nie). Ek moet se, daardie hanbok raak warm as mens so in die son staan, wat nog van rondhol soos die kinders. Ek is net so vinnig as wat ek in hom ingeklim het weer daar uit.

 

 

Chu-Seok 041

Chu-Seok 049

 

 

 

 

 

 

 

 

Chu-Seok 080

 

 

 

Chu-Seok 078

Chu-Seok 062

 

 

 

 

 

 

 

 

 

 

 

Die kinders is ook geleer hoe om die tradisionele buig te doen en dit verskil vir die seuns en dogters.

 

 

Chu-Seok 025

Chu-Seok 029

Chu-Seok 037

 

 

 

 

Geskenke is oor en weer uitgeruil en Dean se ma het vir elke onderwyser ‘n geskenkpak gegee. ‘n Hele boks vol ryskoekies…not my favorite thing, maar dis baie nice! Ek het darem so klein bonus ook gekry by my director :mrgreen: en natuurlik ook ‘n paar sokkies van een van die ander kinders.

 

 

Chu-Seok 170

Chu-Seok 164

Chu-Seok 167

 

 

 

 

Die winkels is natuurlik vol geskenkpakke met die vreemdste goed. Van blikkies tuna en olyfolie, tot gedroogde seekos, wyn, nivea en dettol produkte, spam en dan natuurlik die ryskoekies. Dis baie snaaks. Wens ek kon ‘n foto neem, maar hulle is mar kwaai in die winkels.

Laastens, net ‘n foto van die detail op die hanbok van een van die seuns. Ek het my verkyk aan al die kleure en patrone op sommiges.

 

 

Chu-Seok 159

Chu-Seok 156

Chu-Seok 157

Chu-Seok 158

 

So, more is dit Vrydag en dis langnaweek…ek kan nie meer wag nie!

 

Heerlike naweek vir almal en ‘n Gelukkige Chuseok vir almal in Korea 😉

08
Sep
08

Rus en vrede tussen gister se helde

 

5

 

 

Na ‘n besige en uitputtende week het ek Saterdag ‘n bietjie rus en vrede buite die woelige stad gaan soek.

 

Ek het ‘n ruk terug hier geskryf oor die opstand wat plaasgevind het in 1980 in Gwangju, asook die Nasionale begrafplaas wat opgerig is ter herdenking van die wat gesneuwel het in die proses.

 

Dit is vir my wonderlik om te sien hoe die Koreane hul geskiedenis herdenk en die moeite wat hulle doen met die oprig van monumente. Ek het al foto’s van die begrafplaas gesien, maar dit het my nie naastenby voorberei vir wat ek daar sou ervaar nie.

 

Dit was ‘n stil dag met min mense op die gronde. Die lug was helder blou met ‘n paar wit wolksptrepe daaroor geverf. Dit was ongelooflik stil en ek was oorweldig deur ‘n gevoel wat ek nie met woorde kan beskryf nie. Ek het deur die groot hek gestap en is begroet deur ‘n groot oop spasie en ‘n 4m hoe monument wat ‘n simbool is vir die nuwe lewe wat Koreane deur die stryd bekom het.

 

 

National cemetary 9Sep 080

 

 

Regs van die monument is ‘n klein gebou met foto’s opgestapel tot teen die dak, van die 200 mense wat gesterf het. Die effek is baie dramaties en dis so stil en as jy mooi luister voel dit of jy die stemme van die mense wat na jou terugstaar kan hoor. Jong mense, ou mense en kinders wat geglo het in ‘n saak en daarvoor baklei het.

 

National cemetary 9Sep 092

National cemetary 9Sep 100

National cemetary 9Sep 097

 

 

 

Aan die oorkant van die gebou is ‘n museum opgerig met foto- en videomateriaal wat die hele storie uitbeeld. Dit was vir my nogal ontstellend om te sien hoe die militante,mense met M16’s en masjiengewere doodskiet. Hoe hulle met knuppels geslaan en met bakstene doodgegooi is en dit terwyl hulle nie een ‘n wapen gehad het om mee terug te veg nie.

 

 

National cemetary 9Sep 189

 

 

Die liggame van die gestorwenes is in plastieksakke gegooi en agterop ‘n trok gelaai, waarna hulle sommer sonder seremonie begrawe is. Die families het egter in opstand gekom en later is almal opgegrawe en geskuif na die huidige begrafplaas waar hulle met eer begrawe is.

 

 

National cemetary 9Sep 184

National cemetary 9Sep 200

 

 

 

 

 

 

 

Elke jaar op 18 Mei, word daar ‘n gedenkdiens gehou waar die families en vriende bymekaar kom om die helde van gister te vereer.

 

 

National cemetary 9Sep 119

National cemetary 9Sep 105

 

 

 

 

 

 

 

 

 

 

 

Na die besoek aan die museum is ek reguit na die grafte wat agter die monument le. Daar is 200 grasheuweltjies met ‘n kopstuk en ‘n wit en swart foto. Daar was ‘n vrou wat, saam met haar seun en sy dogter, plat voor ‘n graf gesit het en ge-eet en drink het en sodoende die held in hul familie vereer. Dit is hartseer om te sien hoe jonk die mense was.

 

 

National cemetary 9Sep 130

National cemetery

National cemetary 9Sep 126

 

 

 

Hierdie is net weereens ‘n bewys dat daar soveel ander lande ook is wat geveg het vir hul vryheid en vir ‘n demokratiese land. Suid-Afrika is nie die enigste land wat ooit deur so iets moes gaan nie en verseker ook nie die eerste en laaste nie. Wat dit aanbetref is SA verseker nie uniek nie, alhoewel baie mense vergeet dat daar ‘n wereld daarbuite is wat daagliks veg vir hul vryheid en demokrasie.

 

 

National cemetary 9Sep 125

“Commemoration of the past and continuation of great thoughts begin with finding out and remembering the truth about history”

02
Sep
08

Blomme-bekoring

So vaal en koud as wat die winter in Korea kan wees, netso warm en kleurvol is die somers. Hier is ‘n definitiewe onderskeid tussen die vier seisoene en word uiterse koue en hitte beleef.

Met die somer wat einde se kant toe staan, groet ek die laaste spatsels kleur wat ek kon vasvang. Ek weet die herfs is net so pragtige seisoen met die rooi en geel landskap, maar dit beteken net die koue kom nader.

Ek kan nie in woorde beskryf hoe pragtig dit is nie, maar ek dink met die foto’s kan ek darem vir almal so ietsie daarvan gee.

 

DSCF7011

Hierdie oranje veld het behoorlik my asem weggeslaan met die kontrasterende, groen grasgrafte ver in die agtergrond.

DSCF7004

Die gezoem van die bye…

DSCF7038

‘n Plaat lotusblomme wat ek gevang het so aan die einde vat hul blomtyd.

DSCF7036

Dit is nou maar eenmaal ‘n besonderse blom en hulle is baie groter as wat mens dink.

DSCF7028

Al die blare het reeds afgeval en al wat oorbly is hierdie ongelooflike mooi prentjie.

DSCF7042

Ek het hierdie pragtige juweeltjie versigtig bekruip en was gelukkig genoeg om die ongerepte skoonheid daarvan vas te vang.

DSCF7122

‘n Mens kan nie glo dat iets so groen kan wees nie. Hierdie ryslande herinner my aan die Kaap se groen landskappe in die winter.

Hampyeong (11Mei 2008) 224

Van al die veld so vrolik, gaan ek verseker hierdie eenvoudige blommetjie die meeste mis.

Vir al die mense wie se somer oppad is, geniet dit BAIE!!!




Kalender

September 2008
M D W T V S S
« Aug   Okt »
1234567
891011121314
15161718192021
22232425262728
2930  

Wie’s hier…

counter

Van waar gehasie?

Waar is wat?

Flickr Kiekies

DSCF1460

DSCF1458

Yeosu 3 Okt 253

Yeosu 3 Okt 251

More Photos

waarnatoe volgende...

  • Geen

Blog Statistieke

  • 44,021 houe
Page copy protected against web site content infringement by Copyscape

Bladsye