So vaal en koud as wat die winter in Korea kan wees, netso warm en kleurvol is die somers. Hier is ‘n definitiewe onderskeid tussen die vier seisoene en word uiterse koue en hitte beleef.
Met die somer wat einde se kant toe staan, groet ek die laaste spatsels kleur wat ek kon vasvang. Ek weet die herfs is net so pragtige seisoen met die rooi en geel landskap, maar dit beteken net die koue kom nader.
Ek kan nie in woorde beskryf hoe pragtig dit is nie, maar ek dink met die foto’s kan ek darem vir almal so ietsie daarvan gee.
Hierdie oranje veld het behoorlik my asem weggeslaan met die kontrasterende, groen grasgrafte ver in die agtergrond.
Die gezoem van die bye…
‘n Plaat lotusblomme wat ek gevang het so aan die einde vat hul blomtyd.
Dit is nou maar eenmaal ‘n besonderse blom en hulle is baie groter as wat mens dink.
Al die blare het reeds afgeval en al wat oorbly is hierdie ongelooflike mooi prentjie.
Ek het hierdie pragtige juweeltjie versigtig bekruip en was gelukkig genoeg om die ongerepte skoonheid daarvan vas te vang.
‘n Mens kan nie glo dat iets so groen kan wees nie. Hierdie ryslande herinner my aan die Kaap se groen landskappe in die winter.
Van al die veld so vrolik, gaan ek verseker hierdie eenvoudige blommetjie die meeste mis.
Vir al die mense wie se somer oppad is, geniet dit BAIE!!!
Wonderlike foto’s, ek is gek oor naaldekokers.
Wow!! dis mooi! Ek is mal oor Lotus blomme!
Kaalvoet, ek kan dink jy is hartseer jy hou meer van die somer as van die winter, vir my is dit anderste om ek hou meer van die winter in korea, tenminste sneeu dit, so dit gee n rede vir die koue. Jou foto’s is rerig amazing, mens kan n prentjie in jou kop skep van hoe mooi dit hierdiekant is. Baie dankie vir jou interesante oog van foto;s neem 🙂 😉
Sommer net om dankie te sê vir die mooiste mooi foto’s
Voel jy al die klammigheid
van my dankie druppeltjies
wat op jou reën?
jy lok die mooi in my uit
om haar geur te versprei
en jou te deurweek
ek wil my hare los maak
my skoene uitskop
huppel
bollemakiesiesslaan
en laf en sorgloos
tussen jou ligstraaltjies baljaar
Kaalvoet, jou foto’s is amazing!!! Maar sê nou eers bietjie vir my watse kamera met watse gadgets gebruik jy alles – lense en goetertjies?? Ek sal ook graag hierdie tipe kwaliteit foto’s wil neem maar is nog dom en weet nie wat om te koop nie. Of moet mens maar by ‘n fotografieklub aansluit? My kamera is ‘n Sony Cybershot met 9.1 megapixels en ‘n 15 x optical zoom.
Sjoe, baie baie mooi.
MJ jy’s reg. Ek is hartseer oor die somer wat een van die dae verby is en ek is jammer maar die sneeu maak nie op vir al die koudkry nie!
Mefri: Baie baie dankie vir die mooi woordjies.
Resiger: Wat ek van kameras en al hul gadgets af weet is gevaarlik. Jou kamera het beter specs as myne!!! Ek het ‘n fujifilm finepix S5700 met 7.1 megapixels en 10x optiese zoom. Mens kry lense vir die outjie, maar ek sukkel om dit hier in rysland te kry. Ek besluit nog of ek wil bele in ‘n ander kamera, maar dit sal nie in die nabye toekoms gebeur nie 😉
Thanx Riaan, Eilandkind en Wip
Gits Kaalvoet, ek het nou die dag ‘n naby shot probeer kry van ‘n by op ‘n laventelblommetjie maar die foto het bly blur as ek hom ingezoom het. Ek het hierdie kamera nou eers omtrent 4 weke. Miskien moet ek maar net eers bietjie sy handleiding opswot en nie so ongeduldig en haastig wees nie! 😉
Kaalvoet, daar is niks fout met jou kamera nie. Die foto’s is pargtig
Baie dankie .. mens kyk – en kom kyk dan later weer.
Wat ‘n wonderlike escape weg van waar ek nou sit.
Jy het my denke ontvoer ..
Wow! Stunning foto’s.
Toemaar Reisiger, ek is net soos jy…vir wat sal mens nou die handleiding gaan lees??? Maar dis maar die beste. Meeste nuwe kameras het ‘n makrofunksie wat vir sulke naby shots bedoel is. Ek moet se, dis die hoofrede hoekom ek die spesifieke kamera gekoop het. Ek is seker jy sal gou regkom, mens moet maar bietjie speel.
Dis waar Jasper, maar ek sal nie omgee vir ‘n beter ene nie 😉
Bly ek kon jou bietjie wegvoer Elf
Dankie Dellie.
Jinne, dis pragtig! Ek kan net dink dat jy oopbek gestaan en kyk het… 😉
Kaalvoet, ek deel jou absolute bekoring vir die somerprag hier in Korea, hoewel ek die minder-sensasionele klassieke herfskleure verkies. En soos almal hierbo, moet ek saanstem dat hy werklik ‘n oog het vir pragtige foto’s!!! Ek glo nie jy het ‘n beter/ander kamera nodig nie, want jy doen reeds so goed! 8)
Pragtig Kaalvoet. Ek gaan jou van nou af Blommie noem oor jy so lief is vir blommetjies. 😉
Dis regtig awesome.
Dis nou amptelik op my “list of things to do before I get married”
Gaan kyk blomme in Korea
Sjoe, dankie vir die deel van die mooi. Jy is ‘n goeie fotograaf.
Jong, pragtig. Het jy self geneem en waarmee?
Vandag was darem lente in die Kaap – van korte duur, want nog storms word voorspel 😡
Dankie Emil! Ek neem al my pics self en met geen fancy kamera of gadgets nie…ek is nog te dom daarvoor. Ek het ‘n fujifilm finepix S5700 met 7.1 megapixels en 10x optiese zoom. Soos ek se, niks fancy nie…mik en druk 😉
Ek dink dis die geheim – niks fancy nie … en mik en druk!
Ek speel te veel rond met die verskillende opsies sonder dat ek eintlik ‘n clue het wat ek doen. Moet seker maar ‘n kursus gaan doen om die ding te verstaan.
En dan het ek verdomp fancy lense – in hierdie geval beteken daai sê-ding “‘n man is so goed soos sy gereedskap” absoluut niks vir my nie 😕 My vrou neem veel beter foto’s as ek met die gewone mik-en-druk opsie, maar ek … nee, eiewys met al die vreeslike verstellings.
Neem maar gerus nog foto’s – jy het ‘n besonderse oog vir die detail.
Pragtige fotos Kaalvoet!
Jy is heeltemal reg Kaalvoetmeisiekind, woorde kan nie die prag beskryf nie!
Whahaha Emil! EK het ook al met die settings gespeel, maar dit kos baie geduld en baie speel. Mens het nie altyd tyd om te sukkel nie!
Daar is darem ‘n paar ingeboude settings wat dit natuurlik baie maklik maak 😉 Ek is nog opsoek na lense in die plek!
Die gebore kapenaars sal my seker nou stenig, maar ek voel nie die vier seisoene hier nie…dis alles net ‘n blur. In die Hoeveld waar ek groot geword het, het mens die vier gevoel, geruik, en gesien, baie duidelik. En dit het in die somer gereent, soos dit hoort. Nie in die winter nie!
Ek is mal oor die bytjie op die blommetjie!
Hehehe Rosa! EK voel jou pyn. Hier reen dit sommer winter en somer deurmekaar en dan sneeu dit ook nog! Is not nice!
oe dit lyk als so delicious ek wil net smul en smul an al hierdei wonnerlike vrugteslaaieblomme en bye
! whoe
…ook ongelooflike foto’s 😉 wow!
Watter kamera gebruik jy?
Thanx duskant. Ek het ‘n fujifilm finepix S5700, 7.1 megapixels en 10 optiese zoom.
Kaalvoet, ek dink die fujifilm finepix kameras is wonderlik. Het self een, die f11, en dit kan die mooiste fotos neem. Sterkte met die soek na lense. Dis mos eintlik so bietjie Japanees en Kimchiland hou mos nie so baie van hulle nie. Dalk moet jy online probeer soek en laat aflewer.
Sjoe, hierdie blomme fotos van jou neem my terug na laas jaar toe ek oor Chusok langs die ooskus opgery het tot bo aan die grens. Laat somer en herfs was my gunsteling tye in Korea. Dis so mooi en kleurvol. Ek gaan dit vreeslik mis.