08
Sep
08

Rus en vrede tussen gister se helde

 

5

 

 

Na ‘n besige en uitputtende week het ek Saterdag ‘n bietjie rus en vrede buite die woelige stad gaan soek.

 

Ek het ‘n ruk terug hier geskryf oor die opstand wat plaasgevind het in 1980 in Gwangju, asook die Nasionale begrafplaas wat opgerig is ter herdenking van die wat gesneuwel het in die proses.

 

Dit is vir my wonderlik om te sien hoe die Koreane hul geskiedenis herdenk en die moeite wat hulle doen met die oprig van monumente. Ek het al foto’s van die begrafplaas gesien, maar dit het my nie naastenby voorberei vir wat ek daar sou ervaar nie.

 

Dit was ‘n stil dag met min mense op die gronde. Die lug was helder blou met ‘n paar wit wolksptrepe daaroor geverf. Dit was ongelooflik stil en ek was oorweldig deur ‘n gevoel wat ek nie met woorde kan beskryf nie. Ek het deur die groot hek gestap en is begroet deur ‘n groot oop spasie en ‘n 4m hoe monument wat ‘n simbool is vir die nuwe lewe wat Koreane deur die stryd bekom het.

 

 

National cemetary 9Sep 080

 

 

Regs van die monument is ‘n klein gebou met foto’s opgestapel tot teen die dak, van die 200 mense wat gesterf het. Die effek is baie dramaties en dis so stil en as jy mooi luister voel dit of jy die stemme van die mense wat na jou terugstaar kan hoor. Jong mense, ou mense en kinders wat geglo het in ‘n saak en daarvoor baklei het.

 

National cemetary 9Sep 092

National cemetary 9Sep 100

National cemetary 9Sep 097

 

 

 

Aan die oorkant van die gebou is ‘n museum opgerig met foto- en videomateriaal wat die hele storie uitbeeld. Dit was vir my nogal ontstellend om te sien hoe die militante,mense met M16’s en masjiengewere doodskiet. Hoe hulle met knuppels geslaan en met bakstene doodgegooi is en dit terwyl hulle nie een ‘n wapen gehad het om mee terug te veg nie.

 

 

National cemetary 9Sep 189

 

 

Die liggame van die gestorwenes is in plastieksakke gegooi en agterop ‘n trok gelaai, waarna hulle sommer sonder seremonie begrawe is. Die families het egter in opstand gekom en later is almal opgegrawe en geskuif na die huidige begrafplaas waar hulle met eer begrawe is.

 

 

National cemetary 9Sep 184

National cemetary 9Sep 200

 

 

 

 

 

 

 

Elke jaar op 18 Mei, word daar ‘n gedenkdiens gehou waar die families en vriende bymekaar kom om die helde van gister te vereer.

 

 

National cemetary 9Sep 119

National cemetary 9Sep 105

 

 

 

 

 

 

 

 

 

 

 

Na die besoek aan die museum is ek reguit na die grafte wat agter die monument le. Daar is 200 grasheuweltjies met ‘n kopstuk en ‘n wit en swart foto. Daar was ‘n vrou wat, saam met haar seun en sy dogter, plat voor ‘n graf gesit het en ge-eet en drink het en sodoende die held in hul familie vereer. Dit is hartseer om te sien hoe jonk die mense was.

 

 

National cemetary 9Sep 130

National cemetery

National cemetary 9Sep 126

 

 

 

Hierdie is net weereens ‘n bewys dat daar soveel ander lande ook is wat geveg het vir hul vryheid en vir ‘n demokratiese land. Suid-Afrika is nie die enigste land wat ooit deur so iets moes gaan nie en verseker ook nie die eerste en laaste nie. Wat dit aanbetref is SA verseker nie uniek nie, alhoewel baie mense vergeet dat daar ‘n wereld daarbuite is wat daagliks veg vir hul vryheid en demokrasie.

 

 

National cemetary 9Sep 125

“Commemoration of the past and continuation of great thoughts begin with finding out and remembering the truth about history”

Advertisements

17 Responses to “Rus en vrede tussen gister se helde”


  1. September 9, 2008 om 12:34 vm

    Die eerste ding wat ek opgemerk het is hoe skoon en netjies die begrafplaas is.
    Die blomme by elke graf is baie mooi!

    Baie interessante inskrywing! Ek geniet dit vreeslik om in begrafplase rond te hang! Weird ja, ek weet 😉

  2. September 9, 2008 om 2:24 vm

    Kaalvoet, hierdie is ‘n baie goeie inskrywing en ek dink veral jou laaste aanhaling is skitterend! Lande en volke sit baie keer binne hulle eie kokon en glo dat hulle die ergtste benadeel is en die omtrent die enigstes in die wereld is wat moes ly vir vryheid. Elke land het sy eie lying en (byna) nerens het vryheid sonder bloedvergieting en opoffering gepaard gegaan nie. Ek dink nogals die verskil tussen Koreane en Afrikane is dat die Koreane die geskiedenis na regte herdenk, maar uitsluitlik op die toekoms fokus…Afrikane is geneig om die geskiedenis te herdenk, maar dan ook te fokus op die verlede. Die ideaal (wat die Koreane goed regkry) is om te erken dat daar lelike, afbrekende gebeure in die verlede was (die Gwangju-opstande, Japanese kolonialisme en burgeroorlog), maar dan nie daarby vas te steek nie, maar eerder die keuse uit te oefen om dit agter te laat en ekslusief op die toekoms te fokus, sonder om deurgaans die verlede te blameer vir die hede. Hiervoor het ek ongelooflike respek vir die Koreane. Hulle vergeet nooit, maar gebruik nie die verlede as verskoning om nie te vorder nie. Die Koreane besef dat al wat saakmaak die toekoms is…

  3. 3 Mefri
    September 9, 2008 om 2:27 vm

    Die beelde maak my baie hartseer, maar die monument; daar is iets baie besonders wat daaruit straal.

  4. September 9, 2008 om 6:57 vm

    Mens kan die emosie op die beelde voel, dis rerig hartroerend, soos Boer se die koereane kyk vorentoe sonder om die verlede te blammee. Dis jammer dat ander lande nie dit ook kan doen nie. 😦

    Kaalvoet die is rerig n indrukwekende inskrywing, baie dankie. 🙂

  5. September 9, 2008 om 5:34 nm

    Ek dink ook hierdie was ‘n baie goeie inskrywing. Het sommer hoendervleis gekry toe ek dit gelees het. BiB se comment maak ook baie sin. Het gisteraand ‘n program oor ou Zaire gekyk, met ‘footage’ van jare gelede. Vandag le ou standbeelde van koloniale heersers en onlangse despote in ‘n skuur. As iets die Afrikane afpiepie, raak hul daarvan ontslae asof dit nooit gebeur het nie.
    Weereens, baie wel gedaan!

  6. September 9, 2008 om 8:56 nm

    Dit is soos Boer sê dat nêrens het vryheid sonder bloervergieting en opoffering gegaan nie, maar hoekom leer die mensdom nooit nie. Hoekom moet geskiedenis altyd herhaal word? Oral, nie net in goeie ou SA nie.

  7. 8 Sammi
    September 9, 2008 om 10:48 nm

    Dankie vir die deel hiervan, netsoos Wip se opmerking het die skoon, netjiese plekke my oog gevang.
    Net 28 jaar gelede en hul het soveel vermag daarna. Wys net dit kan gedoen word.
    Minder as 2 maande oor voor jy huis toe kom!

  8. September 10, 2008 om 12:31 vm

    Flip kan ek jou vragie vra? Behalwe dat ek dink die klip is stunnig?

    Ek kan nie by af.wordpress.com inkom nie. Jy weet die afrikaanse goed. Dit lui: this blog is password protected. Dis mos waar die lysie met die afrikaanse goed in was, nou wonder ek, het iemand nie blog-naam AF gekies???

    Wat dink jy?

  9. September 10, 2008 om 12:38 vm

    Daar is dit weer reg, jong dis weird, ek wonder….jammer

    Die beelde in die park is ook mooi.

  10. September 10, 2008 om 4:08 nm

    Ek hou van sulke stories. Met my familienavorsing het ons ook so begrafplase besoek en foto’s geneem en dis verskriklik interessant.

  11. 13 BB
    September 10, 2008 om 4:35 nm

    Great inskrywing, Kaalvoet!! Ek het dieselfde beleef in Duitsland toe ek weer daar was 3 jaar gelede – ek kan nogal in Europa ook in begrafplase en memorial gardens ‘verdwaal’ – dis asof geskiedenis tasbaar raak…

  12. September 10, 2008 om 6:40 nm

    Uitstekende gesprek! Dankie. Jou laaste paragraaf tref die merk!

    Bib jy maak ‘n goeie punt.

  13. September 10, 2008 om 7:31 nm

    Wip: Dit is baie skoon en netjies, ten spyte van die afwesigheid van asblikke oral in Korea. Jy’s g’n weird nie man, ek like dit ook om so in begrafplase rond te dwaal. Hoe ouer hoe beter.
    Boer: Dankie. Dit wat jy se is so waar. Hulle is trots op hul geskiedenis en bewaar dit en leer die kinders daarvan, maar NOOIT sal jy hoor dat een dit as ‘n verkoning gebruik nie. Die vooruitgang in hierdie land is merkwaardig.
    Mefri: Dit is nogal so
    Alta: Dankie
    MJ: Plesier 😉
    Boendoe: Baie dankie. Dit bly maar ‘n hartseer saak…
    Roer: Baie goeie vraag en ek wens daar was ‘n antwoord, want ek sal ook wil weet hoekom mense dan nie leer nie en dieselfde foute oor en oor maak.
    Sammi: Wat my nog meeer beindruk is die feit dat hierdie land 50 jaar terug platgeskiet en afgebrand was in die oorlog. Busan in die Suide was die enigste stad wat bly staan het. Hierdie mense het net doodeenvoudig opgestaan en begin opbou en vandag nog gaan hulle net vorentoe. Dis al wat hulle ken!
    Rosa: Jong ek weetnie, maar niks is onmoontlik nie jong 😉
    Sandra: Dit is baie interessant.
    Zee: Dankie vir die inloer 😉
    BB: Dankie. Ek kan net dink hoe asemrowend dit in Europa moet wees. Ek sal myself verloor en ja, die geskiedenis voel tasbaar.
    Emil: Dankie jong.

  14. September 11, 2008 om 12:25 vm

    Hier’s ek ook! Na al my frustrasies vandag, was dit nou ‘n baie goeie inskrywing om te lees. Jou foto’s bly stunning, die storie is besonders, en ek geniet dit so om daardie deel van die wêreld deur jou oë te sien. 😉


Lewer kommentaar

Verskaf jou besonderhede hieronder of klik op 'n logo om in te teken:

WordPress.com Logo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by WordPress.com. Log Out / Verander )

Twitter picture

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Twitter. Log Out / Verander )

Facebook photo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Facebook. Log Out / Verander )

Google+ photo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Google+. Log Out / Verander )

Connecting to %s


Kalender

September 2008
M D W T V S S
« Aug   Okt »
1234567
891011121314
15161718192021
22232425262728
2930  

Wie’s hier…

counter

Van waar gehasie?

Waar is wat?

Waarvan julle hou

Flickr Kiekies

waarnatoe volgende...

  • Geen

Blog Statistieke

  • 44,631 houe
Page copy protected against web site content infringement by Copyscape

Bladsye


%d bloggers like this: