11
Sep
08

Chuseok (Harvest festival)

chuseok

 

 

Chuseok, soms ook geskryf as ‘Chusok’, is saam met seollal (nuwe jaar) die belangrikste vakansie in Korea. Dit word gevier op die 15e dag van die 8e maand volgens die lunar kalender. Die fees staan ook bekend as Hangawi (han = groot, gawi = middel; groot dag in die middel van die herfs). Om die goeie oes te vier, besoek Koreane hul voorvaders se geboortedorpe en deel in ‘n fees met tradisionele Koreaanse kos.

 

Chuseok het begin tydens die heerskappy van die 3e koning van Silla (57 BC – AD 935), toe dit ‘n maand-lange weefkompetisie tussen twee spanne was. Met die dag van Gabae het die span wat die meeste materiaal geweef het gewen en is dan deur die verloorders onthaal.

 

Die Koreane stroom in massas na hul geboortedorpe om respek te toon aan hul voorvadergeeste. Hulle beoefen allerhande rituele vroegoggend en besoek ook die tombes van hul voorvaders om die area om die graf skoon te maak. Kos en drank word dan aan die voorvaders geoffer om hulle te bedank vir die goeie oes.

 

Een van die hoof kossoorte wat voorberei en ge-eet word tydens Chuseok is songpyeon (ryskoekies). ‘n Groot verskeidenheid speletjies word ook gespeel, maar verskil van provinsie tot provinsie.

 

 

Chu-Seok 004

Chu-Seok 002

 

 

 

 

 

 

 

 

 

 

 

So het ons dan vandag by die skool saam met die terroriste Chuseok gevier. Almal het hul tradisionele drag ( Hanbok) aangetrek vir die geleentheid. Ek het ook een van die nommertjies aangehad, maar dit het nie so lekker vir my gewerk nie (kom ons laat dit daar).

 

 

Chu-Seok 132

Chu-Seok 136

Chu-Seok 119

 

 

 

 

Ek het saam met die kinders songpyeon gemaak. Dit word gemaak van rysdeeg en word in balletjie gerol. Daarna maak jy ‘n holte daarin en brei dit totdat dit soos ‘n klein koppie lyk. Dit word dan gevul met ‘n mengsel van sesame, bruisuiker en fyngemaalde neute. Daarna word dit toegevou in ‘n halfmaan en gestoom.

 

 

Chu-Seok 137

Chu-Seok 146

 

 

Chu-Seok 161

 

 

 

 

 

Ons het die kinders na die speelgronde toe gevat en hulle het hulself dood gespeel (nie dat ek gekla het nie). Ek moet se, daardie hanbok raak warm as mens so in die son staan, wat nog van rondhol soos die kinders. Ek is net so vinnig as wat ek in hom ingeklim het weer daar uit.

 

 

Chu-Seok 041

Chu-Seok 049

 

 

 

 

 

 

 

 

Chu-Seok 080

 

 

 

Chu-Seok 078

Chu-Seok 062

 

 

 

 

 

 

 

 

 

 

 

Die kinders is ook geleer hoe om die tradisionele buig te doen en dit verskil vir die seuns en dogters.

 

 

Chu-Seok 025

Chu-Seok 029

Chu-Seok 037

 

 

 

 

Geskenke is oor en weer uitgeruil en Dean se ma het vir elke onderwyser ‘n geskenkpak gegee. ‘n Hele boks vol ryskoekies…not my favorite thing, maar dis baie nice! Ek het darem so klein bonus ook gekry by my director :mrgreen: en natuurlik ook ‘n paar sokkies van een van die ander kinders.

 

 

Chu-Seok 170

Chu-Seok 164

Chu-Seok 167

 

 

 

 

Die winkels is natuurlik vol geskenkpakke met die vreemdste goed. Van blikkies tuna en olyfolie, tot gedroogde seekos, wyn, nivea en dettol produkte, spam en dan natuurlik die ryskoekies. Dis baie snaaks. Wens ek kon ‘n foto neem, maar hulle is mar kwaai in die winkels.

Laastens, net ‘n foto van die detail op die hanbok van een van die seuns. Ek het my verkyk aan al die kleure en patrone op sommiges.

 

 

Chu-Seok 159

Chu-Seok 156

Chu-Seok 157

Chu-Seok 158

 

So, more is dit Vrydag en dis langnaweek…ek kan nie meer wag nie!

 

Heerlike naweek vir almal en ‘n Gelukkige Chuseok vir almal in Korea ๐Ÿ˜‰

Advertisements

26 Responses to “Chuseok (Harvest festival)”


  1. September 11, 2008 om 11:41 nm

    Jy doen die interessantste inskrywings! Ongelooflik ook hoe die Koreane aan hulle tradisies klou, al het hulle so snel gemoderniseer. Hoe smaak die ryskoekies toe?
    Jou foto’s is kleurvol en VROLIK. Lyk na pret. Maar…..WAAR is die foto van JOU in die Hanbok????? Komaan….!

  2. September 12, 2008 om 12:10 vm

    Die ryskoekies is nie so bad nie, maar ek hou nie daarvan nie. Wat die foto aanbetref…ek het mos hierbo gese ek praat nie oor die uitrusting nie!!! Daai goed is nou maar eenmaal nie vir westerse lywe gemaak nie en ek is ook nie ‘n strykplank nie!

  3. 4 Wipneus!
    September 12, 2008 om 12:28 vm

    Ag nee, Kaalvoet ek wou jou gesien het in jou Hanbok!!! ๐Ÿ˜ฆ ๐Ÿ˜†

    Hulle lyk te pragtig in hulle tradisionele kleredrag! Soos Bib sรช: dis so kleurvol! Man hierdie kinders is so cute, mens sal nooit glo hulle is stoute klein terries nie ๐Ÿ˜‰

    Die detail op die Hanbok is ongelooflik mooi!

    Wow dit was ‘n lekker inskrywing!!

    Gelukkige Chuseok en geniet die langnaweek ๐Ÿ˜‰

    (Ek hoop ek gaan by die ander ook van hierdie Chuseok foto’s sien. Ek hou hiervan)

  4. 5 BB
    September 12, 2008 om 4:06 nm

    Kaalvoet – jou blog bly maar een van die mees awe-inspiring one’s ever!! EK kan my sit en ver-‘wow’ aan jou foto’s. Dankie – regtig, baie dankie!!

  5. 6 Zee
    September 12, 2008 om 5:07 nm

    Die Koreane het darem ongelooflike mooi tradisionele kleredrag. Kaalvoetmeisiekind, hierdie is ‘n stunning inskrywing!

  6. September 12, 2008 om 7:07 nm

    Ag, dankie BB en Zee!
    Nee Wip ek weet nie, jy sal maar moet kyk of die ander daaroor skryf…

  7. 8 gipsyrsa
    September 12, 2008 om 10:13 nm

    Sorry, Wipneus, ek het nie oor Chusok geskryf nie, want toe het ek nog nie geblog nie. En in my nuwe land vier hulle dit nie. En glo maar vir Kaalvoet oor die “terroriste”. My Koreaanse vriend wat by ‘n academy gewerk het, het syne monsters genoem. Go figure.

    Kaalvoet, ek sien jy is byna oppad huis toe. Tel daai dae, jong! Hulle word minder. Met my eerste jaar het ek van 150 dae af begin tel. I know all about it.

    Korea is ‘n ongelooflike land van kontraste tussen tradisie en modern. ‘n Ervaring wat ek vir niks sou wou mis loop nie.

  8. 9 gipsyrsa
    September 12, 2008 om 10:15 nm

    NS: Boer, ek het van die ryskoekies gehou want dit was die naaste aan stywe mieliepap wat ek in Korea kon kry. Maar ek was in die minderheid onder al die buitelanders wat ek ken.

  9. 10 reisiger
    September 13, 2008 om 4:09 vm

    Die terrorissies lyk te oulik met hulle tradisionele kleredrag – baie mooi kleurvol!! ๐Ÿ™‚

    Pragtige inskrywing en baie interessant!

    Geniet jou langnaweek Kaalvoet!

  10. September 13, 2008 om 9:36 vm

    Gypsy, ek tel die dae! Glo my! Ek kom egter terug vir nog ‘n jaar want ek kan net nie genoeg van die land kry nie. DIe kinders is natuurlik ‘n ander saak, maar nou ja…
    Reisiger, hulle mag dalk oulik lyk, maar hulle gee nuwe betekenis aan “‘n Wolf in skaapklere”

  11. 12 Mefri
    September 14, 2008 om 8:53 nm

    Kaalvoetjies het jy plek in jou tas? Ek gaan saam! Ek MOET doodeenvoudig die magrietjievelde sien. LOL Jou blog is pragtig, soos altyd. Wie weet, dalk sien ek jou sommer in daai rokgedoente. (Hanbok) Ek kan altyd as jou ousus pose hehe

  12. September 15, 2008 om 2:05 vm

    Dankie Mefri. As jy nie gaan omgee om tussen al die groceries te sit in my tas nie, is jy meer as welkom om in te klim ๐Ÿ˜‰ Teen die tyd wat ek egter terug is sal dit middel winter wees met GEEN magrietjies ๐Ÿ˜ฆ net baie sneeu en koue!
    Ek gee glad nie om om ‘n Hanbok te dra nie, al is dit vrek warm in die somer, maar daai ene het nie lekker gepas nie RERIG!

  13. 14 Mefri
    September 15, 2008 om 3:06 vm

    ๐Ÿ˜ฆ Ek sal maar daaroor droom terwyl ek tussen die mooi goggatjies en blomme op Kaalvoetkiekies verdwaal. Ek het hoeka vandag daar gekuier, daai groen spinnekop is te pragtig!

  14. 15 boendoe
    September 15, 2008 om 4:00 nm

    Ek dink jy oordryf. Kan daai oulike goedjies rerig terrorissies wees?? ๐Ÿ˜†

  15. September 15, 2008 om 6:54 nm

    ‘n Antwoord van ‘n mede-martelaar: JA! Die Taliban en Al-Qaida sal trots wees op hulle!

  16. September 15, 2008 om 10:03 nm

    Mefri, ek kan jou altyd i my handbagasie inprop ๐Ÿ˜‰ Dit is nogal ‘n oulike spinnekoppie daai.
    Boendoe, sien jy dat ek nie die enigste een is wat se hulle is monsters nie? Ek wil hulle ophang!

  17. September 16, 2008 om 5:19 nm

    kaalvoet ek is bly jy het dit oorleef en kan darem nog daaroor blog, dit beteken hulle maak jou dalk in vlees mal maar nog nie in gees nie, maar sekerlik baie naby. Ek moet se ons skool doen nie soveel moeite met die kids nie, maar ek is ook bly want ek sou morsdood gewees het met n uitstappie saa my kids. Dis interesant om die kinders te sien leer van hulle ancestors en die storie agter chuseok. En ek moet se die ryskoekies is nogals lekker – maar nie die sagte deeg tipe nie. so chuseok chuseyo – happy chuseok al is dit ook al verby

  18. 19 Wipneus!
    September 16, 2008 om 7:34 nm

    Whahaha @ Bib, is dit so erg???? ๐Ÿ˜†

  19. September 16, 2008 om 7:58 nm

    Dankie MJ! Hoop jy’t ook ‘n lekker chu-seok gehad! Ek se liewer niks oor hoe moeg hulle my het nie!

    Nee Wip, dis veel erger!

  20. September 16, 2008 om 9:21 nm

    Kaalvoete toe ek die woord fees sien, toe dink ek dadelik, wat het jy geeet! Laat ek lees. Dettol as ‘n geskenk…LOL.
    Feeste is lekker veral die kos, ek vir maar eenmaal ‘n smulpaap, maar ryskoekie?

  21. September 16, 2008 om 9:26 nm

    Dit lyk pragtig kleurvol, maar ek is nie seker van die ryskoekie nie. Soos gewoonlik, wonderlike fotos.

  22. September 16, 2008 om 9:44 nm

    Die ryskoekies was nie sleg nie, wel dis nou die crispie soort! Daai ander jellierige storie is niks lekker nie.

  23. 24 Roer
    September 18, 2008 om 12:05 vm

    Kinders, enige kinders is darem maar so oulik…op ‘n foto en as hulle slaap. ๐Ÿ˜† Ek glo vir Boer oor die terroriste. Daai klere is pragtig!

  24. September 18, 2008 om 4:48 nm

    Sjoe, die detail op daai klere is rerig ongelooflik. En daai kids sweet op die foto’s… maar ek glo jou dat hulle nie engeltjies is nie!

    Soos altyd, ‘n heerlik kuier hier by jou! ๐Ÿ˜‰


Lewer kommentaar

Verskaf jou besonderhede hieronder of klik op 'n logo om in te teken:

WordPress.com Logo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by WordPress.com. Log Out / Verander )

Twitter picture

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Twitter. Log Out / Verander )

Facebook photo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Facebook. Log Out / Verander )

Google+ photo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Google+. Log Out / Verander )

Connecting to %s


Kalender

September 2008
M D W T V S S
« Aug   Okt »
1234567
891011121314
15161718192021
22232425262728
2930  

Wie’s hier…

counter

Van waar gehasie?

Waar is wat?

Flickr Kiekies

waarnatoe volgende...

  • Geen

Blog Statistieke

  • 44,533 houe
Page copy protected against web site content infringement by Copyscape

Bladsye


%d bloggers like this: