27
Jan
09

Yangdong village

 

DSCF1271

 

 

 

Yangdong village is ‘n klein tradisionele woongebied, tussen Pohang en Gyeongju, vanuit die Choson dinastie. Die onstaan van die village dateer terug na die tyd van Son So (1433-1484), wat met ‘n dogter van Yu Bok Ha getrou het. Son So se seun het met Yi Beon, dogter van die Yeogang Yi familie, getrou wat ‘n seun met die naam Yi Unjeok gehad het. Hy word gereken as een van die 18 sages in Korea.

 

Die Yangdong village voer ‘n suksesvolle bestaan sedert die 15e eeu uit. Die tradisies, sowel as die tradisionele geboue van die Choson dinastie het wel behoue gebly. Die geboue sluit in: Seobaeckdang (die primere huis van die Wolseong Son familie), Mucheomdang (die primere huis van die Yeogang Yi familie), Gwangajeong, Hyangdan, grasdak-huisies van die laerklas, Ihyangjeong en Simsujeong paviljoene en die Ganhakdang village skool.

 

 

 

DSCF1326

Seobaeckdang

DSCF1343

Mucheomdang

DSCF1259

Tradisionele grasdak-huisie

DSCF1239

Ihyangjeong paviljoen

DSCF1267

Simsujeong paviljoen

DSCF1249

Ganhakdang skool

 

 

Die topografie van die hele village het ‘n spesifieke rangskiking op berg Seolchang en in die vallei. Die huise van die Wolseong Son en Yeogang Yi familie, asook die van hul nasate is gelee op hoer dele van die berg en vallei, waar die huise van die laerklas gelee is aan die voet van die berg en laer gedeeltes van die vallei.

 

Hierdie rangskikking illustreer die sosiale karakteristieke van die Choson dinastie, wat gebaseer was op status. Die Yangdong village onderhou sy yangban (aristokratiese klas) tradisie en kultuur vandag nog.

 

 

 

DSCF1318

DSCF1276

 

 

 

 

 

 

 

 

Dit was ‘n koue wintersdag met helder blou lug en ‘n tipiese koel windjie wat deur murg en been sny. Vaal, dor, kortgesnyde ryslande met gerwe oral in bondeltjies vasgebind. Oral waai daar stoom uit skoorstene in ‘n poging om die grasdak-huisies te verhit. Hier en daar sien mens mense wat daaglikse take in en om die huis verrig. Droe rysplante word op waentjies gelaai, ‘n trekker staan stil op ‘n land met ys in die vore. Mielies word opgehang om in die amper, amper wintersonnetjie te droog.

 

 

 

DSCF1300

DSCF1275

DSCF1278

 

 

 

 

Daar is geen winkels, behalwe een bitterklein vertrekkie wat koffie en koeldrank aan besoekers verkoop. Die deur kan nie ver oopskuif nie en mens moet soos ‘n krap daar inskuif en die bondel mense, reeds binne, trotseer. Verder is daar net stofstraatjies wat mens van huis na huis lei en erens tussen al die huisies hang ‘n verlate swaai met n paadjie wat na nerens lei.

 

 

 

DSCF1306

 

 

 

Die huisies van die laerklas word soms met klip en modder gebou en die grasdakke word gereeld vervang en glad nie met teer behandel soos ons dit ken nie. As mens so leefwyse soos hierdie mense handhaaf is daar seker tyd vir al die werk, want daar is nie veel om te doen andersins.

 

 

 

DSCF1301

 

 

 

Die besoek aan Yangdong was soos om in tyd terug te gaan en om ‘n smakie te kry van die primitiewe, maar baie suksesvolle bestaan.

 

 

 

DSCF1286

 

 

 

DSCF1287

DSCF1288

Advertisements

20 Responses to “Yangdong village”


  1. Januarie 28, 2009 om 1:03 nm

    Dit lyk verskriklik rustig daar. Daar is ‘n skool so daar moet kinders wees, hoe groot is die gemeenskap daar.

  2. Januarie 28, 2009 om 1:51 nm

    Sandra, dit is baie rustig! Ek weet nie of daardie skool nog aktief is nie. Daar bly so bietjie meer as 200 mense as ek reg onthou.

  3. Januarie 28, 2009 om 4:03 nm

    Ek is mal oor die kiekies.

  4. 4 boendoe
    Januarie 28, 2009 om 4:50 nm

    Verskriklike mooi fotos’s! DIe geboutjies is te dierbaar vir woorde!

  5. Januarie 28, 2009 om 8:53 nm

    Dit lyk absoluut of tyd daar gaan stilstaan het! Dankie Kaalvoet, ek het hierdie inskrywing vreeslik geniet!!

  6. 6 Wipneus!
    Januarie 29, 2009 om 4:45 vm

    Wow dis so rustig! Dit is of mens weg kan raak in tyd hier!
    Stunning foto’s!!!

    Dankie!

  7. 7 Zee
    Januarie 29, 2009 om 6:15 nm

    Kaalvoetkind, dankie weereens dat jy ons op so pragtige toer gevat het!

  8. Januarie 29, 2009 om 10:02 nm

    Bly julle hou van die foto’s! Dit is nogal soos om in ‘n tydmasjien te klim as mens hierdie villages besoek. Dis baie rustig en ek dink nie daardie mense weet wat stres is nie…

  9. Januarie 30, 2009 om 12:17 vm

    Dit is vir my lekkerder om sulker ouer, historiese plekke te besoek as moderne plekke, veel ryker ervaring vir my. Soos altyd is jou kiekies baie cool.

  10. Januarie 30, 2009 om 8:47 nm

    KV, ek dink ons woon op mekaar se voorstoep. Yangdong is maar so 12km buite Gyeongju (waar ek woon). Ek het ookal daar besoek afgele en moet se jou foto’s laat reg geskied aan die atmosfeer van hierdie pragtige dorpie. Dis werklik spesiaal daar.

    Rosa, ek dink as jy in Korea gewoon het, sou jy ook verkies het om nie in die groot metropool van Seoul te woon nie.

  11. 11 Emil, $Version=1
    Januarie 31, 2009 om 12:56 vm

    Ai, dis lekker om jou terug te hê! Die foto’s is soos altyd skitterend. Die plek lyk soos waar ek graag sou wil aftree.

  12. 12 Wipneus!
    Februarie 1, 2009 om 10:17 vm

    12 kilometer van mekaar!!

    Bib nou is jou kans om Kaalvoet vir ete te neem, sy het alreeds haar kulinêre horisonne verbreed!! :mrgreen: Ek belowe jy sal nie spyt wees nie 😉

    Kaalvoete het jy nie dalkies nog so glasie Adelpracht wyn oor nie? Ek is seker Bib sal teen die spoed van witlig travel, as hy van dit, by jou kan kom geniet! 😆

  13. Februarie 1, 2009 om 3:41 nm

    Wipneus, jy moet lekker lees vriendin! Jy’s weer teen die spoed van witlig hier deur! 😆 Bib bly 12km van die village af en dis nie Adelpracht nie, dit was (met klem op, was) Allesverloren port! Ek en Bib bly omtrent 30km van mekaar af 😉

  14. 14 Wipneus!
    Februarie 2, 2009 om 1:49 vm

    Nee wat 30 km is net ‘n klipgooi weg. Voetjies grou in jou tas, daar moet nog êrens ‘n versteekte botteltjie wees, moet nou nie so wees nie man 😉
    Mens moet tog eet!!

  15. Februarie 2, 2009 om 3:15 nm

    Whahahaha! As daar maar net ‘n ou versteekte botteltjie was! Moet jy nie worry nie, ek en Bib sal nog bymekaar uitkom, al is dit net om voels te gaan kyk 😉

  16. Februarie 4, 2009 om 1:17 vm

    Dagse Kaalvoet
    Pragtige fotos en die beskrywings is baie goed gedoen. Dankie dat jy ons saam jou neem op die avonture daar in die vreemde.
    Groete

  17. 17 kyker
    Februarie 26, 2013 om 6:25 vm

    Jy het so baie, mooi inskrywings geplaas. Mens kan altyd weer hier kom inloer en nog iets nuuts en interessants vind. Dankie.

    • Maart 12, 2013 om 11:22 nm

      Dankie Kyker! Vandat ek terug is in SA het ek net nie meer tyd om hier te skryf nie. Werk te hard 🙂 Het eintlik nog so baie reisavonture wat ek kan deel en sal eendag weer tyd maak daarvoor. Ek kom lees self hier as die verlang na die Ooste te groot word


Lewer kommentaar

Verskaf jou besonderhede hieronder of klik op 'n logo om in te teken:

WordPress.com Logo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by WordPress.com. Log Out / Verander )

Twitter picture

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Twitter. Log Out / Verander )

Facebook photo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Facebook. Log Out / Verander )

Google+ photo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Google+. Log Out / Verander )

Connecting to %s


Kalender

Januarie 2009
M D W T V S S
« Nov   Feb »
 1234
567891011
12131415161718
19202122232425
262728293031  

Wie’s hier…

counter

Van waar gehasie?

Waar is wat?

Flickr Kiekies

waarnatoe volgende...

  • Geen

Blog Statistieke

  • 44,533 houe
Page copy protected against web site content infringement by Copyscape

Bladsye


%d bloggers like this: