02
Feb
09

Tussen ys en vere

 

 

DSCF1847

 

 

 

Die Junam vleilande is in die stad Changwon gelee, wat ook die RAMSAR konvensie in Oktober 2008 aangebied het. Hierdie vleiland is as ‘n RAMSAR vleiland verklaar, omdat so baie rooidata voelspesies na hierdie vleiland migreer. Dit word as ‘n internasionale “hot spot” vir migrerende voels gesien.

 

 

 

DSCF1825

DSCF1828

 

 

 

 

 

 

 

 

 

 

 

 

Die Junam vleiland was gevorm deur ‘n vloed van die Nakdongrivier wat eindig in Busan en ook daar is ‘n vleiland gevorm teen die kus.

 

 

 

DSCF1817

DSCF1834

 

 

 

 

 

 

 

 

Tydens die Japanese koloniale tydperk (1920’s-30’s) het die inwoners ‘n wal van 4-5m hoog met ‘n parameter van 9km, rondom die vleiland gebou om water aan die Daesan en Dong-eup ryslande te verskaf. As gevolg hiervan, asook die beheer van vloede, het die Junam vleiland ontstaan. Die Sanna, Junam en Dongpan vleilande, wat voorheen geskei was, is nou verbind aan mekaar met behulp van ‘n waterhek en vorm een watermassa wat alle vorms van lewe lok.

 

 

 

DSCF1836

 

 

 

Die drie vleilande beslaan ‘n area van 602 ha in totaal, wat in die winter 10 000 – 20 000 voels per dag lok. In die winter migreer verskeie spesies vanaf Siberie en Sjina na Korea en in die somer migreer voels vanaf Suid-Oos Asie na Korea. Hierdie vleiland is ‘n tuiste (tydelik en permanent) vir net oor die 100 voelspesies, 170 insekspesies en wat plantegroei aanbetref is daar 33 ordes, 69 families en 233 spesies. Hierdie plek is enige bioloog se droom!

 

 

 

DSCF1792

 

 

 

Volgens die amptelike webtuiste vries die vleiland nie in die winter nie, maar hulle was duidelik nie dieselfde tyd as ek daar nie. Die water was ‘n skaatsbaan waarop die eende geskaats het met hul lomp lywe. Dit het my nogal vermaak vir ‘n wyle en my van die koue laat vergeet.

 

 

 

DSCF1805

DSCF1800

 

 

 

 

 

 

 

 

amur

Soos ek om die water gestap het het ek kennis gemaak met ‘n hele paar kranige fotograwe en ‘n paar was heel opgewonde oor iets. Ek stap toe nader om ‘n gewone ou grys reier te sien en wonder toe waaroor die boehaai gaan. Toe ek ondersoek instel het hulle my die foto’s gewys van die skaars en bedreigde Amur luiperdkat wat hulle afgeneem het in aksie. Hy is so groot soos ‘n huiskat met die dierbaarste gesiggie, maar hy was hopeloos te vinnig vir my en het ek net ‘n beweging in die droe grasse gesien.

 

 

 

Met my verkyker in die hand en gepantser teen die ergste koue, het ek al om die vleiland begin stap. Ek was nie baie lus vir foto’s neem nie, want dit was te koud en my kamera is net ‘n frustrasie as mens so ver wil zoom. Ek het egter ‘n paar van die wintergaste vasgevang in my lens en ek deel dit graag met julle.

 

 

 

DSCF1821

Bean goose (Anser fabalis)

 

 

 

DSCF1801

Bean goose (Anser fabalis)

 

 

 

DSCF1861

Grey heron (Ardea cinerea)

 

 

 

DSCF1845

Grey heron (Ardea cinerea)

 

 

 

DSCF1862

Northern Shoveler (Anas clypeata)

 

 

 

DSCF1865

Greater white-fronted goose (Anser albifrons)

 

 

 

DSCF1868

Yellow-throated bunting (Emberiza elegans)

 

 

 

DSCF1872

Common kestrel (Falco tinnunculus)

 

 

 

Alhoewel ek baie graag die Baikal teals wou sien wat veronderstel is om in hul 10 000’e daar te wees, was ek darem gelukkig genoeg om hierdie erg bedreigde spesie te kon gewaar!

 

 

 

DSCF1807

Eurasian spoonbill (Platalea leucordia)

 

 

 

DSCF1437

Whooper swan (Cygnus cygnus)

 

DSCF1503

Pintail duck (Anas acuta)

Die “Pintail” is die outjie regs-bo in die foto wie se stertvere so ‘n punt staan.

 

 

Smew BH-01

Smew (Margellus albellus)

Ek het hierdie foto geleen en alle krediet gaan aan Barry Heinrich.

Flying-Cranes RN

White-naped crane (Grus vipio)

Krediet aan Robin Newlin.

Hierdie kraanvoel is ook ‘n bedreigde spesie en word selde in Korea gewaar. Hulle verkies om oor te vlieg na Japan.

 

 

DSCF1851

DSCF1856

 

 

 

 

 

 

 

 

 

DSCF1841

 

 

 

So het nog ‘n avontuur tot ‘n einde gekom, maar dit was gelukkig nie die laaste nie. Ek hoop om nog ‘n hele paar van hierdie trippies in te werk voor ek finaal Korea verlaat.


20 Responses to “Tussen ys en vere”


  1. Februarie 3, 2009 om 12:59 vm

    Sjoe! Ek is erg beindruk met jou inskrywing en foto’s.

  2. Februarie 3, 2009 om 10:16 nm

    Wil net vir jou se, jy het my nou sprakeloos jaloers…

  3. Februarie 3, 2009 om 10:34 nm

    Dankie vir die inloer Wag-‘n-bietjie!
    Hehehe Boer, hoe dan so?

  4. Februarie 3, 2009 om 10:35 nm

    Wow! Jy beter hierdie foto’s van jou veilig bere… ek huil saam met jou as dit verlore moet gaan!

  5. 5 kyker
    Februarie 4, 2009 om 12:14 vm

    Sjoe, jy het die mooiste voEls afgeneem, ten spyte van die vreeslike koue. Ek wonder hoe hulle oorleef in tye wanneer die vleilande gevries is?

  6. Februarie 4, 2009 om 1:23 vm

    Dagse Kaalvoet
    Weeereens prag fotos, ek is beindruk met jou korrekte benaming van al die voels. Ek reis met graagte saam jou deur die nuwe avonture.
    Groete

  7. Februarie 4, 2009 om 9:17 nm

    Pragtige foto’s en dankie vir die vertel van al die nuwe plekke!

  8. Februarie 4, 2009 om 10:21 nm

    Lekker om te sien daar’s soveel ander bloggers wat ook ‘n liefde vir ons geveerde vriende het! 🙂 Jy is omtrént bevoorreg om so ‘n groot verskeidenheid voëls te kon waarneem en afneem!! En jou foto’s is pragtig!

  9. Februarie 5, 2009 om 4:03 vm

    Wow ek is mal oor jou foto’s!! Korea het sulke mooi en interessante plekke, daar is altyd iets nuuts!!!

    Voetjies jy het jouself oortref met die foto’s!! 😛
    Het ek al gesê welkom terug, nou kan ek verder saam julle in Korea rondsnuffel!!! 😉

  10. Februarie 5, 2009 om 4:15 nm

    Jy beter nog ‘n hele paar inwerk voor jy Korea verlaat!

  11. Februarie 5, 2009 om 4:16 nm

    Die foto’s is pragtig, dit voel amper asof mens saam met jou stap!

  12. Februarie 5, 2009 om 8:16 nm

    Hierdie pics is veilig gebere Dellie, moenie komkommer 😉
    Dankie Kyker. Daar is darem hier en daar dele wat nie gevries is nie, so ek dink darem nie hulle lei honger nie.

    WK, ek deel graag my avonture en die regte benaming van die voels is vir my nogal belangrik.

    Dankie vir die inloer Sandra en die kompliment!
    Thea, ek was nog nooit baie mal oor voels nie, maar die laaste ruk trek dit my nogal. Hier is feitlik geen ander lewe om na te kyk nie, so dis besig om ‘n lekker stokperdjie te word. In die lente en somer, is ek weer op ‘n groter mission met al die insekte en paddas ens.

    Dankie Wippie! Verseker DMI! Ek gaan darem nog ‘n wyle hier wees 😉 Dankie Xanika, bly jy geniet die staproete saam met my!

  13. Februarie 5, 2009 om 11:03 nm

    Ek se dit elke keer, is nou al holrug gery: Jou foto’s is p-r-a-g-t-i-g! 😉

  14. 15 Roer
    Februarie 6, 2009 om 3:36 vm

    Kaalvoet, as jy nou ‘n ‘ticker’ was (voElkyker wat in jou boekie die spesies aftick wat jy al gesien het), kon jy sommer ‘n hele paar reg merk. Ongelooflike foto’s.

  15. Februarie 6, 2009 om 12:20 nm

    Hehe Roer! Ek het eers onlangs begin voels kyk en probeer maar byhou met wat ek als sien.

  16. Februarie 6, 2009 om 10:33 nm

    Ek kom gereeld inloer by jou maar het nog nie baie gepraat nie, maar ek moet se, so tussen jou en BiB se fotos en stories is Korea ‘n lushof vir die oog. Excellent photos, especially Unjusa temple.

  17. Februarie 6, 2009 om 11:21 nm

    Dankie vir die inloer en die komplimente Baobab! Ek loer darem gereeld daar by jou ook in 😉

  18. Februarie 9, 2009 om 9:43 nm

    Weer eens skitterende foto’s.


Lewer kommentaar


Kalender

Februarie 2009
M D W T V S S
 1
2345678
9101112131415
16171819202122
232425262728  

Wie’s hier…

counter

Van waar gehasie?

Waar is wat?

Flickr Kiekies

waarnatoe volgende...

  • Geen

Blog Statistieke

  • 49 655 houe
Page copy protected against web site content infringement by Copyscape

Bladsye