09
Feb
09

Die eerste volmaan

DSCF1913

 

 

Vandag is die 15e dag van die “Lunar” nuwejaar en dan ook die eerste volmaan. ‘n Belangrike fees, naamlik Jeongwol Daeboreum (Jeongwol = eerste maand; Daeboreum = groot maan) word vandag gevier en tradisionele musiek en danse kon oral in die strate waargeneem word. Hierdie fees is in gebruik sedert die Shilla dinastie en is nie net vir goeie wense en geluk nie, maar ook om van alle booshede ontslae te raak.

Speletjies en rituele

Daar word geglo dat die eerste persoon wat die volmaan sien, goeie geluk vir die hele jaar sal ervaar. Sommige mense klim nogsteeds berge uit om die maan te vang as dit begin opkom (Talmaji), terwyl ander neute met hul tande kraak en eet. Dit besorg glo gesondheid aan jou tande vir ‘n hele jaar. Hierdie ritueel word bureom genoem. Die neute moet egter ge-eet word voor jy enige woord spreek in die oggend en die aantal moet gelyk wees aan jou ouderdom. (sterkte vir die ouer garde…as die neute se harde doppe nie hul tande breek nie sal niks dit breek nie. Wel, vir die volgende jaar ten minste 😉 ). Daar word ook geglo dat die geraas, deur die kraak van die neute, bose geeste wegjaag.

‘n Ander gebruik is, Jisinbapgi, die brand van droe gras op die walle tussen rysvelde terwyl kinders met blikkies vol brandende kole in die lande rond hardloop. Hulle glo dat die rook die lande vrugbaar maak en dat dit wurms wat die volgende oes mag opvreet, vernietig. ‘n Ander ritueel genoem daljiptae-wugi, is die brand van ‘n taljib (“maanhuis”) gemaak van strooi. Mense skryf wense uit op papier en heg dit dan aan die strooi vas. Die brand hiervan is vir wense vir ‘n goeie oesjaar. Hierdie gebruik kan ook tydens die “sunrise festival” gesien word met nuwejaar soos ons dit ken. As die hout/strooi vinnig brand is dit ‘n teken van ‘n goeie oesjaar. Hoe groter die vuur hoe beter die oes, volgens die kenners natuurlik.

100

 

 

Towi palgi is ‘n ritueel wat “selling your heat” heet. Jy staan vroeg op en klop aan ‘n vriend se deur. As hy/sy antwoord dan neem hy jou hitte vir die somer oor, m.a.w jy gaan nie warm kry in die somer nie en hy/sy gaan dubbel so warm kry. Dit klink vir my na ‘n baie dom ding om te doen…

Die mense speel ook die volgende tradisionele speletjies:

 

 

yunnori

ganggang suwollae

yunnori

 

 

 

ganggang suwollae

 

 

 

 


tuho

jegichagi

tuho

 

 

 

 

 

 

 

jegichagi

 

 

 

 

 

 


yeon-nallig

paengi-chigipaengi-chigi

 

 

 

yeon-nallig

 

 

 

 

 


 

 

DSCF1235

neolttwigi

 

 


 

Kos

Rys met 9 verskillende soorte gedroogde groente, van die vorige jaar, word in gedroogde kelp toegedraai en ge-eet. Hierdie gereg word bokssam genoem wat “lucky wrap” beteken. Klink vir my meer na ‘n “lucky packet” met al daai ou groente 😆

 

Yaksik (medisinale kos) is soet rys gemeng met neute en dadels en word ook ge-eet met verjaardae en troues.

 

Gwibalguisul, beteken letterlik “drank vir beter gehoor” en word ook wyd en suid op hierdie dag aan die ouer gardes uitgedeel, sodat hulle net goeie nuus vir die res van die jaar sal hoor.

 

Ek plaas ook ‘n video van die danse en musiek wat tradisioneel in die strate gespeel word.

 

 

 

 

 

 

So, kyk vanaand uit vir die volmaan en maak jou wens. Ek het reeds!

 

 

 

Advertisements

19 Responses to “Die eerste volmaan”


  1. Februarie 9, 2009 om 11:58 nm

    Ek hou van die maanhuis en die ritueel van die briefies brand. So asof jy jou wens afbreek en verklein tot atomiese stukkies.

  2. Februarie 10, 2009 om 12:16 vm

    Hierdie stukkie pos het my nou behoorlik gryshare gegee! Wat ‘n gesukkel om die goed opgeline te kry! Dit moet nou maar goed genoeg wees soos dit is!

    Dankie Rosa. Dit is nogal soos jy se oor die wensbriefies!

  3. Februarie 10, 2009 om 3:55 nm

    Wow. Dit is ongelooflik om al die ander kulture te sien. Ek is nou 6 jaar in Abu Dhabi. Die kultuurskok was nogal groot toe ek hier aangekom het. 🙂

  4. Februarie 10, 2009 om 6:26 nm

    Ek hou van die drank idee. Ek sal nie mind om heeljaar goeie goed te hoor nie!

    Interessante inskrywing.

  5. Februarie 10, 2009 om 9:47 nm

    Mooi foto’s en stories. Ek geniet dit so om hier te kuier.

  6. Februarie 10, 2009 om 11:26 nm

    Baie interessant. Ek sukkel net om die video te sien, maar ek dink dis my kompie wat aan skok ly. Sal weer more kom probeer!

  7. Februarie 11, 2009 om 12:37 vm

    Jinne ja, dis baie interessant en weer eens lekker om iets nuuts te leer. Dankie.

  8. Februarie 11, 2009 om 3:00 nm

    Baie interessant. Klink soos ‘n hele klomp pret!

  9. Februarie 12, 2009 om 1:14 vm

    Welkom Expats! Die Ooste is ‘n belewenis en ek dink dis maar ‘n kultuurskok vir enige Westerling.

    Dellie, ek hoop jy kon darem al die video sien. Nie dat dit nou so amazing is nie 😉

    Ek dink ons almal kan doen met net goeie nuus Skoor. Dalk moet ons aan die drink gaan…ek het hoeka so paar bottels rooies wat wag 😈

    Sandra, ek geniet jou blog net so baie, want al bly ons altwee in die Ooste verskil die kulture tog baie.

    WnB, die Ooste hou nooit op om my te amaze nie en ek deel dit graag!

  10. Februarie 12, 2009 om 10:20 nm

    Dis nou ‘n interessante inskrywing! Ekself het gewonder hoekom die klomp Koreaanse klopse hier in die straat af marsjeer. Jy’t ook nou vir my uiteindelike name gegee vir al die speletjies wat ek al gesien het. Hoop jou wens kom waar! Ek het ongelukkig die geleentheid om te wens gemis, want ek was salig onbewus van die volmaan-vieringe!

  11. Februarie 12, 2009 om 11:05 nm

    Dankie Bib, ek is seker my wens sal eendag waar word 😉

  12. Februarie 12, 2009 om 11:29 nm

    Pragtige foto en lekker interessante inskrywing!

    Nou het ek nie ‘n wens gemaak nie 😦

    Waaroor gesels hulle op die video, dalkies oor hoe mooi die volmaan is? 😉

  13. Februarie 13, 2009 om 12:10 vm

    Toemaar Wippie, daar sal nog baie geleenthede wees om ‘n wens of twee in te pas! Ek dink hulle vra maar vir ‘n goeie oesjaar so met die gebler en dromme saam 😉

  14. 14 Roer
    Februarie 13, 2009 om 3:47 vm

    As Yaksik medisinaal is, hoop ek maar net ek hoef dit nooit in te wurg nie. Ek’s nie mal oor soet kosse en nadese haat ek chutney. Bokssam klink soos iets waarvan ek sal hou. Soos altyd ‘n verskriklike interessante inskrywing Kaalvoet. Keep it coming! 😉

  15. Februarie 13, 2009 om 4:48 vm

    Man ek like jou stories en fotos, Ek het hierdie naweek wat verby was een van die chieneese maatjies se mamma ontmoet, en ons het nogal lekker gekliek, maar man hulle het snaakse by gelowe en idees. Gelukkig het ek nou al baie by jou geleer op hierdie nice blog van jou so ek het darm van baie goed geweet waarvan sy gepraat het.

    so dankie vir jou nice inskrywings.

    Groete

  16. Februarie 13, 2009 om 1:56 nm

    Roer, ek eet eerder Yaksik voor ek Sun-de in die oe kyk! Dit is die afste af wat daar is en dit stink! Dis soortgelyk aan bloedwors met lewer en allerhande ander afval daarin! Ek word sommer naar hier waar ek sit!

    Dankie Mariette. Ek dink die Sjinese oortref die Koreane by verre as dit by snaakse goed kom 😉

  17. 17 Roer
    Februarie 13, 2009 om 3:11 nm

    lol
    Het ek genoem ek hou van afval?…maar ja, nou dat jy dit SO verduidelik, hou verby!

  18. Februarie 13, 2009 om 4:20 nm

    Ag nee sies Roer! Dit word nie verniet afval genoem nie!

  19. Februarie 22, 2009 om 10:10 nm

    Kaalvoet… soos gewoonlik ‘n stunning inskrywing!!

    (Die vorige ene ook, is mal oor daardie tier foto!)


Lewer kommentaar

Verskaf jou besonderhede hieronder of klik op 'n logo om in te teken:

WordPress.com Logo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by WordPress.com. Log Out / Verander )

Twitter picture

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Twitter. Log Out / Verander )

Facebook photo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Facebook. Log Out / Verander )

Google+ photo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Google+. Log Out / Verander )

Connecting to %s


Kalender

Februarie 2009
M D W T V S S
« Jan   Mar »
 1
2345678
9101112131415
16171819202122
232425262728  

Wie’s hier…

counter

Van waar gehasie?

Waar is wat?

Flickr Kiekies

waarnatoe volgende...

Blog Statistieke

  • 44,685 houe
Page copy protected against web site content infringement by Copyscape

Bladsye


%d bloggers like this: