12
Apr
09

Somersneeu…

 

Nee, die weer is nog nie SO deurmekaar nie!

 

Die kersiebloeisels het almal op een slag gesig gewys. Van ver lyk dit of die landskap wit gesneeu is en as die wind eers begin waai, val die klein blaartjies saggies na die grond. ‘n Koel briesie is nog teenwoordig en dra die soetste geure in die lug.

 

 

 

DSCF2505

 

 

 

Mens kruip oral uit hul gate om hierdie wonder te ervaar. Die paaie is besig, die mense baie en rye is lank, maar dis als die moeitewerd. Oral is kinders wat lag en speel en ouers wat piekniek hou in die koelte van hierdie mooi bome.

 

Oral in Korea word feeste gehou om die lente behoorlik in te lyf, met een van die grootste kersiebloeiselfeeste in Jinhae in die Suide. Seoul het ook baie gebiede wat besonders vertoon in die lente en dan natuurlik ook Gyeongju, wat net ‘n klipgooi van my af is.

 

 

 

DSCF2449

 

 

 

Dis vandag ‘n week later en dis alles weg. Ek kan nie dink dat dit so gou verdwyn nie.

 

Om te reis gaan nou weer ‘n kopseer word, want mens moet so lank vooruit beplan en buskaartjies koop om te verhoed dat jy gestrand op ‘n plek sit. Nie dat ek op die stadium sal omgee om weg te raak nie 😉

 

Ek los julle met ‘n paar foto’s van die mooi blomme…

 

 

 

DSCF2450

DSCF2453

 

 

 

 

 

 

 

 

DSCF2463

 

 

 

DSCF2475

DSCF2478

 

 

 

 

 

 

 

 

 

DSCF2528


19 Responses to “Somersneeu…”


  1. April 13, 2009 om 1:12 vm

    Somersneeu. Dis die perfekte beskrywing. 😉

    Ons het altyd in Heanertsburg na die kersiebloeisels gaan kyk. Wraggies die mooiste mooi ooit.
    Dankie, jou foto’s is pragtig, soos altyd.

    Enne…nie meer so stil wees nie, ne? :mrgreen:

  2. April 13, 2009 om 1:20 vm

    Hello (((Vriendin)))

    Pragtig! Die mooiste tyd in Korea, volgens al die foto’s wat ek al uitgesnuffel het. Ek wens net ek was daar om die reuk in die rug ook te kan ervaar. Hoe capture mens die lug vir iemand? Ek sal bietjie dink en jou laat weet 😆

    Dankie dat jy dit vir my gaan soek het! 😆
    Uhmmm ek sal laat weet wat wil ek volgende sien, gee my net eers kans om die atlas nader te trek! whahahahaha :mrgreen:

    Catch you on the other side! 😉

  3. April 13, 2009 om 1:30 vm

    Pragtige foto’s en pragtige blomme. Dit lyk na iets wat mens net moet beleef. Is dit iets wat spesifieke toeriste ook lok?

  4. April 13, 2009 om 3:40 vm

    Sjoe – dis stunning mooi!

  5. April 13, 2009 om 4:04 nm

    Dis pragtig! Dankie dat jy dit kom deel het! Net jammer dat hulle bloeityd so gou weer verby is né?!

  6. April 13, 2009 om 5:16 nm

    Hel, die wêreld lyk mooi daar. Die prag en praal van die onskuldige wit!

  7. April 13, 2009 om 7:46 nm

    Die magnolias is my absolute gunsteling! Hulle blom nog lank voor die boom enige blare maak, so dis hierdie kaal boom oortrek met groot wit blomme! Hulle hou ongelukkig nie lank nie, wat eintlik heel simpel is.

    Sandra, dit is nogal iets wat toeriste trek en in Japan en Sjina is dit ook ‘n groot storie.

    Wip, jy moet lekker wees met daai atlas hoor 😉 As jy die trips sponsor is dit natuurlik ‘n ander saak… :mrgreen:

  8. April 13, 2009 om 9:16 nm

    Mal daaroor! Dankie.

  9. 9 mariette
    April 14, 2009 om 3:31 vm

    Asemrowend!

  10. April 15, 2009 om 2:23 vm

    Kaalvoet, jy kon dit nie beter beskryf nie: somersneeu inderdaad! Jy beskryf die kersiebloeisels presies soos ek dit ervaar en jou foto’s is bewyse. Pragtige inskrywing.

  11. April 15, 2009 om 2:24 vm

    NS: Daardie laaste boom wat jy afgeneem het, is baie indrukwekkend. Lyk soos ‘n kersie-wilgerboom.

  12. April 15, 2009 om 7:05 nm

    Damn Kaalvoetertjies, dis blerrie mooi!!!! Nou verlang ek so nou my Drie Gewel huis in Amsterdam…. En ek is so nostalgies vandag!

  13. April 15, 2009 om 9:08 nm

    Boer, ek het ok dadelik aan ‘n wilger gedink toe ek die boom sien. Ek dink sy takke dra maar net so swaar aan al die bloeisels.

    Ai Pikkie, verlang is ‘n aaklige ding!

  14. April 16, 2009 om 8:48 nm

    Jy’s bevoorreg. Dit is pragtig!

  15. April 16, 2009 om 9:44 nm

    Dit is iets om te sien Roer en Nimsi!
    op die stadium wonder ek net waarheen die lente verdwyn het, want ek moes maar weer die wintersklere uitpak…

  16. 17 kyker
    Mei 1, 2009 om 4:46 nm

    Sjoe. Dis nou regtig sommer buitengewoon pragtige foto’s. My vorige kollegas uit Japan was ook altyd so gaande oor kersiebloeiseltyd en nou weet ek hoekom.

  17. Mei 5, 2009 om 7:24 vm

    Joe, dit is darem iets besonders. Ek is nogals verbaas in my onkunde aangaande Korea en sy geografiese uitleg. Ek het nog nooit gedink dat die land so mooi kan wees nie. Vir some odd reason het ek in my geestesoog ‘n prentjie gehad van ‘n malle-gejaagd-stad.
    Wat maak jy in Korea?

  18. Mei 5, 2009 om 2:18 nm

    Jong, dit hang af waar jy in Korea bly…In Seoul (die hoofstad) is dit ‘n gejaag en daar is so baie mense. Ek sal nooit daar wil bly nie, alhoewel daar baie nice goed is om te sienen om te doen. Ek voel net dat mens nie rerig die kultuur daar ervaar soos in die kleiner plekkies nie! Ek gee Engels in Korea en dis nou al my 2e jaar, maar ook vir eers my laaste jaar.

    Mens het oor die algemeen ‘n wanindruk oor die Ooste en as jy hier is is dit so anders as wat jy ook kon dink.


Lewer kommentaar op kaalvoetinireen Kanselleer antwoord


Kalender

April 2009
M D W T V S S
 12345
6789101112
13141516171819
20212223242526
27282930  

Wie’s hier…

counter

Van waar gehasie?

Waar is wat?

Flickr Kiekies

waarnatoe volgende...

  • Geen

Blog Statistieke

  • 49 654 houe
Page copy protected against web site content infringement by Copyscape

Bladsye