31
Jul
09

‘n Reis deur die verlede

DSCF3208

 

 

DOEF…DOEF…DOEF…

Ek kry die bekende beeld, uit Jurassic Park, van die glas water wat so staan en vibreer in my kop. Die klank slaan teen my bors vas en onverwags gaan die groot geel oog op die donker skerm oop. Almal sit ekstra regop en saam met die donderstorm op die skerm stroom daar skielik water uit die dak wat dit nog meer realisties maak.

 

 

DSCF3241

DSCF3384

 

 

 

 

 

 

Dit was slegs een van die wonderlike ervarings wat mens kon meemaak by vanjaar se Dinosaurus Wêreld Expo in Goseong, Korea. Die Koreane het hulself weereens heeltemal oortref met al die aktiwiteite vir oud en jonk.

Die woord “dinosaur” was vir die eerste keer in 1842 geoubliseer deur die Engelse paleontoloog, Richard Owen. “Deinos” beteken afgryslik en “saurus” beteken akkedis in Grieks en hierdie beskrywing deur Owen is daargestel as gevolg van hierdie diere se grote eerder as hul groot, skerp tane en kloue. Dinosaurusse het hul eerste verkyning gemaak in die Triasiese periode van die Mesozoiese Era en het bestaan tot aan die einde van die Cretaceus periode.

 

 

DSCF3255

DSCF3263

 

 

 

 

 

 

In Januarie, 1982, is die eerste gefossileerde Sauropoda voetspore in Goseong-gun gevind. Dit het verdere navorsing tot gevolg gehad wat gelei het tot die ontdekking van vele ander fossiele in die res van Korea. Tot op hede bevat die voetspore in Goseong die meeste inligting oor dinosaurusse in terme van kwantiteit en diversiteit.

 

 

DSCF3227

DSCF3277

 

 

 

 

 

 

 

Ornithopode, Theropode, Sauropode, Pterasuarusse en voels het ongeveer 100 miljoen jaar gelede hierdie area bewoon. Die ontdekking van talle voel voetspore hier in Goseong het groot betekenis ingehou en dien as hulpmiddel om die teorie dat voels afkomstig is van die dinosaurusse verder te ontwikkel. Korea is die nommer een plek in die wereld vir die ontdekking van voel voetspore uit die Cretaceous Periode en die moontlikhede vir nuwe spesies wat ontdek word is eindeloos. Goseong is ook een van die top 3 sentrums vir die produsering van dinosaurus voetspore saam met Colorado en Argentinie.

 

 

DSCF3226

 

 

Gefossileerde voetspore van talle spesies is in Goseong gevind waarvan die grootte strek van 9cm (die kleinste Saurapod voetspoor in die wereld) tot net oor 1m. Gefossileerde eiers en neste, van 3 verkillende spesies, is op 6 plekke gevind al langs die kus van Goseong. Dit bewys dan ook dat hierdie ‘n broeiplek vir hierdie gediertes was.

 

 

DSCF3280

DSCF3399

 

 

 

 

 

 

 

Dis maklik om te begryp hoe die skelette van hierdie enorme diere kon agterbly vir ons om te ontdek, maar die voetspore is ‘n bietjie meer ingewikkeld. Al word die voetspore gemaak, kan reen en stygende watervlakke dit wegspoel, dus moet daar geen skielike veranderinge in die omgewing plaasvind nie, sodat die voetspore kan fossileer. In so stabiele omgewing fossileer die voetspore maklik en kan ons dit miljoene jare later weer sien. So, hoe werk dit presies??? Dinosaurusse loop oor sagte sediment en maak voetspore, die sediment droog dan uit en verhard. Oor tyd akkumuleer nuwe lae sediment. Die gewig van die nuwe lae, hitte asook druk verander hierdie eens sagte sediment in klip. Erosie vind plaas en hierdie lae verweer om die gefossileerde voetspore te ontbloot.

 

 

DSCF3445

 

 

Daar is ‘n toer wat mens al langs die kus kan doen om na die voetspore te gaan kyk en ek sal dit volgende keer gaan doen, want die keer was daar net te veel ander goed om te sien wat ek nie weer na toe sou kon teruggaan.

 

 

DSCF3216

DSCF3222

 

 

 

 

 

 

 

 

 

DSCF3223

 

 

As mens deur die ingang stap, groet die vreesaanjaende T-rex jou en as dit regkry om verby sy tande te kyk sal jy sien dat die hele park voel dinosaurus modelle is. Die goed was so realisties gedoen dat dit regtig gevoel het om mens teruggaan in tyd. Almal het natuurlik die geleentheid gebruik om foto’s saam met oupoot en sy maats te neem. Van daar af stap mens deur sale met tentoonstellings van al wat ‘n fossiel is (mense uitgesluit).

 

 

Hulle het ‘n sandput gebou vir die kinders wat dan argeoloog kan speel. Elkeen kry ‘n uitrusting en ‘n groot kwas en dan moet hulle soek vir die fossiele. Na die tyd word hulle beloon met ‘n tand van een of ander oerdier. Mens kon ook klei-afdrukke maak van die bekende fossiele, soos die trilobiete, skulpe, plante, en dan natuurlik die gewilde T-rex.

 

 

DSCF3250

DSCF3251

 

 

 

 

 

 

 

 

 

 

 

 

 

DSCF3230

 

 

DSCF3239

DSCF3385

 

 

 

 

 

 

 

 

 

 

 

Op ander plekke was daar 4-D animasies en allerhande interaktiewe programme. My gunsteling gebou was natuurlik die een wat eintlik spesiaal vir die kinders opgerig is. Dit was so oulik en snaaks gewees en mens kan nie anders as om dit te waardeer nie. Al die modelle was meganies aangedreef en veral die ondersese toneel was vir my baie oulik. Daar was ook geboue met allerhande interessante plante in die vorm van dino’s gesnoei.

 

 

DSCF3378

DSCF3376

 

 

 

 

 

 

 

Daar was ook ‘n skouspelagtige optog deur die dag met dansers in blink kostuums en en dinosaurus-vlotte en om dit eg Koreaans te hou was daar ook tradisionele dansers en instrumentspelers.

 

 

DSCF3326

DSCF3332

DSCF3340

 

 

 

DSCF3320

 

 

 

 

 

DSCF3350

DSCF3358

DSCF3367

 

 

Na al die gewoel het ons die wandelpad aangedurf en kom toe op hierdie pragtige gefossileerde boomstomp af. Dit is amazing om te dink dat ‘n stuk houd klip kan word. Ons het eintlik gehoop om voetspore te sien, maar die eier waardeur jy moet loop was glad nie verlig nie, so mens kon niks sien nie…

 

 

DSCF3429

 

DSCF3465

 

 

 

 

DSCF3439

 

 

 

 

 

DSCF3451

 

 

 

 

 

 

 

 

 

 

Natuurlik kan mens die daar weg sonder ‘n aandenking of twee nie…ek het vir my ‘n fossiel gekoop om uit te grawe en ek wys hier onder die foto’s van die proses…

 

DSCF5060

DSCF5066

DSCF5063

 

 

 

DSCF5079

DSCF5085

DSCF5083

 

 

DSCF5086

DSCF5090

 

 

 

 

 

 

 

 

Dit was pret, maar het omtrent ‘n hele dag gevat met hulp daarby 😉

Nou gaan ek eers bietjie vakansie hou in Japan…sien julle volgende week!

 

DSCF3365

Advertisements

17 Responses to “‘n Reis deur die verlede”


  1. Julie 31, 2009 om 7:13 nm

    Ek weet nie wie het hierdie ene die meeste geniet nie: ek of Pieter?? 😆

    Geniet jou vakansie!!

  2. Julie 31, 2009 om 8:24 nm

    WoW!!! Kaalvoet – hierdie was nou hel interessant. Dankie vir so ‘n lekker inskrywing.

    🙂

  3. Julie 31, 2009 om 9:21 nm

    Dis baie besonders en verseker sal dit enige kind en baie grootmense se droom wees om te besoek. Danksy jou was ek nou daar :-). Dankie vir die deel van die storie en pragtige foto’s! Geniet jou vakansie.

  4. Julie 31, 2009 om 10:43 nm

    Soos gewoonlik uitstekende beeldmateriaal. Ek kan my net voorstel hoe opgewonde die kinders herioor kon wees. Hulle gaan mos almal deur die dino-fase!

  5. 5 Dirk
    Augustus 1, 2009 om 2:00 vm

    Kleinspan wil met allemag more soentoe gaan, koop nie die tever storie nie

  6. Augustus 1, 2009 om 10:01 vm

    Dit was nogal besonders gewees! Net jammer die tyd was so min…

  7. 7 kyker
    Augustus 4, 2009 om 7:30 vm

    Dit lyk na ‘n baie oulike plek. Ek is mal oor fossiele. Jou foto van die yslike versteende boomstomp wat so in stukke gebreek is, is vir my erg mooi.

  8. Augustus 6, 2009 om 3:40 nm

    Kan nie wag om Marco te wys nie. Ons het juis vanoggend op die onderwerp van dinosourusse geland. Lekker vakansie hou!

  9. Augustus 6, 2009 om 7:28 nm

    Hierdie was nou werklik interessant en so leer ek als wat ek nie weet nie. Hoop jy’t Japan soveel geniet soos ek! 🙂

  10. Augustus 6, 2009 om 10:18 nm

    Dankie Bib! Japan was ‘n fees, maar hopeloos te vinnig verby! Ek probeer nog als process…en slaap inhaal.

  11. Augustus 10, 2009 om 3:05 nm

    Dit lyk ongelooflik lekker!

  12. Augustus 10, 2009 om 3:35 nm

    Amazing, leersaam, indrukwekkend. Dit was nou lekker.

  13. Augustus 13, 2009 om 11:34 vm

    Jy gebruik die woord Expo so ek neem aan dit is ‘n tydelik/jaarlike skou. Met so baie moeite wat gedoen was om die Dinosaurs te maak wonder ‘n mens hoekom hulle nie ‘n permanente “museum” skep van die modelle en regte fossiele nie. Of miskien is daar ‘n museum naby sieninde dat daar so baie fossiele in die omgewing is

  14. Augustus 13, 2009 om 11:55 nm

    Jy is reg Baobab, dis net ‘n tydelike ding, maar daar is wel ook ‘n museum op die gronde. Ek vermoed hulle het elke jaar ‘n uitstalling, maar soos vanjaar was dit ‘n wereld expo.

  15. 17 gabriel smit
    Mei 31, 2014 om 4:44 vm

    baie interessant! net jammer die ‘teoriee’ [eintlik hipoteses] van die dinos se ouderdom [isotoopdatering is reeds verkeerd bewys!] is reglynig teen die bybel in. dat hulle bestaan het, daaraan is geen twyfel, dat hulle so oud is, gewis verkeerd. op die ou end moet jy kies tussen die miljoene jare en God, want die dood het eers vanaf adam se val geheers [ie loon van die sonde], en dit was maar ‘onlangs’, so 6000 jaar gelede. en as jy die dood en die daarmeegepaardgaande sonde verwerp is daar ook geen Redder, Jesus Christus, nodig nie – so op die ou end is dit of darwin en sy trawante of God… sien gerus http://www.creation.com
    seen
    gabriel


Lewer kommentaar

Verskaf jou besonderhede hieronder of klik op 'n logo om in te teken:

WordPress.com Logo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by WordPress.com. Log Out / Verander )

Twitter picture

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Twitter. Log Out / Verander )

Facebook photo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Facebook. Log Out / Verander )

Google+ photo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Google+. Log Out / Verander )

Connecting to %s


Kalender

Julie 2009
M D W T V S S
« Mei   Aug »
 12345
6789101112
13141516171819
20212223242526
2728293031  

Wie’s hier…

counter

Van waar gehasie?

Waar is wat?

Flickr Kiekies

DSCF1460

DSCF1458

Yeosu 3 Okt 253

Yeosu 3 Okt 251

More Photos

waarnatoe volgende...

  • Geen

Blog Statistieke

  • 44,095 houe
Page copy protected against web site content infringement by Copyscape

Bladsye


%d bloggers like this: