24
Sep
09

Vryheid

 

 

DSCF7298

 

 

 

Ek het so 3 naweke terug besoek afgele aan Gangwando-provinsie in die Noord-ooste van Suid-Korea. Hierdie provinsie is bekend vir sy natuurskoon en is ‘n baie gewilde destinasie in die winter vir almal wat ski. In die somer is die berge groener as wat mens kan dink en ryslande le oral uitgestrek om verder toe te voeg tot die skoonheid.

 

 

 

DSCF7265

DSCF7251

 

 

 

 

 

 

 

 

Ek het die Sondag oggend 1am op ‘n trein geklim en 4am in Seoul aangekom, waar ek moes rondhang tot 8am vir die groep om ons te kom oplaai. Daar was geen ander manier om betyds daar te wees nie. Absolute malligheid, maar dit was die moeitewerd. So het ons die 3uur lange, pad aangedurf na Pyeongchan waar als begin het.

 

 

 

DSCF7250

DSCF7292

 

 

 

 

 

 

 

 

Eers moes elkeen allerhande vrywaringsvorms invul en teken natuurlik en dan wou hulle nog weet hoeveel jy weeg ook! So is ek toe sommer in die eerste groep ingedeel en is ons space suits aan ons oorhandig en is ons die berg op! Dit was ‘n baie mooi dag en ‘n heerlike koel windjie het gewaai. Die meeste het bietjie begin uitfreak, maar seinde ek al die bungi-ding gedoen het was ek heel rustig en ontspanne. Ek dink ek was dalk ook te moeg om om te gee.

 

 

 

8724 145314432720 730947720 3036188 7841085 n

DSCF7253

 

 

 

 

 

 

 

 

Ons is mooi ingelig van wat ons presies moet doen en dat ons onder GEEN omstandighede moet ophou hardloop nie. Ek dink dit was vir sommiges ‘n bitter pil om te sluk, want om by ‘n berg af te hardloop is nie exactly die natuurlikste ding om te doen nie.

 

 

 

DSCF7329

 

 

My beurt om vryheid te ervaar het vinnnig gekom en ek is sommer vinnig aan my “pilot” vasgemaak en die valskerm is in die lug gehelp. Mens moet nogal werk om teen daai 400m hoรซ berg af te hol, want as daai valskerm eers ‘n briesie gevang het, hou hy jou goed terug. Dis die ongelooflikste gevoel as jy eers in die lug is. Niks hou jou vas nie en jy kan volkome ontspan. Die uitsig is ongelooflik met die blokke ryp, geel, ryslande en die blink rivier wat onder jou verby spoel.

 

 

 

DSCF7256

 

 

 

8931 1116119430616 1455884910 315170 3712452 n

 

 

 

DSCF7262

 

 

 

DSCF7267

 

 

 

Die rit was net hopeloos te vinnig verby en my landing was nie so sag soos hulle belowe het nie. Die ou het die sandbank gemis en my in ‘n hoop klippe tot stilstand gebring!

 

 

 

DSCF7259

 

 

 

Na die hele affรชre is ons na ‘n ander deel van die rivier om kwansys te river raft, maar die ouens het nie ‘n idee wat ‘n rapid is nie! Dit was eerder ‘n glorified kanoe trip in ‘n raft, maar dit was tog ook pret! Ons het maar resies gehou en geswem vir wat dit werd was.

 

 

 

DSCF7391

DSCF7400

 

 

 

 

 

 

 

 

 

DSCF7374

DSCF7377

 

 

 

 

 

 

 

 

 

Droog aangetrek is ons weer terug op die bus met die hoop dat ons 9pm in Seoul sal wees, wat beteken ek is so 1am by my huis. Ek sal mos so gelukkig wees…

 

Die ergste verkeer wat ek nog beleef het en ons stop 5ure later (half 12) by die subway stasie. Ons is toe maar met die subway treinstasie toe, maar die eerste trein huistoe was eers 6am! Nodeloos om te se, dit was ‘n baie laaaaang Maandag en om op ‘n treinstasie te sit en wag was nie juis lekker nie.

 

All in all, was dit nie te bad nie (ek was bietjie teleurgestel oor daar nie rerig enige adrenalien by betrokke was nie), maar ek doen dit nooit weer aan myself om so ver te reis vir ‘n dag nie! So vind ek toe ook later uit dat hier ‘n plek is waar mens kan paraglide in my stad! Nice!

 

 

 

DSCF7403

Advertisements

45 Responses to “Vryheid”


  1. 1 roer
    September 24, 2009 om 9:14 nm

    Laat daar nooit gese^ word Kaalvoet is nie braaf nie.

  2. September 24, 2009 om 10:06 nm

    Wow! Jy IS avontuurlustig! Sou self nie omgegee het nie, maar ek dink daardie valskerms lyk so bietjie skraal vir hierdie groot lyf van my…
    Pragtige foto’s uit die lug – regtig mooi! Wil nog graag self Gangwando besoek.

    “(ek was bietjie teleurgestel oor daar nie rerig enige adrenalien by betrokke was nie)” ๐Ÿ˜ฏ
    Geen adrenalien om so hoog in die lug te sweef nie? WAT laat jou adrenalien vloei?

    Terloops, Pyeongchang het sopas die derde keer hulle voorstel ingesit om die Winter Olimpiese Spele aan te bied (2018). Dis die derde keer wat hulle probeer. Koreane vat ook nie nee vir ‘n antwoord nie!

    • September 24, 2009 om 10:30 nm

      Daar was ‘n ou wat groter is as jy wat afgegaan het, maar hulle doen dan net nie toertjies oppad af nie.

      Absoluut geen adrenalien nie Boer…dis soos om in ‘n vliegtuig te sit…net lekkerder!
      Wat laat my adrenalien vloei vra jy…spoed en free falling…
      Wil nog by die Daegu toring afspring as jy wil saamkom, al is dit net om foto’s te neem ๐Ÿ˜‰

      Ja, shame die arme plek mis ook elke slag die Winter Olimpiese spele.

  3. September 24, 2009 om 11:32 nm

    Dit lyk baie mooi van daar bo af ๐Ÿ™‚ en jy’s baie braaf.

  4. September 24, 2009 om 11:59 nm

    Hemel, ek wonder ook soos BiB – geen adrenalien??!! Dis ook nog op my bucket list: – paragliding, afspring by Tsitsikama (ek het Gourits klaar gedoen) en ten minste een valskermsprong, tandem ook, as dit dan nou moet. ๐Ÿ™‚

    Ek het hoogtevrees en terselfdertyd ‘n vreeslike fascination met hoogtes – ja ja, ek weet dis weird ๐Ÿ˜‰

    • September 25, 2009 om 12:18 vm

      Ek het ook Gourits gedoen en wil nog by Bloukrans gaan spring! Ek het reeds die details van ‘n plek in Pta wat skydiving doen, so voor ek die Kaap slaan in Mei maak ek eers daar ‘n draai!
      As mens eers die adrenalien van bungi ervaar het is paragliding soos flou, koue, koffie!
      Mense wat hoogtevrees het doen beter met valskerm spring omdat dit so hoog is en jou diepte persepsie verlore gaan.

  5. September 25, 2009 om 2:11 vm

    Ek is bly jy het jou oomblik van vryheid geniet, maar nee, hou verby! Ek verkies moederaarde! ๐Ÿ˜†

    Mooi foto van jou so in die lug. ๐Ÿ˜‰

  6. September 25, 2009 om 9:14 nm

    Oeg… WoW…. Jissie ek is nou speechless want dit lyk ongelooflik mooi en lekker! Ek hou nie van hardloop nie, in teendeel is dit algemene kennis dat ek glo ‘n mens hol net as iets jou jaag… maar om van die beg af te kom is verseker die moeite werd… Die enigste tyd wat ek dit dan sal doen!

  7. September 28, 2009 om 4:41 nm

    Lekker! Jy het meer guts as ek!

  8. 11 kyker
    September 30, 2009 om 2:02 vm

    Ek het nog altyd gewonder hoe dit moet voel om met een van hierdie slap goeters in die lug op te gaan. Nou weet ek (dink ek).

  9. Oktober 1, 2009 om 8:05 nm

    I don’t know If I said it already but …I’m so glad I found this site…Keep up the good work I read a lot of blogs on a daily basis and for the most part, people lack substance but, I just wanted to make a quick comment to say GREAT blog. Thanks, ๐Ÿ™‚

    A definite great read..Jim Bean

  10. Oktober 5, 2009 om 10:02 nm

    Dit lyk na groot pret. Ek wou dit ook gaan doen het, maar my werkslading het my nog nie kans gegee nie. Ek hoop ek kan dit doen voor die Winter aanbreuk.

  11. Oktober 7, 2009 om 2:31 nm

    Hel dit lyk lekker. EK IS JALOERS! Nie net groen nie, sommer amper swart!

  12. Oktober 8, 2009 om 12:35 vm

    Wat gebeur as ‘n mens ophou om te hardloop teen die berg af? soos in as jou bene jellie word en jy kan nie meer nie, of jy verstar?

    • Oktober 8, 2009 om 1:25 vm

      Mens hoef nie ver te hardloop nie, maar as jy sou briek het jy probleme, want dan duiwel daai valskerm vooroor en sien jy dalk vinniger die grond as wat jy wou. Daar’s nie tyd vir terughou nie, daarvan maak hulle seker en dis eintlik heel bevrydend as mens eers aan die hardloop is! Onthou die valskerm hou jou terug, so dit voel nie of jy sommer net gaan afhardloop en jou einde teekom nie! Eintlik heel boring gewees, maar die moeitewerd vir die uitsig!

  13. Oktober 8, 2009 om 12:57 vm

    Ek dink nie KV se bene raak sommer jellie nie. ๐Ÿ˜‰

  14. Oktober 8, 2009 om 2:07 vm

    Sjoe! Pragtige foto’s! Ek was baie braaf – as student – en het saam met ‘n groep van 8 (studente maats) gaans pring – Wonderboom lughawe – dit was heeeeee—eeerlik! Ek was natuurlik net vrek bang..die oomblik voor ek moes spring…maar toe ek eers uit die vliegtuig is, toe is dit een besonderse oomblik wat jy nie aan iemand kan beskryf nie. Jy voel absoluut vry “daar bo” en dit was ‘n belewenis net om daar rond te “hang” en om jou te kyk. Die stilte bly my nog steeds by, ek het nog nooit weer daardie stilte beleef wat jy ervaar as jy daar rondsweef nie.

  15. Oktober 8, 2009 om 12:16 nm

    Hi Nikita! Ek wil juis by Wonderboom gaan sky dive…
    Die stilte is iets besonders en hou darem bietjie langer aan as wanneer mens bungee ๐Ÿ˜‰

  16. 27 ekwilprobeer
    Oktober 8, 2009 om 5:46 nm

    โ€˜n Bietjie blog advertensie.

    Wie gaan die jaar die Curriebeker wen?

    Bereid om jou mening te waag en dalk R200 vir liefdadigheid op te dok?

    http://loseitofhoesdit.wordpress.com/

  17. Oktober 8, 2009 om 10:36 nm

    Nee ek dink ook nie Kaalvoete se bene sal jellie word nie, ek het meer aan myself gedink. Ek het een keer ge-skydive – op my eie – maar die lyn trek oop as jy uitspring. jy moet steeds die ding self stuur, en glo my jy moet STUUR.

    kom ons se maar net: neeeeeeeeeeeeee nooit weer nie. wassie lekker nie. boeklees is beter ๐Ÿ˜†

  18. Oktober 9, 2009 om 10:11 nm

    Kaalvoete…mens kan tandem, daarvoor is maar in opleiding,
    Dan kry jy so daglange opleiding, jy spring SELF uit, maar die lyn is staties, wat beteken hy maak self oop, maar mens hang nie net aan hom nie, Jy moet hom stuur, anders land jy ver van die plek is waar jy moet land.

    Daar is twee “toue” bo jou kop wat jy soort van trek, links en regs dan draai hy. Dis simpel, want as jy links trek draai jy regs en vice versa ๐Ÿ˜†

    Ek het dit eintlik gedoen om te kyk of sal ek spring. wel ek het, ek sal nie weer nie ๐Ÿ˜†

    Maar go for it, dit is iets wat jy sal geniet. En dit neem nogal ‘n rukkie hoor, mens is nogals lank daarbo.

    En as jy dit mooi bemeester het doen jy die vryval.

  19. Oktober 9, 2009 om 10:13 nm

    O ja, moenie worrie nie, daar is meters aan die valskerm wat altitute meet. Al gebeur iets en jy kry n blackout, of die eerste een maak nie mooi oop nie.

    Die tweede een maak outomaties oop as niks gebeur het op ‘n sekere hoogte nie. Dis is so by goeie skole.

    • Oktober 10, 2009 om 12:16 vm

      Ek wil nie 10 spronge doen voor ek kan free fall nie! Huh-uh…daarvoor is ek te ongeduldig! Sal maar tandem, maar net as ek kan free fall, anders sal ek dit ook alleen doen!

      • Oktober 10, 2009 om 5:33 vm

        Jy sal die tandem moet doen – as jy nie geduld het nie…ek dink dit is scary om free fall vir jou eerste sprong te doen – of net die wete! ๐Ÿ™‚

        • Oktober 10, 2009 om 7:19 nm

          Oe nee, dit klink exciting! Dis juis hoekom ek dit wil doen…nie vir die luilekker rondsweef nie :mrgreen:

          • Oktober 10, 2009 om 7:44 nm

            Haha…ek verkies die rondsweef…as ek kon, sou ek die hele dag met ‘n valskerm rondsweef net om die stilte te beleef en die natuur te geniet in daardie stilwees-oomblikke. Het jy al bo-op ‘n baie hoe berg toe-oe gele en luister na die bergwind en die stilte…dis wat ek wil he…so vir ‘n maandlank..net rondsweef op verskillende plekke…”exciting” het ek genoeg van “hier onder” LOL!

            • Oktober 11, 2009 om 1:00 vm

              Ek hoor wat jy se Nikita, maar met vryval is daar net soveel stilte, glo my! Dit was net te gou verby met die bungee, maar dis daar. Die excitement wat ek hier onder beleef is meer chaos as iets anders… daar bo is daai chaos nie daar nie!

    • Oktober 10, 2009 om 5:32 vm

      Dit moet die meer “moderne” valskerms wees…ek dink ek het met ‘n 19toet-valskerm gespring..haha

  20. Oktober 12, 2009 om 8:06 nm

    Woooooowwww dit lyk ongelooflik! Lekkerrrr! ๐Ÿ™‚


Lewer kommentaar

Verskaf jou besonderhede hieronder of klik op 'n logo om in te teken:

WordPress.com Logo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by WordPress.com. Log Out / Verander )

Twitter picture

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Twitter. Log Out / Verander )

Facebook photo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Facebook. Log Out / Verander )

Google+ photo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Google+. Log Out / Verander )

Connecting to %s


Kalender

September 2009
M D W T V S S
« Aug   Okt »
 123456
78910111213
14151617181920
21222324252627
282930  

Wie’s hier…

counter

Van waar gehasie?

Waar is wat?

Flickr Kiekies

DSCF1460

DSCF1458

Yeosu 3 Okt 253

Yeosu 3 Okt 251

More Photos

waarnatoe volgende...

  • Geen

Blog Statistieke

  • 44,299 houe
Page copy protected against web site content infringement by Copyscape

Bladsye


%d bloggers like this: