Archive for Desember, 2009

31
Des
09

Voorspoedige nuwejaar

Mag elkeen van julle ‘n voorspoedige 2010 beleef wat jul wildste drome oortref!

Laat los al die slegte en negatiewe dinge van 2009 en bou aan nuwe en mooi dinge in 2010!

Geniet die laaste paar uur van 2009!

22
Des
09

13 goeters

 

Demoerin het my getag om 13 goed wat julle nie weet/dalk weet hier neer te pen. Ek weet nie of ek by 13 gaan uitkom nie en sal dalk bietjie kreatief moet raak 😉

 

  1. Ek het ‘n tongring…dit was ‘n dare uit my studente dae en ek is mos nie bang nie.
  2. Ek het ‘n tatoo van ‘n naaldekoker op my laerug – ‘n going away geskenk toe ek klaar geswot het.
  3. Ek rook.
  4. In Korea staan ek in die week nooit voor 12 op nie. Ek begin eers 3uur werk.
  5. Bloed en derms gross my nie uit nie, maar sommige kosse doen. Ek is vol nonsens en ek kan dit nie help nie. As ek by mense kuier wat ek nie rerig ken nie sal ek wel oë toeknyp en eet wat op my bord is.
  6. Ek is mal oor chocolate mouse.
  7. Ek haat dit om kos te maak.
  8. Ek het al gebungee en saam met great whites geswem.
  9. Ek het ‘n week terug getrek en bly nou op ‘n eiland.
  10. Ek hou van teken en skilder, maar is op die oomblik te lui.
  11. Ek is NIE ‘n oggendmens NIE!
  12. Ek hou daarvan om mense te treat.
  13. Ek gaan nog leer kitaar speel.

 

Dis vir eers dit. Hierdie kant van die aarde is dinge maar stil en rustig en dit voel nie eers soos Kersfees nie. Almal werk nog tot die 24e en die 28e is ons maar weer op ons pos.




Kalender

Desember 2009
M D W T V S S
« Nov   Jan »
 123456
78910111213
14151617181920
21222324252627
28293031  

Wie’s hier…

counter

Van waar gehasie?

Waar is wat?

Flickr Kiekies

DSCF1460

DSCF1458

Yeosu 3 Okt 253

Yeosu 3 Okt 251

More Photos

waarnatoe volgende...

  • Geen

Blog Statistieke

  • 44,021 houe
Page copy protected against web site content infringement by Copyscape

Bladsye