22
Des
09

13 goeters

 

Demoerin het my getag om 13 goed wat julle nie weet/dalk weet hier neer te pen. Ek weet nie of ek by 13 gaan uitkom nie en sal dalk bietjie kreatief moet raak 😉

 

  1. Ek het ‘n tongring…dit was ‘n dare uit my studente dae en ek is mos nie bang nie.
  2. Ek het ‘n tatoo van ‘n naaldekoker op my laerug – ‘n going away geskenk toe ek klaar geswot het.
  3. Ek rook.
  4. In Korea staan ek in die week nooit voor 12 op nie. Ek begin eers 3uur werk.
  5. Bloed en derms gross my nie uit nie, maar sommige kosse doen. Ek is vol nonsens en ek kan dit nie help nie. As ek by mense kuier wat ek nie rerig ken nie sal ek wel oë toeknyp en eet wat op my bord is.
  6. Ek is mal oor chocolate mouse.
  7. Ek haat dit om kos te maak.
  8. Ek het al gebungee en saam met great whites geswem.
  9. Ek het ‘n week terug getrek en bly nou op ‘n eiland.
  10. Ek hou van teken en skilder, maar is op die oomblik te lui.
  11. Ek is NIE ‘n oggendmens NIE!
  12. Ek hou daarvan om mense te treat.
  13. Ek gaan nog leer kitaar speel.

 

Dis vir eers dit. Hierdie kant van die aarde is dinge maar stil en rustig en dit voel nie eers soos Kersfees nie. Almal werk nog tot die 24e en die 28e is ons maar weer op ons pos.

Advertisements

28 Responses to “13 goeters”


  1. Desember 22, 2009 om 11:56 nm

    Ai, ek wil ook leer kitaar speel. Altemit viool en sax ook. Droom kan el seker droom.

    • Desember 23, 2009 om 9:50 nm

      My broer is een van daai mense wat ‘n instrument optel en ‘n paar weke later kan hy dit speel. Hy het klavier op skool gehad en intussen het hy homself, kitaar, mondfluitjie en viool leer speel!!! My vingers is maar dom met die kitaar, maar met oefening sal ek seker regkom. Ek moet net eers uitfigure of ek links of regsom moet speel. Ek is links, maar kan omtrent net links skryf!

  2. Desember 23, 2009 om 2:51 vm

    Hallo,Kaalvoet, baie lanklaas met jou gesels. Deesdae is ek soos straatsmouse in SA, net waar jy jou draai, is ek ok, so, hallo, van die bitter warm, vrskriklik sonnig Vrystaat.
    Is vrek nuuskierig om te weet wat jy werk, as jy so gelukkig is middag werk toe te gaan?
    Mag jy daar in die vreemde, sommer uit jou sokkies gebless word, op Kersdag.
    Die Kind is nie gebore vir net een plek of een land nie. Maar vir elke mens.

  3. Desember 23, 2009 om 6:21 vm

    Eiland? Lekker man, klink eksoties.
    Ek is so jaloers oor nommer 8, dit moes ‘n helse belewenis gewees het.
    …en laastens ek self is nie ‘n oggendmens nie.

  4. Desember 23, 2009 om 2:41 nm

    Ek het darem al die bungee gedoen, meer as een keer… maar daardei Great Whites wink nog op my bucketlist…. o ja, en die leer kitaar speel. Ek dink ons sal maar almal vir Sonnie ‘n kans gee om goed te oefen, en dan kan sy ons almal leer, maklik-maklik.
    Op ‘n eiland sê jy…. is daar palmbome op die strand en hangmatte………

  5. Desember 23, 2009 om 7:32 nm

    Sjoe… TWAALF UUR 😯

    SA tyd, of jou tyd? Hoe laat gaan slaap jy dan ❓

  6. Desember 23, 2009 om 9:48 nm

    Jip, 12uur…ek staan nie regtig op nie, ek word net wakker en staan dan 1pm op 😉
    So, tegnies word ek 5am SA tyd wakker en staan 6am op!

    Ek gaan slaap min voor 2am, maar in die week ook nie sommer later as 3am nie!

  7. Desember 23, 2009 om 10:11 nm

    Ek’s te chicken vir baie dinge op jou lysie, maar ek bly darem ook op ‘n eiland :-).

    Geseende Christusfees vir jou daar in die vreemde en ‘n great 2010!

  8. Desember 23, 2009 om 11:37 nm

    Jy klink na ‘n interessante, avontuurlike, eksentrieke wese. 8)

    NS: Ek dink jy moet weer teken en werf. En ek’s ernstig.

  9. Desember 24, 2009 om 12:31 vm

    Ja, gaan teken op jou werf. 😆

    Nee, suster, great whites…? 😯

    • Desember 24, 2009 om 12:47 vm

      Dit was amazing! Die foto’s was tussen al my SA foto’s wat ek destyds verloor het…maar die goeie nuus is dat ek laasweek van die goed recover het en al meeste van my haaifoto’s is daar, so ek sal nog kom wys!

  10. Desember 24, 2009 om 4:54 nm

    Ek hoop jou Feestyd is nie so eensaam daar in die verste ver nie! Mag jy omring word deur happiness en liefde en alles wat die lewe die moeite werd maak!!!!

    Geseende Kersfees vir jou kaalvoet kind! :mrgreen:

  11. 22 Mefri
    Desember 24, 2009 om 5:46 nm

    Geseënde Kersfees Kaalvoetjies

  12. Desember 24, 2009 om 8:57 nm

    Dankie julle! Ek gaan darem die dag saam met ander spandeer, so die keer nie op my eie nie!
    ‘n Geseende Kersfees vir almal wat hier lees ook!

  13. Desember 25, 2009 om 5:34 vm

    Geseende Kersfees vir jou ook!

  14. Desember 31, 2009 om 12:02 vm

    ‘n Belated geseende Kersfees and ja, explore en wys ons ‘n bietjie van daai eiland.

  15. Desember 31, 2009 om 7:50 vm

    haai daar,

    ek stem oor nr 7, 11 en 12!

  16. Desember 31, 2009 om 7:51 vm

    oja bloed en derms en baie andeer sulke goed is niks vir my nie, maar laat ek nou haar, net een sien in ‘n wasbak of enige ander plek en ek hol weg!


Lewer kommentaar

Verskaf jou besonderhede hieronder of klik op 'n logo om in te teken:

WordPress.com Logo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by WordPress.com. Log Out / Verander )

Twitter picture

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Twitter. Log Out / Verander )

Facebook photo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Facebook. Log Out / Verander )

Google+ photo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Google+. Log Out / Verander )

Connecting to %s


Kalender

Desember 2009
M D W T V S S
« Nov   Jan »
 123456
78910111213
14151617181920
21222324252627
28293031  

Wie’s hier…

counter

Van waar gehasie?

Waar is wat?

Flickr Kiekies

waarnatoe volgende...

  • Geen

Blog Statistieke

  • 44,533 houe
Page copy protected against web site content infringement by Copyscape

Bladsye


%d bloggers like this: