19
Jan
10

Rondte nommer 3

DSCF9101

 

 

 

Ek weet ek was vir lank baie stil hier op my blog en ek het my redes, maar ek gaan julle nie met die detail verveel nie.

 

 

Ek is alweer by ‘n nuwe skool (dank Vader) en so ook ‘n heel nuwe provinsie en stad. Ek het in Desember hier begin en was dus nie SA toe nie, maar ek sal oorleef. Ek bly tans op ‘n eiland, Geoje-do, maar die is darem verbind aan die vaste land op een plek met ‘n brug en hulle is besig met die konstruksie van ‘n baie groter en langer pa na die groot hawestad Busan. Hulle beweer dat die 8.2 km lange brug in 2010 gaan klaar wees, maar intussen maak ek gebruik van ‘n bootrit van 45 min om tot in Busan te kom. Om padlangs te ry op die stadium sal amper 4 ure neem, so ek trotseer eerder die water en maak my seebene sterk 😉

 

 

 

DSCF9105

 

 

 

Geoje-do het omtrent so 200 000 inwoners waarvan hier heelwat buitelanders is as gevolg van die skepe wat hier gebou word. Ek bly in Okpo wat dan ook die tuiste vir die Daewoo skeepswerf is en dit is groter as wat dit op die oogaf lyk. Die Samsung skeepswerf is so 15 min van my af met die taxi en die is nog groter. Dis vreemd om heeltyd in buitelanders vas te loop, maar die meeste dink ek is maar Russe en hier is ook heelwat uit Frankryk.

 

 

 

DSCF9095

 

 

 

Wat dit so lekker maak met al die uitlanders is dat mens hier produkte kry wat mens nie sommer of soms glad nie op ander plekke in Korea kry nie, soos fetakaas en blokke regte kaas, nie hierdie aaklige plastiek lappies nie. Hier is ook oats en speserye wat ek nie eers geweet het bestaan nie. Ek probeer maar uit die winkels bly wat dit verkoop, want natuurlik kom dit ook teen ‘n prys en ek sal so blok kaas in ‘n dag opeet!

 

 

Met die koue wat ons sover hier beleef het was ek nog nie rerig veel verder as Okpo nie, maar hier is heelwat strande en ander eilande wat deel uitmaak van Geoje. Daar is ook bootritte om die eiland, maar die sal ek waag na Februarie as dit weer warmer word. Ek sien veral uit om die eiland Oedo te besoek, want dit is ‘n baie bekende botaniese tuin met ‘n interessante geskiedenis, maar ek sal vertel as ek daar was.

 

 

 

DSCF9105

 

 

 

Vir nou probeer ek net die winter oorleef en ek herstel nog van al die stres wat gelei het tot Japan. Ek sal volgende keer daaroor ietsie skryf en ‘n paar bevrore foto’s van Fukuoka ingooi.

 

 

 

DSCF9092

Advertisements

7 Responses to “Rondte nommer 3”


  1. Januarie 20, 2010 om 12:55 vm

    Die see daar lyk so stormagtig soos die see hier by ons :-). Kan nie wag om te sien hoe dit daar lyk nie. Pragtige foto’s

  2. Januarie 20, 2010 om 10:14 nm

    Going to work on a boat? Living on an island? Well, Here we are. Boring car, boring traffic, bumper to bumper, forward, stop, forward, stop, on and on…Some peope have all the good things in live. Even real cheese! Ha Ha.

    BTW Is fotos 1 and 5 van Okpo of van Geoje in algemeen?

    • Januarie 21, 2010 om 12:15 vm

      Well I don’t actually take a boat to work, but if I want to get off the island the fastest way is the ferry. All the above mentioned photo’s are of Okpo, but hopefully soon enough I will be able to see some more of Geoje.

  3. Januarie 20, 2010 om 11:28 nm

    Hoop regtig jy’s gelukkig op die eiland…how lucky can you get! 🙂

    Jy moet tog een of ander tyd vertel van die skeepswerwe. Nuuskierig wat ek is, het ek bietjie op die internet gesoek en toe lees ek dat Korea die grootste skeepsbouers in die wereld is – hulle bou meer skepe as alle ander lande gekombineerd! Blykbaar is Hyundai se werf in Ulsan die grootste in die wereld en voltooi ‘n skip elke 4 dae!!!

    • Januarie 21, 2010 om 12:17 vm

      Dis vrek baie skepe as mens kyk hoe groot daai goed eintlik is. Wel, die ene hier by my (Daewoo) weet ek, is die 3e grootste een en mens sien eers werklik hoe groot dit is as mens die grootpad Jungseungpo toe vat. Absoluut amazing!

  4. Januarie 21, 2010 om 6:51 nm

    Cool! Bly om te sien jy het alles sommer weer in n japtrap uitgesorteer! 😉

  5. Januarie 22, 2010 om 2:26 nm

    WOW, ek stem saam met BiB, jy moet ons meer van die skeepswerwe vertel. Klink baie interessant. Ek hoop jy is gelukkig op die eiland, en is seker die ander lesers kan nie wag dat dit by jou warm word sodat jy kan gaan explore nie.


Lewer kommentaar

Verskaf jou besonderhede hieronder of klik op 'n logo om in te teken:

WordPress.com Logo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by WordPress.com. Log Out / Verander )

Twitter picture

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Twitter. Log Out / Verander )

Facebook photo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Facebook. Log Out / Verander )

Google+ photo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Google+. Log Out / Verander )

Connecting to %s


Kalender

Januarie 2010
M D W T V S S
« Des   Mar »
 123
45678910
11121314151617
18192021222324
25262728293031

Wie’s hier…

counter

Van waar gehasie?

Waar is wat?

Flickr Kiekies

DSCF1460

DSCF1458

Yeosu 3 Okt 253

Yeosu 3 Okt 251

More Photos

waarnatoe volgende...

  • Geen

Blog Statistieke

  • 44,299 houe
Page copy protected against web site content infringement by Copyscape

Bladsye


%d bloggers like this: