29
Apr
10

Oedo paradys

P4030190

 

 

Oedo is ‘n klein eiland wat deel uitmaak van Geoje, waar ek tans bly. Dis ‘n botaniese tuin wat in die Hallyeo Haesang nasionale park gelee is en mens kan slegs toegang daartoe verkry met ‘n boot vanaf Geoje.

 

 

 

P4030006

P4030068

 

 

 

 

 

 

 

 

Lee Chang Ho en sy vrou het in 1969 na die eiland toe getrek waar hulle begin het deur sitrus aan te plant en om met varke te boer. Dit het egter misluk en het sy vrou begin om inligting oor botaniese tuine reg oor die wereld te versamel. So het hulle dan begin om die klein eiland in ‘n tuin te omskep wat vandag meer as 3000 plantspesies huisves. Die eiland is ook die eerste wat onder privaatbesit was in Korea en is eers in 1995 vir die publiek oopgestel.

 

 

 

P4030079

P4030102

 

 

 

 

 

 

 

 

P4030120

P4030200

 

 

 

 

 

 

 

 

 

 

 

 

P4030114

P4030130

 

 

 

 

 

 

 

 

Ongelukkig kan mens nie meer as 90 minute daar spandeer nie, maar dis verseker die moeitewerd om te besoek. Die klassieke musiek wat gespeel word maak mens nog rustiger in hierdie moderne paradys. Daar is ook ‘n klein restaurant waar mens rustig kan sit en ietsie geniet, terwyl jy oor die see uitkyk, maar ons het ongelukkig nie tyd daarvoor gehad nie. Daar is ook ongelooflike beeldhouwerke wat oral vir jou loer, asook ‘n klein kerkie wat uitkyk oor die see en weg van al die mense.

 

 

 

P4030161

P4030162

 

 

 

 

 

 

 

P4030170

 

 

 

P4030108

P4030136

 

 

 

 

 

 

 

 

Dis ‘n plek wat ek verseker weer sal besoek, al is dit net om daar koffie te gaan drink 😉

 

 

 

P4030193

Stairway to Heaven

 

 

 

P4030191

Die bekendste uitleg op die eiland

 

 

 

P4030183

Die ruwe kuslyn van Oedo

P4030234

Vanaf die Stairway to Heaven

P4030210

Kerk

Advertisements

18 Responses to “Oedo paradys”


  1. 1 Thea
    April 30, 2010 om 12:15 vm

    Wow!! ‘n Paradys is dit beslis! Ongelooflik mooi!!

  2. April 30, 2010 om 4:27 nm

    Hoekom mag jy nie langer as 90 minute daar bly nie?

  3. April 30, 2010 om 11:02 nm

    Voorwaar ‘n paradys en daai kerkie lyk na die ideale plek vir ‘n troue…maar die gaste sal net 90 minute kan bly. 😆

  4. Mei 1, 2010 om 12:29 nm

    Dit lyk amazing daar en jou foto’s is pragtig soos altyd. 90min klink nie baie nie, maar ek sal nogal nie omgee om 90min van stilte en mooi musiek te he nie

  5. 6 christodewit
    Mei 3, 2010 om 9:43 vm

    Wow dit lyk awesome!

  6. 7 René Boshoff
    Mei 11, 2010 om 5:56 nm

    Lol@Boertjie – dis wat ek ‘n quicky(troue) noem! 🙂

    Dis regtig baie mooi Kaalvoetjies!!

  7. Mei 25, 2010 om 1:10 nm

    Yow, hierdie mense is serious tuiniers. Nie juis weekend warriors nie.

  8. Mei 30, 2010 om 7:22 nm

    Pragtig, net toe ek dink hulle wou seker ‘n klein “Tuin van Eden” geskep het, sien ek jou byskrif…”stairway to heaven” 🙂 Daar is seker heelwat tuin-werkers/tuiniers in die plek wat die tuine so deurentyd pragtig hou en versorg.

  9. 11 rianabrand
    Junie 1, 2010 om 8:57 nm

    Jy het jouself weer oortref ou girl…besonderse mooi foto’s en natuurlik die vertelling daarby maak dit lekker lees momente. Dankie.

  10. Junie 3, 2010 om 5:38 vm

    Ek sal wat wou gee om daar te kon rondstap. Werklik ‘n pragtige paar kiekies Kaalvoet.

  11. Junie 3, 2010 om 3:04 nm

    WOW dis mooi daar! Waarlik ‘n verlore paradys.

  12. 14 kyker
    Junie 7, 2010 om 1:55 vm

    Dit lyk na ‘n unieke plek. Jou foto’s vang altyd die mooi in dinge so goed raak.

    Dit lyk of daar nog baie ander klein eilande daar in die omgewing is. Ek wonder wat mens alles daar kan gaan doen en besigtig?

    • Junie 7, 2010 om 1:36 nm

      Dankie vir die inloer almal.

      @Kyker, hier is heelwat ander eilande ook, maar die publiek het nie noodwendig toegang tot almal nie. Daar is juis ‘n ander een nie ver van Oedo af wat ek nog wil besoek.

  13. Junie 12, 2010 om 2:33 nm

    Stunning blog….ex pat now living in Australia and will come visit you often:)
    Mal oor die foto’s.
    Amanda
    oxo

  14. Julie 4, 2010 om 6:45 vm

    Die naam paradys werd!

  15. 18 BB
    Julie 15, 2010 om 10:28 nm

    …en daar loop ek jou op ‘n ander blog ‘raak’ en ek dog “gits!!! hoe kon ek vergeet het om jou op my fav’s te sit??!! 🙄 (het major ‘crash’ beleef en daarna was contacts en bloggers en connections nooit weer dieselle nie. Ah well – slowly but surely… en nou sit ek hier en kyk en lees en als is afterall nog net dieselle… beautiful pics – awesome info – die hoop sal nooit beskaam as ek hier inloer nie… ek het so ‘n bewondering vir mense soos dié couple wat die vision gehad het om so iets tot stand te bring. Dis beyond awe-inspiring!!


Lewer kommentaar

Verskaf jou besonderhede hieronder of klik op 'n logo om in te teken:

WordPress.com Logo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by WordPress.com. Log Out / Verander )

Twitter picture

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Twitter. Log Out / Verander )

Facebook photo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Facebook. Log Out / Verander )

Google+ photo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Google+. Log Out / Verander )

Connecting to %s


Kalender

April 2010
M D W T V S S
« Mar   Jun »
 1234
567891011
12131415161718
19202122232425
2627282930  

Wie’s hier…

counter

Van waar gehasie?

Waar is wat?

Flickr Kiekies

waarnatoe volgende...

  • Geen

Blog Statistieke

  • 44,415 houe
Page copy protected against web site content infringement by Copyscape

Bladsye


%d bloggers like this: