26
Jun
10

6.25.2010

Picture 082

 

 

 

Vandag is Vrydag, 25 Junie, 2010. Vir baie beteken dit die einde van ‘n lang week en ‘n naweek van rus wat voorle. Vir ander beteken dit nog ‘n dag vol oorverdowende vuvuzela’s en die ondersteun van hul gunsteling sokkerspan.

 

In Korea beteken dit vandag, bo al die bogenoemde, die 60e herdenking van die Koreaanse oorlog. Op 25 Junie, 1950 het Noord-Korea die Suide binnegeval en met die hulp van China en die Soviet Unie, verwoesting gesaai oor die hele peninsula. Die Suide het egter steun van die VN ontvang en so het hulle die magte van die Noorde weer teruggedryf tot by die 38e parallel, wat vandag nog een van die gevaarlikste grenssones in die wereld is.

 

 

 

Picture 094

Picture 112

 

 

 

 

 

 

In 1953 was daar na twee jaar se onderhandelings ‘n skietstilstand, maar ‘n vredesooreenkoms tussen die twee Korea’s was nooit onderteken nie wat beteken dat die Noorde en Suide vandag nog, strenggesproke, teen mekaar oorlog maak.

 

 

 

Picture 116

 

 

Dis egter nie net die herdenking van die Koreaanse oorlog vir die Koreane nie, maar ook ‘n herdenking van wat hulle as nasie als in die afgelope 60 jaar bereik het. Soos ‘n phoenix het hulle uit die as van die oorlog opgestaan en die land van niks af opgebou tot waar dit vandag is. Ek kan nie help om my te verwonder aan alles wanneer ek deur die eens verwoeste strate van groot stede stap en sien wat als opgerig is in so kort tydjie nie. So asof daar nooit ‘n oorlog was nie. Hier en daar in ou dele van sekere stede is daar egter nog oorblyfsels van die oorlog sigbaar.

 

Soos almal sekerlik weet loop die spanning op die stadium nog hoog tussen die twee Korea’s as gevolg van die aanval op die Suid-Koreaanse Chonun skip op 26 Maart. Die Suide is egter heel kalm oor die voorval, terwyl die Noorde hulle nog steeds op alle moontlike wyses tart.

 

Die kans op ‘n volskaalse oorlog, dink ek, is egter uiters skraal, want die Suide het alles om te verloor, maar die Noorde aan die anderkant niks en daarom dan die gedurige aanslae om die Suide te probeer aanhuts. Ek weet regtig nie wat hul idee agter die speletjie is nie en dalk is dit bloot net om te se: “Hey, ons is nog hier en ons is ‘n bedreiging vir alles waaraan julle so hard gewerk het die afgelope 60 jaar.”

(Vir meer detail oor die oorlog, gaan lees gerus by BiB meer daaroor)

 

Net ‘n paar foto’s van die DMZ (gedemilitariseerde sone op die 38e parallel) hier bo, tussen die Noorde en Suide wat ek ‘n hele ruk terug besoek het asook foto’s van die eens besige POW kamp hier op Geoje eiland, wat nou in ‘n opvoedkundige park omskep is.’ Die park kry heelwat besoekers van alle ouderdomme en ek kon nie help om te wonder wat deur elke man en vrou se kop gaan wat oud genoeg is om dit te moes ervaar nie. Die gesigsuitdrukkings wanneer hulle deur die sale stap vertel egter sy eie hartseer storie.

 

 

 

P5080125

P5080131

 

 

 

 

 

 

 

 

P5080168

P5080149

P5080154

 

 

 

 

 

 

 

 

P5080201

P5080236

P5080292

Advertisements

13 Responses to “6.25.2010”


  1. Junie 26, 2010 om 4:55 vm

    Dankie vir hierdie interessante inligting. Ek het nogal gewonder oor veral Noord-Korea. Ek het hulle so jammer gekry met die sokker, want mens kon sien hulle probeer. Maar daar was ook nie juis ondersteuners vir hulle nie. Nou verstaan ek bietjie beter.

    • Junie 27, 2010 om 6:38 vm

      Ja, ek het ook maar die Noorde jammer gekry, maar hulle speel ook met ‘n heel ander motivering as enige ander span. As hulle nie perform na wense word daar allerhande goed met hulle aangevang wanneer hulle weer terug is in die Noorde. Ek is bly ek is nie in hul posisie nie.

  2. Junie 26, 2010 om 12:38 nm

    Dit was seker ‘n amazing ondervinding om deur die kamp te stap. Dankie vir die deel hiervan. (Lekker om weer ‘n blog van jou te lees :-))

  3. 5 Johann R
    Junie 27, 2010 om 3:59 nm

    Dit is beide ontspanned en leersaam om te lees van jou wedervaringe. Elke kiekie vertel ook ‘n hele verhaal. Dankie dat jy die oningeligtes inlig oor die lewe in daardie deel van die blou albaster 😉

  4. 6 kyker
    Junie 29, 2010 om 6:12 vm

    Ai tog. Oorlog is nooit mooi nie. Ek wonder nou: Was Noord- en Suid Korea ook eers basies dieselfde nasie, net soos Oos- en Wes Duitsland? In die twee Duitslande se geval vind ek dit verbasend hoe dieselfde nasie se mense, na hul gedwonge skeiding, twee heeltemal verskillende identiteite en kulture begin ontwikkel het na slegs ‘n paar jaar.

    • Julie 2, 2010 om 1:16 vm

      Ja, die Noorde en Suide was op ‘n tyd een Korea, maar was tydens die Japannese beheer verdeel in die Noordelike Kommunistiese en Suidelike kapitalistiese streke as ek dit nou so eenvoudig kan stel. Daar is egter nog hordes families wat tot vandag toe nog geskei is as gevolg daarvan en so once in a blue moon word daar mense gekies wat hul families weer vir ‘n tyd kan sien, maar hoe hulle bepaal wie se beurt dit is weet ek nie.

  5. 8 BB
    Julie 15, 2010 om 10:36 nm

    Ditto op my ander comment – jy bring darem ‘n ding so daghelder oor virre mens… ek was ‘n paar jaar terug weer op die ‘front’ en in die bomshelters van WWII – dis hoendervleis oomblikke as mens so met geskiedenis confront word… want uiteindelik is die visie tog maar altyd dieselfde (maak nie saak aan watter kant jy veg nie) – VVV – Vir Volk & Vaderland… en so probeer alle kante dit maar altyd regverdig – en maak dit uiteindelik tog amper ook maar nie meer sin – selfs vir die betrokkenes… in a nutshell: jou oeroupa-grootjie en my oeroupa-grootjie se girl afgevry – DIS hoekom ons families mekaar steeds passievol haat…
    Supercool inskrywing!

    • Julie 21, 2010 om 2:02 vm

      Dis lekker om jou weer hier te sien Beeps! Dankie dat jy nie heeltemal van my vergeet het nie 😉
      Die geleentheid om sulke plekke te besoek is besonders en ek is juis binnekort oppad na ‘n plek waar die geskiedenis my heel gaan insluk, maar ek sal kom vertel.

  6. Augustus 3, 2010 om 10:16 nm

    Dis sad, veral soos jy sê die Suide het hart gewerk, en kan alles verloor in ‘n oogwink.

  7. 13 Roer
    Augustus 25, 2010 om 11:57 nm

    Ek dink nie oorlog gaan altyd oor Volk en Vaderland nie. Mag en gierigheid is twee vieslike Duiwels.

    Hi Kaalvoetjies. 😉


Lewer kommentaar

Verskaf jou besonderhede hieronder of klik op 'n logo om in te teken:

WordPress.com Logo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by WordPress.com. Log Out / Verander )

Twitter picture

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Twitter. Log Out / Verander )

Facebook photo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Facebook. Log Out / Verander )

Google+ photo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Google+. Log Out / Verander )

Connecting to %s


Kalender

Junie 2010
M D W T V S S
« Apr   Nov »
 123456
78910111213
14151617181920
21222324252627
282930  

Wie’s hier…

counter

Van waar gehasie?

Waar is wat?

Flickr Kiekies

waarnatoe volgende...

  • Geen

Blog Statistieke

  • 44,533 houe
Page copy protected against web site content infringement by Copyscape

Bladsye


%d bloggers like this: