Archive for Maart, 2009

11
Mar
09

‘n Straatjie vir kuns

 

art street

 

 

 

Gwangju het ‘n baie bekende kunsstraat in die besigheidsentrum. Saterdae kan mens na al die briljante kunswerke gaan kyk, maar om een of ander rede hou die Koreane net mooi niks daarvan as mens foto’s neem nie. Weereens moes ek staatmaak op my skelmstreke, sodat ek dit met julle kan deel.

 

Al hierdie sketse is met inkleurpotlode gedoen en die detail is ongelooflik. Sommiges lyk selfs soos foto’s op ‘n afstand.

 

 

 

art street

Downtown mission(22Mrt) 048

Downtown mission(22Mrt) 052

Downtown mission(22Mrt) 053

Downtown mission(22Mrt) 054

Downtown mission(22Mrt) 068

Die volgende paar foto’s is op een vel papier gedoen, maar ek het sommiges afsonderlik afgeneem om ‘n beter beeld te kon kry. Ek reken die idee was om ‘n alledaagse item in ‘n fantasiewereld te omskep. Ek is mal oor hierdie werke!

Downtown mission(22Mrt) 070

Downtown mission(22Mrt) 076

Downtown mission(22Mrt) 075

 

 

 

 

 

 

 

 

 

 

 

 

Downtown mission(22Mrt) 078

Downtown mission(22Mrt) 079

 

 

 

 

 

 

 

 

 

 

 

 

Downtown mission(22Mrt) 081

Downtown mission(22Mrt) 080

 

 

 

 

 

 

 

 

 

 

 

 

Downtown mission(22Mrt) 083

Downtown mission(22Mrt) 091

In Korea word die kinders al van ‘n baie jong ouderdom aan die beste kunsopleiding blootgestel en dis verstommend wat die kinders al op skool leer en kan doen!

02
Mar
09

Oeosa tempel

 

DSCF2189

 

 

 

Ek het so twee weke terug die tempel gaan opsoek en was aangenaam verras. Die tempel is aan die voet van berg Unjesan en langs ‘n rivier gelee. Die omringende natuur is nie op die oomblik iets om oor huistoe te skryf nie, want die bome is maar kaal en die uitsig baie vaal. Ek sien egter uit om in die Lente, Somer en Herfs weer hierdie tempel te gaan besoek.

 

 

 

DSCF2083

 

 

 

Wat die geskiedenis van die tempel betref is daar nie rerig inligting beskikbaar nie. Al wat ek kon kry was die volgende:

 

Monk Wonhyo, and Hyegong were practicing in Oeo Temple , and one day they made a bet that after swallowing an alive fish, and relieving it on the edge of the rock, the one whose fish is alive will win the bet.

 

Then, they each swallowed a fish, and one of the fish was relieved alive and the other was dead. When they saw the live fish going up the stream vitally, the two priests said to another that there goes my fish , and both roared with laughter. O represents “I” and Eo represents “fish,” meaning that I saved the fish.

 

 

 

DSCF2129

 

 

 

DSCF2116

 

 

 

DSCF2164

 

 

 

Daar is ook ‘n wandelpad in die berg wat jou tot aan die oorkant van die rivier vat, met kaal boomtakke wat soos ‘n netwerk are teen die blou lug bo jou uitstrek.

 

Tussen die verskillende geboue is daar oral beeldjies uitgepak en sommiges heel humoristies.

 

 

 

DSCF2097

DSCF2109

 

 

 

 

 

 

 

 

DSCF2102

DSCF2098

 

 

 

 

 

 

 

 

In ander geboue kon mens die helder liggies van lanterns en kerse sien en hoor hoe Buddha al singend aanbid word.

 

 

 

DSCF2190

DSCF2149

‘n Ander tempelgebou bo-op die berg

 

 

So het die son oor nog ‘n dag gesak en moes ek weer my weg op ‘n interessante manier huistoe vind 😉




Kalender

Maart 2009
M D W T V S S
 1
2345678
9101112131415
16171819202122
23242526272829
3031  

Wie’s hier…

counter

Van waar gehasie?

Waar is wat?

Flickr Kiekies

waarnatoe volgende...

  • Geen

Blog Statistieke

  • 49 681 houe
Page copy protected against web site content infringement by Copyscape

Bladsye