Archive for the 'Korea' Category

31
Aug
12

Vrydag-song 32 (op ‘n Donderdagaand)

Brilliant SA talent! Mal oor die song en moes dit nou dadelik hier opsit anders vergeet ek en / of het weer nie tyd nie…dis maar hoekom my blog ook half vergete hier rondsweef…sal moet planmaak 😉

17
Feb
12

Vrydag-song 25

27
Jan
12

Vrydag-song 23

13
Jan
12

Have a killer weekend!

11
Nov
11

Happy pepero day!

Hierdie jaar is dit ‘n baie spesiale pepero dag aangesien die datum 11/11/11 is. EK het geen idee waar dit begin het en hoe hulle daarop besluit het nie, maar ek weet wel dat daardie stokkies met sjokolade in alle groottes en vorms kom en dat die kinders links en regs uitdeel. Sommer net ‘n lekker lawwe dag en ‘n veskoning om soetgoed te eet 😉

26
Okt
11

Een jaar

Dis vandag ‘n jaar terug wat ek my geliefde tydelike tuiste en sy mense moes groet, asook ‘n deel van myself.
Om te groet is nooit maklik nie, selfs al weet jy dat dit soms net tydelik is. Dan is daar die kere wat jy groet met die onsekerheid of jy dit wat jy groet ooit weer sal sien. Ek het Korea gegroet met die onsekerheid of ek ooit weer daar sal uitkom en selfs al gaan ek weer soontoe is daar steeds mense wat ek sekerlik nooit weer sal sien nie. Tyd staan vir niemand stil nie en ek kan skaars glo dat die jaar weer op sy kop is. Steeds hunker ek terug na ‘n tyd waar die lewe ongekompliseerd was en waar alles soveel eenvoudiger was. Die lewe in Korea is beskermd en die oomblik wat jy in SA land word jy teruggeruk na die harde en baie werklike realiteit, jou realiteit. Niks is meer eenvoudig en maklik nie. Alles is ‘n mission en gou kry jy jouself waar jy letterlik alles met jou vorige tuiste vergelyk. Ek doen dit steeds en probeer om dit meestal vir myself te hou. Ek is op die ou einde die een wat besluit het om terug te kom en alhoewel dit ‘n groot aanpassing is om terug te wees, doen ek OK. Ek moet net byse “reverse culture shock” is die grootste “understatement” wat enige een kan maak na so lang tyd in die buiteland, veral as jy in ‘n land gebly het waar alles so anders is as waar jy grootgeword het. Die vreemdste is egter hoe gou daardie vreemde land en sy vreemde tradisies deel word van jou en jy deel word daarvan, asof jy daar hoort. Ek is “homesick” en daar is meer redes daarvoor as wat ek kan neerskryf.
My laaste week in Korea was ‘n week om by plekke uit te kom waar ek nog nie was nie en om plekke te groet wat my na aan die hart le. Steeds voel dit asof ek nie genoeg gedoen het om ordentlik afskeid te neem nie, asof daar nog so baie is om te se en te doen, soos ‘n half geleesde boek wat al maande op die boekrak staan en jy wil dit klaar lees, want die storie is goed, maar jy weet as jy dit klaarmaak maak jy die boek toe. Korea sal gelukkig altyd daar wees, die storie sal ek altyd in my hart saamdra en ek sal altyd foto’s he om die goeie tye te herleef. Ja, Korea sal altyd daar wees, maar dit sal nooit weer dieselfde wees nie, ek sal nooit weer dieselfde wees nie.
Die afgelope jaar het verbygesnel en daar het so baie dinge gebeur sedert ek terug is in die Suidland. BAIE opdraendes, hartseer, seerkry, moedeloos wees, wegholdae, ensovoorts ensovoorts, maar die goeie tye die afgelope jaar is iets waaraan ek veel eerder vashou as al die sleg. Ek wou soveelkeer iets hier kom neerplak, maar as ek weer sien dan is nog ‘n dag verby en is die lus om dit te doen ook daarmee heen. Daar is so baie wat ek nog kan skryf en vertel, selfs oor ervaringe en reise terwyl ek nog n Korea was…ek was daai tyd net te lui. Ek het die afgelope jaar die geleentheid gehad om twee ander lande te besoek, waarvan een in diep, donker Afrika was en die ander strek oor twee kontinente. Ek sal nog my gedagtes en foto’s rondom dit uitsorteer en kom wys en vertel, maar vir nou is ek net.

26
Aug
11

Vrydag-song 9

 

…ek en jy en ‘n bottel tas, altyd gedeel uit een glas…




Kalender

Augustus 2017
M D W T V S S
« Aug    
 123456
78910111213
14151617181920
21222324252627
28293031  

Wie’s hier…

counter

Van waar gehasie?

Waar is wat?

Flickr Kiekies

waarnatoe volgende...

  • Geen

Blog Statistieke

  • 44,400 houe
Page copy protected against web site content infringement by Copyscape

Bladsye