Die tyd van die jaar in Korea is werklik iets om te sien met al die bome wat oornag van kleur verander en die nuwe seisoen met helder gele, oranjes en rooi omhels.
Saterdagoggend het ons vroeg opgestaan om die herfskleure te bewonder. Ons het op die eerste beste bus geklim na Bulguksa tempel met die idee om net weer vinnig daar deur te mission en dan na die graniet buddha (Sokkuram grotto) toe te stap wat nie ver daarvanaf is nie, of so is daar gese…
Die tempel was soos altyd indrukwekkend en dit was baie stil en rustig, ten spyte van die hordes mense wat daar rondgedrentel het. Tevrede met dit wat ons gesien het, stap ons uit en slaan ‘n ander rigting teen die berg op, in. Die bordjie het gese dat dit 3.1km ver is, maar vir ons is dit nie ‘n probleem nie aangesien stap, al is wat ons doen. Niemand het egter die blerrie helling in ag geneem nie! Dit was ‘n nimmereindigende opdraende en later het ek met elke tree hier in my binneste geskel. Om mee te begin was ek nie 100% gesond nie en om met ‘n draaiende kop (agv middeloorontsteking) daar op te stap teen helshoogte is nie pret nie. Ons het op daardie stadium ook nog nie middagete gehad nie, so ons was baie braaf.
Die uitsig langs die pad en die natuurtonele het dit egter makliker gemaak en het ons op die ou einde die bergpiek bereik na ‘n hele paar ure se klim. Teen die tyd was dit al sterk skemer en ‘n koue windjie het opgesteek en nie een iets warm saamgebring nie. Die kersie op die koek op daardie oomblik was toe daardie Koreaan die ingang na Sokkuram toemaak en se hulle is nou toe vir die dag! Ek het gedink ek gan net daar dood!!!
Ten minste het die mooi sonsondergang van daar bo met ‘n uitsig oor die valei aan die eenkant en die see aan die anderkant opgemaak vir die uitputtende tog die berg op!
Met niks anders om te doen daar bo moes ons toe maar by die enkele busstop gaan wag vir ‘n bus in die koue. Nog 2 Koreaanse meisies het by ons aangesluit…Dit was later al donker en nog geen bus en die wind waai vir ons weg!
Die 2 pluk toe ‘n kaart daar uit en bel om uit te vind oor die bus…”opta” was die antwoord!!! Dus, geen bus! Nou sit ons in die koue, geen bus is oppad nie en daar is ook geen taxi in sig nie! Die logiese stap…stap al langs die teerpad af tot by Bulguksa om ‘n bus te kry! Ons kon nie met dieselfde bergpad terugstap nie, want daar is geen ligte nie en jy sal jou doodval!
So 200m gestap sien ek ‘n bordjie wat al so half toegegroei is, wat in Koreaans aandui dat Bulguksa 8km vorentoe is! Hoeveel goed kan dan nou nog verkeerd loop??? Met geen ander keuse is ons lot daar af met moee bene, ‘n lee mag en hoendevleise all over.
Na so 2 ure se stap het ‘n ou man gestop en ons al 5 opgelaai. Die Koreaanse meisies is eers uitgetrap oor hulle in die donker saam met ONS stap en toe laai hy ons dank Vader by Bulguksa af. Van daar het ons dadelik ‘n bus huistoe gekry waar ons iets warm kon aantrek en kon eet.
Waar ons lot saam is is daar altyd iets om oor te vertel en dis dan ook hoe ek my laaste “mission” vir 2008 in Korea sal onthou.
Se jou se