Archive for Augustus, 2009

20
Aug
09

‘n 1001 man

 

DSCF6807

 

 

 

Die heilige gebou Rengeo-in, wat ook bekend staan as Sanjusangen-do, in in 1164 AD opgerig onder die bevel van keiser Goshirakawa. Hy het sy lewe gewy aan Kannon Bodhisattva en het gepoog om vrede oor die hele land te bring deur Budhisme te bevorder.

 

Die naam Sanjusangen-do beteken “Hall of 33 bays”. Die nommer 33 is afkomstig van die Kannon Bodhisattva wat die mensdom sal red deur homself te vermom as 33 verskillende figure.

 

Die argitektuur van hierdie saal is gebaseer op die rangskikking van die 1001 Kannon standbeelde op die altar met 33 sones. Die gebou is 118.8m lank en ongeveer 16.5m breed. Hierdie gebou het egter in 1249 afgebrand, maar is deur keiser Gosaga herbou. Hierdie nuwe saal met sy 1032 beelde, soos vandag nog gesien, is in 1266 AD voltooi.

 

So, wat maak hierdie gebou so spesiaal dat ek dit nodig ag om met julle te deel? Wel, van buite is dit maar vaal en vervelig, maar wat binne staan en wag het my sprakeloos gelaat. Ek was egter bitter teleurgesteld dat mens nie foto’s mag neem nie (geldmaak foefie), maar soos die meeste van julle weet probeer ek tog altyd om ‘n steelfoto in te kry. Die foto’s kan ongelukkig nie naastenby die gevoel van hierdie skepping weergee nie, maar dit gee mens tog ‘n idee.

 

 

 

S7306335

DSCF6821

 

 

 

So, hier staan die besonderse 1001 man. Dit lyk vir my meer soos vrouens, maar wie is ek om te stry 😉

 

 

 

DSCF6958

DSCF6796

 

 

 

 

 

 

 

 

 

 

 

 

In die middel van die saal is die hoof Kannon Ju-ichimen-Senjy-Kanon of ook verwys na as Ekadasamukhasahasrabhuja-Avalokite-svara. Hy het 11 gesigte en 1000 arms. Hy het 11 klein gesigte op sy kop en in werklikheid net 20 paar arms, maar elke arm red 25 werelde en simboliseer dus ‘n 1000. Hierdie beeld pryk ‘n volle 3.3m bo jou uit en mens kan nie help om te staar nie. Omdat daar geglo word dat hierdie Kannon homself kan transformeer na 33 verskillende vorme, kyk mens uiteraard eintlik na 33 033 Kannons.

 

 

 

DSCF6946

DSCF6803

Sommer net ‘n model van hoe die beelde van nader lyk

 

 

Elke Senju-Kannon figuur het ‘n oog op elk van hul 40 handpalms wat in 25 werelde kan in sien. Dus verteenwoordig dit ‘n 1000 oë.

 

Die ander 28 beelde is almal “guardian deities” van Kannon en die meeste is nogal vreesaanjaend. Ek gaan nie in detail ingaan nie, want dit kan my dalk net ‘n ewigheid besig hou, maar ek wys ‘n paar foto’s van hierdie beelde.

 

 

 

DSCF6805

 

 

S7306333

 

 

 

 

 

 

 

 

 

 

Van al hierde beelde kom slegs 37 uit die oorspronklike saal uit en die ander is na die vuur deur soveel as 70 verkillende beeldhouers geskep. Hierdie beelde is almal uit hout en met “gold leaf” gekleur.

 

Hierdie was dan ook die laaste historiese plek wat ons in Kyoto kon besigtig en ek is nie een oomblik spyt nie, want dit was absoluut die moeitewerd, al het ek amper beswyk toe my flash perongeluk afgaan 🙂

 

So bietjie humor buite die gebou…hul Engels is ook nie so wel nie…

 

 

 

DSCF6794




Kalender

Augustus 2009
M D W T V S S
 12
3456789
10111213141516
17181920212223
24252627282930
31  

Wie’s hier…

counter

Van waar gehasie?

Waar is wat?

Flickr Kiekies

waarnatoe volgende...

  • Geen

Blog Statistieke

  • 49 681 houe
Page copy protected against web site content infringement by Copyscape

Bladsye