Archive for Februarie, 2009

26
Feb
09

Wat’s in my handsak? (tag)

 

Wipneus het my getag om die inhoud van my handsak bekend te maak…

 

Post a picture of whatever bag you are carrying as of late. No, you can’t go into your closet and pull out your favourite purse! We want to know what you carried today or the last time you left the house.
List how much it cost. And this is not to judge. This is for entertainment purposes only. So spill it. And if there is a story to go along with how you obtained it, we’d love to hear it.
Show us what’s in your purse. Spill it out! Take pictures! Tell us what it is!
Tag some chicks. (sorry boys, but I’m guessing not a lot of you carry bags around anyway, except maybe the Korean lads).

 

Laat ek bietjie kyk wat gaan in my handsak aan 😳

 

 

 

DSCF2200

My LUCKY STRIKE bag. Ek het dit laasjaar in Gwangju by ‘n ondergrondse winkel gekoop.

 

 

 

DSCF2208

Die inhoud!

DSCF2211

Mints wat ek nog by die lughawe gekoop het in Incheon, oppad huistoe en sweets van die Dross en Wimpy.

DSCF2217

Kleingeld uit 2 werelde en my YES/NO coin wat ek ‘n paar jaar terug op ‘n navorsings-trip by die V&A gekoop het…

DSCF2219

My selfoon (wat eintlik maar net as wekker dien) en sy battery, my ander kamera (wat nie meer so baie gebruik word, sedert ek my ander ene via ‘n goeie fee uit SA gekry het. Ek het hom vergeet in die kar by die lughawe en moes noodgedwonge die kleintjie aanskaf in Korea). My verkyker, wat ek gewoonlik nie by my het nie, eksterne hardeskyf en my MP3 speler.

DSCF2220

2 sonbrille (moenie vra nie), kougom en die res…

DSCF2222

 

DSCF2227

 

 

 

 

 

 

 

 

My beursie, bankboekie en paspoort. Dan natuurlik ook ‘n multi-tool vir die wis en die onwis, my hardeskyf se skroewedraaier en ook vir ingeval ek ‘n skroef of twee het wat vasgedraai moet word en my huissleutels.

My beursie het te veel kaarte in…2 Koreaanse bankkaarte, SA bankkaart en kredietkaart, my ALIEN kaart (hehehe), Kyobo boekwinkel kaartjie en my bestuurlisensie (wat niks hier beteken nie en al het dit sal ek dit nie waag nie)

 

Dis dit! Ek tag vir Roer , Boendoe, Skoor en wie ookal nog wil saamspeel!

16
Feb
09

Ongetiteld

Picture 200

 

Seewind, sout-son

Kinders baljaar sorgeloos

sonder tyd wat pla

 

Berge pryk hoog bo jou kop

seemeeu draai om jou

en ry op die wind

 

Duiselig-draai

Die grond kom nader

rots sny diep

skulpe bloei

die see word rooi

 

Been vergruis, oe staar diep…

‘n Rukwind bring jou terug

Verlore siel duik vry die dieptes in

sonder om te groet

 

Daar staan die wind

met uitsig oor gebeure…

Lang hare wapperend en rooi

lint wat die wind versmoor

(c) 2000

 

09
Feb
09

Die eerste volmaan

DSCF1913

 

 

Vandag is die 15e dag van die “Lunar” nuwejaar en dan ook die eerste volmaan. ‘n Belangrike fees, naamlik Jeongwol Daeboreum (Jeongwol = eerste maand; Daeboreum = groot maan) word vandag gevier en tradisionele musiek en danse kon oral in die strate waargeneem word. Hierdie fees is in gebruik sedert die Shilla dinastie en is nie net vir goeie wense en geluk nie, maar ook om van alle booshede ontslae te raak.

Speletjies en rituele

Daar word geglo dat die eerste persoon wat die volmaan sien, goeie geluk vir die hele jaar sal ervaar. Sommige mense klim nogsteeds berge uit om die maan te vang as dit begin opkom (Talmaji), terwyl ander neute met hul tande kraak en eet. Dit besorg glo gesondheid aan jou tande vir ‘n hele jaar. Hierdie ritueel word bureom genoem. Die neute moet egter ge-eet word voor jy enige woord spreek in die oggend en die aantal moet gelyk wees aan jou ouderdom. (sterkte vir die ouer garde…as die neute se harde doppe nie hul tande breek nie sal niks dit breek nie. Wel, vir die volgende jaar ten minste 😉 ). Daar word ook geglo dat die geraas, deur die kraak van die neute, bose geeste wegjaag.

‘n Ander gebruik is, Jisinbapgi, die brand van droe gras op die walle tussen rysvelde terwyl kinders met blikkies vol brandende kole in die lande rond hardloop. Hulle glo dat die rook die lande vrugbaar maak en dat dit wurms wat die volgende oes mag opvreet, vernietig. ‘n Ander ritueel genoem daljiptae-wugi, is die brand van ‘n taljib (“maanhuis”) gemaak van strooi. Mense skryf wense uit op papier en heg dit dan aan die strooi vas. Die brand hiervan is vir wense vir ‘n goeie oesjaar. Hierdie gebruik kan ook tydens die “sunrise festival” gesien word met nuwejaar soos ons dit ken. As die hout/strooi vinnig brand is dit ‘n teken van ‘n goeie oesjaar. Hoe groter die vuur hoe beter die oes, volgens die kenners natuurlik.

100

 

 

Towi palgi is ‘n ritueel wat “selling your heat” heet. Jy staan vroeg op en klop aan ‘n vriend se deur. As hy/sy antwoord dan neem hy jou hitte vir die somer oor, m.a.w jy gaan nie warm kry in die somer nie en hy/sy gaan dubbel so warm kry. Dit klink vir my na ‘n baie dom ding om te doen…

Die mense speel ook die volgende tradisionele speletjies:

 

 

yunnori

ganggang suwollae

yunnori

 

 

 

ganggang suwollae

 

 

 

 


tuho

jegichagi

tuho

 

 

 

 

 

 

 

jegichagi

 

 

 

 

 

 


yeon-nallig

paengi-chigipaengi-chigi

 

 

 

yeon-nallig

 

 

 

 

 


 

 

DSCF1235

neolttwigi

 

 


 

Kos

Rys met 9 verskillende soorte gedroogde groente, van die vorige jaar, word in gedroogde kelp toegedraai en ge-eet. Hierdie gereg word bokssam genoem wat “lucky wrap” beteken. Klink vir my meer na ‘n “lucky packet” met al daai ou groente 😆

 

Yaksik (medisinale kos) is soet rys gemeng met neute en dadels en word ook ge-eet met verjaardae en troues.

 

Gwibalguisul, beteken letterlik “drank vir beter gehoor” en word ook wyd en suid op hierdie dag aan die ouer gardes uitgedeel, sodat hulle net goeie nuus vir die res van die jaar sal hoor.

 

Ek plaas ook ‘n video van die danse en musiek wat tradisioneel in die strate gespeel word.

 

 

 

 

 

 

So, kyk vanaand uit vir die volmaan en maak jou wens. Ek het reeds!

 

 

 

02
Feb
09

Tussen ys en vere

 

 

DSCF1847

 

 

 

Die Junam vleilande is in die stad Changwon gelee, wat ook die RAMSAR konvensie in Oktober 2008 aangebied het. Hierdie vleiland is as ‘n RAMSAR vleiland verklaar, omdat so baie rooidata voelspesies na hierdie vleiland migreer. Dit word as ‘n internasionale “hot spot” vir migrerende voels gesien.

 

 

 

DSCF1825

DSCF1828

 

 

 

 

 

 

 

 

 

 

 

 

Die Junam vleiland was gevorm deur ‘n vloed van die Nakdongrivier wat eindig in Busan en ook daar is ‘n vleiland gevorm teen die kus.

 

 

 

DSCF1817

DSCF1834

 

 

 

 

 

 

 

 

Tydens die Japanese koloniale tydperk (1920’s-30’s) het die inwoners ‘n wal van 4-5m hoog met ‘n parameter van 9km, rondom die vleiland gebou om water aan die Daesan en Dong-eup ryslande te verskaf. As gevolg hiervan, asook die beheer van vloede, het die Junam vleiland ontstaan. Die Sanna, Junam en Dongpan vleilande, wat voorheen geskei was, is nou verbind aan mekaar met behulp van ‘n waterhek en vorm een watermassa wat alle vorms van lewe lok.

 

 

 

DSCF1836

 

 

 

Die drie vleilande beslaan ‘n area van 602 ha in totaal, wat in die winter 10 000 – 20 000 voels per dag lok. In die winter migreer verskeie spesies vanaf Siberie en Sjina na Korea en in die somer migreer voels vanaf Suid-Oos Asie na Korea. Hierdie vleiland is ‘n tuiste (tydelik en permanent) vir net oor die 100 voelspesies, 170 insekspesies en wat plantegroei aanbetref is daar 33 ordes, 69 families en 233 spesies. Hierdie plek is enige bioloog se droom!

 

 

 

DSCF1792

 

 

 

Volgens die amptelike webtuiste vries die vleiland nie in die winter nie, maar hulle was duidelik nie dieselfde tyd as ek daar nie. Die water was ‘n skaatsbaan waarop die eende geskaats het met hul lomp lywe. Dit het my nogal vermaak vir ‘n wyle en my van die koue laat vergeet.

 

 

 

DSCF1805

DSCF1800

 

 

 

 

 

 

 

 

amur

Soos ek om die water gestap het het ek kennis gemaak met ‘n hele paar kranige fotograwe en ‘n paar was heel opgewonde oor iets. Ek stap toe nader om ‘n gewone ou grys reier te sien en wonder toe waaroor die boehaai gaan. Toe ek ondersoek instel het hulle my die foto’s gewys van die skaars en bedreigde Amur luiperdkat wat hulle afgeneem het in aksie. Hy is so groot soos ‘n huiskat met die dierbaarste gesiggie, maar hy was hopeloos te vinnig vir my en het ek net ‘n beweging in die droe grasse gesien.

 

 

 

Met my verkyker in die hand en gepantser teen die ergste koue, het ek al om die vleiland begin stap. Ek was nie baie lus vir foto’s neem nie, want dit was te koud en my kamera is net ‘n frustrasie as mens so ver wil zoom. Ek het egter ‘n paar van die wintergaste vasgevang in my lens en ek deel dit graag met julle.

 

 

 

DSCF1821

Bean goose (Anser fabalis)

 

 

 

DSCF1801

Bean goose (Anser fabalis)

 

 

 

DSCF1861

Grey heron (Ardea cinerea)

 

 

 

DSCF1845

Grey heron (Ardea cinerea)

 

 

 

DSCF1862

Northern Shoveler (Anas clypeata)

 

 

 

DSCF1865

Greater white-fronted goose (Anser albifrons)

 

 

 

DSCF1868

Yellow-throated bunting (Emberiza elegans)

 

 

 

DSCF1872

Common kestrel (Falco tinnunculus)

 

 

 

Alhoewel ek baie graag die Baikal teals wou sien wat veronderstel is om in hul 10 000’e daar te wees, was ek darem gelukkig genoeg om hierdie erg bedreigde spesie te kon gewaar!

 

 

 

DSCF1807

Eurasian spoonbill (Platalea leucordia)

 

 

 

DSCF1437

Whooper swan (Cygnus cygnus)

 

DSCF1503

Pintail duck (Anas acuta)

Die “Pintail” is die outjie regs-bo in die foto wie se stertvere so ‘n punt staan.

 

 

Smew BH-01

Smew (Margellus albellus)

Ek het hierdie foto geleen en alle krediet gaan aan Barry Heinrich.

Flying-Cranes RN

White-naped crane (Grus vipio)

Krediet aan Robin Newlin.

Hierdie kraanvoel is ook ‘n bedreigde spesie en word selde in Korea gewaar. Hulle verkies om oor te vlieg na Japan.

 

 

DSCF1851

DSCF1856

 

 

 

 

 

 

 

 

 

DSCF1841

 

 

 

So het nog ‘n avontuur tot ‘n einde gekom, maar dit was gelukkig nie die laaste nie. Ek hoop om nog ‘n hele paar van hierdie trippies in te werk voor ek finaal Korea verlaat.




Kalender

Februarie 2009
M D W T V S S
 1
2345678
9101112131415
16171819202122
232425262728  

Wie’s hier…

counter

Van waar gehasie?

Waar is wat?

Flickr Kiekies

waarnatoe volgende...

  • Geen

Blog Statistieke

  • 49 681 houe
Page copy protected against web site content infringement by Copyscape

Bladsye