Ek het so 3 naweke terug besoek afgele aan Gangwando-provinsie in die Noord-ooste van Suid-Korea. Hierdie provinsie is bekend vir sy natuurskoon en is ‘n baie gewilde destinasie in die winter vir almal wat ski. In die somer is die berge groener as wat mens kan dink en ryslande le oral uitgestrek om verder toe te voeg tot die skoonheid.
Ek het die Sondag oggend 1am op ‘n trein geklim en 4am in Seoul aangekom, waar ek moes rondhang tot 8am vir die groep om ons te kom oplaai. Daar was geen ander manier om betyds daar te wees nie. Absolute malligheid, maar dit was die moeitewerd. So het ons die 3uur lange, pad aangedurf na Pyeongchan waar als begin het.
Eers moes elkeen allerhande vrywaringsvorms invul en teken natuurlik en dan wou hulle nog weet hoeveel jy weeg ook! So is ek toe sommer in die eerste groep ingedeel en is ons space suits aan ons oorhandig en is ons die berg op! Dit was ‘n baie mooi dag en ‘n heerlike koel windjie het gewaai. Die meeste het bietjie begin uitfreak, maar seinde ek al die bungi-ding gedoen het was ek heel rustig en ontspanne. Ek dink ek was dalk ook te moeg om om te gee.
Ons is mooi ingelig van wat ons presies moet doen en dat ons onder GEEN omstandighede moet ophou hardloop nie. Ek dink dit was vir sommiges ‘n bitter pil om te sluk, want om by ‘n berg af te hardloop is nie exactly die natuurlikste ding om te doen nie.
My beurt om vryheid te ervaar het vinnnig gekom en ek is sommer vinnig aan my “pilot” vasgemaak en die valskerm is in die lug gehelp. Mens moet nogal werk om teen daai 400m hoë berg af te hol, want as daai valskerm eers ‘n briesie gevang het, hou hy jou goed terug. Dis die ongelooflikste gevoel as jy eers in die lug is. Niks hou jou vas nie en jy kan volkome ontspan. Die uitsig is ongelooflik met die blokke ryp, geel, ryslande en die blink rivier wat onder jou verby spoel.
Die rit was net hopeloos te vinnig verby en my landing was nie so sag soos hulle belowe het nie. Die ou het die sandbank gemis en my in ‘n hoop klippe tot stilstand gebring!
Na die hele affêre is ons na ‘n ander deel van die rivier om kwansys te river raft, maar die ouens het nie ‘n idee wat ‘n rapid is nie! Dit was eerder ‘n glorified kanoe trip in ‘n raft, maar dit was tog ook pret! Ons het maar resies gehou en geswem vir wat dit werd was.
Droog aangetrek is ons weer terug op die bus met die hoop dat ons 9pm in Seoul sal wees, wat beteken ek is so 1am by my huis. Ek sal mos so gelukkig wees…
Die ergste verkeer wat ek nog beleef het en ons stop 5ure later (half 12) by die subway stasie. Ons is toe maar met die subway treinstasie toe, maar die eerste trein huistoe was eers 6am! Nodeloos om te se, dit was ‘n baie laaaaang Maandag en om op ‘n treinstasie te sit en wag was nie juis lekker nie.
All in all, was dit nie te bad nie (ek was bietjie teleurgestel oor daar nie rerig enige adrenalien by betrokke was nie), maar ek doen dit nooit weer aan myself om so ver te reis vir ‘n dag nie! So vind ek toe ook later uit dat hier ‘n plek is waar mens kan paraglide in my stad! Nice!
Se jou se