Archive for Oktober, 2011

28
Okt
11

Vrydag-song 17

More-aand se entertainment 😉

26
Okt
11

Een jaar

Dis vandag ‘n jaar terug wat ek my geliefde tydelike tuiste en sy mense moes groet, asook ‘n deel van myself.
Om te groet is nooit maklik nie, selfs al weet jy dat dit soms net tydelik is. Dan is daar die kere wat jy groet met die onsekerheid of jy dit wat jy groet ooit weer sal sien. Ek het Korea gegroet met die onsekerheid of ek ooit weer daar sal uitkom en selfs al gaan ek weer soontoe is daar steeds mense wat ek sekerlik nooit weer sal sien nie. Tyd staan vir niemand stil nie en ek kan skaars glo dat die jaar weer op sy kop is. Steeds hunker ek terug na ‘n tyd waar die lewe ongekompliseerd was en waar alles soveel eenvoudiger was. Die lewe in Korea is beskermd en die oomblik wat jy in SA land word jy teruggeruk na die harde en baie werklike realiteit, jou realiteit. Niks is meer eenvoudig en maklik nie. Alles is ‘n mission en gou kry jy jouself waar jy letterlik alles met jou vorige tuiste vergelyk. Ek doen dit steeds en probeer om dit meestal vir myself te hou. Ek is op die ou einde die een wat besluit het om terug te kom en alhoewel dit ‘n groot aanpassing is om terug te wees, doen ek OK. Ek moet net byse “reverse culture shock” is die grootste “understatement” wat enige een kan maak na so lang tyd in die buiteland, veral as jy in ‘n land gebly het waar alles so anders is as waar jy grootgeword het. Die vreemdste is egter hoe gou daardie vreemde land en sy vreemde tradisies deel word van jou en jy deel word daarvan, asof jy daar hoort. Ek is “homesick” en daar is meer redes daarvoor as wat ek kan neerskryf.
My laaste week in Korea was ‘n week om by plekke uit te kom waar ek nog nie was nie en om plekke te groet wat my na aan die hart le. Steeds voel dit asof ek nie genoeg gedoen het om ordentlik afskeid te neem nie, asof daar nog so baie is om te se en te doen, soos ‘n half geleesde boek wat al maande op die boekrak staan en jy wil dit klaar lees, want die storie is goed, maar jy weet as jy dit klaarmaak maak jy die boek toe. Korea sal gelukkig altyd daar wees, die storie sal ek altyd in my hart saamdra en ek sal altyd foto’s he om die goeie tye te herleef. Ja, Korea sal altyd daar wees, maar dit sal nooit weer dieselfde wees nie, ek sal nooit weer dieselfde wees nie.
Die afgelope jaar het verbygesnel en daar het so baie dinge gebeur sedert ek terug is in die Suidland. BAIE opdraendes, hartseer, seerkry, moedeloos wees, wegholdae, ensovoorts ensovoorts, maar die goeie tye die afgelope jaar is iets waaraan ek veel eerder vashou as al die sleg. Ek wou soveelkeer iets hier kom neerplak, maar as ek weer sien dan is nog ‘n dag verby en is die lus om dit te doen ook daarmee heen. Daar is so baie wat ek nog kan skryf en vertel, selfs oor ervaringe en reise terwyl ek nog n Korea was…ek was daai tyd net te lui. Ek het die afgelope jaar die geleentheid gehad om twee ander lande te besoek, waarvan een in diep, donker Afrika was en die ander strek oor twee kontinente. Ek sal nog my gedagtes en foto’s rondom dit uitsorteer en kom wys en vertel, maar vir nou is ek net.

21
Okt
11

Vrydag-song 16

14
Okt
11

Vrydag-song 15

07
Okt
11

Vrydag-song 14

More se line-up 🙂 Kan nie wag nie!!!


Hierdie bly maar my gunsteling song van Coldplay.




Kalender

Oktober 2011
M D W T V S S
 12
3456789
10111213141516
17181920212223
24252627282930
31  

Wie’s hier…

counter

Van waar gehasie?

Waar is wat?

Flickr Kiekies

waarnatoe volgende...

  • Geen

Blog Statistieke

  • 49 681 houe
Page copy protected against web site content infringement by Copyscape

Bladsye