Archive for April, 2010

29
Apr
10

Oedo paradys

P4030190

 

 

Oedo is ‘n klein eiland wat deel uitmaak van Geoje, waar ek tans bly. Dis ‘n botaniese tuin wat in die Hallyeo Haesang nasionale park gelee is en mens kan slegs toegang daartoe verkry met ‘n boot vanaf Geoje.

 

 

 

P4030006

P4030068

 

 

 

 

 

 

 

 

Lee Chang Ho en sy vrou het in 1969 na die eiland toe getrek waar hulle begin het deur sitrus aan te plant en om met varke te boer. Dit het egter misluk en het sy vrou begin om inligting oor botaniese tuine reg oor die wereld te versamel. So het hulle dan begin om die klein eiland in ‘n tuin te omskep wat vandag meer as 3000 plantspesies huisves. Die eiland is ook die eerste wat onder privaatbesit was in Korea en is eers in 1995 vir die publiek oopgestel.

 

 

 

P4030079

P4030102

 

 

 

 

 

 

 

 

P4030120

P4030200

 

 

 

 

 

 

 

 

 

 

 

 

P4030114

P4030130

 

 

 

 

 

 

 

 

Ongelukkig kan mens nie meer as 90 minute daar spandeer nie, maar dis verseker die moeitewerd om te besoek. Die klassieke musiek wat gespeel word maak mens nog rustiger in hierdie moderne paradys. Daar is ook ‘n klein restaurant waar mens rustig kan sit en ietsie geniet, terwyl jy oor die see uitkyk, maar ons het ongelukkig nie tyd daarvoor gehad nie. Daar is ook ongelooflike beeldhouwerke wat oral vir jou loer, asook ‘n klein kerkie wat uitkyk oor die see en weg van al die mense.

 

 

 

P4030161

P4030162

 

 

 

 

 

 

 

P4030170

 

 

 

P4030108

P4030136

 

 

 

 

 

 

 

 

Dis ‘n plek wat ek verseker weer sal besoek, al is dit net om daar koffie te gaan drink 😉

 

 

 

P4030193

Stairway to Heaven

 

 

 

P4030191

Die bekendste uitleg op die eiland

 

 

 

P4030183

Die ruwe kuslyn van Oedo

P4030234

Vanaf die Stairway to Heaven

P4030210

Kerk




Kalender

April 2010
M D W T V S S
 1234
567891011
12131415161718
19202122232425
2627282930  

Wie’s hier…

counter

Van waar gehasie?

Waar is wat?

Flickr Kiekies

waarnatoe volgende...

  • Geen

Blog Statistieke

  • 49 681 houe
Page copy protected against web site content infringement by Copyscape

Bladsye