Archive for Maart, 2010

17
Mar
10

Visa run en Japan (vervolg)

Ek het laas opgehou waar ek op die boot geklim het na Fukuoka…

 

Die boot word ‘n “jet ferry” genoem en sy naam is die Beetle. As mens die ding vir die eerste keer aanskou wonder mens nogal hoe jy met so klein bootjie die wye see moet invaar na ‘n ander land, maar soos hulle se, “looks can be deceiving”. Die boot is vrek vinnig om die minste te se en mens voel skaars die beweging van die see onder jou, al kan jy die groot duinings deur die venter sien. Sodra die boot die hawe verlaat, word daai enjins op voelspoed gesit en lig die boot heeltemal uit die water, op wat soos stelte lyk en daar gaan jy. Dis die vreemdste ding om te sien. ‘n Boot op 3 stelte!!!

 

 

 

beetle-ferry

 

 

 

DSCF9720

DSCF9284

 

 

 

 

 

 

 

 

Ek het drie ure later veilig in Fukuoka aangekom en was gegroet deur sneeu wat oral om jou neer stort. Ek moet se, dit was ook baie warmer as die -8C in Busan en ek was nogal verlig daaroor. Vanaf die bootterminaal kon ek ‘n bus na die hotel kry in die stad. Die naaste moltreinstasie was glo te ver om te loop, maar volgens my standaarde, het ek later uitgevind dat dit eintlik naby was. Elk geval, ek het op die bus geklim met die wete dat ek by Hakata stasie moet afklim en synde als in Japannees aangekondig word moes ek mooi luister vir “Hakata”. Die busse werk ook heel agterstevoor in vergelyking met hier in Korea. Hier klim mens voor op by die busdrywer en gooi die busgeld in die houer (mens kry ook kleingeld as jy te veel geld ingooi) en as jy afklim klim jy by die deur in die middel van die bus af. In Japan klim mens weer agter in en vat ‘n kaartjie wat jou busgeld bepaal en as jy wil afklim moet voor by die drywer betaal en afklim EN jy kry glad nie kleingeld nie, so daar het ek ‘n paar waardevolle yenne verloor.

 

 

 

DSCF9332

 

 

 

Soos die bus ry verkyk ek my aan die landskap wat besprinkel word met sneeu en ek hoor toe die aankondiging vir Hakata. Die bus het nie lank gery nie en ek het getwyfel of dit die regte plek is en probeer toe die busdrywer vra en die se net ja, dis Hakata. Nadat ek afgeklim het het ek besef dis nie die stasie nie en Hakata is ‘n helse groot gebied en Japan, net soos Korea, het nie juis straatname nie! Teen die tyd was dit ook nou al donker en dis koud en dit sneeu en ek weet nie waar ek is nie. Ek het toe maar aanhou stap en het toe op Gionstasie afgekom of wat ek gedink het Gionstasie is, maar het nie die trein gevat nie, want ek het nog minder lus gehad vir verdwaal ondergrond. Ek het darem geweet dat die volgende stasie wel Hakatastasie is en het maar aanhou stap en wel daar uitgekom. Dit is ‘n massiewe stasie waar die moltreine sowel as die gewone treine deur ry. Ek moes myself eers reg orienteer om te kon uitfigure aan watter kant die hotel is, want om om die stasie te stap was nie ‘n opsie nie. Soos ‘n verdwaalde toeris nou maar lyk het ek die kaart weer uitgeruk en probeer sin maak van waar ek is en waar die hotel is. Genadiglik het ek op die ou einde die hotel gekry nadat ek uitgevind het daar is twee met dieselfde naam. Oulik ne? Ek weet nie hoe dit werk nie.

 

Uiteindelik in die warm hotel oppad na my kamer. Toe ek die kamer instap het ek op ‘n manier eerder gewens ek was nog buite opsoek, want ek kan nie beskryf hoe klein dit was nie! Die kamer was so breed soos ‘n enkelbed en ‘n deur en langs die bed is daar nog ‘n lessenaar ook ingedruk so mens moet letterlik dwars draai om langs die bed verby te loop. Daar hang ‘n groot gordyn en ek dog toe dis ok, want ten minste is daar ‘n groot venter. Die venster was omstrent 30x50cm groot! Die badkamer het soos een in ‘n vliegtuig gelyk en ek oordryf nie!

 

 

 

DSCF9340

 

 

Ek het alles net so op my bed neergegooi en toe is ek weer daar uit om iets te gaan eet en om sommer net rond te loop, want ek kan nie die hele aand daar sit nie en al wat op tv was is japannese programme. Ek het toe sommer iets kleins gaan kry om te eet en ‘n paar snacks en ontbyt vir die volgende oggend. Ek het nie eers aan ordentlik eet gedink nie, want dis net te duur om na ‘n restaurant te gaan, veral op ‘n budget soos myne!

Om die tyd om te kry het ek die kaart uitgehaal en gekyk waar ek oral wil gaan en hoe om daar te kom, maar die belangrikste bestemming was die Koreaanse konsullaat en dit was ook my eerste stop die volgende oggend. Wat ek toe ook later uitgevind het is dat die kaart glad nie op skaal is nie en dat die plekke wat ek wou sien nader aan mekaar is as wat ek gedink het, so op die ou einde het ek als gesien wat ek wou en het nog hopeloos te veel tyd op hande gehad. Om terug te gaan hotel toe was nie eers ‘n opsie nie, want dis net te klein en daar is niks om te doen nie.

 

Fukuoka is die hoofstad van die Fukuoka streek en is gelee aan die Noordelik kusgebied van Kyushu eiland in Japan. Daar word beweer dat Fukuoka die oudste stad in Japan is, omdat dit die naaste stad aan China en Korea is. Hakatabaai in Fukuoka is Japan se konneksie met Korea en China. Hierdie konneksie het egter die aandag van die Mongool Kublai Khan getrek in 1268. Nadat hy reeds die res van Asia geterroriseer het het hy in 1274 die Noordelik deel van Kyushu binnegeval met 900 skepe en 33 000 troepe vanaf Korea. Die aanval was nie geslaagd nie as gevolg van storms en hul onvermoe om dit te hanteer. Na die eerste inval in 1274 het die Japannese samurai ‘n klip muur van 20km gebou al langs die grens van Hakatabaai, wat nou deel van die stad Fukuoka utmaak.

Nadat Kublai Khan vir die soveelste keer probeer onderhandel het met die Japannese en sy voorstelle weereens afgeskiet is het hy weer in 1281 ‘n aanvaal geloots met 140 000 soldate en 4000 skepe. Die Japannese verdedigers van slegs 40 000 was geen match vir die Mongole nie en hulle het binnegeval tot by Dazaifu, 15km Suid van Fukuoka. Die Japannese het hulp van ‘n ander mag gehad wat die Mongole vernietig het en die inval gestop het. Dis hierdie mag wat vandag nog bekend staan as die Kamikaze.

 

Die moderne stad was eers in 1889 gevorm deur die samesmelting van Hakata en Fukuoka onder die bevel van die daimyo van die Chikuzen provinsie.

 

Fukuoka is ‘n baie moderne stad met ‘n moltreinstelsel wat eers so onlangs as 2005 in werking getree het. Daar is baie min historiese landmerke wat nog staan en regtig die moeitewerd is om te sien, soos ek uitgevind het. Ek dink as mens Japan rerig wil ervaar is ‘n stad soos Fukuoka nie die eerste plek om te besoek nie, maar as jy cool moderne goed wil sien en koop dan is dit nie te sleg nie. As ek meer tyd en geld gehad het sou ek verseker Hiroshima en Nagasaki wou besoek, want dis ‘n kort treinrit ver.

 

Die paar plekke wat ek wel besoek het was iets besonders en ek verruil dit vir niks. Selfs die Koreaanse konsullaat was indrukwekkend en groot.

 

 

 

DSCF9344

DSCF9346

 

 

 

 

 

 

 

 

Van daar het ek na die Yahoo Dome toe gestap wat enig in sy soort is. Dit is ‘n baseball stadion met ‘n koepelvormige dak wat oop kan skuif. Ek het nie te veel tyd daar spandeer nie want dit het erg begin sneeu en sneeu is wel ‘n stadige manier om nat te word, maar nie so lekker as jy heeltyd daarin moet loop as die wind ook nog waai nie.

 

 

 

DSCF9365

DSCF9387

DSCF9400

 

 

 

Van daar af het ek aangestap deur ‘n park en oor die rivier wat in die see inloop oppad na die bekende Fukuoka toring. Teen die tyd het dit weer opgehou sneeu en die son het uitgekom en het ek dit oorweeg om in die toring op te gaan omdat dit weer oopgetrek het, maar toe ek uiteindelik by die toring aankom het die wolke weer begin saampak en het ek dit maar gelos en net foto’s van buite geneem.

 

 

 

fukuoka toring

 

 

 

My volgende stop was Robosquare en ek het vir myself gese al is dit die enigste plek wat ek besoek sal ek tevrede wees. Alhoewel dit nog vroeg was en daar nie veel demonstrasies aan die gang was nie, was dit nog steeds amazing en skokkend om te sien hoeveel die speelgoedjies kos.

 

 

 

page

 

robosquare

 

 

 

AIBO was by verre my gunsteling en hier in die Ooste kan ek dink dat so robotbrakkie amper beter is as die regte ding as mens aan spasie dink. Dit reageer op aanraking en het ook speakers in sy ore en hy reageer op opdragte en voer dit gemaklik uit. Hy kan selfs musiek speel! Ek het net bietjie laat wakkergeskrik om ‘n video van alles te maak, maar ek het darem so klein stukkie vasgevang. Daar is heelwat ander video’s beskikbaar op youtube vir die wat sou belangstel, asook van die Pleo dinosaur.

 

 

 

 

Nadat ek al die karakters bewonder het het ek al die pad teruggestap na die treinstasie om onder andere Japan se oudste en eerste zentempel te besoek.

 

Tochoji-tempel is een van die oudste Shingon Buddhiste tempels in Japan en was opgerig deur die bekende Kobo-Daishi monnik in die jaar 806, nadat hy van China af teruggekeur het. Hierdie tempel huisves ook die grootste houtbeeld van Kannon, die godin van genade, in Japan. Konstruksie van die beeld het in 1988 begin en dit het vier jaar geduur om dit te voltooi. Die beeld staan 10.8m hoog en weeg 30 ton. Die ring van lig agter die Buddha is 16.1m hoog met uitbeeldings van Buddha daarop.

 

 

 

Tochoji-tempel

 

hout buddha

 

Die Rokkakudo is ‘n houtstruktuur op die tempelgronde met roterende boekrakke wat die sutra bevat. Hierdie struktuur was in 1842 opgerig onder die bevel van Bungoya Eizo van Hakata.

 

 

 

DSCF9468

DSCF9570

 

 

 

 

 

 

 

 

Die Tochoji-tempel was eintlik net ‘n bonus, want wat ek eintlik wou sien was die Shofukuji-tempel. Om daar uit te kom moes ek deur ‘n paar smal kronkelstraatjies loop, maar dit was heel maklik om te kry.

 

Die Shofukuji-tempel offer ‘n plek waar mens kan wegkom van die besige wereld daar buite. Die tempelgronde is massief en het soveel padjies en tuine waardeur mens kan stap. Die feit dat dit so gesneeu het het gesorg dat daar geen ander mense was nie en dit was asof mens teruggestap het in tyd. Daar was nou wel nie groen bome wat nimmereindigende skadu gebied het nie, maar daar was wel ‘n deel wat grasgroen was. Die grond was bedek met mos en dit bly so groen deur die sneeu wat van die bome afdrup as dit smelt. Dit was soos iets uit ‘n sprokie en geen kamera sal dit kan vasvang nie.

 

 

 

Shofukuji-tempel

 

 

 

Hierdie tempel maak deel uit van die Rinzai sekte van Buddhisme en was in die 12e eeu opgerig deur ‘n priester genaamd Eisai-Myoan. Dit is die oudste en eerste Zen tempel in Japan en Eisai het dit opgerig na sy terugkoms uit China en dis ook hier waar hy groentee vanuit China aan Japan bekend gestel het. Die tempel huisves ook ‘n ou Koreaanse klok en ander histories belangrike items, wat mens ongelukkig nie kan sien nie.

 

 

 

Shofukuji-tempel1

 

 

 

Daar was ‘n ‘n klomp werkers op die perseel wat besig was om die hele dammetjie en tuin voor die tempel oor te doen, so foto’s van voor sou net ‘n klomp oranje kegels en boumateriaal gewys het waaroor ek nogal erg teleurgesteld was, maar met nadere ondersoek het ek gesien dat die gebou dieselfde van voor en agter lyk 😉

 

Volgens my beplanning sou ek eers heelwat later by die tempel uitgekom het, maar omdat die kaart nie op skaal was nie, was ek al teen middagete klaar met als wat ek wou sien. Al wat oorgebly het was ‘n shrine en ‘n groot winkelsentrum waar ek beplan het om die aand deur te bring aangesien die hotelkamer nie ‘n opsie was nie. Ek het toe maar iets gaan kry om te eet en ‘n rigting ingeslaan. Ek was nie heeltemal seker waarheen ek oppad was nie, maar ek het toe by ‘n mark uitgekom wat ek wou sien, maar later van my lysie geskrap het oor ek nie gedink het ek gaan tyd he vir als nie. Dit was in elk geval nie juis iets om te sien nie, maar nietemin, ek het daar deurgestap en weer terug om die tyd om te kry. So het ek toe ook agtergekom dat die winkelsentrum net om die hoek van die mark is en nie blokke verder soos op die kaart nie.

 

Oppad na die sentrum het ek myself toe ook in die Kushida shrine vasgeloop, waaroor ek glad nie spyt was nie. Dis maar soos in Korea ook, as jy een tempel of shrine gesien het het jy almal gesien, maar omdat ek nou nie elke dag in Japan kom nie het ek maar in elk geval ingegaan en myself oorgegee aan die andersheid daarvan en elke keer as die hemele weer oopmaak vir ‘n bietjie sneeu het ek nog breeër geglimlag!

 

 

 

DSCF9600

DSCF9608

DSCF9610

 

 

 

Die Kushida shrine is in die hartjie van ou Hakata en is opgerig in die jaar 757. Die shrine huisves ook ankers wat gevind is van skepe van die Mongole wat Japan binnegeval het. Daar is ook ‘n ginko boom op die gronde wat ‘n 1000 jaar oud is.

 

 

 

DSCF9588

 

DSCF9591

 

 

 

In Julie is die plek egter baie besig omdat dit die Oiyama aanbied as deel van die Yamakasa-gion fees. Dit is ‘n aktiwiteit waar honderde mans swaar hout-flotte deur die strate dra op ‘n bepaalde roete om te kyk wie dit in die vinnigste tyd kan doen.

 

 

 

flot

shrine

 

 

Nadat ek heelwat tyd hier spandeer het is ek na die belende Canal city om te sien waaroor almal so tekere gaan. Daar aangekom kon ek lankal nie meer my voete voel nie, of ek was eerder BAIE bewus van hulle en het plek gesoek om te rus. Dis nou een ding van Japan wat my wel pla, daar is nerens rusbankies nie of as jy gelukkig is een in ‘n 10km radius! Ek het maar vasgebyt en deur al die winkels gestap en my mond het soos gewoonlik weer oopgehang, maar gelukkig kon ek niks bekostig wat ek sou wou koop nie, anders het ek dalk met ‘n hele winkel daar uitgestap. Later was ek regtig pootuit en het besluit om maar te gaan fliek, want ek het nie kans gesien vir die terugstap stasie toe nie, my voete was af!

 

 

 

canal city

 

 

 

Daar was nie veel om van te kies nie en besluit toe maar op Avatar in 3D, wat toe eers 2 ure later sou begin, maar ek koop toe maar die kaartjie, want weereens sien ek nie kans vir die hotelkamertjie nie. Om die tyd om te kry het ek toe maar verder gaan stap, seer voete en al en op ‘n plek afgekom wat veronderstel was om ‘n tuin of iets te wees, maar ek dink in die winter bou en breek hulle aan al die plekke want niemand besoek dit nie, so weereens was ek teleurgestel en intussen sneeu dit weer hard. So stap ek toe maar weer terug na die sentrum toe met hopeloos te veel tyd op hande en te min om te doen. Daar het ek toe maar by Starbucks die grootste koffie wat hulle het gekoop en stadig daaraan gesit en drink en deur die dag se foto’s gegaan. Tot my verbasing het ek ook ‘n groep Koreaane raakgeloop en die een ou kon nie of wou nie verstaan hoekom ek in Japan is nie en wou ook nie glo dat ek van Suid-Affrika is nie, maar nou ja so gaan dit maar.

 

Ek het toe opgestap na die flieks toe en daar het ek weereens baie styf aan my geld moes vashou, want daar is vir omtrent elke moontlike fliek die een of ander merchandise. Van skryfblokke en dagboeke, tot poppe. My hart het natuurlik gesmelt toe ek “Where the wild things are” se poppe sien en ek het amper my kredietkaart uitgehaal, maar sodra jy die somme maak is dit net nie die moeitewerd nie! Japan is net te duur, selfs al het jy gespaar om ‘n vakansie daar te gaan hou, wat in elk geval nie die geval was nie.

 

Wat anders is is dat mens nie ‘n sitpleknommer kry nie. Jy moet in ‘n ry gaan staan en soos jy instap moet jy maar hardloop vir ‘n goeie plek. Wel, ek het nie omgegee waar ek sit nie, solank ek kon sit! Ek gee nie om wat die mense se nie, maar ek het Avatar baie geniet. Dit was net ‘n lekker kyk-fliek en visueel was dit besonders, veral in 3D.

 

Na die fliek is ek terug hotel toe, maar teen die tyd het die sneeu omgesit in swaar ysreen en het dit gevoel of mense jou aanhoudend met slush puppies gooi. Mens se sambreel word so swaar van die ys en dan moet jy dit eers afskud voor jy verder gaan. By die hotel aangekom in een stuk het ek ‘n lekker warm stort gevat en op my bedjie neergeval, die wekker gestel vir 7 uur en vinnig gedink oor wat die volgende dag moet gebeur.

 

Vrydagoggend het ek vroeer opgestaan as wat oorspronklik nodig sou wees, maar ek wou graag die Fukuoka kasteel, of eerder dit wat oor is van die muur, gaan sien voor ek my visa optel. Ek het buite gekom en dit het gesous, maar ek was reeds uit die hotel, so ek moes maar voortgaan en dit was in elk geval oppad na die Konsullaat.

 

Ek kon nie veel inligting oor die kasteel kry nie, wat baie vreemd is, maar dis seker nie so belangrike plek nie. Van bo-op die muur het mens ‘n 360 grade uitsig oor die stad wat besonders kan wees as mens mooi weer het. Ek kon net-net die Fukuoka toring uitmaak en al die modder en water het my begin irriteer en toe stap ek maar weer terug na die stasie waar dit ten minste droog is.

 

 

 

DSCF9680

 

DSCF9681

 

DSCF9686

 

DSCF9688

 

DSCF9687

 

 

 

Ek het my visa gekry en ek was baie dankbaar en verlig en kon die res van die oggend ontspan in Tenjin waar al die winkels is. Ek het egter net oë gehad vir een en dit was die LoFt! Die plek is fantasties…2 vloere met net skryfbehoeftes en kuns goeters, dan praat ek nie eers van die gadget en speelgoedvloere nie. My mond het oogehang en natuurlik moes ek hier ‘n paar yen blaas en ek het ook! Ek het onder andere vir my ‘n solar aangedrewe kriek gekoop, maar ek weet nog nie of hy werk nie, want ek moet hom nog bou en die son is op vakansie. Ek dink as ek die lotto moet wen sal ek dit in ‘n dag in Japan kan blaas.

 

Nadat ek my laaste ete in Japan gehad het het ek op ‘n bus geklim en teruggery na die bootterminaal, waar ek weer die wonderlike land moes groet en terugkeer na die een wat ek ken en waar ek vir eers moet wees.

 

 

 

DSCF9717

10
Mar
10

Waar’s die lente heen?

Tekens van die lente word oral bespeur…bome wat wil-wil bot, muskiete en ‘n vlinder MAAR vanoggend lyk dit so!!!

 

 

 

DSCF0447

 

DSCF0319

 

DSCF0320

 

DSCF0335

 

DSCF0352

 

DSCF0372

 

DSCF0392

 

DSCF0395

 

DSCF0398

 

DSCF0404

 

DSCF0431

 

Hier is toe al die tyd wit strande…

Ten minste hoef ek nie te gaan werk het nie, want die paaie was gesluit en die kinders het ook nie skool gehad nie!




Kalender

Maart 2010
M D W T V S S
1234567
891011121314
15161718192021
22232425262728
293031  

Wie’s hier…

counter

Van waar gehasie?

Waar is wat?

Flickr Kiekies

waarnatoe volgende...

  • Geen

Blog Statistieke

  • 49 681 houe
Page copy protected against web site content infringement by Copyscape

Bladsye