10
Apr
08

die agt(oggie) dinge tag…

8 goed waaroor ek erg is (passionate)

kuns (alle vorme)

wetenskap

musiek

boeke (het al te veel geld op boeke uitgegee…)

allerhande gediertes

om te gee eerder as ontvang

mense

foto’s

8 goed wat ek wil doen voor ek die emmer skop

valskerm spring

ek wil die “northern lights” sien

‘n reis om die wereld saam met die een wat ek lief het

scuba

ek wil ‘n “open heart surgery” sien of iets soortgelyk en ingewikkeld

leer kitaar speel

onderhoud met ‘n famous serial killer (ek stel belang in hul psige OK!)

leer surf

8 goed wat ek gereeld se

freakin’ hel

“wanneer is dit naweek?”

jy’s ‘n regte brood!

ag, k@k man

does it look like I understand Korean, do I look Korean huh?

no shit Sherlock!

Annyong haseyo

kamsahamnida

8 boeke wat ek onlangs gelees het

het lanklaas gelees…

dis ek, Anna (Elbie Lotter)

Versamelde gedigte van Igrid Jonker

a million little pieces (James Frey)

the world’s most infamous serial killers

harry potter – half blood prince

Portrait of a killer: Jack the Ripper – case closed (Patricia Cornwell)

there was an old lady who swallowed a fly (voorgeskrewe boek vir die koreaanse kids OK!)

In stede van die liefde (Etienne van Heerden) nog besig daarmee

8 liedjies wat ek oor en oor kan luister

Summer of ’69 (Bryan Adams)

Radio nowhere (Bruce Springsteen)

Into the ocean (Blue October)

Angel (Jack Johnson)

Enige ABBA song

Crimson and clover en so paar ander van Joan Jett

All the same (Sick Puppies)

Gone fishing / On the beach (Chris Rea)

8 liedjies is te min man!

8 flieks wat ek 8 of meer kere gesien het

ek kyk selde ‘n fliek meer as 2 keer so ek lys maar ‘n paar…

Identity

A river runs through it

American Beauty

August Rush

Mistress of Spices

Memoirs of a Geisha

Autumn Spring

Mindhunters

weereens is 8 hopeloos te min…

8 bloggers wie vriendelik gevra word om saam te speel πŸ‘Ώ

Boer in Ballingskap

Rosalind Franklin

Sonkind

NetJane

Zee

TristonJ

DGS

DM

As julle reeds getag is, jammer om van julle bollie te hoor πŸ˜† Speel tog net saam en kry dit agter die rug….


30 Responses to “die agt(oggie) dinge tag…”


  1. April 10, 2008 om 10:49 nm

    oe jinne….wat sal ek sΓͺ???

  2. April 10, 2008 om 11:14 nm

    toemaar RF, dit het my ook maar ‘n tydjie gevat om 8 goete bymekaar te maak vir van die lysies…

  3. April 10, 2008 om 11:20 nm

    is gedoen maar alles issie daar nie….netnou stel iemand ‘n profiel saam πŸ™‚

  4. April 10, 2008 om 11:22 nm

    mmmmmmmmm, nou laat jy my wonder! :mrgreen:

  5. April 10, 2008 om 11:33 nm

    Kaalvoet….”open heart surgery”….onderhoud met ‘n reeksmoordenaar??? Hallo, Clarise…

    Old lady who swallowed a fly πŸ™‚

  6. April 10, 2008 om 11:36 nm

    wat probeer jy nou eintlik se boertjie??? Silence of the lambs is een van my gunsteling flieks…het vergeet om dit in die lysie te sit!

  7. April 11, 2008 om 12:03 vm

    Rosie klink so benoud! ek wil my dood giggel.

    Kaalvoet jy het ‘n ding met ‘n moordenaar hie hie, maar ja, mens sal nogal wil weet wat gaan in hulle brein aan, waar en hoe kan dinge so erg skeef loop, dat jy tot so iets in staat is.

  8. April 11, 2008 om 12:06 vm

    Ek kan nie glo jy wil ‘n groot operasie sien, nadat jy daai tandarts gedeelte in “a million little pieces” gelees het nie! Ek het behoorlik in die stoel se kussings ingekruip van al die pyn wat die man moes deurstaan.

    Interessante lys flieks…

  9. April 11, 2008 om 10:08 vm

    Wipneus: ek het nog altyd in kriminologie belanggestel en alles wat daarmee saamgaan…mense kyk my maar skeef aan as ek eers begin praat daaroor…seker bang ek is ‘n underground spy vir die serial killer club of iets! πŸ˜†

    Machiel:Die tandarts gedeelte was grim, maar onthou, die meeste mense kry darem narkose vir so groot operasie…bloed en guts pla my nie…ek kyk verby dit en sien die ander interessante deel daarvan. Ek het al ‘n paar prosedures gesien, maar niks major nie…

  10. April 11, 2008 om 6:28 nm

    Hallo daar kaalvoet in die reΓ«n

    Ek geniet al jou stories baie. Jy klink briljant intelligent.
    Ek het jou riddel gecopy ,maar my man sal dit miskien moet uitfigure , ek dink hy het al daai ene uitgefigure.
    Ek? You must be joking. Ek glo daaraan om my brein te laat rus, uitgerus en verfris met baie vars lug en windblare.
    Ek het ook jou artikel oor Van Gogh gecopy om later te lees.
    Die anatomie is wonderlik interessant en goed dat mense dit sien. Sekerlik geskep deur die Skepper, so ja. Kuns.
    In die TV reeks House wys hulle so biki van operasies, so dan maak dit mens ook nie meer so bang nie.

    Goedgaan, korea lyk ‘n stunning plek, maar ek sal my VREK verlang na Afrika se bruin en groen en rooi grond en wye blou ver lug. Hm ek ry ‘n Ligblou Getz, dis mos Koreaans? Die oulikste karretjie ooit, na my Donkerblou Jetta wat my man in 1988 vir my gekoop het en wat tien jaar gehou het.

    Lekker skryf. Baie interessant en stimmulerend wat jy hierso analyze.

    Groete en goed gaan
    Annora.

  11. April 11, 2008 om 6:57 nm

    Kaalvoet jy is scary!!!!! Bloed en derms en serial killers en breinbliksems…. Whaaaaa – (Dis ‘n gil nie ‘n lag nie!)

  12. April 11, 2008 om 8:02 nm

    Annora:Welkom en dankie vir die komplimente! House is een van my gunsteling TV reekse en ek het vir ‘n klein rukkie in so tipe opset gewerk en behalwe vir die ass vir wie ek gewerk het was dit werklik baie interessant. Hoe goed werk fassineer my ongelooflik baie en baie mense dink seker ek moet my kop laat lees, maar dis ook nou maar daarnatoe. Ek het gedink Korea gaan meer crowded wees, maar tog nie en hier is darem maar baie berge…sover as wat die oog kan sien. Ek het die Getz se kleinboet gehad, die Atos (metallic bloue). Flippen lekker karretjies en vinniger as wat mens sal dink πŸ˜†
    Kom loer gerus weer in!

    Pikkelik: Jy moet maar oor jou skouer loer πŸ‘Ώ Ek is nie scary nie man!!! Ek is net ‘n doodgewone, plat op die aarde girl wat in weird stuff belang stel. Dis nie te se as ek dit interessant vind dat ek self enige neigings het om ‘n killer te wees nie! Boo-ha-haaaaa!

  13. April 11, 2008 om 9:21 nm

    Kaalvoet, ek het dit reeds eenkeer gese en nou se ek dit weer: jou nuwe avatar is stunning! Ek sal jou laat weet as ek vir ‘n hart-of lewer-oorplanting moet gaan…
    Klink of julle julle motors ken. Koreaanse motors se kwaliteit het die afgelope jare dramaties verbeter en ekself sal nie skroom om ‘n Hyundai of Kia aan te skaf nie – goeie waarde vir geld en betroubaar.

  14. April 11, 2008 om 11:09 nm

    hey kaalvoet…het jy al van Micki Pistorius se boek gelees, dis nou kwaai kriminologie, lekker forensiese sielkunde. sy het oor die 30 reeksmoordenaars in SA gevang. sy al ‘n paar lekker boeke geskryf. ek het hulle almal verslind.

  15. 16 boendoe
    April 11, 2008 om 11:59 nm

    Jip, jy IS ‘n weird girl! πŸ˜› (Grappie!)

    Maar ek moes vir jou smile met daai laaste sinnetjie of twee. Die Tag Slawedrywer! En jy was maar erg treurig gewees met die eerste huiswerk wat ek jou gegee het!! πŸ˜‰

  16. April 12, 2008 om 1:55 vm

    Boer:Ek hoop regtig nie jy het ooit ‘n oorplanting nodig nie, maar dankie vir die “uitnodiging” Ek sal my beste skoene afstof vir die geleentheid πŸ˜†

    RF:Nee, maar ek sal verseker ‘n punt daarvan maak om die boeke te lees en aan die hande te kry

    Boendoe:Dis lekker om weird te wees :mrgreen:
    Die tag speletjie is lekker man!

  17. April 12, 2008 om 1:55 vm

    Lyk my weird girls is geneig om aantreklik ook te wees…..

  18. April 12, 2008 om 1:58 vm

    hahaha! Grapgat! Dan het jy seker al met ‘n paar weird girls te doen gehad as jy daardie stelling kan maak…

  19. April 12, 2008 om 2:03 vm

    Liewe, liewe Kaalvoetjie, Ek vra nederig om verskoning, ek het eintlik net bedoel jy is verfrissend anders. (sal jy groot asseblief die Boo-ha-haa terugtrek, ek’s nou bietjie bang…)
    πŸ˜†

  20. 21 Thelma
    April 12, 2008 om 7:44 nm

    Ek is besig om myself in Ε‰ koma in te lag vir die comments; my huismense dink ek het al my varkies verloor! Pikkelik, boerinballingskap, julle is skreeusnaaks!

    Blootvoetjies, ek dink ons is uit dieselfde hout uitgesny.

  21. 22 Netjane
    April 13, 2008 om 4:42 nm

    Lekker gelees aan jou 8 goed – ek doen binnekort my tag huiswerk, belowe!

  22. April 13, 2008 om 11:40 nm

    Ek eet weird girls vir ontbyt…

  23. April 13, 2008 om 11:51 nm

    Pikkelik: Ek lag so lekker vir jou! Boo-ha-ha-ha πŸ˜†
    Thelma: :mrgreen:
    Netjane: Dis reg hoor, vat jou tyd en geniet SA πŸ™‚

  24. April 14, 2008 om 12:06 vm

    Boertjie: Trek jy nou ‘n Hannibal op jouself? hie-hie

  25. April 14, 2008 om 1:49 vm

    Ek sien hier is ‘n mooi ding besig om te gebeur….

  26. April 14, 2008 om 9:03 nm

    Snaaks, Silence of the lambs het ook hier in my kop afgespeel, maar ek het begin bewe, toe dink ek bietjie lank daaroor na…. nee, toe pos ek liewer maar ‘n “gat lek possie” net-nou, net-nou braai my lyfie ook in ‘n pan! πŸ˜€


Lewer kommentaar op rosalindfranklin Kanselleer antwoord


Kalender

April 2008
M D W T V S S
 123456
78910111213
14151617181920
21222324252627
282930  

Wie’s hier…

counter

Van waar gehasie?

Waar is wat?

Flickr Kiekies

waarnatoe volgende...

  • Geen

Blog Statistieke

  • 49 672 houe
Page copy protected against web site content infringement by Copyscape

Bladsye