29
Okt
08

Herfs en ‘n “long walk home”

Bulguksa 18 Okt 049

 

 

 

Die tyd van die jaar in Korea is werklik iets om te sien met al die bome wat oornag van kleur verander en die nuwe seisoen met helder gele, oranjes en rooi omhels.

 

Saterdagoggend het ons vroeg opgestaan om die herfskleure te bewonder. Ons het op die eerste beste bus geklim na Bulguksa tempel met die idee om net weer vinnig daar deur te mission en dan na die graniet buddha (Sokkuram grotto) toe te stap wat nie ver daarvanaf is nie, of so is daar gese…

 

 

 

Bulguksa 18 Okt 033

Bulguksa 18 Okt 009

 

 

Die tempel was soos altyd indrukwekkend en dit was baie stil en rustig, ten spyte van die hordes mense wat daar rondgedrentel het. Tevrede met dit wat ons gesien het, stap ons uit en slaan ‘n ander rigting teen die berg op, in. Die bordjie het gese dat dit 3.1km ver is, maar vir ons is dit nie ‘n probleem nie aangesien stap, al is wat ons doen. Niemand het egter die blerrie helling in ag geneem nie! Dit was ‘n nimmereindigende opdraende en later het ek met elke tree hier in my binneste geskel. Om mee te begin was ek nie 100% gesond nie en om met ‘n draaiende kop (agv middeloorontsteking) daar op te stap teen helshoogte is nie pret nie. Ons het op daardie stadium ook nog nie middagete gehad nie, so ons was baie braaf.

 

 

 

Bulguksa 18 Okt 051

Bulguksa 18 Okt 062

 

 

 

 

 

 

 

 

Die uitsig langs die pad en die natuurtonele het dit egter makliker gemaak en het ons op die ou einde die bergpiek bereik na ‘n hele paar ure se klim. Teen die tyd was dit al sterk skemer en ‘n koue windjie het opgesteek en nie een iets warm saamgebring nie. Die kersie op die koek op daardie oomblik was toe daardie Koreaan die ingang na Sokkuram toemaak en se hulle is nou toe vir die dag! Ek het gedink ek gan net daar dood!!!

 

 

 

Bulguksa 18 Okt 059

 

 

 

Bulguksa 18 Okt 060

 

 

 

Ten minste het die mooi sonsondergang van daar bo met ‘n uitsig oor die valei aan die eenkant en die see aan die anderkant opgemaak vir die uitputtende tog die berg op!

 

 

 

Bulguksa 18 Okt 072

Bulguksa 18 Okt 091

 

 

 

 

 

 

 

 

Met niks anders om te doen daar bo moes ons toe maar by die enkele busstop gaan wag vir ‘n bus in die koue. Nog 2 Koreaanse meisies het by ons aangesluit…Dit was later al donker en nog geen bus en die wind waai vir ons weg!

 

Die 2 pluk toe ‘n kaart daar uit en bel om uit te vind oor die bus…”opta” was die antwoord!!! Dus, geen bus! Nou sit ons in die koue, geen bus is oppad nie en daar is ook geen taxi in sig nie! Die logiese stap…stap al langs die teerpad af tot by Bulguksa om ‘n bus te kry! Ons kon nie met dieselfde bergpad terugstap nie, want daar is geen ligte nie en jy sal jou doodval!

 

So 200m gestap sien ek ‘n bordjie wat al so half toegegroei is, wat in Koreaans aandui dat Bulguksa 8km vorentoe is! Hoeveel goed kan dan nou nog verkeerd loop??? Met geen ander keuse is ons lot daar af met moee bene, ‘n lee mag en hoendevleise all over.

 

Na so 2 ure se stap het ‘n ou man gestop en ons al 5 opgelaai. Die Koreaanse meisies is eers uitgetrap oor hulle in die donker saam met ONS stap en toe laai hy ons dank Vader by Bulguksa af. Van daar het ons dadelik ‘n bus huistoe gekry waar ons iets warm kon aantrek en kon eet.

 

Waar ons lot saam is is daar altyd iets om oor te vertel en dis dan ook hoe ek my laaste “mission” vir 2008 in Korea sal onthou.

 

 

 

Bulguksa 18 Okt 090


15 Responses to “Herfs en ‘n “long walk home””


  1. Oktober 29, 2008 om 9:45 nm

    Dis beautifull foto’s.

    Maar jy maak my ook, nes Mocka, bedruk. Gaan jy weer terug? En jou pelle?

    Dis so of dit die einde van ‘n hoofstuk is. Ek pes eindes. 😦

  2. Oktober 29, 2008 om 10:03 nm

    Jou foto’s is soos altyd stunning!!

    Ek hoop jy gaan ‘n fantastiese tydjie hier in SA hê!!

  3. Oktober 29, 2008 om 10:59 nm

    Ek kom verseker terug Boendoe! Ek gaan net so mand in SA wees. Intussen soek ek nog ‘n ander skool, so ek weet nie waarheen ek terugkom of wanneer nie…
    Dankie Thea. Ek is seker ek gaan feeste he.

  4. Oktober 30, 2008 om 1:01 vm

    Stem saam jou foto’s is baie mooi! Jy moet jou vakansie in SA verskriklik geniet!

  5. 6 Zee
    Oktober 30, 2008 om 7:59 vm

    Pragtig!! Ek dink jy gaan Korea lekker mis!

    Nog net 3 daggies sien ek..

  6. 7 ELF
    Oktober 30, 2008 om 3:02 nm

    Die foto’s is baie wow! Ek wil se geniet jou vakansie .. maar ek het daarteen besluit. Kom ons vervang dit eerder met ‘welkom tuis’ 😉 Hoop jy geniet elke oomblik daarvan!

  7. Oktober 30, 2008 om 4:40 nm

    Mooi einde vir jou boek Kaalvoet. Nou gaan jy bietjie asem skep en dan is jy reg vir rondte nommer twee. Wie weet wag volgende jaar vir die kaalvoet van jou, hehe.
    Veilig reis en groete tot dan.

  8. Oktober 30, 2008 om 5:19 nm

    Jou foto’s is absoluut stunning, soos altyd. En ten spyte van al die “ongeluk”, het jy darem wonderlike stories om te vertel. Ek is skoon jaloers op jou. Ek hoop net nie jy moet rerig al die pad huistoe stap nie… :mrgreen:

  9. Oktober 30, 2008 om 9:34 nm

    Dankie almal!
    Ek het uiteindelik my vliegkaartjie gekry en nou kan ek darem so bietjie ontspan…

  10. Oktober 31, 2008 om 2:23 nm

    Baie mooi foto’s! Ek wag vir jou 😛

  11. Oktober 31, 2008 om 10:40 nm

    Herfs is my gunsteling seisoen in Korea. Die lekker weer, blou lug en pragtige kleure. Jou foto’s legkaart-mooi! Hou veral van die eerste een se kleurespel en die die tempel (?) so tussen die herfsblare gekiek. Jy moet tog nooit ophou foto’s neem nie. Geniet jou reis. Jy sal gemis word…

  12. November 1, 2008 om 12:22 vm

    Stunning, soos altyd! Geniet die vakansie!

  13. 14 eilandkind
    November 1, 2008 om 1:00 vm

    Ek is jaloers, my hart skreeu vir Herfs en selfs Winter!
    Geniet jou vakansie.

  14. November 1, 2008 om 6:02 nm

    Ek wou nou juis kom vra oor jou kaartjie! Geniet die vakansie. Hoop jy kry darem af en toe kans om in te loer en ‘howzit’ te se? 😆


Lewer kommentaar


Kalender

Oktober 2008
M D W T V S S
 12345
6789101112
13141516171819
20212223242526
2728293031  

Wie’s hier…

counter

Van waar gehasie?

Waar is wat?

Flickr Kiekies

waarnatoe volgende...

  • Geen

Blog Statistieke

  • 49 681 houe
Page copy protected against web site content infringement by Copyscape

Bladsye