28
Mei
09

Moses en ouma Pong

 

DSCF2696

Eenmaal ‘n jaar lok ‘n klein eilandjie, in die Jeollanam-do provinsie aan die Suidwestelike punt van Korea, derduisende toeriste van regoor die wereld. Jindo is die 2e grootste eiland naas Jeju in die Suide, maar baie minder bekend vir die avontuurlustiges. Jindo word aan die peninsula verbind d.m.v ‘n brug en kan mens vrylik heen en weer reis.

 

 

 

 

DSCF2698

 

 

 

 

So wat maak dat mense eenmaal ‘n jaar hierheen stroom? Wel, om mee te begin is dit die “Moses wonderwerk”. Dit is ‘n misterieuse roete wat te voorskyn kom vroeg in Mei maand wanneer die see skei om ‘n wandelpad tussen Hoedong en Modo eiland voort te bring. Hierdie pad is ongeveer 2.8km lank en kan tot 60m breed wees, afhangende van die gety. Dit word die “Moses wonderwerk” genoem omdat dit soortgelyk is aan die verhaal van Moses en die rooi see wat geskei het om mense deur te laat.

 

 

 

 

DSCF2725

Die pad het begin verskyn en mense het nie op hul laat wag nie

DSCF2726

Mense wat vanaf Modo begin oorstap

DSCF2729

 

 

DSCF2748

 

 

 

 

Wat dit so spesiaal maak is dat dit slegs twee maal per jaar gebeur en saam met die eerste keer in Mei word ‘n groot fees gehou. Baie mens word ook gelok deur die tradisionele feesvieringe wat plaasvind soos bv. Ssitgimgut (‘n shamanistiese ritueel om jou siel te suiwer), Dasiraegi (om mense wat familielede aan die dood afgestaan het te troos), Bungnori (tradisionele, ritmiese musiek wat met 2 stokke gespeel word) en Sopogeolgun Nongak (liedere gesing deur soldate wat tydens die Imjin oorlog die vyand se kampe moes uitsnuffel). Wat dit interessant maak is dat almal aan hierdie tradisionele praktyke kan deelneem, of jy nou Koreaans is of nie.

 

 

 

 

DSCF2713

DSCF2735

 

 

 

 

 

 

 

 

 

DSCF2742

DSCF2712

 

 

 

 

 

 

 

 

 

Jindo bied soveel meer as net die pad deur die see. Daar is ongelooflik baie historiese gebiede en allerhande goed eie aan Jindo, soos die bruin kelp wat hulle uithaal en droog ens. Die Jindo hond is ook ‘n unieke spesie (moet my nie vra hoekom nie) en is wereldwyd gesog as troeteldier. Die tyd was egter net te min om enige iets anders te doen of te sien. ‘n Naweek is heeltemal te kort aangesien dit so ver is.

 

 

 

 

DSCF2738

 

 

 

Dan nou vir die storie agter die storie van ouma…

 

 

 

 

DSCF2728

 

 

 

 

Daar word vertel dat die skip van ‘n krimineel, verban na Jeju, en sy bemanning gesink het by Hoedong tydens ‘n woeste storm. Die mense was nie lank gevestig in die dorpie voordat hulle stuk-stuk begin vlug het vir die tiere wat hulle so aangeval het nie. Hulle het almal gevlug na die naaste eiland, maar ene ouma Pong het agtergebly, omdat sy nie sterk genoeg was om so ver te swem nie. Ouma Pong het dag en nag gewens om weer by haar familie te wees en het getrou gebede gerig aan die seekoning en gesmeek vir ‘n uitweg. Op ‘n dag het haar wens waar geword en het ‘n pad in die see tevoorskyn gekom. Mense het vanaf Modo eiland begin hardloop en op ‘n “dong” geslaan om die ou vrou te soek. Die hartseer om vir so lank sonder haar familie te wees, het egter sy tol ge-eis en is ouma Pong kort na die hereniging dood, maar sy kon in vrede sterf want sy het haar familie weer gesien. Hoedong beteken letterlik “village of return”.

 

Daar is ‘n reuse beeld van ouma Pong en ‘n tier opgerig in Hoedong en aan die anderkant op Modo eiland is ‘n standbeeld van haar familie.

 

Die titel het toe niks met enige reuke uit te waai nie 😉

 

 

 

 

DSCF2775

 

 

 

 

Elk geval, in Jindo aangekom na ‘n helse lang dag op die bus het ons rondgeskarrel opsoek na die rubberskoene wat almal aanhet. Met my geluk was dit mos nou weer so ver moontlik van die aksie af! Daar was ook net een grootte beskikbaar en ja, dit was bietjie te klein, maar ek is daar in met ‘n moviese gesukkel! Die stappie op die seebodem so na die ander eiland was heel ontspannend en oral was mense besig om kos uit te grawe 😯 Van perlemoen, mossels en “scallops” tot seegras by die kilogramme.

 

 

 

 

DSCF2733

DSCF2745

 

 

 

 

 

 

 

 

 

 

DSCF2749

DSCF2756

 

 

 

 

 

 

 

 

 

 

DSCF2764

DSCF2773

 

 

 

 

 

 

 

 

 

DSCF2760

Die tannie was nie meer lus vir loop toe die gety inkom nie

 

 

 

DSCF2778

Die gety kom in met ‘n spoed

All in all ‘n goeie ervaring, maar dit was net te vinnig verby. Ek het letterlik net tyd gehad om die walk te walk en toe moes ek weer die laaste bus uit, vang Gwangju toe. Daar was GEEN slaapplek meer in Jindo…so trip maak mens klaar en daai Maandag was ekstra blou.

 

 

 

 

DSCF2791


34 Responses to “Moses en ouma Pong”


  1. Mei 29, 2009 om 12:03 vm

    Hierdie is nou ‘n interessante storie en iets wat ek ook graag sal wil doen. Ek weet net nie of ek hierdie groot pote van my in daardie geel skoene sal inkry nie. Het jy darem ook ‘n bietjie seekos bymekaar gemaak? En se my: daardie hond, is dit slegs gesog as TROETELDIER….?

    NS: Goeie foto’s, soos altyd.

    • Mei 31, 2009 om 8:29 nm

      Jy sal maar jou eie waterskoene moet vat boertjie! Nee, ek het nie goed opgetel nie…en daai honde is regtig net troeteldiere. Dis hul donker broers met die korter neuse wat om die spyskaart land.

  2. Mei 29, 2009 om 12:23 vm

    Sjoe, dit moes ‘n wonderlike ondervinding gewees het! Ek dink dit moet amazing wees om dit vanuit die lug te kan sien.

    Dankie vir die deel en ook die moeite wat jy gedoen het om dit vir ons so interessant te maak. Soos BiB se, jou foto’s is baie mooi.

  3. 5 BB
    Mei 29, 2009 om 2:42 vm

    Daai wit woefie wassie in ‘n spyskaart-hokkie nie, né Voetjies?? 😯

    Og, maar ek stem met BiB saam – altyd, altyd (as jy uiteindelik weer ‘to light’ kom :mrgreen: ) issit interesting en lekker om jou te lees!!

    • Mei 31, 2009 om 8:36 nm

      Ek belowe Beeps, daai hondjie issie daar om ge-eet te word nie. Hulle het ander vir daai werkie…
      Ek weet ek is maar skaars, maar ek het nie so baie nuwe goed om te vertel nie. Korea is nu half vir my ou nuus en ek weet dis nie vir julle nie, maar ja, ek sal weer meer skrywe. Ek travel net nie so baie soos laasjaar…spaar vir ‘n somervakansie in ander land 😉

  4. Mei 29, 2009 om 3:25 vm

    Jel, dis nou interessant! Ek het nou nie juis ‘n begeerte gehad om Korea te gaan besoek “eendag op ‘n reendag” nie, maar daai walk sal ek BAIE graag wil walk! 😉

  5. Mei 29, 2009 om 10:01 nm

    Wow, hoe mooi is die son nie in die rooi lug nie!

    Lyk vir my na ‘n modderige affere! Hoe lank bly die pad nou oop?

  6. Mei 30, 2009 om 11:14 nm

    Ek het die storie baie geniet en dit behoort nogal baie interessant en lekker te wees om dit mee te maak.

  7. Mei 31, 2009 om 9:15 nm

    Na ‘n ander land…kan ek maar saamkom?

  8. Mei 31, 2009 om 11:36 nm

    Klink beter as ‘n wynkroeg! Ek’s daar! 🙂

  9. Junie 1, 2009 om 4:59 vm

    Vreeslik interessant , mens kan nie glo wat se merkwaardige natuurverskynsels is hier op moederaarde nie.Jy is bevooreg.

  10. Junie 1, 2009 om 7:23 nm

    Magtag, dis nou ‘n interressante storie. Ekstra Blou? Blou Bul blou, hoop ek 😆

  11. Junie 1, 2009 om 9:13 nm

    Verseker Emile! What a game!!!

  12. 19 H1N1
    Junie 2, 2009 om 12:22 vm

    Nice storie en pics

  13. Junie 4, 2009 om 2:27 nm

    Wow Voete, jy het my al vertel hiervan, maar dis nog meer interessant om dit met foto’s te sien!!!! Pragtige foto’s veral die sonsondergang!!

    Ek hoop jy voel gou beter ((((Vriendin))))

  14. Junie 6, 2009 om 1:00 vm

    Lyk interessant/lekker, modderige slushpuppy! 🙂 Ek stem saam met boer, mooi foto’s!

  15. Junie 9, 2009 om 1:53 vm

    Ek het die ding op die TV gesien. Very naais en baie interessant Kaalvoet!

  16. Junie 9, 2009 om 2:30 vm

    Inderdaad interessante storie.

  17. Junie 13, 2009 om 12:04 vm

    Puik inskrywing en foto’s – ek het nog nooit daarvan gehoor nie!

  18. Junie 26, 2009 om 3:21 nm

    Amazing storie hierdie, met baie nice foto’s.
    Ek het nog nooit hiervan gehoor nie, absoluut amazing!

    En o ja… jou spinnekop waarvan jy so foto’s neem kan bly wees hy het jou ontmoet en nie vir my nie. Ek gil soos ‘n meisie (oraait, sommige meisies) as ek so ding moet sien!! Voordat ek hom waarskynlik met ‘n BAIE groot gereedskapstuk aandurf. Maar dis of hy of ek, ons mag nie altwee leef nie!! Hehehee… ek gril myself morsdood….

  19. 26 Twattie Se Maaikie
    Junie 26, 2009 om 11:25 nm

    Fantastiese foto’s en storie!

  20. Julie 2, 2009 om 3:18 vm

    The pull of the moon on the earth, ‘n natuurlike verskynsel maak ‘n looppad, mense las ‘n storie by, dit word ‘n bygeloof en later tradisie, almal hou van party, lekker eet and skoon seelug in te asem en dit word ‘n jaarlike fees, wat ly na toerisme, en wha la, almal het ‘n lekker dag. Om te reis and ander se tradisies te ervaar is so ‘n simple ding, maar so ‘n lekker ding. Soos altyd, goeie foto’s (na ‘n rotserige dans).

  21. Julie 2, 2009 om 10:30 nm

    Die laaste inskrywing was meer as ‘n maand terug…maar ek hang maar hier rond en kyk of iets weer gaan gebeur.

  22. Julie 9, 2009 om 9:46 nm

    Ja nee, die laaste inskrywing is nou al so ver terug soos Moses, en oud soos ‘n ouma 😉

  23. Julie 20, 2009 om 11:24 vm

    Pragtige fodies Kaalvoet. Jy het huiswerk. Loer in by my.

  24. 33 BB
    Julie 27, 2009 om 9:07 nm

    So oud, ja….. ouma én Moses pong al!! :mrgreen:


Lewer kommentaar op mykopop Kanselleer antwoord


Kalender

Mei 2009
M D W T V S S
 123
45678910
11121314151617
18192021222324
25262728293031

Wie’s hier…

counter

Van waar gehasie?

Waar is wat?

Flickr Kiekies

waarnatoe volgende...

  • Geen

Blog Statistieke

  • 49 672 houe
Page copy protected against web site content infringement by Copyscape

Bladsye